Statevertaling – Bybelstigting
Jesus verander water in wyn op die bruilof in Kana.
EN op die 1derde dag was daar ’n bruilof te Kana 2in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar.
En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof 3genooi.
En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.
Jesus sê vir haar: 4Vrou, 5wat het Ek met u te doen? My 6uur het nog nie gekom nie.
Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.
En daar het avolgens 7die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie 8ankers hou.
Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak.
En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die 9hoofdienaar. En hulle het dit gebring.
En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het — en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet — roep die hoofdienaar die bruidegom
en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle 10goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.
Hierdie 11eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galiléa gedoen; en Hy het sy 12heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom 13geglo.
Daarna het Hy na Kapérnaüm afgegaan, Hy en sy moeder en sy 14broers en sy dissipels, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.
Jesus reinig die tempel.
(Matt. 21:12 vv. en ooreenk. pl.)
EN die 15pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
bEn Hy het in die tempel gevind die 16wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.
En Hy het ’n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel 17uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader ’n handelshuis maak nie.
En sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is: cDie ywer vir u huis het my 18verteer.
Toe antwoord die Jode en sê vir Hom: dWatter teken toon U aan ons, 19dat U hierdie dinge doen?
Jesus antwoord en sê vir hulle: e20Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig.
En die Jode sê: 21Ses-en-veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?
Maar Hy het oor 22die tempel van sy liggaam gespreek.
En toe Hy opgestaan het uit die dode, fhet sy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het.
En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam 23geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen.
Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het
en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; gwant Hy self 24het geweet wat in die mens is.
| 1 Naamlik ná sy vertrek na Galiléa, waarvan in Joh. 1:44 gespreek word.
2 Dit is, geleë in Galiléa, omtrent drie uur van Násaret af. Dit word so genoem om die plek te onderskei van ’n ander Kana, geleë by die grens van Fenícië, in die stam van Aser, Jos. 19:28 se kanttekening. |
| 3 Gr. geroep. |
| 4 So noem Christus sy moeder, nie uit geringagting nie, maar om aan te toon dat nie haar moederlike gesag nie, maar slegs sy goddelike roeping geld in sake wat sy amp aangaan.
5 Gr. wat is vir My en vir u. ’n Hebreeuse manier van spreek, wat ’n bestraffing meebring. Sien 2 Sam. 16:10; 19:22. 6 Bedoelende, dit is nog nie die regte tyd nie. |
| a Mark. 7:3. | 7 Sien Matt. 15:2; 23:25. Mark. 7:4, 8. Luk. 11:39.
8 Gr. metretes. ’n Anker hou, soos sommige reken, omtrent ses-en-dertig liter vloeistof. Sodat die waterhouers van twee ankers ongeveer twee-en-sewentig liter hou, en van drie ankers honderd-en-agt liter. |
| 9 Gr. argitriklinos, dit is, die owerste oor die eetsaal, wat by ons gewoonlik ’n hoofdienaar genoem word. |
| 10 Gr. wanneer hulle dronk geword het, dit is, deur die drank vrolik geword het. Hierdie Griekse woord beteken nie altyd dit wat gewoonlik dronkenskap genoem word nie, maar ook ’n matige gebruik van drank tot verheuging, sonder oormaat. Sien Gén. 43:34 se kanttekening. Hag. 1:6. |
| 11 Gr. begin. Dit is, die eerste van al die wonders wat Hy ooit in die openbaar gedoen het; of: die eerste wat Hy in Galiléa gedoen het, soos ’n mens kan aflei uit Joh. 4:46, 54.
12 Dit is, die krag en majesteit van sy goddelike natuur. 13 Dit is, hulle is daardeur in die geloof versterk, dat Hy die Seun van God en die ware Messías is. Want dat hulle tevore al geglo het, blyk uit Joh. 1:41, 46, 50. |
| 14 Sien Matt. 12:46 se kanttekening. |
| 15 Dit was die eerste pasga ná sy doop, waarop Hy die tempel gereinig het, soos Hy ook gedoen het omtrent die tyd van sy laaste pasga. Sien Matt. 21:12. Luk. 19:45. |
| b Matt. 21:12. Mark. 11:15. Luk. 19:45. | 16 Sien hieroor Matt. 21:12. |
| 17 Gr. uitgewerp. |
| c Ps. 69:10. | 18 Gr. opgeëet. |
| d Matt. 12:38; 16:1. Mark. 8:11. Luk. 11:29. Joh. 6:30. | 19 Of: waarom, aangesien. |
| e Matt. 26:61; 27:40. Mark. 14:58; 15:29. | 20 Gr. Ontbind, of: Ontdoen. |
| 21 Naamlik nadat die Jode uit die Babiloniese ballingskap teruggekeer het. Sien hieroor Esra 4-6, en Josephus, Oudhede. |
| 22 Dit is, oor sy eie liggaam of menslike natuur, waarin die volheid van die Godheid liggaamlik soos in sy tempel woon, Kol. 2:9, en waarvan hierdie tempel in Jerusalem ’n voorbeeld was. |
| f Luk. 24:8. |
| 23 Naamlik slegs met kennisname en instemming, sonder regte grond en vertroue, soos blyk uit die volgende vers. |
| g 1 Sam. 16:7. 1 Kron. 28:9. Ps. 7:10; 103:14. Jer. 11:20; 17:10; 20:12. Joh. 6:64. | 24 Naamlik as waaragtige God en kenner van harte, Openb. 2:23. |