Statevertaling – Bybelstigting
Die gelykenis van die goeie herder.
VOORWAAR, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by 1die deur in die skaapstal ingaan nie, maar 2van ’n ander kant af inklim, 3hy is ’n dief en ’n rower.
Maar hy wat by die deur ingaan, is 4’n herder van die skape.
5Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape 6luister na sy stem; en hy roep sy eie skape 7by hulle naam en 8lei hulle uit.
En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy 9voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem 10ken.
Hulle sal ’n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.
Hierdie 11gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan 12wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.
Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die 13deur van die skape.
Almal wat 14voor My gekom het, is diewe en rowers; maar 15die skape het nie na hulle geluister nie.
aEk is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal 16ingaan en uitgaan en 17weiding vind.
Die dief 18kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en 19oorvloed kan hê.
bEk is die goeie 20herder. Die goeie herder lê sy 21lewe af vir die skape.
cMaar 22die huurling en hy wat nie ’n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.
En die huurling vlug, omdat hy ’n huurling is 23en niks vir die skape omgee nie.
Ek is die goeie herder, en dEk ken 24my eie en word deur my eie geken.
eNet soos die Vader My ken, 25ken Ek ook die Vader; en Ek lê 26my lewe af vir die skape.
Ek het nog 27ander skape wat nie aan hierdie 28stal behoort nie. Ek moet hulle ook 29lei, en hulle sal na my 30stem luister, fen dit sal wees een 31kudde, een herder.
Daarom het die Vader My lief, omdat Ek gmy lewe aflê om dit weer te neem.
Niemand 32neem dit van My af nie, maar Ek lê dit 33uit Myself af. hEk het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit 34weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.
iDaar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.
En baie van hulle het gesê: kHy is van 35die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom?
Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van ’n besetene nie; ’n duiwel lkan tog nie die oë van blindes open nie.
Op die fees van die tempelwyding verklaar Jesus op ’n vraag van die Jode dat Hy die Messías, die Seun van God, is. Hulle wil Hom stenig. Hy gaan oor die Jordaan.
EN dit was die 36fees van die tempelwyding in Jerusalem, en 37dit was winter.
En Jesus het in die tempel gewandel min die 38pilaargang 39van Salomo.
En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank 40hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit.
Jesus antwoord hulle: 41Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. nDie werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.
Maar julle glo nie, want julle is nie 42van my 43skape nie, soos Ek vir julle gesê het.
oMy skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
En Ek gee hulle die ewige lewe, pen hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my 44hand ruk nie.
My Vader wat hulle aan My gegee het, is 45groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.
qEk en die Vader is 46een.
rDie Jode het toe 47weer klippe 48opgetel om Hom te stenig.
Jesus antwoord hulle: Baie 49goeie werke het Ek 50julle getoon van my Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My?
Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor ’n goeie werk dat ons U stenig nie, smaar oor 51godslastering, en omdat U wat ’n mens is, Uself 52God maak.
Jesus antwoord hulle: Is daar nie 53in julle wet geskrywe: tEk het gesê, julle is gode nie?
As 54dit húlle gode noem 55tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie 56gebreek kan word nie,
sê julle vir Hom vwat die Vader 57geheilig en in 58die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik — omdat Ek xgesê het: Ek is die Seun van God?
yAs Ek nie 59die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie;
maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo zdat die Vader 60in My is, en Ek in Hom.
aToe het hulle weer probeer om Hom gevange te neem, 61en Hy het uit hulle hand ontkom.
En Hy het weer oor die Jordaan gegaan na die plek 62bwaar Johannes eers gedoop het; en Hy het daar gebly.
En baie het na Hom gekom en 63gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maar alles wat Johannes van Hom gesê het, was waar.
En baie het daar in Hom geglo.
| 1 Dit is, deur ’n wettige en goddelike roeping, gepaardgaande met die leer van die waarheid, Gal. 1:8, 9. Hebr. 5:4.
2 Dit is, deur onbetaamlike middele hom in die gemeente van God indring, of valse leer invoer, Jer. 23:21. 2 Joh. vers 10. 3 Dit is, hy doen wat die diewe en rowers doen, wat nie kom om die skape te beskerm nie, maar om hulle óf met listigheid, óf met geweld te roof. |
| 4 Dit is, ’n ware of deugsame herder. |
| 5 Dit is, vir hom stel God die Here deur sy Gees tot ’n herder van sy skape, verseker hom daarvan en seën sy diens, Jes. 61:1. Hand. 13:2; 20:28.
6 Dit is, gehoorsaam sy stem en volg sy leer. 7 Dit is, elkeen in die besonder, 2 Tim. 2:19. 8 Naamlik na ’n goeie weiveld, Ps. 23:1, 2. |
| 9 Naamlik om met ’n goeie voorbeeld in leer en lewe die regte weg aan te wys en die gevare van hulle af te weer, Hebr. 12:2.
10 Dit is, onderken, naamlik deur die gees van onderskeiding, 1 Kor. 2:15. |
| 11 Gr. paroimia, sien daaroor Matt. 13:3 se kanttekening.
12 Dit is, wat Christus met hierdie gelykenis wou sê. Daarom verklaar Hy dit nader aan hulle in dit wat volg. |
| 13 Naamlik waardeur sowel die herders as die skape in die gemeente en tot die lewe moet ingaan, Joh. 14:6. |
| 14 Naamlik deur óf hulle uit te gee vir hierdie deur, óf ’n ander ingang tot die saligheid aan te wys, Hand. 4:12.
15 Dit is, die uitverkore en ware kinders van God. |
| a Joh. 14:6. | 16 Dit is, in my gemeenskap met ’n geruste gewete leef, Deut. 28:6. Ps. 121:6-8.
17 Dit is, geestelike voedsel vir die siel, Eség. 34:14. |
| 18 Naamlik na die skaapstal.
19 Naamlik van genade en van heerlikheid, hier en hiernamaals, Joh. 1:16. 2 Petr. 1:3, 4. |
| b Jes. 40:11. Eség. 34:23. Hebr. 13:20. 1 Petr. 5:4. | 20 Naamlik tevore deur God beloof, Eség. 34:23. Sag. 13:7, en elders. Tevore het Hy Homself die deur genoem, hier noem Hy Homself die herder, beide pas baie goed by Hom in verskeie opsigte.
21 Gr. siel. |
| c Sag. 11:16. | 22 Dit is, wat die skape oppas, terwyl hy slegs of vernaamlik tydelike loon beoog, en nie die behoud en die welstand van die skape nie, Eség. 34:2, 3, 8. |
| 23 Dit is, meer omgee vir homself as vir die skape. |
| d 2 Tim. 2:19. | 24 Naamlik skape, dit is, my uitverkore gelowiges. |
| e Matt. 11:27. Luk. 10:22. Joh. 6:46; 7:29. | 25 Of: so ken Ek die Vader.
26 Gr. my siel, dit is, sal spoedig my lewe vir hulle in die dood oorgee, Matt. 20:28. |
| f Eség. 37:22. | 27 Naamlik die uitverkorenes uit die heidene.
28 Naamlik van die Joodse gemeente, Joh. 11:51, 52. 29 Of: bring. 30 Dit is, leer, deur die apostels en ander getroue dienaars van die Woord aan hulle voorgedra. 31 Dit is, een gemeente, bestaande beide uit Jode en heidene, Ef. 2:13, 14. |
| g Jes. 53:12. |
| h Joh. 2:19. | 32 Naamlik teen my wil.
33 Dit is, gewilliglik, Ps. 40:9. Hebr. 10:10. 34 Dit is, om Myself weer uit die dood op te wek deur my goddelike krag, Joh. 2:19. |
| i Joh. 7:12; 9:16. |
| k Joh. 7:20; 8:48, 52. | 35 Of: ’n onreine gees. |
| l Ex. 4:11. Ps. 94:9; 146:8. |
| 36 Gr. egkainia, wat ’n fees was van Judas, die Makkabeër, en die Jode, ingestel ter gedagtenis aan die vernuwing van die altaar en die reiniging van die tempel, en wat jaarliks agt dae lank gevier is. Die tempel en godsdiens was deur koning Antiochus in die tyd verontreinig. Sien hieroor 1 Makkabeërs 4:59.
37 Want die fees het begin op die vyf-en-twintigste dag van die maand Kislew, wat grootliks ooreenkom met ons Desember, wanneer dit winter is in die noordelike halfrond. |
| m 1 Kon. 6:3. Hand. 3:11; 5:12. | 38 Gr. galery, of: voorhof.
39 Dit is, wat om hierdie tweede tempel gebou was, op dieselfde wyse en plek soos en waar Salomo ’n pilaargang om die eerste tempel gebou het; waarin die volk gewoonlik gewandel het. Sien 1 Kon. 6:3. Hand. 3:11, en Josephus, Oudhede. |
| 40 Gr. neem U ons siel weg, dit is, hou U ons siel in onsekerheid oor wie U is? |
| n Joh. 5:36. | 41 Naamlik wie Ek is. |
| 42 Gr. uit.
43 Dit is, van die uitverkorenes, wat die Vader aan My gegee het. |
| o Joh. 8:47. |
| p Joh. 6:39; 17:12; 18:9. | 44 Dit is, mag en bewaring, Ps. 31:6. |
| 45 Dit is, magtiger. |
| q Jes. 54:5. Joh. 5:19; 14:9; 17:5. | 46 Naamlik in wese en mag; soos die rede van Christus duidelik meebring, die Jode dit ook so verstaan het, vers 33, en Christus self nader verklaar, vers 36. |
| r Joh. 8:59; 11:8. | 47 Naamlik vir die tweede maal, soos tevore in Joh. 8:59.
48 Gr. gedra. |
| 49 Of: mooi, voortreflike, heerlike.
50 Dit is, voor julle oë en julle ten goede. |
| s Joh. 5:18. | 51 Naamlik waarvan God beveel het dat dit met steniging gestraf moet word, Lev. 24:16.
52 Naamlik omdat U sê dat U een met die Vader is. |
| t Ps. 82:6. | 53 Dit is, in die Heilige Skrif van die Ou Testament, wat julle hou vir God se Woord. |
| 54 Naamlik, God in sy wet, soos in die vorige vers aangedui.
55 Sien Ps. 82:6. 56 Gr. ontbind of losgemaak word, dit is, haar krag en waarheid verloor. |
| v Joh. 6:27.
x Joh. 5:17. |
57 Dit is, wat die Vader tot ’n Middelaar en Koning van die gemeente afgesonder en verordineer het, wie se amp deur geen blote skepsel aangeneem óf uitgevoer kan word nie, maar slegs deur die ewige Seun van God, Jes. 9:5, 6. Jer. 23:5, 6.
58 Naamlik om die menslike natuur met dié doel aan te neem, Filip. 2:6, 7. |
| y Joh. 15:24. | 59 Dit is, dieselfde wonderbaarlike werke wat God, my Vader, doen. |
| z Joh. 14:11; 17:21. | 60 Dit is, dat Ek en die Vader een is, soos in vers 30. |
| a Luk. 4:29. Joh. 8:59. | 61 Naamlik soos Hy tevore meermale gedoen het, omdat sy uur nog nie gekom het nie. Sien Joh. 7:30; 8:59. |
| b Joh. 1:28; 3:23. | 62 Dit is, in Betábara, waar Christus ook deur hom gedoop was. Sien Joh. 1:28. |
| 63 Naamlik vir mekaar. |