Statevertaling – Bybelstigting

Hebreërs 6

1

DAAROM moet ons nie bly by 1die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar 2na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer 3die fondament te lê van die bekering 4uit dooie werke en van die geloof 5in God,

2

van die leer 6van die doop en 7van die handoplegging en 8van die opstanding van die dode en 9van die ewige oordeel.

3

En 10dit sal ons doen aas God dit toelaat.

4

bWant 11dit is onmoontlik om die 12wat eenmaal verlig geword het en 13die hemelse gawe gesmaak en 14die Heilige Gees deelagtig geword het,

5

en 15die goeie woord van God gesmaak het en 16die kragte van die toekomstige wêreld,

6

en 17afvallig geword het — om 18dié 19weer tot bekering te vernuwe, 20omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

7

21Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, 22het deel aan die seën van God.

8

Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is 23naby die vervloeking — die einde daarvan is verbranding.

9

24Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat 25saamhang met die saligheid, al 26spreek ons ook so.

10

cWant God is 27nie onregverdig om 28julle werk te 29vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het 30vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.

11

Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom 31tot die volkome sekerheid van die hoop 32tot die einde toe;

12

sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en 33lankmoedigheid 34erfgename van die belofte is.

13

Want 35toe God aan Abraham 36die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer

14

en gesê: d37Voorwaar, Ek sal jou 38ryklik seën en jou grootliks vermeerder.

15

En so het hy 39die belofte verkry nadat hy 40geduldig gewag het.

16

Want mense sweer 41by een wat meer is, en edie 42eed 43van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak.

17

Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, 44dit met ’n eed gewaarborg;

18

sodat ons 45deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan 46die hoop wat voorlê;

19

en ons het 47dit 48as ’n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan 49tot binnekant die voorhangsel

20

waar Jesus as 50voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van 51Melgisédek f’n hoëpriester geword het vir ewig.

1 Gr. die woord van die begin of beginsel van Christus, dit is, waardeur ons in die begin tot lidmate van Christus aangeneem word, en soos die eerste onderwysing van kinders is, die nuwelinge, Hebr. 5:12 en die kanttekening.

2 Dit is, na die volkome kennis van die leer van Christus voortgaan, Ef. 4:13.

3 Of: eerste grond, waarvan hier ses hoofsake beskryf word.

4 Dit is, uit sondige of vleeslike werke, waarvan die einde die dood is, Rom. 6:23. Kennis hiervan kom in die besonder deur die wet, Rom. 3:20.

5 Naamlik Vader, Seun en Heilige Gees, waarvan die hoofsaak in die twaalf artikels van die geloof vervat is.

6 Dit is, van die aard, instelling en die gebruik van die doop en van die sakramente, waardeur die geloof en die bekering in ons versterk word. In die Grieks word die woord doop hier in die meervoud gebruik, nie omdat daar meer as een doop is nie, Ef. 4:5, maar óf om die uitwendige en inwendige doop aan te dui, 1 Petr. 3:21, óf omdat in die eerste kerk die volwassenes wat tot Christus bekeer, en ’n tyd lank in die Christelike godsdiens onderrig was, dikwels saam in ’n aansienlike getal gedoop was, sodat dit wil voorkom of daar baie doopbedienings op een dag plaasgevind het.

7 Dit is, van die gawes van die Heilige Gees, wat die gelowiges in die eerste kerk gewoonlik deur handoplegging meegedeel is, Hand. 8:16, 17, en in die besonder in die bevestiging van kerkdienaars, 1 Tim. 4:14.

8 Van hierdie artikel moes diegene wat tot die gemeenskap van die kerk van Christus toegelaat was, in die besonder verantwoording doen, omdat nie net die heidene daarmee gespot het nie, Hand. 17:32, maar ook die Sadduseërs onder die Jode, Matt. 22:23, en baie ketters onder die Christene dit ook geloën het, 2 Tim. 2:18.

9 Naamlik oor lewendes en oor dode, oor die ongelowiges tot die ewige dood, en oor die gelowiges tot die ewige lewe. Dit is dan die ses hoofsake van die beginsels of fondamente van die Christelike godsdiens, wat aan die nuwelinge deur vrae en antwoorde voorgestel was, wat ook merendeels in ons kategismus vervat word.

a Hand. 18:21. 1 Kor. 4:19. Jak. 4:15. 10 Naamlik die lê van die eerste fondamente van die Christelike godsdiens, wat Paulus nou wel verbygaan, omdat hy hulle ook tot ’n meer volkome kennis van ander leerstukke wou bring. Hy belowe ewenwel om dit by ander geleenthede te behandel, indien die Here dit sou toelaat, soos hy ook op ander plekke in sy briewe doen. Ander verstaan dit as die verklaring van die meer volkome leer, wat hy hierna gaan voorstel.
b Matt. 12:31. Hebr. 10:26. 1 Joh. 5:16. 11 Naamlik ten opsigte van God se regverdige oordeel oor sulke ondankbare mense, ooreenkomstig die verklaring wat Christus self gegee het van diegene wat teen die Heilige Gees sondig, Matt. 12:31, 32; soos die volgende verse ook uitwys dat hier, soos ook in Hebr. 10:26, van dié sonde gespreek word. Daarom gebied die apostel Johannes, 1 Joh. 5:16, dat ’n mens vir sulkes nie moet bid nie. Sien dergelike spreekwyse in Joh. 12:39, 40.

12 Naamlik in die verstand deur die verkondiging van die evangelie.

13 Dit is, die geloof, waarvan hier gesê word dat hulle dit gesmaak het, nie omdat hulle dit in sy ware wese ooit ontvang het nie, maar omdat hulle ’n klein beginsel en beeld of skyn daarvan gevoel het, soos die woord proe ook teenoor drink gestel word, Matt. 27:34. Hierdie smaak noem Christus in die gelykenis van die saaier, Matt. 13:20, 21, die aanneem van die woord met blydskap, wat nogtans geen wortel, dit is, geen ware vertroue op Christus het nie, en nie aanhoudend behoorlike vrugte dra nie, omdat dit op rotsagtige plekke, dit is, in ’n hart wat nie behoorlik voor God verneder óf toeberei is nie, geval het. En dat dit hier ook die bedoeling is, blyk uit vers 7 en elders, waar dit vergelyk word met die grond wat die reën indrink, en in plaas van goeie plante, dorings en distels voortbring.

14 Dit is, enkele gawes van die Heilige Gees, wat God in die eerste kerk die dissipels meegedeel het. Sien hieroor 1 Korinthiërs 12; 14.

15 Dit is, die beloftes van die evangelie, waarvan hierdie mense ook in ’n mate ’n smaak ontvang het, soos van die woord van Johannes die Doper in Joh. 5:35 van sommige Jode gesê word, dat hulle gewillig was om hulle vir ’n tyd in sy lig te verbly.

16 Dit kan goed verstaan word as die kragte van die ewige lewe, waarvan hierdie mense ook iets gesmaak het, omdat hulle hierdie woord met blydskap aanneem, en hulle in die belofte hiervan vir ’n tyd verbly, soos in vers 4 aangedui is. Die woord smaak kom hiermee goed ooreen.

17 Of: verval het, waardeur nie allerlei sondes verstaan word waarin die ware gelowiges ook soms verval nie (soos Dawid, Petrus, ens.), en wat daarna tot bekering kom; maar hier word ’n algehele verval of afval van die Christelike godsdiens verstaan, en wat moedswillig geskied, soos in Hebr. 10:26 uitgedruk word, en met lastering daarvan (teen die getuienis van die Heilige Gees in hul gemoed), gepaardgaan; soos Christus getuig in Matt. 12:31.

18 Dit verwys na die voorgaande woord onmoontlik, vers 4. Dit is dus onmoontlik om dié weer tot bekering te vernuwe. Hierdie onmoontlikheid is nie net te verstaan ten opsigte van die leraars, wat tevergeefs sou arbei om hulle te vernuwe of tot bekering te bring nie, maar ook ten opsigte van God se waarheid self, wat eenmaal hierdie regverdige oordeel oor hulle gevel het, en nie veranderlik is nie, en Hom nie laat bespot nie, Gal. 6:7. Ja, ook ten opsigte van Christus se verdienste, wat hulle moedswillig versaak en verwerp, soos in die teks volg. Daarom word ook in Hebr. 10:26 gesê dat daar geen offer meer oor is vir die sonde van sulke mense nie.

19 Die woordjie weer verwys na die staat waaruit hulle verval het, welke staat die beginsel was van die vernuwing, indien hulle daarin gebly en behoorlik daarin voortgegaan het. Tot hierdie staat kan hulle selfs nie teruggebring word nie. Ander verstaan hierdie woorde weer vernuwe eenvoudig as vernuwe word, soos die Griekse woord palin, dit is, weer, deur ’n figuurlike manier van spreek pleonasme genoem, dikwels oortollig is. Sien ’n voorbeeld in Joh. 4:54; 13:12. Hand. 18:21, en dit word slegs daarby gevoeg om die saak kragtiger te betuig.

20 In hierdie woorde word nog ’n rede gegee waarom sulke afvalliges nie tot bekering vernuwe kan word nie, naamlik omdat hulle Christus, wat die Vader tot versoening vir ons sondes gegee het, ten opsigte van hulleself, dit is, soveel in hulle is (soos die Jode en heidene tevore uiterlik aan Christus gedoen het), opnuut smaad aandoen en teen hulle gewete in en tot hul verderf, Hom tot skouspel, of tot skande maak voor die hele wêreld, wat God nie ongestraf wil laat nie; soos die Griekse woord paradeigmatizein (openlik tot skande maak) ook beteken, Matt. 1:19. In Mark. 3:29 word die woord blasfemein (laster) gebruik.

21 Deur hierdie beeld toon die apostel die billikheid van hierdie swaar oordeel van God oor sulke mense, aangesien dergelike oordeel selfs onder die mense oor sulke grond gebeur.

22 Dit is, word deur God meer en meer bekwaam gemaak om meer vrugte voort te bring. Of: ontvang seën van God.

23 Dit is, om geheel verlate, en soos ’n vervloekte saak tot die vuur oorgegee te word.
24 Met hierdie woorde versag die apostel die voorgaande dreigement, en verklaar hierna hoekom hy die swaar straf van die afvalliges aan hulle voorgehou het, naamlik nie omdat hy hulle as sodanig beskou het nie, maar om hulle te waarsku en aan te spoor om vas te hou aan die leer van die evangelie en aan God se beloftes.

25 Of: die saligheid aankleef.

26 Dit is, spreek ons so ’n swaar oordeel uit teen die afvalliges.

c Spr. 14:31. Matt. 10:42; 25:40. Mark. 9:41. Joh. 13:20. 27 Dit is, nie ontrou, of onstandvastig in die vervulling van sy beloftes nie; soos God se trou en standvastigheid hierin ook deurgaans die regverdigheid van God genoem word. Sien Ps. 143:1. 1 Joh. 1:9.

28 Naamlik van die ware geloof, wat Hy reeds in julle gewerk het, Filip. 1:29.

29 Naamlik dat Hy julle werk nie, volgens sy belofte, tot die einde toe in julle sou volbring nie, Filip. 1:6, en hiernamaals nie genadiglik sou beloon nie.

30 Of: in sy Naam, dit is, nie net uit menslike oorwegings teenoor die armes en verdruktes nie, maar omdat hulle ter wille van die Naam van God en die belydenis van Christus gely het, wat ’n eienskap is van die ware geloof en die ware liefde, wat Christus nie onbeloon laat nie. Sien Matt. 10:41, 42; 25:40. Mark. 9:41.

31 Want soos die hoop van die saligheid uit die geloof voortkom, so word dieselfde hoop ook meer en meer gesterk deur die ware vrugte van die geloof. Sien 2 Petr. 1:10.

32 Naamlik van julle lewe; want wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word, Matt. 10:22.

33 Dit is, lydsame verwagting van die vervulling van God se belofte, soos hy hierna met die voorbeeld van Abraham en van alle ware gelowiges bewys.

34 Dit is, die beloofde erfenis in die hemel nou geniet.

35 Die apostel bewys met die voorbeeld van Abraham, die vader van alle gelowiges, dit wat hy in die voorgaande vers van al die gelowige voorvaders betuig het.

36 Naamlik in Gén. 22:16, toe Abraham sy seun geoffer het. In hierdie belofte is alle liggaamlike en geestelike beloftes begrepe, naamlik van die beloofde Saad, en van die vermenigvuldiging van sy nageslag as die vader van alle gelowiges. Sien ’n nadere verklaring hiervan in Rom. 4:16. Gal. 3:14, ens.

d Gén. 12:3; 17:4; 22:16. Ps. 105:9. Luk. 1:73. 37 Hierdie woord staan wel nie in die Hebreeuse teks nie, maar word deur Paulus uit die Griekse vertaling daarby aangehaal, aangesien dit in die sin self begrepe is. Ander meen dat die woordjie ki, wat in die Hebreeuse teks staan, soms ook voorwaar beteken, Job 8:6. Spr. 30:2.

38 Dit is, baie oorvloedig en gedurig seën en baie vermeerder.

39 Dit is, dit wat God belowe het, soos in vers 12.

40 Gr. lankmoedig was.

e Ex. 22:11. 41 Naamlik by God. Want ander ede word in die Woord van God veroordeel. Sien Deut. 6:13. Jer. 4:2; 5:7. Die rede is omdat God alleen die harte van die mense ken, en alle mense, hoe aansienlik hulle ook is, kan straf, indien hulle valslik sweer.

42 Dit is, die wettige en behoorlike eed van mense waarteen niks ingebring kan word nie.

43 Naamlik van die beloftes wat aan iemand gemaak word. Want aangesien daar twee soorte ede is – die een om die waarheid van sake wat gebeur het, te bevestig, en een om ander te verseker van die toekomstige onderhouding van dit wat beloof is – spreek Paulus hier in die besonder van die laaste soort.

44 Of: het deur ’n eed bemiddel, dit is, het die eed as middel gebruik.
45 Dit is, sy belofte en sy eed, wat beide onveranderlik is.

46 Dit is, die lydsame verwagting van die vervulling van die beloftes wat ons deur die geloof aangeneem het, Rom. 8:24, 25, aangesien die woord hoop hier in sy letterlike betekenis verstaan word.

47 Naamlik, die hoop wat ons gelowiges het, ens.

48 Dit is, waarmee die siel hom aan God se beloftes vashou, teen alle bewegings en storms van die wêreld; soos ’n skip met sy anker in die see, teen alle storms.

49 Dit is, die hemel, waar Christus aan die regterhand van God sit en vir ons bid; wat deur die ingang van die hoëpriester in die Allerheiligste uitgebeeld was, soos verklaar word in Hebr. 9:24.

f Hebr. 3:1; 4:14; 8:1; 9:11. 50 Naamlik wat vir ons daar ingegaan het, om vir ons plek te berei, Joh. 14:2, 3.

51 Dit voeg die apostel daarby, om so terug te keer tot die verklaring van die koninklike priesterskap van Christus, wat hy onderbreek het, Hebr. 5:11, ens., en weer in die volgende hoofstuk hervat.