Statevertaling – Bybelstigting
LAAT julle hart nie 1ontsteld word nie; 2glo in God, glo ook in My.
In 3die huis van my Vader is daar baie 4wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle 5gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, 6kom Ek weer en sal julle na My toe neem, asodat julle ook 7kan wees 8waar Ek is.
En waar Ek heengaan, 9weet julle en 10die weg ken julle.
Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?
Jesus antwoord hom: 11bEk is die weg cen die waarheid den die lewe; eniemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
As julle My 12geken het, sou julle my 13Vader ook geken het, en 14van nou af 15ken julle Hom en het julle Hom gesien.
Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.
Jesus sê vir hom: 16Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? fHy wat My 17gesien het, het 18die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
Glo jy nie gdat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? 19hDie woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; imaar die Vader wat in My 20bly, Hy 21doen die werke.
Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of 22anders, glo My 23ter wille van die werke self.
kVoorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy 24ook doen; en hy sal 25groter werke doen as dit, omdat Ek 26na my Vader gaan.
lEn 27wat julle ook al 28in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader 29in die Seun verheerlik kan word.
As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
mAs julle My liefhet, bewaar my gebooie.
En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander 30Trooster gee om by julle te 31bly tot in ewigheid:
die Gees 32van die waarheid wat 33die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie 34sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy 35by julle 36bly en in julle 37sal wees.
nEk sal julle 38nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
Nog ’n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek 39lewe en 40julle sal lewe.
In dié 41dag sal julle 42weet 43dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom 44openbaar.
45Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, 46hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?
Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom 47woning maak.
Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; oen die woord wat julle hoor, 48is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.
Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek 49by julle bly;
pmaar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, qHy sal julle alles leer en sal julle 50herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
51rVrede laat Ek vir julle na, 52my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie 53ontsteld word en bang wees nie.
sJulle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek 54kom weer na julle toe. 55As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader 56groter is as Ek.
En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, tsodat julle 57kan glo wanneer dit gebeur.
Ek sal 58nie veel meer met julle spreek nie; vwant 59die owerste van hierdie wêreld 60kom en het 61aan My niks nie.
Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en 62doen net soos die Vader My xbeveel het — staan op, laat ons hiervandaan weggaan.
| 1 Naamlik met te groot droefheid of vrees oor my weggaan tot die Vader.
2 Of: julle glo in God, glo ook in My. Of: glo julle in God? Glo ook in My. Of: julle glo in God, en julle glo in My. |
| 3 Dit is, in die hemel.
4 Of: blyplekke, verblyfplekke, dit is, daar is genoeg ruimte, nie net vir My nie, maar ook vir julle en alle gelowiges. 5 Dit is, Ek sou julle nie met ydele hoop opgehou het nie. |
| a Joh. 12:26; 17:24. | 6 Dit is, sal kom, naamlik op die laaste dag, Hebr. 9:28 en die kanttekening.
7 Naamlik nie net na die siel direk ná die dood nie, maar ook na liggaam en siel ná die laaste oordeel, Luk. 23:43. 2 Kor. 5:1, 8 en die kanttekeninge. Filip. 1:23. 1 Thess. 4:17. 8 Dit is, waar Ek sal wees. |
| 9 Dit is, kan julle uit my woorde genoegsaam weet.
10 Naamlik waardeur Ek moet heengaan, en waardeur julle My moet volg. |
| b Hebr. 9:8.
c Joh. 1:17. d Joh. 1:4; 11:25. e Joh. 10:9. |
11 Christus noem Homself die weg, omdat niemand in die hemel kan kom, behalwe deur sy verdienste en krag nie, Hand. 4:12; die waarheid, omdat al die beloftes van God en die skaduwees van die Ou Testament, wat die weg tot die saligheid afgebeeld het, in Hom vervul is, Joh. 1:17. 2 Kor. 1:20; en die lewe, omdat Hy die bewerker en oorsprong van die ewige lewe is, Joh. 11:25. Hebr. 5:9. |
| 12 Naamlik reg geken het soos dit hoort.
13 Naamlik omdat Ek een in wese is met die Vader en die afdruksel van sy wese, Kol. 1:15, Hebr. 1:3 en die kanttekeninge. 14 Of: nou reeds. 15 Naamlik vir soveel as julle My ken, vers 9. |
| f Joh. 10:30. | 16 Naamlik deur my leer en werke het Ek so dikwels aan julle getoon wie Ek is.
17 Dit is, reg geken het. 18 Naamlik in my persoon, omdat Ek en die Vader van een wese en mag is, Joh. 10:30 en die kanttekening. |
| g Joh. 10:38.
h vers 24. Joh. 7:16; 8:28; 10:38; 12:49; 16:13; 17:21. i Joh. 5:17. |
19 Dit is, my leer. Sien Joh. 7:16.
20 Of: woon; naamlik omdat Hy een in wese is met My. 21 Naamlik in My en deur My. |
| 22 Dit is, indien julle my woorde nie sou glo nie.
23 Naamlik omdat dit nie anders as deur ’n goddelike krag gedoen kan word nie. |
| k Matt. 21:21. Luk. 17:6. Hand. 5:12; 19:11. | 24 Naamlik deur my krag, Mark. 16:20. Hand. 3:12. Die waarheid van hierdie voorsegging blyk uit Hand. 3:7; 5:15; 19:12, en deurlopend in die Handelinge van die apostels.
25 Naamlik groter as wat sommige wonders is wat Christus in die dae van sy vlees gedoen het, soos die gawe van die Heilige Gees wat deur handoplegging plaasvind, die kennis van tale, die wonderbaarlike bekering van die wêreld, en ander. Sien ook Mark. 16:17, ens. 26 Naamlik om van daar aan julle die Heilige Gees en die krag om hierdie werke te doen, te stuur, Hand. 2:33. |
| l Jer. 29:12. Matt. 7:7; 21:22. Mark. 11:24. Luk. 11:9. Joh. 15:7; 16:24. Jak. 1:5. 1 Joh. 3:22. | 27 Naamlik wat nodig is tot uitvoering van jul amp en tot jul saligheid.
28 Dit is, terwyl julle steun op my beloftes en verdienstes. 29 Dit is, deur die Seun. |
| m verse 21, 23. Joh. 15:10. 1 Joh. 5:3. |
| 30 Of: Advokaat en Voorspraak, naamlik die Heilige Gees, wat julle nie net sal troos en versterk nie, maar ook aan julle sal ingee hoe julle jul sal verdedig in tye van benoudheid en vervolging, Luk. 12:11, 12, en hoe julle die Vader sal aanroep in jul nood, Rom. 8:15, 26. Hy word hier ’n ander genoem, nie omdat Hy ’n ander wese het as die Vader en die Seun nie, maar omdat Hy ’n ander persoon is, 1 Joh. 5:7.
31 Naamlik sonder om ooit van julle te skei, soos Ek met my liggaamlike teenwoordigheid vir ’n tyd sal doen. |
| 32 Die Heilige Gees word so genoem omdat Hy die waarheid van die saligmakende leer openbaar, leer en in die harte van die uitverkorenes verseël.
33 Dit is, die wêreldse mense, wat nog natuurlik en nie wedergebore is nie, 1 Kor. 2:14. 34 Dit is, nie sy werking verstaan en voel nie. 35 Dit is, in jul harte. 36 Of: woon. 37 Naamlik om julle te onderrig, vertroos, versterk en verseker van jul saligheid, Rom. 8:15, 16, 26; 1 Kor. 2:12 en die kanttekeninge. |
| n Matt. 28:20. | 38 Dit is, nie hulpeloos of troosteloos nie. |
| 39 Dit is, spoedig weer lewend sal word.
40 Dit is, Ek sal julle nog lewend vind. Ander vertaal dit: omdat Ek lewe, daarom sal julle ook lewe; naamlik ’n geestelike en ewige lewe. |
| 41 Naamlik ná my opstanding en hemelvaart.
42 Naamlik as julle deur die Heilige Gees duideliker onderrig is. 43 Dit is, dan sal julle my eenheid met die Vader in wese, en my geestelike vereniging met julle, beter verstaan. Sien ook hieroor verse 10, 11. |
| 44 Dit is, meer en meer deur my kennis verlig en my saligmakende werkinge en genade laat voel, soos vers 23 uitwys. Sien ook 2 Kor. 3:18. |
| 45 Naamlik die broer van Jakobus, wat ook Lebbéüs genoem word, Matt. 10:3 se kanttekening.
46 Of: wat het gebeur, dit is, wat is die oorsaak? Of: wat beteken dit? |
| 47 Of: blyplek; soos ook van die Heilige Gees gesê word, vers 17. |
| o vers 10. Joh. 7:16; 8:28; 12:49; 16:13. | 48 Dit is, is nie net myne nie, soos in Joh. 6:38; 7:16. |
| 49 Dit is, met julle verkeer. |
| p Luk. 24:49. Joh. 15:26; 16:7. Hand. 2:4.
q Joh. 16:13. |
50 Dit is, sal julle niks nuuts leer nie, maar dieselfde wat Ek julle geleer het en wat julle nie goed onthou het nie, weer in gedagtenis bring, Matt. 28:19, 20. Joh. 15:15. |
| r Filip. 4:7. | 51 Dit is, ’n ware en vaste gerustheid van die gemoed in God, wat ontstaan uit ’n sekerheid van die vergewing van jul sondes.
52 Dit is, wat Ek deur my dood en opstanding vir julle sal verwerf en skenk, Rom. 5:1. 53 Naamlik oor my weggaan. |
| s vers 3. | 54 Naamlik ná my opstanding.
55 Naamlik met ware kennis en verstand aangaande die rede waarom Ek van julle sal weggaan. 56 Naamlik, groter in majesteit of heerlikheid as wat Ek in hierdie staat van my vernedering is. En daarom behoort julle jul te verbly, dat Ek heengaan om die gebruik van daardie heerlikheid weer aan te neem, wat Ek by Hom gehad het voordat die wêreld was, omdat dit ook tot jul saligheid sal dien, Joh. 17:5, 24. |
| t Joh. 13:19; 16:4. | 57 Dit is, in jul geloof versterk mag word. |
| v Joh. 12:31; 16:11. Ef. 2:2. | 58 Naamlik vóór my dood.
59 Dit is, die duiwel, Joh. 12:31. 60 Naamlik om My deur sy instrumente te vang en dood te maak. 61 Gr. in My, dit is, sal deur my dood nie tot uitvoering van sy voorneme kom nie, maar daarenteen al sy mag verloor, Hebr. 2:14. |
| x Joh. 10:18. Hebr. 10:5. | 62 Dit is, dat Ek My gewillig in die dood oorgee om die Vader te gehoorsaam, wat My beveel het om die mense op so ’n wyse te verlos, Filip. 2:8. |