Statevertaling – Bybelstigting

Hebreërs 5

1

WANT 1elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree 2ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om 3gawes en offers vir die sondes te bring

2

as een wat kan 4saamvoel met 5die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook 6met swakheid bevange is.

3

En daarom juis 7moet hy, net asoos vir die volk, so ook 8vir homself vanweë die sondes offer.

4

bEn niemand neem 9die waardigheid vir 10homself nie, maar hy wat deur God geroep word, cnet soos Aäron.

5

So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar 11het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: d12U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.

6

Soos Hy ook 13op ’n ander plek sê: eU is priester vir ewig 14volgens die orde van Melgisédek.

7

fHy wat 15in die dae van sy vlees gebede en smekinge 16met sterk geroep en trane aan Hóm 17geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is 18uit die angs —

8

gHy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid 19geleer uit wat Hy gely het;

9

en nadat Hy 20volmaak is, het Hy vir almal 21wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword

10

en is 22deur God genoem ’n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;

11

23waaroor ons 24veel te sê het wat swaar is om te verklaar, 25omdat julle 26traag geword het om te hoor.

12

hWant hoewel julle 27vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ’n mens julle 28die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan 29melk en nie aan vaste 30spys nie.

13

Want elkeen wat melk gebruik, is 31onervare in die woord van geregtigheid, omdat 32hy ’n kind is.

14

Maar 33vaste spys is 34vir volwassenes, vir die wat 35geestesvermoëns besit 36deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

1 Naamlik soos diegene was wat uit die nageslag van Aäron wettige priesters geword het. Want Paulus het hierdie brief geskryf terwyl die tempel nog gestaan het, en verwys na die handelswyse wat toe nog genoegsaam bekend was.

2 Dit is, ter wille van die mense, tot hulle voordeel en diens, om die mense met God te versoen, of om enkele weldade van God te verkry.

3 Deur die woord gawes word offers verstaan, wat bestaan het uit vrugte en ander dergelike dinge wat geoffer was; en deur offers, die offers van diere van allerlei soorte wat op die altaar geslag, en só geoffer was.

4 Of: matig meevoel, dit is, op ’n behoorlike of gepaste wyse. Die Griekse woord metriopathein beteken eintlik om medelye te hê met mate, of volgens mate, dit is, soveel nodig is om diegene wat dit nodig het, te hulp te kom.

5 Dit is, sondaars. ’n Hebreeuse spreekwyse. Deur die eerste word die sonde wat uit onwetendheid of swakheid van die verstand geskied, verstaan; deur die tweede die sonde waarin die mens val deurdat hy homself verlei of daaraan toegee, en gewillig voortgaan om te sondig, hoewel daar dwaling bykom wanneer die verstand deur die begeerlikheid verduister word, Jak. 1:14, 15. Teen beide het God offers van versoening verordineer; sien Levítikus 4-6; maar nie vir die moedswillige sonde teen die Heilige Gees nie. Sien Hebr. 10:26, 27.

6 Dit is, met sonde, soos die volgende vers uitwys. Hierin is Christus nie aan die ander hoëpriesters gelyk nie, aangesien Hy wel in alles in ’n gelyke mate versoek is, maar sonder sonde. Sien Hebr. 4:15; 7:26, 27.

a Lev. 9:7; 16:6. Hebr. 7:26. 7 Gr. is hy skuldig.

8 Sien hieroor Lev. 4:3; 9:7; 16:6, wanneer hy een maal per jaar in die Allerheiligste ingegaan en eers vir sy eie sondes, en daarna vir die sondes van die volk geoffer het; en wanneer hy self enige ergerlike sondes begaan het.

b 2 Kron. 26:16.

c Ex. 28:1. 1 Kron. 23:13.

9 Naamlik om hoëpriester te word. Hy spreek van diegene wat wettige priesters was.

10 Naamlik sonder ’n voorgaande roeping.

d Ps. 2:7. Hand. 13:33. Hebr. 1:5. 11 Dit is, God, sy Vader.

12 Sommige meen dat met hierdie woorde slegs die persoon van die Vader beskryf word, wat die Seun tot die priesteramp verheerlik het, en dat eers in vers 6 die bewys daarvan sou volg. Ander verstaan dat in hierdie vyfde vers ook bewysredes ingesluit sou wees dat die Vader Hom wettiglik tot Hoëpriester aangestel het; eerstens in die woorde wat hierop in Ps. 2:8 volg: Eis van My, ens., aangesien dit eie aan die werk van ’n priester is om vir die volk te bid; tweedens ook in die woorde my Seun, aangesien die eersgebore seuns, vóór die instelling van die Levitiese priesterskap, ná die dood van hul vader gewoonlik die priesteramp in die families bedien het; sien Gén. 25:31 en die kanttekening; en derdens en vernaamlik in die woorde vandag het Ek U gegenereer. Hoewel daardeur in die besonder die ewige geboorte van die Seun van die Vader verstaan word, Hebr. 1:5, pas Paulus dit op ’n gepaste wyse toe op die openbaring daarvan, wat in dié tyd plaasgevind het, vernaamlik deur sy opstanding uit die dode, Hand. 13:33. Wat ’n duidelike bewys is dat Hy deur die Vader tot Middelaar en gevolglik ook tot Hoëpriester wettiglik aangestel is.

e Ps. 110:4. Hebr. 7:17. 13 Naamlik in Psalm 110, wat Christus self ook op die Messías laat dui, Matt. 22:44, 45.

14 Dit is, volgens die manier en ewebeeld van Melgisédek, soos in Hebr. 7:15 verklaar word.

f Matt. 26:39; 27:46, 50. Joh. 17:1. 15 Dit is, toe Hy ons swakke natuur aangeneem het, en daarin by ons gewandel en gely het. Want hoewel Hy ons natuur ook in die hemel dra, so het Hy nogtans die swakhede daarvan afgelê.

16 Die apostel verwys hier wel na die héle vernedering van Christus, maar vernaamlik na die angs en uiterste benoudheid van Christus in die tuin, toe Hy druppels bloed gesweet het, en na sy sterk geroep aan die kruis, toe Hy geroep het: My God, my God, waarom het U My verlaat?

17 Dit is, aan sy Vader voorgedra, en vir ons sy lewe in die hande van sy Vader opgedra het.

18 Gr. eulabeias, hierdie woord beteken dikwels vrees, soos te sien is in Hand. 23:10, en dit is dieselfde wat Markus, hfst. 14:33, thambos en ademonian, dit beteken, ontsteldheid en benoudheid, noem. Dit was in Christus se menslike natuur, deur die vooruitsien en voorgevoel van die helse benoudhede, wat Christus in sy siel vir ons aan die kruis sou ly, nogtans sonder sonde, aangesien Hy altyd vas in die geloof gebly het, en Hom in dit alles volkome aan die wil van sy Vader onderwerp het. Hier word gesê dat Hy uit hierdie angs of verskrikking verhoor was, omdat Hy deur sy gebed versterk en verseker was dat Hy deur die krag van sy goddelike natuur alles sou oorwin, en só die duiwel en die dood self onder sy voete bring. Ander vertaal: vanweë die godvrugtigheid; of: om sy godvrugtigheid ontwil, wat die woord eulabeia ook beteken. Die Griekse woordjie apo, dit is, van of uit, veroorsaak egter dat hierdie verklaring nie aanneemlik is nie.

g Filip. 2:6. 19 Dit is, ervaar wat dit is om Hom in sulke benoudhede in alles gehoorsaam aan die wil van sy Vader te onderwerp.
20 Naamlik in hierdie gehoorsaamheid van Hom. Of: geoffer is, naamlik aan die kruis deur die ewige Gees, soos die apostel hierna spreek in Hebr. 9:14. Of: volkome ingewy is. Want die Griekse woord teleiotheis dra al hierdie betekenisse.

21 Dit is, wat in Hom glo, en vervolgens ook hierdie geloof met die ander dele van die gehoorsaamheid gepaard laat gaan, soos die Skrif deurgaans ook die geloof die gehoorsaamheid noem, as die grond van alle ware gehoorsaamheid. Sien Joh. 3:36.

22 Of: deur God betitel, dit is, deur God aangestel of geordineer. Want aan wie God die naam gee, aan hom gee Hy ook die saak self.
23 Naamlik oor die saak. Of: van wie, naamlik van Melgisédek.

24 Gr. woord, saak.

25 In hierdie woorde gee die apostel die rede waarom hy gesê het dat die sake waaroor hy van voorneme was om te skryf, swaar is om te verklaar. Dit is naamlik nie soseer ten opsigte van die saak self nie, as ten opsigte van hul traagheid; waarom hy hulle hiermee tot opmerksaamheid opwek.

26 Of: traag in die gehoor, of: van gehoor.

h 1 Kor. 3:1-3. 27 Of: ten opsigte van die tyd, naamlik dat julle in die leer van Christus geoefen is.

28 Gr. die elemente of die abc van die beginsel, dit is, die grondbeginsels en fondamente van die Christelike leer, wat hy in die volgende hoofstuk sal beskryf. Andersins word ook die seremonies van die Ou Testament, waarin die Hebreërs maklik verval en altyd bly hang het, die eerste beginsels van die wêreld en swak elemente genoem, Gal. 4:9. Kol. 2:8, omdat God hulle daardeur soos deur ’n alfabet tot die geestelike leer van die saligheid gelei het; van waar die Hebreërs nou moes voortgaan tot die saak self wat deur die seremonies voorgestel is, en daarin meer en meer toeneem.

29 Dieselfde beeld gebruik die apostel ook in 1 Kor. 3:2, om hulle hul traagheid en onkunde in die sake van die verborgenhede van die evangelie te laat verstaan, soos die volgende verse verklaar.

30 Gr. voedsel.

31 Dit is, nie genoeg in die leer van die evangelie onderrig nie, waarin die ware geregtigheid, wat in God se oordeel kan bestaan en wat van ons geëis word, geopenbaar is.

32 Dit is, soos ’n kind, naamlik in kennis. Sien 1 Kor. 14:20. Ef. 4:14.

33 Dit is, ook die onbedekte en diepste verborgenhede en leerstukke van God se Woord. Dit word deels gestel teenoor die eerste beginsels van die leer, en deels teenoor die seremonies, waarin die Jode, soos kinders, altyd verval het.

34 Soos in 1 Kor. 2:6; 14:20. Ef. 4:13.

35 Of: die sinne geoefen het. Die Griekse woord beteken die instrumente waardeur die sinne hul werk verrig en geoefen word, soos oë, ore, tonge, ens., waardeur hier die inwendige instrumente van die siel verstaan word, soos die rede, verstand, wil, ens., wat, terwyl dit deur die krag van die Gees verlig en vernuwe is, ook deur die oefening van God se Woord daagliks meer en meer versterk moet word, om die kwade en die onware te kan verwerp, en die goeie en die waarheid te kan aanneem.

36 Dit is, deur bekwaamheid wat ’n mens verkry deur baie oefening in enige saak.