Statevertaling – Bybelstigting

Hebreërs 3

Christus groter as Moses. Waarskuwing teen ongeloof en ongehoorsaamheid.

1

DAAROM,1 heilige broeders, deelgenote van 2die hemelse roeping, 3let op die 4Apostel en a5Hoëpriester van 6ons belydenis, Christus Jesus,

2

wat getrou was aan Hom 7wat Hom aangestel het, net bsoos Moses ook in 8sy hele huis.

3

Want 9Hy is meer heerlikheid waardig geag as Moses, namate hy wat die huis 10gebou het, meer eer het 11as die huis;

4

want elke huis word deur iemand gebou, cmaar 12Hy wat alle dinge gebou het, 13is God.

5

En Moses was wel getrou in sy hele huis as ’n dienaar, d14om te getuig van wat nog gespreek sou word,

6

maar Christus 15as Seun oor sy huis. eEn ons is sy 16huis fas ons net 17die vrymoedigheid en 18die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.

7

Daarom, soos 19die Heilige Gees spreek: gVandag as julle 20sy stem 21hoor,

8

22verhard julle harte nie hsoos 23in die verbittering, 24in die dag van die versoeking in die woestyn nie,

9

waar julle vaders My 25versoek, 26My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.

10

Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd 27dwaal hulle met die hart. Maar húlle het 28my weë 29nie leer ken nie,

11

isodat Ek in my toorn gesweer het: 30Hulle sal 31in my rus nie ingaan nie.

12

Sorg daarvoor, 32broeders, dat daar nie miskien in een van julle 33’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.

13

Maar vermaan 34mekaar elke dag 35so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.

14

Want ons het 36deelgenote van Christus geword, as ons net die begin 37van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;

15

38omdat daar gesê word: kVandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.

16

Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? 39Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie?

17

En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die 40wat gesondig het, lwie se 41lyke in die woestyn geval het nie?

18

mEn aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?

19

En ons sien dat hulle 42deur ongeloof nie kon ingaan nie.

a Hebr. 4:14; 6:20; 8:1; 9:11. 1 Naamlik aangesien ons verstaan het dat Christus waaragtig God is, en een natuur met ons deelagtig geword het, soos in die twee voorgaande hoofstukke bewys is.

2 Dit is, wat uit die hemel is, Filip. 3:14, en ons tot hemelse dinge vermaan, 2 Thess. 2:14. En só onderskei hy die gelowige Jode van die ongelowige en hardnekkige Jode.

3 Naamlik só dat julle Hom gehoorsaam bly. Die Griekse woord beteken om met groot aandag op te let.

4 Dit is, Gesant van die Vader, om aan ons God se raad oor ons saligheid te openbaar. Sien Joh. 20:21.

5 Naamlik om ons met God te versoen. Oor hierdie amp sal hy breedvoeriger handel in die volgende en die vyfde hfst.

6 Dit is, van die evangeliese leer, waar ons belydenis van doen.

b Núm. 12:7. 7 Gr. wat Hom gemaak het, naamlik tot Apostel, Profeet en Hoëpriester. Sien Hand. 2:36 en die kanttekeninge.

8 Dit is, sy gemeente, wat die huis van God genoem word, omdat Hy daarin woon deur sy Woord, genade en Gees. Sien Matt. 18:20. 1 Tim. 3:15.

9 Naamlik Christus, die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis.

10 Of: toegerus, toeberei.

11 Naamlik wat deur hom gebou is, dit is, sy gemeente, waarvan Moses ’n lidmaat is.

c 2 Kor. 5:17, 18. Ef. 2:10. 12 Dit is, teweeggebring het wat tot die welstand van sy gemeente behoort.

13 Daaruit volg dan noodwendig dat Christus ook hierdie ware God is, wat dit alles gebou het, soos hy in die derde vers getuig het.

d Deut. 18:15, 18. 14 Of: tot getuienis. Dit sê die apostel van die voorseggings en seremonies van die Ou Testament, wat deur Moses en die profete bekendgemaak is, en daarna deur Christus en die apostels nader en breedvoeriger verklaar sou word, soos Moses self getuig, Deut. 18:15.
e 1 Kor. 3:16; 6:19. 2 Kor. 6:16. 1 Petr. 2:5.

f Rom. 5:2.

15 Dit is, as eie Seun en Erfgenaam, want anders was Moses ook ’n seun van God deur die geloof.

16 Dit is, gemeente, of huisgenote; soos in vers 2.

17 Dit is, die geloof of vertroue in Christus, waardeur ons ’n vrymoedige toegang het tot God, as tot ons Vader. Sien Hebr. 10:22. Rom. 8:15, ens.

18 Dit is, die hoop waardeur ons van God se guns en ons toekomende heerlikheid durf roem, Rom. 5:2, 3.

g Ps. 95:7. Hebr. 4:7. 19 Naamlik deur die mond van die profeet Dawid, soos daarby gevoeg word in Hand. 1:16. Sien ook 2 Sam. 23:2. 2 Petr. 1:21.

20 Naamlik God se stem, of die Messías se stem, waardeur God ook tot hulle sou spreek, Hebr. 1:1.

21 Of: sal hoor. Waarmee die profeet aantoon dat hy dit nie net verstaan as sy stem wat toe gespreek het nie, maar as nog ’n ander stem, naamlik van die Messías, wat daarna nog tot hulle sou spreek.

h Ex. 17:2. 22 Van die mense word gesê dat hulle hul harte verhard wanneer hulle die stem van die Here nie ter harte neem of tot hulle harte laat ingaan, om dit te glo en te gehoorsaam nie. Sien Sag. 7:11, ens.

23 Dit is, in die tyd van die verbittering, toe die Israeliete God deur hulle weerspannigheid vertoorn of verbitter het. Dit het dikwels gedurende die veertig jaar in die woestyn gebeur, maar in die besonder soos ons lees in Ex. 17:7. Núm. 20:13.

24 Dit is, ten tyde van die versoeking, toe hulle My in die woestyn versoek het. Die apostel stel hulle hierdie voorbeeld voor, omdat hulle altyd op hul voorouers geroem het.

25 Van die mens word gesê dat hy God versoek wanneer hy God se beloftes of mag moedswillig in twyfel trek, of die gewone middele van God se regering verag, en buitengewone middele versoek, soos die Israeliete hier gedoen het, en die Fariseërs Christus versoek in Matt. 16:1.

26 Sommige verstaan dit as ’n verklaring van die voorgaande woord versoek, maar word deur ander heel gepas in ’n positiewe betekenis verklaar as om genoegsame bewys of ervaring van God se mag en goeie wil te hê deurdat hulle die hele voorgaande tyd verlos en gespysig is, soos die volgende woorde hierdie betekenis ook meebring.

27 Dit is, hulle keer hulle as dwalende mense van My af, en van die gehoorsaamheid wat hulle aan My verskuldig is.

28 Dit is, my gebooie wat Ek aan hulle gegee het, en my weldade wat Ek aan hulle bewys het.

29 Dit is, nie ter harte geneem nie; of: in hulle verstand nie probeer het om die weë te onderhou, om dit behoorlik te erken en waar te neem nie.

i Núm. 14:21. Deut. 1:34. 30 Gr. Indien hulle in my rus sal ingaan. ’n Manier van eedswering wat by die Hebreërs gebruiklik is. Sien Mark. 8:12 en die kanttekening.

31 So word die land Kanaän hier genoem, omdat dit die einde van die omswerwinge van die Israeliete in die woestyn was. Dit word hier dadelik voorgestel as ’n voorbeeld van die toekomende rus ná hierdie lewe, in die ewige lewe, soos Paulus in die volgende hoofstuk nader sal verklaar.

32 Só noem hy hier die Hebreërs wat Christus bely het, en vermaan hulle nou elkeen in die besonder om toe te sien dat hulle nie die groter groep hardnekkige Jode sou volg nie, soos baie van hulle vaders in die woestyn gedoen het, en daardeur uit die rus van die land Kanaän uitgesluit was.

33 Gr. ’n bose hart van ongeloof, dit is, wat onder die skyn van ’n Christen te wees, ewenwel ongelowig is, en daarom maklik tot afwyking van sy belydenis gebring kan word. Sien Matt. 13:20, 21.

34 Naamlik tot standvastigheid en toename in die geloof. Dit kan ook vertaal word as vermaan julleself, maar dit wil voorkom of die volgende woorde, sodat niemand van julle, die eerste vertaling vereis, soos hierdie Griekse woord heautous ook gebruik word in Ef. 4:32. Kol. 3:16. 1 Thess. 5:13.

35 Dit is, so lank as die Here julle tyd en geleentheid daartoe gee, en julle daartoe roep, op watter roeping ons moet ag slaan. Want andersins stuur die Here dikwels deur sy regverdigheid ’n krag van die dwaling oor die mense wat die evangelie nie gehoorsaam is nie, tot straf van hulle ondankbaarheid. Sien 2 Thess. 2:11, 12.

36 Naamlik in sy hemelse erfenis, Rom. 8:17. 1 Petr. 1:3, 4. Of: Christus deelagtig geword.

37 Gr. hupostaseos. Die Griekse woord kan ook selfstandigheid beteken. Só noem hy die geloof en vaste vertroue op Christus, omdat dit God se beloftes aan ons bevestig en in ons laat bestaan. Sien ’n dergelike betekenis van hierdie woord in Hebr. 11:1 en die kanttekening. 2 Kor. 9:4; 11:17, hoewel die woord in Hebr. 1:3 in ’n ander betekenis gebruik word.

k vers 7. 38 Of: solank, naamlik ook tot julle gesê word deur die Gees van Christus en sy gesante, soos dit vroeër deur Moses tot julle vaders gesê is.
39 Ander vertaal: Want sommige het, toe hulle dit gehoor het, Hom verbitter, maar nie almal wat, ens. Naamlik soos Josua, Kaleb, baie Leviete en ander. Dit voeg die apostel dan daarby om te toon dat God altyd ook sy oorblyfsel onder die volk behou het, en derhalwe ook onder hulle sal behou, nieteenstaande die verharding van baie.
l Núm. 14:36. Ps. 106:26. 1 Kor. 10:10. Jud. vers 5. 40 Dit is, teen God gemurmureer en van Hom afvallig geword het.

41 Gr. lede. Nie dat almal wat in die woestyn gesterf het, noodwendig ook uit die hemel uitgesluit was nie, want ook Aäron en Moses het daar gesterf; maar die wat sonder berou en bekering, nadat hulle God versoek het, daarin gesterf het, waarvan die uitsluiting uit die beloofde land maar net ’n voorbeeld was.

m Deut. 1:34.
42 Dit is, omdat hulle nie op God se beloftes vertrou het nie, maar teen Hom gemurmureer het sonder berou.