Statevertaling – Bybelstigting

Jakobus 1

Opskrif en seëngroet.

1

JAKOBUS,1 2’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan 3die twaalf stamme awat in 4die verstrooiing is: 5Groete!

Die beproewinge en versoekinge.

2

bAG dit 6louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande 7versoekinge 8val,

3

c9omdat julle weet dat 10die beproewing van julle geloof 11lydsaamheid bewerk.

4

Maar die lydsaamheid moet 12tot volle verwerkliking kom, sodat julle 13volmaak en 14sonder gebrek kan wees en 15in niks 16kortkom nie.

5

dEn 17as iemand van julle 18wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan 19almal 20eenvoudig gee 21sonder om te verwyt, en 22edit sal aan hom gegee word.

6

Maar hy moet 23in die geloof bid, 24sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

7

Want 25dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie —

8

so 26’n dubbelhartige man, 27onbestendig 28in al sy weë.

9

Maar laat die broeder 29wat gering is, 30roem in sy 31hoogheid,

10

en 32die ryke 33in sy geringheid, want soos ’n blom van die gras sal 34hy verbygaan.

11

fWant 35die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal 36die ryke ook 37in sy weë 38verwelk.

12

gSalig is die man wat 39versoeking 40verdra, want as hy 41die toets deurstaan het, sal hy h42die kroon van die lewe 43ontvang wat die Here ibeloof het aan die 44wat Hom liefhet.

13

Laat niemand, 45as hy in versoeking kom, 46sê: Ek word deur God versoek nie. Want God 47kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self 48versoek Hy niemand nie.

14

Maar elkeen 49word versoek 50as hy deur sy eie begeerlikheid 51weggesleep en 52verlok word.

15

Daarna, as die begeerlikheid 53ontvang het, 54baar dit sonde; en as die sonde tot 55volle ontwikkeling gekom het, 56bring dit 57die dood voort.

16

58Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.

17

kElke goeie gif en elke 59volmaakte gawe daal 60van bo af neer, van die 61Vader van die ligte, lby wie daar 62geen verandering of 63skaduwee van 64omkering is nie.

18

m65Volgens sy wil het Hy ons 66voortgebring deur 67die woord van die waarheid, sodat ons as 68eerstelinge 69van sy skepsele kan wees.

Daders van die woord.

19

SO dan, my geliefde broeders, nelke mens moet gou wees 70om te hoor, stadig 71om te praat, stadig om toornig te word.

20

Want die toorn van ’n man 72bewerk nie die geregtigheid voor God nie.

21

oDaarom, 73doen afstand van alle 74vuiligheid en 75oorvloed van boosheid, en 76ontvang met sagmoedigheid 77die ingeplante 78woord, wat 79in staat is om julle siele te red.

22

pEn word 80daders van die woord en nie net hoorders 81wat julleself bedrieg nie.

23

qWant as iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n dader nie, dié is soos ’n man wat 82sy natuurlike gesig in 83’n spieël sien;

24

want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.

25

rMaar 84hy wat diep insien 85in die volmaakte wet 86van die vryheid en 87daarby bly, hy sal, omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder is nie, maar ’n dader van die werk, gelukkig wees 88in wat hy doen.

26

sAs iemand onder julle 89meen dat hy godsdienstig is en 90sy tong nie in toom hou nie, maar 91sy hart mislei, die 92godsdiens van hierdie man is tevergeefs.

27

Reine en onbesmette godsdiens 93voor God en die Vader is dít: 94om wese en weduwees in hulle verdrukking te 95besoek en jou 96vlekkeloos te bewaar 97van die wêreld.

a Hand. 8:1. 1 Petr. 1:1. 1 Sien die inleiding van hierdie boek.

2 Naamlik in diens van die apostelskap. Sien Rom. 1:1. Filip. 1:1. 2 Petr. 1:1. Jud. vers 1. Openb. 1:1.

3 Naamlik van die Israeliete of Jode, wat in twaalf stamme of geslagte verdeel was; naamlik hulle wat uit die stamme die evangelie aangeneem het. Sien Gén. 49:28. Ex. 24:4. Jos. 3:12. Hand. 26:7.

4 Die Israeliete of Jode is dikwels buite hul vaderland in ander lande verstrooi. Die tien stamme deur die Assiriërs, en die twee deur die Babiloniërs, wat later wel teruggebring is, maar sommige het in die verstrooiing gebly, sien meer hieroor in Hand. 2:5 en die kanttekening. Uiteindelik is hulle ten ene male verstrooi deur die oorlog van die Romeine onder Vespasianus en Titus; hulle het in dié verstrooiing gebly tot op hierdie tyd. Dit wil voorkom of hierdie laaste verstrooiing nog nie plaasgevind het toe hierdie brief geskryf is nie; sodat hier diegene verstaan word wat deur die eerste verstrooiings agtergebly het in die lande van Pontus, Galásië, Kappadócië, Asië en Bithínië, ens., soos ook in 1 Petr. 1:1 en die kanttekening genoem word, en ook blyk dat die Jode in hierdie en ander ver lande verstrooi was, en waarvan sommige tot die Christelike geloof bekeer is, Hand. 2:9-11, 41.

5 Gr. Gairein, dit is, om bly te wees; dit was ’n manier van groet wat by die Grieke gebruiklik was. Sien Matt. 26:49; 27:29. Joh. 19:3. Hand. 15:23.

b Matt. 5:11. Rom. 5:3. 1 Petr. 1:6. 6 Gr. alle, dit is, slegs vreugde, niks anders as vreugde nie. Hierdie vreugde ontstaan nie uit die ervaring van verdrukkinge nie, maar uit die ervaring van God se genade te midde van die verdrukkinge, en dat die nuttighede en vrugte daarvan bemerk word soos die volgende verse vermeld.

7 Dit is, verdrukkinge, wat so genoem word omdat God daardeur ons standvastigheid in die geloof beproef en bekendmaak, soos in die volgende vers verklaar word. So word ook gesê dat God Abraham beproef het, Gén. 22:1 en die kanttekening, dit is, sy geloof beproef het. Sien ook 2 Petr. 2:9. Openb. 3:10.

8 Die Griekse woord beteken om daar midde-in te val, om as ’t ware van alle kante, rondom, daardeur vasgevang te wees.

c Rom. 5:3. 1 Petr. 1:7. 9 Naamlik tot watter uiteinde God hierdie verdrukkinge oor julle laat kom, en watter nuttighede dit vir die gelowiges bring. Hierdie wetenskap is die oorsaak van die vreugde waartoe hy aanmoedig.

10 Dit is, die verdrukkinge, waardeur julle geloof, soos goud deur vuur, beproef word, 1 Petr. 1:7.

11 Naamlik nie die beproewing self nie, aangesien dit in die ongelowige ongeduldigheid en murmurering teen God voortbring, maar omdat God deur sy Gees die verstand van die gelowiges so verlig dat hulle verstaan dat Hy hulle geloof daardeur wil beproef en openbaar maak, en hulle daardeur vir die ewige vreugde voorberei. En dit is nie in stryd met wat Paulus in Rom. 5:4 sê nie: Die lydsaamheid werk beproefdheid, want onder die woord beproefdheid verstaan Paulus nie die verdrukkinge waardeur die geloof beproef word, soos Jakobus hier sê nie, maar gewaarwording en ervaring, naamlik van God se hulp, bystand, troos en getrouheid in sy beloftes.

12 Gr. ’n volmaakte werk. Dit is, ’n opregte, ongeveinsde en tot die einde toe durende werk, Matt. 10:22.

13 Soos hiervoor beskryf is, want die apostel het dit nie verstaan as ’n totaal volkome volmaaktheid volgens die eis van die wet nie, soos hierna blyk in Jak. 3:2.

14 Of: geheel opreg. Dit is, dat julle nie net ly vir ’n goeie saak nie, 1 Petr. 4:15, 16, maar ook in julle hele lewe alle opregtheid betoon, sodat elkeen daaruit mag sien dat julle ten onregte ly.

15 Naamlik wat die Christelike roeping van ons eis. Of: in geen versoeking nie, naamlik hoe swaar die versoeking ook sou wees.

16 Dit is, deur na te laat wat julle verskuldig is en wat julle, as goeie Christene, behoort te doen.

d Spr. 2:3.

e Jer. 29:12. Matt. 7:7; 21:22. Mark. 11:24. Joh. 16:24. 1 Joh. 3:22; 5:14.

17 Naamlik soos dit ons almal van nature ontbreek.

18 Dit kan wel as alle wysheid verstaan word, maar die apostel verstaan hier vernaamlik die wysheid van geestelike en hemelse sake, waarvan die begin vrees van God is, en besonderlik dié wysheid wat gebruik moet word in verdrukkinge, om die regte oorsake daarvan te verstaan, en die manier hoe ’n mens hom daarin moet gedra en troos; waarin groot wysheid geleë is.

19 Naamlik wat reg tot Hom bid vir hierdie wysheid.

20 Of: mildelik. Dit is, sonder swarigheid of karigheid.

21 Naamlik soos mense, wat nie graag gee nie, oor die algemeen doen. Hy gee ons so dikwels en so baie.

22 Naamlik die wysheid; hierdie belofte kan ook uitgebrei word na ander dinge wat vir ons saligheid nodig is. Sien Matt. 7:7, ens. Luk. 11:9. Joh. 16:23.

23 Dit is, met ’n vaste vertroue dat hy verhoor sal word, Mark. 11:22-24.

24 Naamlik of hy verhoor sal word of nie. Anders: of God in sy beloftes getrou is of nie. Sien oor hierdie woord Hand. 10:20; 11:12. Rom. 4:20.

25 Naamlik wat so, sonder vertroue, en twyfelende, bid.
26 Gr. ’n tweesielige man, dit is, wat sy siel of hart as ’t ware in twee dele verdeel het tussen God en sy begeerlikhede, en so albei wil dien, soos die Israeliete hulle hart verdeel het tussen die Here en Baäl, 1 Kon. 18:21. Hos. 10:2.

27 Dit is, nie net veranderlik van denke nie, maar ook onrustig in sy gemoed.

28 Dit is, in al sy gedagtes, beraadslagings en handelinge. ’n Hebreeuse spreekwyse.

29 Dit is, wat deur kruis, armoede en verdrukkinge in ’n geringe en ellendige staat is. Want so word geringheid dikwels as verdrukking verstaan. Sien Ps. 116:6; 119:71.

30 Dit is, verheug hom, soos in vers 2. 1 Petr. 1:6.

31 Dit is, in die heerlike staat, waartoe God hom geroep het, naamlik dat hy deur die geloof ’n kind en erfgenaam van God geword het, Joh. 1:12. Rom. 8:17.

32 Naamlik wat nie aan sulke verdrukkinge onderworpe is nie, maar rykdom, eer en alle ander gemak van hierdie lewe in oorvloed het.

33 Hoewel hy in geen geringe staat is nie, maar in ’n verhewe staat in die oë van die wêreld, dat hy hierin nie roem nie, maar vernaamlik daarin, dat hy ’n nederige hart het, wat hom daarom nie bo ander verhef nie. Hy gedra hom in geringheid voor God en die mense terwyl hy gedagtig is aan die veranderlikheid van die sake van hierdie wêreld.

34 Naamlik só ’n ryke, soos in die volgende vers verklaar word.

f Jes. 40:6. 1 Kor. 7:31. Jak. 4:14. 1 Petr. 1:24. 1 Joh. 2:17. 35 Dit is, soos die son opgaan, ens.

36 Dit geld alle mense, maar word vernaamlik van die rykes gesê, omdat hulle baie moeilik van die vertroue op hul rykdomme afgetrek kan word. Sien 1 Tim. 6:17.

37 Sien vers 8 se kanttekening. Gr. poreiais, dit is, wandelinge.

38 Dit is, sy hoogheid en heerlikheid verloor, soos ’n blom wat verwelk.

g Job 5:17.

h 2 Tim. 4:8. 1 Petr. 5:4. Openb. 2:10.

i Matt. 10:22; 19:28, 29.

39 Dit is, verdrukking. Sien vers 2.

40 Naamlik lydsaam en standvastig.

41 Naamlik deur die verdrukking getoets is, en bevind dat hy ewenwel standvastig in die geloof bly.

42 Dit is, die ewige lewe, waarmee hy ná die stryd en oorwinning soos met ’n kroon verheerlik sal word.

43 Dit is, verkry, nie as ’n loon na verdienste nie; want die lyding van die teenwoordige tyd kan nie opgeweeg word teen die toekomende heerlikheid nie, Rom. 8:18, maar as ’n genadige geskenk, Rom. 6:23.

44 Dit is, hulle wat in Christus glo, Joh. 3:36; 5:24, en hulle geloof toon deur ’n standvastige liefde tot God en hul naaste. Sien 2 Tim. 4:8.

45 Hier word die woord versoek in ’n ander betekenis gebruik as in die voorgaande, naamlik vir aanlok of verwek tot kwaad of sonde. Omdat die Satan dit altyd doen, word hy daarom ook die versoeker genoem, Matt. 4:3. 1 Thess. 3:5.

46 Naamlik soos sommige skynbaar gedoen het. Omdat die verdrukkinge (waardeur ’n mens tot afval en ander sondes aangelok word of daardeur verwek word om die verdrukkinge te ontvlug) deur die voorsienigheid van God oor ons gestuur word, Gén. 45:7. 2 Sam. 16:10, kom hulle tot die slotsom dat God dan ook ’n outeur moet wees van die verwekking tot die kwaad, wat deur verdrukkinge geskied. Die apostel weerlê dit hier kragtig.

47 Gr. is onversoeklik van die kwade, dit is, kan vanweë sy volmaakte goedheid nie self tot kwaad verwek word nie, of iemand daartoe verwek nie, omdat Hy nie kan doen wat teen sy natuur stry, en waarvan sy natuur ’n afkeer het nie.

48 Dit is, verwek niemand tot kwaad nie.

49 Dit is, tot die kwaad aangelok; soos tevore.

50 Dit is, van die bose luste van sy vlees, wat alle mense van nature het, en wat ná die val van die eerste ouers by almal aangebore is. Want hoewel die Satan en die wêreld ons ook tot die kwaad aanlok, sou hulle nogtans niks kon uitrig nie, indien hierdie bose luste, as inwendige en vernaamste oorsake, nie daarmee saam gekom het nie.

51 Naamlik van die goeie.

52 Naamlik tot die kwaad, deur die soetigheid daarvan soos deur aas daartoe aangelok te word. Dit is die eerste bose roersel in die hart van die mens, as hy tot die kwaad versoek of verwek word; daardie roersel is reeds sonde, omdat dit afwyk van die opregtheid wat die wet eis, 1 Joh. 3:4 se kanttekeninge, wat die apostel Paulus dikwels sonde noem, Rom. 7:7-9, 11, ens., en dit is in stryd met die tiende gebod: Jy mag nie begeer nie.

53 Hy verklaar dit nader met ’n beeld van ’n vrou wat haar vrug eers ontvang en daarna baar. Onder die ontvang van die begeerlikheid word ’n tweede beweging of roersel in die hart verstaan, waardeur ook die wil daarmee instem, soos Dawid, toe hy na die vrou van Uría gekyk het, eers verlei is om haar te begeer, en daarna in sy hart besluit het dat hy haar wou hê. Daarmee was die sonde as ’t ware ontvang, 2 Sam. 11:2, ens.

54 Dit is, bring voort, en volbring deur die daad die uiterlike sonde, wat om daardie rede gewoonlik daadsonde genoem word, en hier vol ontwikkelde sonde. Waaruit dan nie afgelei kan word, dat die begeerlikheid geen sonde sou wees nie; inteendeel, omdat dit sulke slegte vrugte voortbring, moet dit ’n slegte boom wees, Matt. 7:17, 18.

55 Dit is, uitwendig gedoen is. Dit is ’n beskrywing van die daadsonde.

56 Die apostel gebruik hier ’n Griekse woord, wat eintlik op die bevalling dui, waar die vrug van ’n vrou van haar skei, en dit uit haar liggaam voortkom, om by die vorige beeld te bly.

57 Naamlik die tydelike en ewige dood. Sien Deut. 27:26. Eség. 18:4. Rom. 1:32; 6:23. Hieruit kan nie afgelei word dat slegs die daadsondes die dood verdien, en nie ook die inwendige slegte begeerlikhede nie. Want dat dit ook die dood verdien, getuig Moses uitdruklik in Deut. 27:26, Christus in Matt. 5:22, 28, Paulus in Rom. 5:14; 7:7, Johannes in 1 Joh. 3:15. Maar die apostel leer slegs hoe die sonde ons mettertyd toenemend tot die dood bring.

58 Dit is, vernaamlik in hierdie leerstuk; dat julle God vir ’n outeur van die versoekings of aanlokkings tot die kwaad sou hou, want dit is godslasterlik.
k Spr. 2:6. 1 Kor. 4:7.

l Jes. 14:27; 46:10. Mal. 3:6. Rom. 11:29.

59 Dit is, wat nodig en dienstig is om die mens toenemend te vervolmaak en tot saligheid te bring.

60 Dit is, van God af, wat sy troon daar bo in die hemel het, en van daar sy gawes na ons afstuur. Sien Joh. 3:31.

61 Dit is, wat nie net die lig self is, 1 Joh. 1:5, 7, en ’n ontoeganklike lig bewoon nie, 1 Tim. 6:16, maar verlig ook elke mens wat in die wêreld kom, Joh. 1:9.

62 Gr. geen verandering in is, naamlik in sy wese, natuur en eienskappe.

63 Gr. afskaduwing; ’n beeld van die son, waarvan die skynsel dikwels deur enkele wolke as skaduwees verduister word.

64 Naamlik van sy wil, van goed tot kwaad.

m 1 Kor. 4:15. Gal. 4:19. 1 Petr. 1:23. 65 Gr. Willende of gewil het, dit is, na sy welbehae, wat die oorsprong van ons wedergeboorte en saligheid is, Filip. 2:13.

66 Die Griekse woord beteken eintlik: soos wanneer ’n moeder haar kind in die wêreld bring; soos in vers 15.

67 Dit is, deur die verkondiging van die evangelie, wat as uiterlike middel daarvoor nodig is. Sien Rom. 10:14, 17. 1 Petr. 1:23.

68 Gr. ’n sekere eersteling, dit is, soos die eerstelinge van vrugte eers aan God geheilig is, so is ook die gelowige Jode aan God geheilig vóór ander volke.

69 Dit is, van ander mense, sowel heidene as Jode, wat nog in Christus sou glo.

n Spr. 17:27. Pred. 5:1. 70 Naamlik die Woord van waarheid, om dit te leer. Of ook in die algemeen: om iets goeds te leer.

71 Dit is, jou oordeel oor bepaalde sake of persone uit te spreek.

72 Dit is, as dit te heftig is, spoor dit die mens nie aan om te doen wat reg is voor God nie, maar tot wraak, skeldtaal, slaan en dergelike bose werke. Sien Ps. 4:5. Matt. 5:22.
o Rom. 13:12. Kol. 3:8. 73 Dit is die eerste deel van die ware bekering, om die kwaad af te lê, Ps. 34:15. Jes. 1:16.

74 Dit is, sonde, wat vuil en stinkend voor God is, en vernaamlik die vuil en lelike sondes wat deur die apostel Petrus genoem word, 1 Petr. 4:3.

75 Dit is, alle oorvloeiende en uitstaande boosheid. Die Christene moet alle boosheid, hoedanig dit ook al is, aflê, 1 Kor. 5:7. 1 Petr. 2:1, maar in die besonder die boosheid wat uitsteek en oorloop.

76 Naamlik deur geloof en gehoorsaamheid.

77 Naamlik ingeplant deur die diens van leraars, wat plant en natmaak, 1 Kor. 3:6, en die woord, as ’n onverganklike saad, in die harte van die mense saai, waardeur hulle wedergebore word en groei. Sien Luk. 8:11. 1 Petr. 1:23; 2:2.

78 Dit is, die leer van die evangelie.

79 Naamlik gepaardgaande met die krag en werking van die Heilige Gees, en deur die geloof aangeneem, Joh. 3:5.

p Matt. 7:21. Luk. 11:28. Rom. 2:13. 1 Joh. 3:7. 80 Of: doeners; hierdeur verstaan die apostel nie diegene waarvan Paulus in Rom. 2:13 spreek, wat deur die nakom van die wet geregverdig wou word nie; maar diegene wat met die hart glo tot geregtigheid, hulle lewe volgens die leer van Christus skik, en hulle geloof betoon met die vrugte van bekering.

81 Gr. paralogizomenoi, dit is, tot ’n valse slotsom kom, waarmee hulle hul bedrieg, en tot die gevolgtrekking kom, omdat hulle hoorders van die woord is; Christus sê egter in Luk. 11:28, dat húlle salig is wat die woord van God nie net hoor nie, maar dit ook bewaar.

q Luk. 6:47. 82 Gr. gesig van sy geboorte.

83 Want God se woord is soos ’n spieël: die wet, om ons smette en sondes daarin te sien; en die evangelie, om die genade van God in Christus daarin te aanskou. Hy wat slegs die wet sien, en sy sondes wat daarin aangewys word nie verbeter en laat staan nie, en wat die genade wat in die evangelie uitgebeeld word, nie met ’n ware geloof aanneem nie, hy is soos dié man, en so ’n aanskouing sal vir hom nie tot nut wees, as die ander dinge nie volg nie.

r Matt. 5:19. 84 Gr. hy wat neerbuk, dit is, wat terwyl hy neerbuk, kyk, soos ’n mens doen as jy iets baie graag wil insien. Sien Luk. 24:12. Joh. 20:5. 1 Petr. 1:12.

85 Dit is, die ingeplante woord, naamlik van die evangelie, soos in vers 21. Want die woord wet word hier gebruik vir die leer in die algemeen, soos Paulus die leer van die evangelie ook die wet van die geloof noem in Rom. 3:27.

86 Dit is, wat ons leer dat ons deur die Seun waarlik van die sonde vrygemaak is, en waardeur ons die Gees van vryheid, en nie van diensbaarheid nie, ontvang. Sien Joh. 8:36. Rom. 8:2, 15.

87 Dit is, in daardie wet of leer.

88 Dit is, wanneer hy by hierdie leer bly, en daarvolgens lewe. Hy verdien wel nie daardeur die geluksaligheid nie, wat deur die geloof alleen verkry word, Háb. 2:4. Rom. 3:22, ens. Gal. 2:16; 3:8, ens., maar dit is ’n weg om tot die geluksaligheid te kom, Ps. 1:1, 2. Ef. 2:10.

s Ps. 34:14. Jak. 3:6. 1 Petr. 3:10. 89 Dit is, hom verbeel, hom daarvoor uitgee.

90 Naamlik deur te laster, te lieg, vuil te spreek, ens., want uit die oorvloed van die hart spreek die mond, Matt. 12:34. Slegs een soort sonde word genoem, waaronder alle ander dergelike sondes ook verstaan word.

91 Naamlik deur hierdie ydele inbeelding.

92 Naamlik wat hy uiterlik betoon, en waaroor hy roem.

93 Dit is, wat God die Vader van ons eis en wat vir Hom aangenaam is.

94 Onder hierdie een soort liefdebetoning jeens die naaste word alle ander ook verstaan, waardeur die geloof werksaam moet wees, Gal. 5:6.

95 Of: opsig hê oor wese en weduwees.

96 Naamlik van die vuilighede, waaroor hy in vers 21 gespreek het. Sien ook 2 Tim. 2:21.

97 Dit is, van die goddelose mense, waarvan die wêreld vol is, 1 Joh. 5:19, en van die wêreldse begeerlikhede, wat in die wêreldse mense heers. Sien 1 Joh. 2:15, 16.