Statevertaling – Bybelstigting

Kolossense 1

Opskrif en seëngroet.

1

PAULUS,1 ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Timótheüs,

2

aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in 2Kolosse is: aGenade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Geloof en liefde van die Kolossense. Gebed vir hulle geestelike welsyn. Jesus Christus, Bewerker van ons verlossing, die Beeld van die onsigbare God, Skepper van alles, Hoof van die gemeente.

3

bONS dank 3die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid,

4

omdat ons gehoor het van 4julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges,

5

vanweë 5die hoop cwat vir julle 6weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het 7deur die woord van die waarheid van die evangelie,

6

wat julle sowel as 8die hele wêreld bereik het; den 9dit dra vrug, net soos 10onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God 11in waarheid leer ken het;

7

soos julle ook geleer het van eÉpafras, ons geliefde mededienskneg, wat ’n getroue dienaar van Christus 12vir julle is,

8

wat ook julle liefde 13in die Gees aan ons te kenne gegee het.

9

fDaarom 14hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra gdat julle vervul mag word met die kennis van 15sy wil 16in alle wysheid en geestelike insig,

10

hsodat julle 17waardiglik voor die Here mag wandel om Hom 18in alles te behaag en julle in elke goeie werk ivrug mag dra en in die kennis van God mag groei,

11

en 19met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle 20lydsaamheid en lankmoedigheid 21met blydskap,

12

en die Vader 22mag dank wat ons 23bekwaam gemaak het om 24deel te hê aan die erfdeel van die heiliges 25in die lig —

13

kHy wat ons verlos het uit 26die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van l27die Seun van sy liefde,

14

28in wie ons 29die verlossing het mdeur sy bloed, 30naamlik die vergifnis van die sondes.

15

nHy is 31die Beeld 32van die onsienlike God, odie 33Eersgeborene van die hele skepping;

16

pwant 34in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, 35trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en 36tot Hom geskape.

17

En Hy is 37voor alle dinge, en in Hom 38hou alle dinge stand.

18

qEn Hy is 39die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy 40wat die begin is, rdie 41Eersgeborene uit die dode, sodat Hy 42in alles die eerste kan wees.

19

Want dit het die 43Vader behaag dat sin Hom 44die ganse volheid sou woon

20

ten dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vvrede gemaak het 45deur die bloed van sy kruis — ek sê deur Hom — die dinge 46op die aarde sowel as die dinge in die hemele.

21

Ook 47julle wat 48vroeër vervreemd was 49en vyandig gesind 50deur die bose werke, het Hy nou versoen

22

51in die liggaam van sy vlees deur die dood, xom julle heilig en sonder gebrek en 52onberispelik voor Hom te stel;

23

yas julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van 53die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die 54ganse mensdom onder die hemel, 55waarvan ek, Paulus, ’n dienaar geword het.

Arbeid en stryd van Paulus in sy bediening.

24

zNOU verbly ek my in my 56lyding avir julle en vul in my vlees aan 57die oorblyfsels van 58die verdrukking van Christus bvir 59sy liggaam, wat die gemeente is;

25

waarvan ek ’n dienaar geword het volgens 60die bediening van God cwat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul,

26

naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af 61verborge was, dmaar nou geopenbaar is aan sy heiliges,

27

eaan wie God wou bekend maak wat 62die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, 63dit is 64Christus onder julle, f65die hoop van die heerlikheid.

28

Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens 66in alle wysheid onderrig, om 67elke mens 68volmaak in Christus Jesus voor te stel;

29

waarvoor ek arbei en 69stry 70volgens sy werking wat in my werk met krag.

1 Sien oor hierdie hele opskrif die ander briewe se kanttekeninge by die opskrifte, en vernaamlik Ef. 1:1, 2.
a Rom. 1:7. Gal. 1:3. Ef. 1:2. 1 Petr. 1:2. 2 Dit was ’n beroemde stad in Frígië, nie ver van Hiërápolis en Laodicéa af nie, soos te sien is in Kol. 4:13, 16. Die apostel was self nooit daar nie, Kol. 2:1, hoewel hy die evangelie dikwels gepreek het in Pamfílië, ’n streek nie ver van daar af geleë nie; waarvandaan dit wil voorkom of hy Épafras en sommige ander daarheen gestuur het. Sien Hand. 13:13; 14:24.
b Ef. 1:15. Filip. 1:3. 1 Thess. 1:2. 2 Thess. 1:3. 3 Sien oor hierdie benaming van God 1 Kor. 15:24 en Ef. 1:3 en die kanttekeninge.
4 Dit is, die belydenis van julle geloof in Christus Jesus, op wie die ware geloof in die besonder wys, om deur Hom vergewing van sondes en die saligheid te verkry, Hand. 10:43. Rom. 3:24, 25, ens.
c 1 Petr. 1:4. 5 Dit is, die ewige saligheid, waarop ons hier hoop, en hiernamaals in die hemel sal geniet, Rom. 8:24. Ef. 1:18.

6 Dit is, bewaar word, soos Petrus spreek, 1 Petr. 1:4, om op die regte tyd daar te ontvang.

7 Gr. in, Ef. 1:13.

d Mark. 4:8. Joh. 15:16. 8 Dit is, onder al die volke van die wêreld, soos hierna in vers 23 verklaar word. Sien ook Rom. 10:18.

9 Naamlik van die ware geloof, en wat by die ware bekering pas. Sien Matt. 3:8; 13:23, asook Jes. 55:10.

10 Gr. in.

11 Dit is, waarlik en opreg, soos in Hand. 10:34, wat as die Kolossense verstaan word, wat opreg en sonder geveinsdheid die waarheid van die evangelie leer ken het; of as diegene wat dit eerste aan hulle gepreek het, wat dit opreg en sonder om dit met menslike leringe te meng aan hulle voorgehou het, soos hy direk hierna van Épafras getuig.

e Kol. 4:12. Fil. vers 23. 12 Dit is, julle ten goede en tot julle saligheid.
13 Of: deur die Gees, dit is, wat deur die Heilige Gees in julle gewerk is, en uit ’n geestelike gesindheid en oorsaak voortkom; wat die apostel daarby voeg om hierdie liefde te onderskei van wêreldse liefde, wat sy oorsprong uit wêreldse oorsake het. Sien Rom. 14:17. Ef. 6:18.
f Ef. 1:15.

g 1 Kor. 1:5.

14 Dit is, so dikwels as ons bid, om ook vir julle te bid.

15 Dit is, God se wil in die evangelie geopenbaar, waarvan hy in vers 6 gespreek het.

16 Hierdie twee gawes word só onderskei, dat wysheid in werklikheid die begrip is van die geestelike verborgenhede en leringe, in die evangelie aan ons geopenbaar; maar die insig is die vermoë om die ware leer van die evangelie goed te kan onderskei van menslike byvoegsels en om dit tot stigting en vertroosting te kan gebruik, soos die apostel hierna ook albei hierdie dinge voorstel.

h Gén. 17:1. 1 Kor. 7:20. Ef. 4:1. Filip. 1:27. 1 Thess. 2:12.

i Joh. 15:16.

17 Dit is, soos dit diegene betaam wat die Here ken, bely en liefhet. Sien dergelike in Rom. 16:2. Ef. 4:1.

18 Dit is, om die Here in julle hele lewenswandel te mag behaag.

19 Dit is, met allerlei krag, wat Hy ons in ons swakheid meedeel, om al hierdie vyande van ons te oorwin, wanneer ons deur die geloof daardie krag van Hom begeer. Sien 1 Kor. 1:27. 2 Kor. 12:9. Jak. 1:5, 17.

20 Die lydsaamheid verwys na die grootte van die verdrukking, wat hulle lydsaam verdra; die lankmoedigheid na die langdurigheid daarvan, waardeur hulle daaronder nie beswyk, óf hul wreek nie, al is dit soms binne hul bereik. Sien Jes. 30:15. Klaagl. 3:25.

21 Nie oor die verdrukkinge self nie, wat ook vir die gelowiges droefheid veroorsaak en trane uitpers, Joh. 16:20, maar oor die vertroostinge wat hulle daarin beleef, en die vrugte en beloninge wat hulle daardeur verkry. Sien Matt. 5:12. Hand. 5:41. Rom. 5:3. 2 Kor. 1:5, ens.

22 Naamlik ons, van wie hy in die negende vers gespreek het. Die apostel begin hier die tweede deel van hierdie brief, wat bestaan uit die voorstelling van die leer van die saligheid en uit die weerlegging van die dwalinge wat in stryd is daarmee.

23 Naamlik deur sy Woord en Gees.

24 Of: om deel te hê aan die lot, dit is, aan die erfdeel van die heiliges, soos in Hand. 26:18.

25 Dit is, in die ryk van sy genade en heerlikheid, wat lig genoem word vanweë die ware kennis van God, wat daarin heers; en vanweë die ewige heerlikheid en helderheid in die hemel, wat daarop volg, gestel teenoor die ryk van die duisternis, waarvan in die volgende vers gespreek word.

k Ef. 2:4. 1 Thess. 2:12.

l Matt. 3:17; 17:5. 2 Petr. 1:17.

26 Dit is, van die sonde en die ewige dood, waaroor aan die Satan as ’n heerser oor die duisternis, Ef. 6:12, die mag toegeskryf word, Hebr. 2:14, omdat hy oor die ongelowige mense heers deur afleiding en deur onkunde van God en sy wil, 2 Kor. 4:3, 4, en hulle so tot die ewige dood in die ewige duisternis bring, Matt. 8:12. 2 Petr. 2:17. Jud. vers 6.

27 Dit is, sy geliefde Seun, Matt. 3:17; 17:5. ’n Hebreeuse spreekwyse.

m Hand. 20:28. Ef. 1:7. Hebr. 9:14. 1 Petr. 1:19. 28 Naamlik die Seun van sy liefde, dit is, Christus Jesus, wie se persoon hy hierna beskryf.

29 Gr. vrymaking of lossing deur ’n losprys. Sien ook Ef. 1:7.

30 Hier word hierdie verlossing, wat ons in Christus Jesus het, nader verklaar; die vergifnis van die sondes word hier, soos ook in Luk. 1:77, alleen genoem, nie omdat ons deur die verlossing van Christus nie meer ontvang nie, maar omdat dit die eerste deel van ons verlossing is en die grond waarop die reg op die ewige lewe en die heiligmaking, asook die pand van die Heilige Gees noodwendig volg, soos die apostel elders oral verklaar, vernaamlik in Ef. 1:7, ens., waarvan hierdie brief ’n kort opsomming is. Sien ook Gal. 3:12, ens.

n 2 Kor. 4:4. Filip. 2:6. Hebr. 1:3.

o Openb. 3:14.

31 Christus word hier so genoem, sowel ten opsigte van sy ewige geboorte van die Vader, omdat Hy die Afdruksel en ewige Beeld van die persoon van die Vader is, een in wese met die Vader, Spr. 8:22. Miga 5:1. Joh. 10:30. Hebr. 1:3, asook ten opsigte daarvan dat, terwyl Hy mens geword het, God in Hom en deur Hom sy eienskappe, naamlik sy wysheid, goedheid, regverdigheid en almag, voor ons oë as ’t ware afbeeld. Sien Joh. 14:9. 1 Tim. 3:16.

32 Naamlik van die Vader, wat daarom onsienlik genoem word, omdat sy wese onsienlik is, 1 Tim. 6:16, en omdat Hy Hom nie voor die oë van mense geopenbaar het nie, soos die Seun in sy aangenome menslike natuur wel gedoen het. Sien Joh. 1:18, 33.

33 Hy sê nie die Eersgeskapene nie, maar Eersgeborene, wat van sy goddelike natuur en ewige geboorte van die Vader vóór alle skepsele verstaan moet word, en van sy waardigheid bo alle skepsele, soos by die woord Beeld aangeteken is, en nader blyk uit Joh. 1:1, vergeleke met vers 14. Des te meer omdat hier nie van Hom gesê word die Eersgeborene onder baie broeders, soos in Rom. 8:29 nie, maar van die hele skepping, waardeur Hy duidelik van alle skepsele onderskei word, en gevolglik nie as ’n skepsel nie, maar as die Skepper van alles bekendgestel word, soos in die volgende vers breedvoeriger verklaar word.

p Gén. 1:3. Ps. 33:6. Joh. 1:3. Ef. 3:9. Hebr. 1:2. 34 Dit is, deur Hom as ’n medewerker van die Vader, soos aan die einde van hierdie vers verklaar word. Sien ook Joh. 1:3; 5:19.

35 Hierdie name word hier aan die engele in die hemel gegee, omdat God hulle dikwels as konings (wie die trone eintlik toekom), prinse, owerhede en magtiges gebruik in die regeer van lande en koninkryke, soos by Daniël, Sagaría en ander profete te sien is. Sien ook Ef. 1:21; 3:10.

36 Dit is, om sy ontwil, sodat Hy ’n erfgenaam en Here sou wees ook van al hierdie dinge. Sien Hebr. 1:2. Of: tot sy eer, soos tot die eer van die Vader en van die Heilige Gees. Sien Joh. 5:23. Rom. 11:36.

37 Dit is, voordat daar enige dinge geskape was, soos in Spr. 8:22. Joh. 17:5.

38 Dit is, alle geskape wesens word in wese, lewe en beweging deur Hom onderhou; sien Joh. 5:17. Hebr. 1:3, ens., waardeur die ewige Godheid van die Seun, en gevolglik die eenheid van sy wese met die Vader en die Heilige Gees bewys word, omdat daar slegs een enige God is, wat die hemel en die aarde geskape het en onderhou. Sien 1 Joh. 5:7.

q Ef. 1:22; 4:15; 5:23.

r 1 Kor. 15:20. Openb. 1:5.

39 In die voorgaande verse het hy gespreek van die uitnemendheid van die persoon van Christus, as die ewige Seun van God en Skepper en Onderhouer van alle dinge; nou bewys hy ook die uitnemendheid van die persoon van Christus bo al sy uitverkore lede, ten opsigte daarvan dat Hy as God en mens die Middelaar geword het tussen God en die mense; waarvan die eerste is dat Hy die geestelike Hoof van die gemeente is, wat sy geestelike liggaam is en wat deur sy verdienste en Gees alle geestelike lewe en saligheid van Hom ontvang. Sien breedvoeriger hieroor in Ef. 1:22; 4:15, 16.

40 Dit is, die eersteling uit die dode, soos Paulus Hom in 1 Kor. 15:20 noem. Christus word so genoem, omdat Hy nie net die Een is wat deur sy eie krag opgestaan het en deur wie se krag alle ander opgestaan het en hiernamaals sal opstaan nie, maar ook omdat Hy die Eerste is wat tot die ewige heerlikheid opgestaan het, sodat Hy al sy gelowiges hiernamaals saam met Hom tot hierdie heerlikheid sou verwek. Sien 1 Kor. 15:23. 1 Thess. 4:14, ens.

41 Dit is, die Eersgeborene onder diegene wat tot die ewige heerlikheid uit die dood sal opstaan, waardeur, soos ook deur die woord begin, te kenne gegee word, nie net dat Hy die eerste in rangorde is en die oorsaak van die opstanding van die ander nie, maar bowendien ook dat Hy in heerlikheid bo ander, selfs na sy menslike natuur, ver sal uitstaan, soos die eersgeborenes in die Ou Testament bo al hul broeders gestel was; wat die volgende woorde sodat Hy, ens., ook duidelik meebring.

42 Of: onder almal, naamlik sy broeders.

s Joh. 1:14, 16. Kol. 2:9. 43 Dit is, God sy Vader, van wie Paulus ook in die volgende verse spreek. Sien 2 Kor. 5:18.

44 Naamlik van alle geestelike gawes en heerlikheid, naamlik nie net om dit vir Homself te besit nie, maar ook om dit aan al die lede, volgens die mate van sy gawes, mee te deel. Sien Joh. 1:14, 16; 3:34, 35. Ef. 4:7, ens.

t 2 Kor. 5:18. 1 Joh. 4:10.

v Jes. 9:6. Joh. 16:33. Hand. 10:36. Rom. 5:1. Ef. 2:14.

45 Dit is, deur sy bloedige offer eenmaal aan die kruis volbring, Hebr. 10:10, ens.

46 Sien die verklaring van hierdie teks in Ef. 1:10 se kanttekening.

47 Naamlik gelowiges uit die heidene.

48 Naamlik voordat julle tot Christus bekeer was. Sien Ef. 2:12, ens.

49 Dit is, wat God gehaat het en deur God gehaat is. Sien Joh. 15:25. Rom. 1:30; 5:10. Jak. 4:4.

50 Dit is, die gesindheid wat altyd met bose werke besig is, Gén. 6:5.

x Luk. 1:75. Ef. 1:4; 5:27. 2 Tim. 1:9. Tit. 2:12. 51 Dit is, in sy liggaam, wat bestaan uit vlees en bloed, en ons in alle swakhede gelyk, maar sonder sonde, Hebr. 2:14; die apostel voeg hierdie beskrywing daarby, sodat hy Christus se liggaam wat Hy vir ons in die dood gegee het, sou onderskei van sy geestelike liggaam, wat sy gemeente is, waarvan hy kort tevore gespreek het; en ook van sy verheerlikte liggaam, waarmee Hy in die hemel triomfeer, en wat nie meer aan swakheid of sterflikheid onderworpe is nie, Rom. 6:9, 10.

52 Naamlik omdat die geregtigheid van Christus ons deur die geloof toegereken word, en al ons gebreke deur sy bloed en voorbidding bedek word, Rom. 8:33, 34, en ons wat deur God se Gees wedergebore is, ook self hierna van alle oorblyfsels van die sonde bevry sal word, Ef. 5:26, 27.

y Joh. 15:6. 53 Dit is, die hoop van die ewige saligheid, wat die gelowiges deur die evangelie beloof word.

54 Dit is, alle volke of soorte mense in die wêreld, soos Christus verklaar in Matt. 28:19, en Markus ook spreek in Mark. 16:15.

55 Naamlik van die evangelie onder alle volke.

z 2 Kor. 7:4.

a Ef. 3:13. Filip. 2:17. 2 Tim. 2:10.

b Rom. 12:5. 1 Kor. 12:27. Ef. 4:12; 5:23.

56 Dit is, om julle met my voorbeeld te versterk in die aangenome waarheid. Sien 2 Kor. 12:15. 2 Tim. 2:10.

57 Of: dit wat ontbreek. Dit word nie verstaan as die lyding van Christus vir ons sondes, asof daaraan iets sou ontbreek vir ons verlossing nie, want dit is volkome en in alle dele volmaak, sodat daaraan niks ontbreek nie, vers 20. Hebr. 10:14. 1 Joh. 1:7; 2:2, maar van die lyding wat sy lede aangedoen word om sy ontwil. Sien 2 Kor. 1:5. Hebr. 11:26.

58 Dit is, wat óf Christus ly in sy lede, Hand. 9:4. 2 Kor. 1:5, óf die gelowiges ter wille van Christus se saak, 2 Kor. 4:10. Hebr. 11:26.

59 Dit is, tot versterking en stigting van sy gemeente, soos hy tevore vir julle gesê het.

c Rom. 16:25. Ef. 1:9; 3:9. 2 Tim. 1:10. Tit. 1:3. 1 Petr. 1:20. 60 Dit is, nadat Hy hierdie opdrag en gawes van Hom aan my uitgedeel het, soos ’n heer oor sy huis. Sien die verklaring van hierdie woord in Ef. 1:10.
d Matt. 13:11. 61 Sien die verklaring hiervan in Ef. 3:5 se kanttekeninge, ens.
e 2 Kor. 2:14.

f 1 Tim. 1:1.

62 Dit is, die oorvloed en heerlikheid; of: die heerlike oorvloedigheid.

63 Naamlik die rykdom van die heerlikheid.

64 Want in Hom is al die skatte van die wysheid en kennis van God verborge, soos hy hierna spreek in Kol. 2:3. Wie dan Christus het wat in hom woon deur die geloof, het alles saam met Hom, Rom. 8:32.

65 Dit is, in wie en deur wie ons die hoop van die ewige heerlikheid ontvang.

66 Naamlik tot saligheid nodig. Sien Hand. 20:27. 2 Tim. 3:15.

67 Naamlik wie hy ook is, hetsy Jood of heiden.

68 Dit is, leer om sy volmaaktheid slegs in Christus te stel en te soek; of in Christus se geloof en leer. Sien Hand. 4:12. Rom. 1:16.

69 ’n Beeld geneem van diegene wat om ’n prys stry of veg, wat al hul kragte wat hulle besit, gebruik om te oorwin.

70 Dit is, volgens die mate van sy werking, wat in ons nie ledig is nie. Sien 1 Kor. 15:10. 2 Tim. 1:6, 7.