Statevertaling – Bybelstigting

Johannes 19

1

TOE1 aneem Pilatus dan vir Jesus en 2laat Hom gésel.

2

En die soldate het ’n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en ’n purper 3kleed om Hom gewerp

3

en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle het Hom 4in die aangesig geslaan.

4

Pilatus gaan toe weer 5buitentoe en sê vir hulle: Kyk, ek bring Hom vir julle 6uit buitentoe, sodat julle kan weet dat ek in Hom geen 7skuld vind nie.

5

En Jesus het uitgekom buitentoe en die doringkroon en 8die purperkleed gedra. En Pilatus sê vir hulle: 9Dáár is die mens!

6

En toe die owerpriesters en die dienaars Hom sien, skreeu hulle en sê: Kruisig, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie.

7

Die Jode antwoord hom: bOns het 10’n wet en volgens ons wet moet Hy sterf, comdat 11Hy Homself die Seun van God gemaak het.

8

En toe Pilatus hierdie woord hoor, 12het hy nog meer bevrees geword

9

en weer in die paleis ingegaan en vir Jesus gesê: 13Van waar is U? Maar Jesus het hom 14geen antwoord gegee nie.

10

En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?

11

Jesus antwoord: U sou geen mag 15teen My hê as dit u nie van 16bo gegee was nie. Daarom het 17hy wat My aan u oorlewer, 18groter sonde.

12

Hierop het Pilatus 19probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskreeu en gesê: As u Hom loslaat, 20is u nie die keiser se vriend nie. dElkeen wat homself koning maak, 21kom in verset teen die keiser.

13

En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy Jesus 22buitentoe gebring en op die regterstoel gaan sit in die plek wat 23Plaveisel genoem word, en in 24Hebreeus 25Gábbata.

14

En dit was die 26voorbereiding vir die pasga en omtrent 27die sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: Dáár is julle Koning!

15

Maar hulle skreeu: Neem weg, neem weg, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: eOns het geen koning behalwe die keiser nie.

16

fToe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En 28hulle het Jesus geneem en Hom weggelei.

Die kruisiging.

(Matt. 27:32-56 en ooreenk. pl.)

17

gEN Hy het sy kruis 29gedra en 30uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in 31Hebreeus Gólgota,

18

waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom 32twee ander, 33een aan elke kant, en Jesus 34in die middel.

19

hEn Pilatus het ook ’n 35opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe: JESUS, DIE NASARÉNER, DIE KONING VAN DIE JODE.

20

Hierdie opskrif dan het baie van die Jode gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was; en dit was geskrywe in Hebreeus en Grieks en 36Latyn.

21

En die owerpriesters van die Jode het vir Pilatus gesê: Moenie skrywe: Die Koning van die Jode nie; maar dat Hy gesê het: Ek is die Koning van die Jode.

22

Pilatus het geantwoord: Wat ek geskryf het, 37het ek geskrywe.

23

iEn toe die soldate Jesus gekruisig het, neem hulle sy klere en maak vier dele, vir elke soldaat ’n deel, en die onderkleed; maar die onderkleed was 38sonder naat, van bo af 39in een stuk gewewe.

24

En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s’n dit sal wees — 40sodat die Skrif vervul sou word wat sê: kHulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp. Dit het die soldate dan gedoen.

25

lEn by die kruis van Jesus het gestaan sy moeder en sy moeder se suster, Maria, die 41vrou van 42Klopas, en Maria Magdaléna.

26

En toe Jesus sy moeder sien en die dissipel 43wat Hy liefgehad het, by haar staan, sê Hy vir sy moeder: Vrou, dáár is 44u seun!

27

Daarop sê Hy vir die dissipel: Dáár is jou 45moeder! En van daardie uur af het die dissipel haar 46in sy huis geneem.

28

Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al 47volbring was — msodat die Skrif vervul sou word — het Jesus gesê: Ek het dors!

29

nEn daar het ’n kan vol asyn 48gestaan; en hulle het ’n spons met asyn gevul 49en op ’n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring.

30

En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: oDit is 50volbring! En Hy het sy hoof gebuig en 51die gees gegee.

31

En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was — 52want die dag van daardie sabbat was groot — het die Jode Pilatus gevra dat 53hulle bene gebreek en hulle 54weggeneem moes word.

32

Die soldate het toe gekom en die bene van die eerste een gebreek en van die ander een wat saam met Hom gekruisig was;

33

maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy al dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie.

34

Maar een van die soldate het met ’n spies 55in sy sy gesteek, en dadelik het pdaar bloed en 56water uitgekom.

35

En 57hy wat dit gesien het, het dit 58getuig, en sy getuienis is waaragtig; en hy weet dat hy 59die waarheid spreek, sodat julle 60kan glo.

36

Want hierdie dinge het gebeur, qdat die Skrif vervul sou word: 61Geen been van Hom sal gebreek word nie.

37

En weer sê 62’n ander Skrif: rHulle sal sien in 63wie hulle gesteek het.

Die begrafnis van Jesus.

(Matt. 27:57 vv. en ooreenk. pl.)

38

sEN ná hierdie dinge het 64Josef van 65Arimathéa, wat ’n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, tuit 66vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit 67toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem.

39

En vNikodémus, wat die 68eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met ’n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig.

40

En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai 69saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te 70begrawe.

41

En daar was 71op die plek waar Hy gekruisig is, ’n tuin, en in die tuin ’n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie.

42

Daar het hulle Jesus toe neergelê weens die voorbereiding van die Jode, omdat die graf naby was.

a Matt. 27:26. Mark. 15:15. 1 Naamlik toe hy sien dat hy deur die voorgaande maniere wat hy probeer het, nie Jesus se lewe kon red nie.

2 Sien Matt. 27:26 se kanttekening.

  3 Of: mantel, om met sy koninklike amp te spot. Sien Matt. 27:28 en die kanttekening.
  4 Of: geslaan met stokke of latte, wat ook gebeur het, soos Matthéüs skryf in Matt. 27:30.
  5 Gr. uit buite, soos ook in die volgende.

6 Naamlik uit die goewerneur se paleis.

7 Of: oorsaak, naamlik van die dood.

  8 Sien hieroor Matt. 27:28 se kanttekening.

9 Gr. Kyk, die mens. Dit is, kyk hoe jammerlik Hy mishandel is; en wees daarmee tevrede, sonder om verdere straf oor Hom te begeer.

b Lev. 24:16.

c Joh. 5:18; 10:33.

10 Hulle verwys na die wet in Lev. 24:16, wat hulle verkeerdelik op Christus toepas.

11 Dit is, Hy het gesê dat Hy die Messías en die eie Seun van God is, Matt. 26:63, 64. Mark. 14:61, 62. Joh. 5:18.

  12 Naamlik omdat hy nie net te doen gehad het met ’n onskuldige mens nie, maar ook met een van wie hy gehoor het dat Hy van goddelike afkoms was.
13 Naamlik van waar is U afkomstig, omdat U Uself God se Seun maak.

14 Christus gee ’n rede vir hierdie en dergelike stilswye in Luk. 22:67, 68.

  15 Naamlik om My, wat die Seun van God is, te kruisig.

16 Dit is, nie deur God verorden en u toegelaat was nie, Hand. 2:23; 4:27, 28.

17 Naamlik die Joodse volk, of die owerheid van die Jode.

18 Omdat hulle, terwyl hulle meerdere kennis van God se Woord en van my wonderwerke het, met ’n vyandelike haat u dwing, teen u amp en oortuiging, om tot my dood in te stem.

d Hand. 17:7. 19 Naamlik meer en meer.

20 Dit is, u sal daarmee toon dat u nie die keiser se vriend is nie, of: u sal nie die keiser se vriend bly nie, wie se goewerneur u nogtans is.

21 Dit is, kom in opstand teen die hoogheid en majesteit van die keiser.

22 Gr. uit buite.

23 Gr. Lithostrotos. Dit is, ’n plek met stene geplavei.

24 Dit is, Aramees, die taal wat die Jode toentertyd meestal gebruik het.

25 Dit is, ’n hoë en verhewe plek, waarin die Romeinse goewerneurs reg gespreek het, en van waar hulle die volk toegespreek het.

26 Naamlik volgens die Joodse gebruik; want dit was volgens God se instelling dieselfde dag, waarop die paaslam geslag en geëet moes word, soos Christus en sy apostels ook gedoen het. Sien Matt. 26:20 se kanttekening.

27 Markus sê in Mark. 15:25 dat dit die derde uur was toe Christus gekruisig is, en Johannes sê hier dat dit omtrent die sesde uur was toe Hy voor die Jode gebring is, voor Hy nog deur Pilatus ter dood veroordeel was. Om hierdie skynbare verskil te versoen, meen sommige dat die Jode die dag nie net gedeel het in twaalf ure, van sonsopkoms tot sonsondergang nie, Joh. 11:9, maar soos hulle die nag in vier wake gedeel het, dat hulle ook die dag in vier dele vasgestel het, Matt. 20:1, 3, 5. Mark. 15:1, 25, 33, 34, terwyl elke deel genoem is volgens die uur waarmee dit begin het: die eerste deel die eerste uur, die tweede die derde uur, die derde die sesde uur, en die vierde deel die negende uur. Johannes weerspreek hiervolgens dus nie wat Markus sê, dat Christus in die tweede deel van die dag, wat die derde uur genoem word, gekruisig is nie, maar hy verklaar dit nader, naamlik dat die tyd beweeg het na die derde deel van die dag, genaamd die sesde uur, en hy voeg daarom die woord omtrent daarby. Ander meen dat Markus die ure bereken volgens die gebruik van die Jode, maar dat Johannes dit bereken volgens die gebruik van die Romeine, soos ons ook doen, wat begin by middernag. Sodat dit wat Johannes hier beskryf, sou gebeur het tussen ses- en seweuur die oggend, nie baie lank ná sonsopkoms nie. Want Christus was die môre baie vroeg na Pilatus gebring, Matt. 27:1, 2. Mark. 15:1. Joh. 18:28; daarna het hy nog probeer om Hom los te laat, Hom weer in die paleis ingebring; daar is Hy weer deur die soldate smadelik mishandel, Matt. 27:27. Mark. 15:16, en daarna uit die stad gelei en na die plek van die teregstelling gebring, sodat hiermee maklik nog twee uur verstryk het. Want hoewel Johannes, as hy die woorde van Christus of van ander Jode beskryf, die Joodse tydrekening volg, wil dit voorkom of hy, as hy self spreek, hier en ook elders die tydrekening van die Romeine volg, soos te sien is in Joh. 20:19, aangesien, toe hy sy Evangelie geskryf het, die stad Jerusalem verwoes en die Jode nie meer ’n volk was nie.

e Gén. 49:10.  
f Matt. 27:26. Mark. 15:15. Luk. 23:24, 25. 28 Naamlik die Jode deur die Romeinse soldate, nadat hulle Hom nog ’n maal bespot het.
g Matt. 27:31, 33. Mark. 15:22. Luk. 23:26, 33. 29 Sien vir die rede hiervoor Matt. 27:32 se kanttekening.

30 Naamlik buite die stad.

31 Dit is, in Aramees, die taal wat die Jode toe gebruik het, wat wel ’n bietjie verskil van die Hebreeuse taal, maar in die grond van die saak as een en dieselfde taal beskou word.

  32 Naamlik rowers en kwaaddoeners, Matt. 27:38. Mark. 15:27. Luk. 23:33.

33 Gr. van hier en van hier, dit is, een aan die een en een aan die ander kant.

34 Gr. die middelste; naamlik asof Hy die grootste kwaaddoener was.

h Matt. 27:37. Mark. 15:26. Luk. 23:38. 35 Die Griekse woord titlos beteken ook ’n tafeltjie of bordjie waarop ’n mens skryf, maar hier word dit verstaan as dit wat daarop geskrywe was, soos die woord geskrywe meebring, en uit die ander evangeliste blyk, Matt. 27:37. Mark. 15:26. Luk. 23:38.
36 Gr. in Romeins. Die opskrif is in hierdie drie tale gestel, omdat dit die bekendste en mees gebruikte tale was in die Romeinse Ryk, sodat daar niemand in Jerusalem was wat nie een daarvan verstaan het nie.
  37 Dit is, bly geskrywe; ek wil dit nie verander nie.
i Matt. 27:35. Mark. 15:24. Luk. 23:34. 38 Naamlik geweef of gebrei.

39 Gr. deur die geheel, dit is, regdeur.

k Ps. 22:19. 40 Dit is, sodat daardeur die Skrif vervul is.
l Matt. 27:55. Mark. 15:40. Luk. 23:49. 41 Of: dogter (want in die Grieks staan net Maria, die van Klopas), want dat haar man Alféüs was, blyk naamlik uit Matt. 10:3, vergeleke met Matt. 27:56. Tensy Klopas of Kléopas haar tweede man was, soos sommige meen.

42 Wat moontlik ook Kléopas genoem word, soos in Luk. 24:18.

  43 Dit is, Johannes, wat gewoonlik homself so beskryf, soos blyk uit Joh. 13:23, vergeleke met Joh. 21:20, 24.

44 Dit is, hierdie een sal vir u wees soos ’n seun, om vir u sorg te dra en u by te staan.

  45 Dit is, dra sorg vir haar soos vir jou moeder.

46 Gr. in sy eie.

m Ps. 69:22. 47 Naamlik sover en tot hiertoe, wat oor My vooruit aangekondig was.
n Matt. 27:48. 48 Gr. gelê.

49 Of: en hisop daarom gesit. Of: die spons om ’n hisopstingel gesit, wat sommige meen ’n roosmarynstingel was, in Hebreeus ook ezov genoem, 1 Kon. 4:33, en wat in daardie lande hoog gegroei het; sodat hierdie stok dieselfde sou wees as dit wat Matthéüs ’n riet noem, Matt. 27:48. Ander verstaan dit as regte hisop, wat natuurlik daar gegroei het, en met daardie takke het hulle die spons aan die stok vasgemaak.

o Joh. 17:4. 50 Naamlik alles wat Ek moes ly om die mense met God te versoen, en wat tevore deur die profete daaroor gesê is.

51 Gr. die gees oorgegee, naamlik in die hande van sy Vader, Luk. 23:46. Joh. 10:18.

  52 Anders: want die dag van daardie sabbat was ’n groot dag, naamlik omdat dit tegelyk sabbat en die eerste paasdag was, volgens die gewoonte van die Jode. Sien die rede hiervoor in Matt. 26:20 se kanttekening.

53 Naamlik van die drie gekruisigdes; dit wil voorkom of dit ’n gebruik was om die dood van die misdadigers te verhaas.

54 Naamlik voor die aand, volgens die wet in Deut. 21:22, 23.

p 1 Joh. 5:6. 55 Naamlik óf uit moedswil, óf om te sien of Hy waarlik dood was.

56 Dit is ’n teken dat hy die hart deursteek het, wat in ’n vlies lê waarin wateragtige vloeistof voorkom, tot verkoeling van die hart.

  57 Naamlik Johannes self. Sien vers 26.

58 Naamlik dat bloed en water uit sy sy gevloei het.

59 Gr. waaragtige, naamlik van die dinge waarvan hy getuig.

60 Naamlik dat in Christus vervul is wat in die Ou Testament deur die reiniging met water en bloedstorting van offers afgebeeld is; naamlik dat Hy deur sy dood vir ons nie net vergewing van sondes verkry het nie, maar ook die reiniging van die sondes deur sy Heilige Gees. Sien 1 Joh. 5:6 se kanttekeninge.

q Ex. 12:46. Núm. 9:12. 61 Dit word wel van die paaslam gesê, Ex. 12:46, maar hier in Christus vervul, omdat die paaslam ’n voorbeeld van Christus was, 1 Kor. 5:7.
r Sag. 12:10. 62 Dit is, ’n ander plek in die Heilige Skrif, naamlik Sag. 12:10.

63 Of: op Hom, vir wie hulle deursteek het, wat aanvanklik vervul is in sommige van die Jode, wat Christus ter dood gebring het en daarna tot Hom bekeer is, Hand. 2:37, en ten volle vervul sal word op die laaste dag, wanneer ook alle onbekeerdes Hom as hul Regter sal sien, Openb. 1:7.

s Matt. 27:57. Mark. 15:42. Luk. 23:50.

t Joh. 12:42.

64 Sien oor hom Matt. 27:57. Mark. 15:43. Luk. 23:50, 51.

65 Dit wil voorkom of hierdie stad andersins Ramatáim genoem word, die geboortestad van die profeet Samuel, 1 Sam. 1:1 se kanttekening.

66 Naamlik dat hulle hom uit die sinagoge sou ban, volgens hul besluit, Joh. 9:22.

67 Naamlik nadat hy van die hoofman verstaan het dat Christus reeds gesterf het, Mark. 15:44.

v Joh. 3:1; 7:50. 68 Of: tevore, Joh. 3:1.
  69 Naamlik so saamgebondel, omdat hulle nie tyd gehad het om die liggaam daarmee te salf nie, aangesien die sabbat binnekort sou begin.

70 Naamlik belangrike en vername mense. Sien Gén. 50:2.

  71 Dit is, naby die plek.