Statevertaling – Bybelstigting

Hebreërs 7

Die priesterskap van Melgisédek ’n tipe van die ewige priesterskap van Christus.

1

WANTa 1hierdie Melgisédek was koning 2van Salem, priester 3van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en 4hom geseën het;

2

aan wie Abraham ook 5’n tiende deel van alles gegee het — 6hy was in die eerste plek, volgens uitleg, 7koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is 8koning van vrede;

3

9sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan 10die Seun van God, bly hy priester altyddeur.

4

11Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ’n tiende van die buit gegee het.

5

Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, b12wel ’n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is 13van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het;

6

maar 14hy wat nie 15uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het cvan Abraham tiendes geneem en 16die besitter van die beloftes geseën.

7

Nou word sonder 17enige teëspraak die mindere 18deur die meerdere geseën.

8

En hier neem wel 19sterflike mense tiendes, maar dáár een 20van wie getuig word dat hy lewe.

9

En, 21om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, 22deur Abraham tiendes gegee;

10

want 23hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.

11

dAs daar dan 24volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was — want 25met die oog daarop het die volk 26die wet ontvang — waarom was dit nog nodig dat 27’n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?

12

Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook 28verandering van wet;

13

omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge 29gesê word, 30aan ’n ander stam behoort het waaruit 31niemand die altaar bedien het nie.

14

Want dit is volkome duidelik edat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê 32van die priesterskap nie.

15

En nog baie duideliker is dit as daar ’n ander priester opstaan 33na die ewebeeld van Melgisédek,

16

een wat dit geword het nie 34kragtens die wet van ’n vleeslike gebod nie, maar 35uit die krag van die 36onvernietigbare lewe.

17

Want Hy getuig: fU is priester 37vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

18

Want aan die een kant is daar 38die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en 39nutteloosheid daarvan,

19

gomdat 40die wet niks volkome gemaak het nie; hmaar aan die ander kant is daar 41die invoering van ’n beter hoop waardeur 42ons tot God nader.

20

En vir sover dit nie sonder eedswering 43was nie — want 44húlle het sonder eedswering priesters geword,

21

maar 45Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: iDie Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek —

22

46in sover het Jesus van ’n beter verbond 47borg geword.

23

En hulle het wel priesters geword in ’n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;

24

maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ’n priesterskap 48wat nie op ander oorgaan nie.

25

Daarom kan Hy ook 49volkome red die wat deur Hom 50tot God gaan, omdat Hy 51altyd leef kom 52vir hulle in te tree.

26

Want so ’n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat 53hoër as die hemele geword het;

27

wat nie 54elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om leers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want 55dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.

28

Want 56die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar 57die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig 58volmaak is.

a Gén. 14:18. 1 Die apostel beskryf die geskiedenis van Melgisédek uit Gén. 14:17, ens., soos ook hierna uit Psalm 110. Daar word slegs op hierdie plekke in die Ou Testament van hom melding gemaak. Sommige meen dat hy Sem, die seun van Noag, die voorvader van Abraham, was. Hierdie Sem het nog geleef toe hierdie dinge met Abraham gebeur het, soos blyk uit die vergelyking van sy ouderdom met hierdie tyd. In sy huisgesin het die regte kennis en diens van God sonder twyfel behoue gebly. Dit wat hierna gesê word, is egter in stryd daarmee, naamlik dat hy sonder vader, sonder moeder en sonder geslagsregister was.

2 Meeste van die kerkvaders meen dat hierdie Salem die stad was wat hierna Jerusalem genoem word; hoewel Hiëronimus en sommige ander meen dat dit die Salem was naby die Jordaan, waarvan in Joh. 3:23 melding gemaak word. Rondom hierdie stad was enkele vlaktes, waarvan in Gén. 14:17 gespreek word. Hiëronimus getuig dat daar in sy tyd nog oorblyfsels van die paleis van Melgisédek in hierdie Salem aan die Jordaan te sien was.

3 Dit is, van die ware God, die Skepper van hemel en aarde, soos Melgisédek spreek in Gén. 14:19. Met hierdie titel onderskei hy hom van die priesters van die valse gode, waarmee die wêreld in die tyd gevul was, wat ook selfs deur enkele voorouers van Abraham oorkant die Eufraat gedien was, Jos. 24:14.

4 Naamlik as ’n priester van die Allerhoogste, en met priesterlike gesag, soos die bewys wat Paulus in vers 7 hieruit trek, ook vereis.

5 Dit was ook ’n daad van Abraham aan Melgisédek as priester. Van ander priesterlike handelinge spreek Paulus hier nêrens nie, wat hier nogtans alles oorweeg het waarin die priesterskap van Melgisédek die priesterskap van Levi te bowe gegaan het. So word dan verkeerdelik deur sommige die offer van brood en wyn hier toegevoeg, waarvan hier geen melding gemaak word nie. In Gén. 14:18 word egter nie van die offer gespreek nie, maar van die bring van brood en wyn, as ’n koninklike geskenk, wat daartoe gedien het om die geselskap van Abraham, wat vermoeid was deur die veldslag, met spys en drank te verkwik, soos Josephus dit ook beskryf in Joodse Oudhede.

6 Naamlik Melgisédek, as ’n tipe en voorbeeld van Christus, waarvan die apostel die eienskappe – sowel van sy name as van ander hoedanighede – só aanteken dat hy dit tegelykertyd in Christus, die Seun van God, bewys as waarlik vervul te wees.

7 Só word Christus na die voorbeeld van Melgisédek genoem, nie net omdat Hy self regverdig is nie, maar ook omdat Hy vir ons die ware geregtigheid voor God geword het, 1 Kor. 1:30. 2 Kor. 5:21.

8 Dit is, waarin hy ook ’n voorbeeld van Christus was, wat vir ons die ewige vrede met God verwerf het, Rom. 5:1.

9 Hierdie volgende dinge word van Melgisédek as voorbeeld van Christus gesê, omdat daar niks van hierdie dinge in die beskrywing van die geskiedenis in Génesis 14 en Psalm 110 gemeld word nie, en omdat hy daarenteen ingevoer word as ’n mens wat (by wyse van spreke) uit die hemel geval het, sonder begin en einde, wat in Christus in der waarheid vervul word. Want Hy is sonder vader, ten opsigte van sy menslike natuur, en sonder moeder en geslagsregister, ten opsigte van sy goddelike natuur; net so ook sonder begin van dae of lewenseinde.

10 Hieruit blyk dat Melgisédek nie die Seun van God was, wat Homself in menslike gedaante aan Abraham sou vertoon het nie, soos sommige ook gemeen het; maar dat hy slegs ’n voorbeeld en gelykenis van die Seun van God gedra het.

11 Van hier af tot en met vers 10 verhef die apostel Melgisédek bo Abraham. Vanaf vers 11 verhef hy die priesterskap van Christus bo die priesterskap van die Leviete, en bewys dat dit, as iets wat onvolmaak is, ’n einde moes hê, maar dat Christus se priesterskap vir ewig sou duur.
b Núm. 18:21. Deut. 18:1. Jos. 14:4. 2 Kron. 31:5. 12 Naamlik van God. Sien die wet daarvan in Núm. 18:24, ens.

13 Dit is, die ander Israeliete, wat ook van Abraham afkomstig was.

c Gén. 14:20. 14 Naamlik Melgisédek, Gén. 14:19.

15 Naamlik uit die Leviete.

16 Naamlik Abraham, die voorvader, wat die belofte gehad het dat in sy nageslag (Christus) alle geslagte geseën sou word, Gén. 12:3; 22:18.

17 Gr. alle.

18 Hy spreek hier van ’n plegtige en priesterlike seën, waardeur iemand as ’n priester en gesant van God, ’n ander seën, soos Melgisédek hier aan Abraham gedoen het. Want andersins kan ook ’n mindere wel ’n meerdere seën of vir hom bid.

19 Dit is, die priesters, wat deur die dood weggeneem word en plek maak vir ander wat volg.

20 Sommige verstaan dit as Melgisédek, omdat daar in die geskiedenis in Génesis 14 geen melding gemaak word van sy dood, óf van iemand wat hom in sy priesterskap op aarde opgevolg het nie. Sien verse 3, 16. Dit kan egter ook uit Psalm 110 geneem wees, waar gesê word: U is priester vir ewig, wat van Christus verstaan word, wat altyd leef, en van Abraham tiendes geneem het in die persoon van Melgisédek.

21 Of: om met ’n woord te spreek.

22 Of: in Abraham, soos die Griekse woord dia soms beteken. Hierdie verklaring word ook uit die volgende vers versterk.

23 Naamlik Levi. Want hoewel ook Christus uit die lendene van Dawid, en gevolglik ook van Abraham, gespruit het, so is dit nogtans alleen na sy menslike natuur, en het op ’n buitengewone wyse geskied, wat Hom daarom van hierdie onderwerping bevry het, soos ook van die sonde, waarmee almal in Adam gesondig het, Rom. 5:12.
d Gal. 2:21. 24 Of: heiligmaking, naamlik nie net die uitwendige na die vlees nie, maar ook die inwendige na die gees, en wat voor God bestaan; waaronder ook die ware versoening met God vervat is. Sien Hebr. 10:14.

25 Ander vertaal: daaronder of daarnaas, dit is, met die instelling van die Levitiese priesterskap. Nog ander vertaal: daarvan of daaroor, naamlik die Levitiese priesterskap, het die volk van Israel die wet deur Moses ontvang, dit is, het God deur Moses die volk van Israel aan die wet van die Levitiese priesterskap en sy hele diens verbind, sodat die volk in sy heiligmaking slegs die diens en die beleid van hierdie priesterskap moes gebruik.

26 Sommige verstaan dit slegs as die wet van die priesterlike bediening en die seremonies, wat aan die Levitiese priesterskap verbonde was, soos ook in vers 12. Ander verstaan dit breër as die hele wet van Moses, sowel die sedewet as die seremoniële wet, omdat God die priesterskap onder die Leviete ingestel het, sodat hulle bewaarders, verklaarders en bedienaars van hierdie wet sou wees. Sien Hag. 2:12. Mal. 2:6, 7.

27 Naamlik soos God deur Dawid in Psalm 110 met eedswering betuig.

28 Sommige verstaan dit ook slegs as die wet van die priesterskap in die stam van Levi met die seremonies, soos in die voorgaande vers aangeteken is. Ander verstaan dit as die hele wet van Moses, omdat die Levitiese priesterskap en sy diens, met die hele wet, só deur God se ordinansie aaneengeheg was, en die een met die ander só verweef, dat die een nie sonder die ander verander kon word nie, omdat hierdie priesterskap van Levi of Aäron ’n groot deel van hierdie wet omvat het, soos in die meeste instellings van die wet te sien is. En dit wil voorkom of hierdie betekenis in verse 18 en 19 bevestig word.
29 Naamlik in Psalm 110.

30 Gr. ’n ander stam deelagtig was, naamlik die stam van Juda, soos Jakob in Gén. 49:10 vooruit aangekondig het dat die Silo, of Messías, uit die stam van Juda moes voortkom, wat, vervul in die persoon van Jesus Christus, bekend was aan alle Christene aan wie Paulus hier skryf. Só word dit ook in die volgende verse verklaar.

31 Naamlik wettiglik. Want toe koning Ussía uit die stam van Juda dit probeer het, is hy daarvoor deur God met melaatsheid gestraf, 2 Kron. 26:18.

e Jes. 11:1. Matt. 1:3. 32 Dit is, van die bediening van die priesterskap. Want andersins moes ook die konings sorg dra dat die priesters hulle amp reg bedien het, soos in Dawid, Salomo, Hiskía, Josía en ander te sien is.
33 Daarmee verklaar die apostel dit wat hy tevore die orde van Melgisédek genoem het.
34 Dit is, deur die wet van die seremoniële gebooie, wat in uitwendige en vleeslike of verganklike reinigmakings en heiligmakings bestaan het, soos daar van die kleding van die priesters, salwing, reiniging, offers, ens. was, waardeur hulle in hul diens ingewy was, en wat slegs die liggaam en die uitwendige toestand van die mens geraak het. Hier moet egter aangemerk word dat die apostel van hierdie seremonies spreek volgens die algemene gevoel van die Jode, wat in hierdie uitwendige dinge die heiligmaking gesoek het. Hulle moes dit egter slegs as voorbeelde en skaduwees van Christus beskou het, soos in die volgende hoofstukke geleer word.

35 Dit is, deur die krag van God en die salwing van die Heilige Gees, wat onverganklik op Hom sou bly, en Hom tot ’n ewige priester gestel het, wat altyd sou lewe om vir ons te bid en ons die krag van sy offer ook deelagtig te maak tot ’n onvernietigbare lewe. Sien vers 25. Rom. 6:9, 10. Openb. 1:18.

36 Gr. onlosmaaklike.

f Ps. 110:4. Hebr. 5:6. 37 Dit is, sonder dat die priesterskap van Christus aan enige verandering onderworpe sou wees. Want hoewel van sommige seremonies van die Ou Testament gesê word dat dit vir ewig ingestel is, soos gesê word van die besnydenis, Gén. 17:13, van die paasfees, Ex. 12:14, van die sabbat, Ex. 31:16, en van die offers, Núm. 18:19, kan dit nogtans nie van die seremonies op sigself beskou, gesê word nie, maar slegs ten opsigte van hul betekende saak in Christus, en tot die tyd van die koms van Christus, waardeur die seremonies tot niet gemaak is, soos die apostel hier en die Skrif elders oral getuig.
38 Of: afskaffing.

39 Naamlik om daardeur geestelik gereinig te word, soos die Jode in die gebruik daarvan hul heiligheid en volmaaktheid gesoek het. Hoewel hierdie seremonies die ware Israeliete gedien het om daardeur tot Christus en sy heiligmaking gebring te word, wat wel van groot nut was, maar met die koms van Christus geëindig het.

g Hand. 13:39. Rom. 3:28; 8:3. Gal. 2:16.

h Joh. 1:17. Rom. 3:21.

40 Naamlik van die seremonies, waarvan hy hier eintlik spreek. Selfs ook nie die sedewet nie, omdat dit deur die vlees daartoe onmagtig was, soos Paulus getuig in Rom. 8:3.

41 Naamlik, wat alle dinge volkome maak, waardeur die krag van die nuwe verbond en van die priesterskap van Christus verstaan word. Dit word ’n beter hoop genoem, omdat dit die ware heiligmaking kragtig in ons teweegbring. Ander vertaal dit: die aanleiding tot ’n beter hoop, naamlik die wet self, wat daarom ook ’n leidsman tot Christus genoem word, Gal. 3:24. Die letterlike betekenis van die Griekse woord epeisagoge vereis egter eerder die eerste betekenis, aangesien dit ’n invoering of aanleiding meebring van ’n saak wat dit wat tevore was, te bowe gaan.

42 Want deur Christus en sy priesterskap het ons ’n vrye toegang tot God self, Rom. 5:2.

43 Naamlik dat Christus ’n ewige priester geword het.

44 Naamlik die Levitiese priesters.

i Ps. 110:4. 45 Naamlik Christus.
46 Naamlik aangesien dit deur ’n onveranderlike eed van God bevestig is, en derhalwe ook onveranderlik is, en kragtig om ons salig te maak, soos in die volgende verklaar word. Of: van ’n soveel beter verbond het Jesus borg geword.

47 Dit is, Middelaar, soos Hy ook genoem word in Hebr. 8:6; 9:15; 12:24.

48 Omdat die Levitiese priesterskap in die ewige priester volgens die orde van Melgisédek (naamlik Christus) moes oorgaan, vergaan die eerste, en bly hierdie laaste vir ewig. Of: wat nie van Hom oorgaan op ’n ander navolger nie, soos met die Levitiese priesterskap gebeur het.
k 1 Tim. 2:5. 1 Joh. 2:1. 49 Of: ten volle, tot die volle einde toe, só dat daaraan niks ontbreek nie, wat die Griekse woord meebring, met die gevolg dat buite Hom geen deel van die saligheid óf in onsself, óf in iemand anders te soek of te vinde is nie.

50 Naamlik deur ’n waaragtige en lewende geloof. Sien Hebr. 10:19, ens.

51 Naamlik in die hemel, in sy heerlikheid, aan die regterhand van sy Vader, waar Hy altyd die ander deel van sy hoëpriesteramp, die voorbidding, vervul.

52 Sien die verklaring hiervan in Rom. 8:34. Hebr. 9:24.

53 Dit is, bo alle sigbare hemele, in die troon van sy Vader, tot die hoogste heerlikheid verhewe, Ef. 4:10. Openb. 3:21.
l Lev. 9:7; 16:6. Hebr. 5:3. 54 Dit is, dikwels, of: op alle bestemde dae. Sien Hebr. 9:7.

55 Naamlik vir die sondes van die volk geoffer, want Hy self het geen sonde gehad om vir Homself te offer nie, soos in die voorgaande vers betuig is.

56 Naamlik deur Moses gegee.

57 Naamlik deur Dawid in Psalm 110 verklaar, nadat die wet enkele honderde jare tevore gegee was. Dit voeg die apostel daarby om te bewys dat die laaste instelling die vorige tot niet maak.

58 Of: geheilig, ingewy, soos meermale tevore. Sien Hebr. 2:10.