Statevertaling – Bybelstigting
Verskyning van Jesus by die see van Tibérias.
NA hierdie dinge het Jesus weer aan sy dissipels 1verskyn by die 2see van Tibérias, en Hy het só verskyn:
Daar was bymekaar Simon Petrus en Thomas wat 3Dídimus genoem word, aen 4Natánael van Kana in Galiléa ben 5die seuns van Sebedéüs en twee ander 6van sy dissipels.
Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie.
En toe dit al dag geword het, staan Jesus op die strand; maar die dissipels het nie 7geweet dat dit Jesus was nie.
En Jesus sê vir hulle: My kinders, het julle nie iets 8om te eet nie? Hulle antwoord Hom: Nee.
En Hy sê vir hulle: cGooi die net 9aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie.
Daarop sê die dissipel — ddie een vir wie Jesus 10liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy 11sy bo-kleed om — want hy was 12naak — en werp homself in die see.
Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse 13gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent tweehonderd 14el.
En toe hulle geland het, sien hulle ’n koolvuur op die grond en 15vis daarop lê, en brood.
eJesus sê vir hulle: Bring van die visse wat julle nou gevang het.
Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd-drie-en-vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het 16die net nie geskeur nie.
Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het 17gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was.
En Jesus het gekom en die brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis.
Dit was al die derde keer dat Jesus 18aan sy dissipels verskyn het nadat Hy opgestaan het uit die dode.
Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, 19seun van Jona, 20het jy My waarlik lief, 21meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, 22U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my 23lammers wei.
Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op.
Hy vra hom 24die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het 25bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: fHere, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: 26Laat my skape wei.
gVoorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself 27gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande 28uitsteek, en 29’n ander een sal jou 30gord en bring waar jy 31nie wil wees nie.
hEn dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy 32God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom: Volg My.
En Petrus het hom omgedraai en idie dissipel sien volg vir 33wie Jesus liefgehad het, die een wat by die maaltyd op sy bors geval en gesê het: Here, wie is u verraaier?
Toe Petrus hom sien, vra hy vir Jesus: Here, maar 34wat van hom?
Jesus antwoord hom: As Ek wil hê dat hy 35bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Volg jy My.
Hierdie woord het toe onder die broeders uitgegaan dat daardie dissipel nie sou sterwe nie; en Jesus het nie vir hom gesê dat hy nie sou sterwe nie, maar: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan?
Dit is 36daardie dissipel wat van hierdie dinge getuig en hierdie dinge geskryf het, en 37ons weet dat sy getuienis kwaar is.
lEn daar is nog baie 38ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle 39een vir een beskrywe moes word, 40sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.
| 1 Of: Hom geopenbaar; so ook hierna en in vers 14.
2 Sien oor hierdie see of meer Matt. 4:18 se kanttekening, waar dit die see van Galiléa genoem word. Christus het sy dissipels beveel om daarheen te gaan ná sy dood, met die belofte dat hulle Hom daar weer lewend sou sien, Matt. 28:10. |
| a Joh. 1:46.
b Matt. 4:21. Mark. 1:19. |
3 Naamlik in die Griekse taal. Sien Joh. 11:16 se kanttekening.
4 ’n Bekende dissipel van Christus, een van die eerstes, Joh. 1:46, ens. 5 Naamlik Jakobus en Johannes, Matt. 10:2. 6 Gr. uit. |
| 7 Dit wil voorkom of hulle oë hier vir ’n tyd weerhou was, soos in Luk. 24:16, want hulle was nie ver van die strand af nie, vers 8. |
| 8 Naamlik voedsel. Daardeur word alles verstaan wat saam met brood geëet word, en hoofsaaklik vis. |
| c Luk. 5:4, 6, 7. | 9 Dit is, aan die stuurboordkant van die skuit. Want dit is aan die regterkant van diegene wat aan die roer staan. |
| d Joh. 13:23; 20:2. | 10 Dit is, Johannes. Sien verse 20, 24.
11 Gr. ependutes, dit is, ’n kleed wat ’n mens bo-oor ’n ander aantrek. Sommige meen dat dit ’n oortreksel van linne was, wat hy omgord het om beter te kan swem of deur die water te gaan, omdat hy nie ver van die land af was nie. 12 Naamlik voordat hy dit aangetrek het. Hy was wel nie heeltemal naak nie, omdat hy sonder twyfel iets aangehad het om sy skaamte te bedek. |
| 13 Naamlik na die land, omdat dit te swaar was om in die skuit op te trek.
14 Gr. onderarm. Sien Matt. 6:27 se kanttekening. |
| 15 Gr. opsarion; dit beteken eintlik gebraaide vis. Sien Joh. 6:9. |
| e Luk. 24:41. |
| 16 Wat gebeur het deur die goddelike krag van Christus, om die wonderwerk te vergroot. |
| 17 Naamlik uit skaamte, sodat dit nie sou voorkom of hulle nog getwyfel het dat Hy waarlik opgestaan het nie. |
| 18 Naamlik aan almal, of baie dissipels terwyl hulle byeenvergader was; want Hy het Hom meermale afsonderlik aan sommige van hulle geopenbaar. Sien hieroor Joh. 20:19, 26. |
| 19 Sien Matt. 16:17 en die kanttekening.
20 Naamlik soos jy tevore gemeen en geroem het, Matt. 26:33. Luk. 22:33, en My nogtans drie maal verloën het. 21 Naamlik, meer as hulle hier My liefhet? 22 Dit is, nieteenstaande my voorgaande val, waaroor ek hartlik berou het, en ek vertrou dat U my daarvoor vergewe het, nogtans weet U, al is dit dat die belydenis in my mond uit swakheid opgehou het, dat my liefde teenoor U nogtans nie opgehou het in my hart nie. 23 Beide woorde lammers en skape beteken dieselfde saak, naamlik die lidmate van Christus se kerk, soos ’n mens kan sien uit die vergelyking van Matt. 10:16. Luk. 10:3. Hoewel sommige meen dat deur lammers die swak Christene, en deur skape die wat sterker in die geloof is, verstaan word, Jes. 40:11. |
| f Joh. 16:30. | 24 Omdat Petrus, deurdat hy Christus drie maal verloën het, hom die apostelamp onwaardig gemaak het, so laat Hy nou Petrus hierdie belydenis drie maal uitspreek, om hom daarmee weer in sy amp te bevestig, en nie om hom daarmee tot ’n hoof van die kerk en bo die ander apostels te stel nie.
25 Naamlik omdat hy gemeen het dat Christus, deur dit drie maal te vra, skynbaar aan sy liefde getwyfel het. 26 Dit wat Petrus hier beveel word, word ook opgedra aan al die dienaars van die heilige evangelie, Hand. 20:28. 1 Petr. 5:2. Hoewel Petrus aan geen spesifieke gemeente of plek verbind was nie, soos die ander apostels ook nie was nie, Matt. 28:19. Mark. 16:15, 20, wat saam met Petrus dieselfde opdrag en mag ontvang het. Sien Joh. 20:23. Openb. 21:14. |
| g Joh. 13:36. Hand. 12:3. 2 Petr. 1:14. | 27 Dit word gesê volgens die gebruik van die volke, wat lang klere gedra het, wat hulle opgebind het met ’n gordel wanneer hulle êrens heen wou reis of hulle vir enige werk gereedgemaak het. Sien 2 Kon. 9:1. Luk. 17:8. Joh. 13:4.
28 Naamlik om gebind te word. 29 Naamlik die laksman. 30 Dit is, bind en boei, om gedood te word. 31 Naamlik volgens die natuurlike geneigdheid, wat altyd die dood vrees. Want andersins het Petrus dit ook gewilliglik en met blydskap gely. |
| h 2 Petr. 1:14. | 32 Dit is, met watter lyding hy die leer van die evangelie tot God se eer sou bevestig. |
| i vers 7. Joh. 13:23; 20:2. | 33 Dit is, Johannes, die evangelis. Sien vers 24. |
| 34 Naamlik wat sal hom oorkom? Dit is, met watter dood sal hy God verheerlik? |
| 35 Naamlik lewend tot my wederkoms. |
| k Joh. 19:35. | 36 Naamlik Johannes, die evangelis.
37 Naamlik nie net ek nie, maar ook al die dissipels van Christus en die hele gemeente. |
| l Joh. 20:30. | 38 Naamlik wonders en besondere dade van Christus; want andersins blyk uit Joh. 20:31 dat alle leerstukke wat vir die saligheid nodig is, beskryf is.
39 Gr. ná een. 40 Dit is ’n figuurlike manier van spreek, waarmee ’n besonder groot menigte bedoel word. |
Einde van die heilige evangelie volgens (die beskrywing van) JOHANNES.