Statevertaling – Bybelstigting

Kolossense 2

1

WANT1 ek wil hê dat julle moet weet wat ’n groot 2stryd ek oor julle het, en oor die wat 3in Laodicéa is en almal wat 4my aangesig in die vlees nie gesien het nie,

2

5dat hulle harte 6vertroos mag word, 7deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom 8van die volle versekerdheid van insig, a9om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus,

3

b10in wie al die skatte 11van wysheid en kennis 12verborge is.

Vermaning teen valse leringe.

4

DIT sê ek, csodat niemand julle 13mag verlei met 14drogredes nie.

5

Want dal is ek ook 15na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om 16julle egoeie orde te 17sien en die vastigheid 18van julle geloof in Christus.

6

Soos julle dan Christus Jesus, die Here, 19aangeneem het, wandel so 20in Hom,

7

fgewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, 21soos julle geleer is, terwyl julle daarin goorvloedig is 22in danksegging.

8

h23Pas op dat niemand julle 24as ’n buit wegvoer deur 25die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens 26die oorlewering van die mense, volgens 27die eerste beginsels van die wêreld en 28nie volgens Christus nie.

9

iWant 29in Hom 30woon al 31die volheid van die Godheid 32liggaamlik;

10

ken julle 33het die 34volheid in Hom wat die Hoof is van 35alle owerheid en mag;

11

lin 36wie julle ook 37besny is met ’n besnydenis wat 38nie met hande verrig word nie, deur 39die liggaam van die sondige 40vlees af te lê 41in die besnydenis van Christus,

12

momdat julle saam met Hom 42begrawe is in die doop, 43waarin julle ook saam opgewek is n44deur die geloof 45in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.

13

oEn 46julle, wat 47dood was deur die misdade en die 48onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom 49lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade 50vergeef het,

14

en 51die skuldbrief teen ons, wat 52met sy insettinge ons 53vyandig was, 54uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,

15

pnadat Hy 55die owerhede en magte 56uitgeklee en hulle 57in die openbaar 58tentoongestel en 59daardeur oor hulle 60getriomfeer het.

16

q61Laat niemand julle dan 62oordeel 63in spys of 64in drank of 65met betrekking tot ’n r66fees of nuwemaan of sabbat nie,

17

wat s’n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar 67die liggaam behoort aan Christus.

18

tLaat niemand 68julle van jul prys beroof nie, al sou hy 69behae hê in nederigheid en 70verering van die engele en 71indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak 72opgeblase wees deur sy 73vleeslike gesindheid,

19

en nie vashou aan 74die Hoof nie, uit wie 75die hele liggaam 76deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so 77met goddelike groei groot word.

20

78As julle dan saam met Christus 79vdie eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog 80in die wêreld lewe, onderworpe aan 81insettinge

21

soos: 82raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? —

22

almal dinge wat deur die gebruik bestem is 83om te vergaan — xvolgens 84die gebooie en leringe van mense,

23

ywat, alhoewel dit ’n skyn 85van wysheid het, 86in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, 87geen waarde het nie, maar strek z88tot versadiging van die vlees.

1 Hierdie woord want verwys na dit wat aan die einde van die voorgaande hoofstuk deur Paulus gesê is; en wys daarmee aan dat hy nie net met alle krag gearbei het by diegene waar hy self gepreek het nie, maar ook vol sorg was vir diegene waar hy nie self was nie.

2 Naamlik deur gedagtes, deur gebede, deur vermaninge met sorg vervul aan diegene wat daarheen reis, en deur boodskappe; en dit alles nieteenstaande die hindernisse, wat die Satan my daarteenoor in die weg lê; wat hy daarom ’n stryd noem.

3 ’n Stad nie ver van Kolosse af geleë nie, waar dit wil voorkom of valse leraars dieselfde dwalinge versprei het, vgl. vers 4 en verder. Waarom hy ook beveel dat hierdie brief by hulle gelees word, Kol. 4:16.

4 Dit is, nie my liggaamlike teenwoordigheid gehad het nie; soos in Hand. 20:38.

a Jes. 53:11. Jer. 9:23. Joh. 17:3. Filip. 3:8. 5 Hierdie drie dinge, naamlik vertroosting, liefde en volle versekerdheid, kan óf die vrug wees van Paulus se stryd vir hulle, óf die saak self waaroor hierdie besorgdheid en stryd van Paulus gegaan het.

6 Naamlik wanneer hulle kennis neem van my besorgdheid oor hulle, en my getuienis van die opregtheid van die leer, wat hulle deur Épafras en ander ontvang het.

7 ’n Beeld van timmerwerk, wat saamgevoeg en in mekaar geheg is, om sterker en stewiger te wees. Nou is daar niks wat die harte meer saambind nie, as eenheid in die ware geloof, Hand. 4:32, waaruit die ware liefde ook vloei.

8 Naamlik wat deur die Heilige Gees in ons gewerk word. Want hoewel die evangelie self aan ons hierdie kennis van die geloof skenk, kan daar nogtans nie die volle versekerdheid daarvan in ons harte wees nie, behalwe deur hierdie besondere versekering van die Gees. Sien Ef. 1:13.

9 Dit is ’n nadere verklaring van die kennis van die geloof, waarvan hy tevore gespreek het. Want hierin bestaan die hele leer van die saligheid, dat ons God die Vader reg ken en Jesus Christus, wat Hy gestuur het, Joh. 17:3.

b 1 Kor. 1:24. 10 Naamlik in Christus. Of: in welke verborgenheid van God die Vader en van Christus. Want die Griekse woord kan beide beteken, sodat die betekenis is dat in Christus, of in die leer van God die Vader en van Christus, al die skatte van die wysheid en kennis (naamlik wat nodig is tot saligheid) verborge is. Dit word so deur die apostel betuig, om aan die Kolossense te toon dat die saligheid dan nêrens anders gesoek moet word nie as in hierdie leer, wat ons tot God deur Christus rig, soos in 1 Kor. 1:30; 2:2, ens. Ander verstaan dit nie as die saak wat ons vir die saligheid moet ken nie, maar as die wysheid wat in Christus se persoon self is, wat alle ander wysheid van mense en engele te bowe gaan; wat wel waar is, maar dit wil voorkom of dit nie so goed by die doel van Paulus pas anders as deur ’n vergesogte gevolgtrekking nie.

11 Hierdie twee woorde onderskei sommige hier só, dat deur die wysheid die kennis van al die leerstukke van die geloof, en deur die kennis die kennis van al die bevele van Christus wat vir die Christelike lewenswandel nodig is, verstaan word.

12 Dit is, ingesluit is. Die apostel gebruik egter die woord verborge, omdat die natuurlike mens nie hierdie dinge begryp nie, maar dat dit geestelik onderskei word, Matt. 11:25. 1 Kor. 1:23.

c vers 18. Ef. 5:6. 13 Die Griekse woord beteken: om iemand te oorreed met bedrieglike redenasies of gevolgtrekkings.

14 Naamlik soos die orators en filosowe gewoonlik gebruik het, waardeur hulle onder die voorwendsel van waarskynlike redes, wat dikwels geen standvastigheid gehad het nie, die harte oorgeneem en wysgemaak het wat hulle wou.

d 1 Kor. 5:3.

e 1 Kor. 14:40.

15 Dit is, liggaamlik, soos hy spreek in 1 Kor. 5:3.

16 Naamlik in julle daaglikse lewenswandel, en ook in die uitoefening van die dissipline en regering van julle gemeente.

17 Naamlik in my gees, soos hy tevore getuig het, en soos hy spreek in 1 Kor. 5:3; hetsy die apostel dit verstaan as die kennis wat hy hiervan gehad het deur die boodskap van Épafras en ander, hetsy ook deur enige besondere openbarings van die Heilige Gees, soos Elísa van die dade van sy dienaar Gehási gehad het, 2 Kon. 5:26.

18 Dit is, van die belydenis van julle geloof, sonder om in die minste daarvan af te wyk, wat mense julle ook al probeer wysmaak; hierdie standvastigheid prys die apostel in hulle, om hulle meer en meer daarin te versterk.

19 Naamlik deur die ware geloof, Joh. 1:12.

20 Dit is, soos dit Hom of sy gemeenskap waardig is.

f Ef. 3:17.

g 1 Kor. 1:5.

21 Naamlik deur Épafras en die troue leraars voor hom, nie soos hierdie ander julle probeer wysmaak nie.

22 Naamlik oor die genade wat julle reeds ontvang het, Kol. 1:12.

h Rom. 16:17. Hebr. 13:9. 23 Hier begin die apostel die verslag oor die dwalinge waarteen hy hulle waarsku, naamlik wysbegeerte, menslike insettinge en vermenging van die seremoniële wet, waarvan hy die een ná die ander weerlê.

24 Of: beroof, tot ’n buit wegvoer, naamlik weg van Christus en sy waarheid na ander leringe of middele tot saligheid buite Christus. ’n Beeld geneem van rowers, wat nie net die goedere nie, maar ook die mense self as buit weggevoer het, om hulle slawe van hulself of van ander te maak. Sien ’n voorbeeld in 1 Samuel 30.

25 Hierdeur word nie die regte wysbegeerte, wat ’n gawe van God is, en selfs ’n instrument of middel wat nuttig is om God se Woord beter te verstaan en te verklaar, verstaan nie; maar die drogredes of bedrieglike skynwysheid van sommige heidense filosowe, soos die woorde nietige misleiding verklaar en soos Paulus hiervan spreek in Rom. 1:21, 22. Hierdie filosowe het in hul skynwysheid sommige dinge oor God en oor die weg tot die hoogste goed voorgestel, wat valse leraars met die evangelie wou vermeng, soos die skolastieke leraars in die pousdom ook doen, waardeur die eenvoud en opregtheid van die saligmakende leer van die evangelie merkbaar verduister en vervals is.

26 Dit is die tweede dwaling wat hierdie leraars by die evangelie van Christus wou voeg, om na hul mening meer glans aan die eenvoud van die evangelie by die mense te gee, soos die Fariseërs vroeër gedoen het, Matt. 15:3, ens.

27 Gr. elemente. So noem die apostel die seremonies van die wet, omdat dit God in die verdeling van die tye behaag het om die Israeliete, en vervolgens in hulle die res van die wêreld wat salig geword het, deur hierdie middel so tot Christus te lei, soos ’n kind deur die aanleer van die alfabet gereedgemaak word om te lees, en as ’t ware deur ’n onderwyser tot groter wysheid gebring word. Sien hieroor ’n breedvoeriger verklaring in Gal. 3:24; 4:3, 9, ens.

28 Dit is, volgens die leer of instelling van Christus, wat slegs in die gemeente van Christus moet geld, Gal. 1:6, 8, 9.

i Joh. 1:14. Kol. 1:19. 29 Naamlik as ware mens, wat onder ons gewoon het vol genade en heerlikheid, Joh. 1:14.

30 Naamlik met ’n wesenlike inwoning van die Seun van God in die menslike natuur, deur die vereniging van sy goddelike natuur met die menslike in eenheid van sy persoon, soos die liggaam ’n tent en woning van ons siel genoem word, 2 Kor. 5:1, en soos Christus ook sy menslike natuur om hierdie rede ’n tempel noem, waarin naamlik sy Godheid gewoon het, wat Hy weer sou oprig, Joh. 2:19.

31 Dit is, die gehele Godheid, naamlik van die Seun, met al sy eienskappe; nie slegs ten opsigte van sommige gawes nie, soos Hy so ook in die profete, apostels en ander heiliges woon.

32 Dit is, persoonlik, soos die Griekse woord soma soms ’n persoon beteken, of: wesenlik, waarlik, teenoor die skaduwees en beelde van die Ou Testament, soos die woord soma in hierdie selfde hoofstuk in vers 17 verstaan word. Die saak kom egter op dieselfde neer, want in die Ou Testament word wel gesê dat God in die tabernakel, tempel, verbondsark, ens. woon, maar slegs soos in skaduwees of beelde van Christus se menslike natuur, wat Hy in die volheid van die tyd sou aanneem, om persoonlik of waarlik en wesenlik daarin met al sy volheid te woon. As Hy dan ware God en ware mens in een persoon is en die volheid van die Godheid in Hom woon, wil die apostel sê, moet ons geen saligheid buite Hom soek nie, nie in die seremonies van die wet, of in die filosofiese aanmoediging van engelediens, of in enige ander menslike insettinge of bedenksels nie, maar slegs in Hom en in sy Woord.

k Joh. 1:16. 33 Gr. is in Hom vervul, dit is, ons het alles in Hom wat tot ons volmaakte saligheid nodig is, 1 Kor. 1:30.

34 Sien Ef. 1:23; 4:16.

35 Dit is, selfs ook van die engele in die hemel, wat onder Hom staan, soos in Kol. 1:16 betuig is. Waaruit blyk dat ons nie in hulle nie, maar in Christus die saligheid besit. Want die eienskap van die Hoof en sy werking vereis dat al die lede, onder wie die engele hier ook duidelik genoem word, van Hom afhanklik is en hulle geestelike lewe ontvang, Ef. 5:23. En hoewel die goeie engele nie die verlossing van Christus nodig gehad het nie, omdat hulle nie geval het nie, blyk dit nogtans hieruit dat hulle ook deur Hom in hul geluksalige toestand vir ewig bewaar word. Waarom hulle ook, onder die vergadering van diegene waar die gelowiges bygekom het, gereken word, Hebr. 12:22, en uitverkore engele genoem word, 1 Tim. 5:21, en hulle hul ook stel onder die diensknegte van Christus en medediensknegte van die gelowiges, Openb. 22:9.

l Deut. 10:16. Jer. 4:4. Rom. 2:29. Filip. 3:3. 36 Naamlik Christus.

37 Naamlik nie met die uitwendige besnydenis nie, wat deur Christus se dood saam met die ander seremonies van die Ou Testament tot niet gemaak is, soos die apostel hier leer en in Gal. 5:1, 2, maar met die inwendige besnydenis van die hart, in die gees, wat die saak was waarvan die uitwendige besnydenis ’n teken was en wat die apostel in die volgende woorde nader verklaar. Waaruit hy wil aflei dat die uitwendige dan nie meer vir ons nodig of nuttig is nie.

38 Dit is, maar deur God self, deur sy Gees, Deut. 30:6. Rom. 2:29.

39 Dit is die ganse massa van die verdorwenheid, wat met ’n liggaam met baie lede vergelyk word, sien Rom. 6:6. Kol. 3:5, vanweë die baie begeerlikhede wat die sonde in ons werk.

40 Hierdeur word verklaar waaruit hierdie sondige natuur sy oorsprong het, naamlik uit die vleeslike geboorte, Joh. 3:6.

41 Nie die letterlike besnydenis van Christus waardeur Hy self op die agtste dag besny is nie, maar die besnydenis waardeur Hy ons met sy Gees in ons harte besny, dit is, van die skuld en heerskappy van die sonde verlos, en ons harte reinig, soos die volgende verse breedvoeriger verklaar.

m Rom. 6:4. Gal. 3:27.

n Ef. 1:19; 3:7.

42 Of: begrawe is deur die doop. Want in die doop ontvang ons ’n teken en seël dat ons ou mens deur die dood van Christus doodgemaak en vervolgens ook begrawe is, dit is, deur Christus se lyde en sterwe so sy heersende mag verloor het, dat die ou mens soos ’n liggaam is wat dood en begrawe is, wat hom nie kan beweeg om te heers nie, hoewel dit steeds sy stank gee, totdat dit deur dieselfde dood en deur die Gees van Christus heeltemal vernietig word. Sien Rom. 6:3, ens.

43 Naamlik in die doop, of: in Christus. Want albei is waar, maar op verskillende maniere. Want deur die krag van die opstanding van Christus is ons opgewek tot die nuutheid van die lewe, en deur die doop word dit ook verseël. Sien Rom. 6:4, ens. Die apostel wil daarmee bewys dat ons self die seël van die besnydenis in die Nuwe Testament nie meer nodig het nie, omdat die doop nou vir ons dieselfde beteken en verseël.

44 Naamlik waarsonder die uitwendige doop geen krag het nie. Want hy wat glo en hom laat doop, sal gered word, Mark. 16:16. Die geloof neem dan die weldaad aan, wat die doop aan ons wys en verseël.

45 Hierdeur kan óf die krag van God verstaan word, waardeur die geloof in ons gewerk word, óf die steunsel van die geloof, waarop die geloof in ons vernuwing sien, naamlik die krag van God wat Christus uit die dood opgewek het, waardeur ons ook uit die dood van die sonde opgewek word.

o Ef. 2:1. 46 Naamlik wat nou in Christus glo en gedoop is.

47 Sien Ef. 2:1.

48 Dit word nie gesê van die letterlike voorhuid, wat die gelowige Kolossense nog gehad het nie, maar van die natuurlike verdorwenheid, waarin hulle voor hul bekering was, wat so as beeld genoem word, omdat die voorhuid in die Ou Testament ’n skandelike en veragtelike ding onder die Israeliete was. Sien dergelike spreekwyse in Deut. 10:16. Jer. 9:25, ens.

49 Sien Ef. 2:5.

50 Of: genadiglik vergeef het, of vergeef. Want deur die geloof word ons ons misdade en sondige natuur deur die krag van Christus se verdienste vergewe, en word die sondige liggaam, of die ou mens, in ons ook doodgemaak; die doop is ’n teken en seël van beide weldade in die Nuwe Testament, soos die besnydenis in die Oue was, Rom. 2:29; 4:11.

51 Die Griekse woord geirografon, dit is, handskrif, verstaan sommige hier as ’n skrif wat met die hand van God self op kliptafels geskryf was, soos van die wet van die tien gebooie getuig word, Ex. 34:1. Dit word deur hulle verstaan as die sedewet of as die tien gebooie, waarvan gesê word dat dit teen ons was, ten opsigte van sy strenge eis tot volkome gehoorsaamheid, of by gebrek daaraan, weens die vervloeking, wat Christus ter wille van ons aan die kruis gedra het, en ons daarvan verlos het, Gal. 3:10, 13. Omdat die apostel egter hier eintlik handel teen die onderhouding van die besnydenis en ander seremonies, word hierdie skuldbrief verstaan as die seremoniële wet van die Ou Testament, wat ’n skuldbrief genoem word, wat teen ons was, omdat dit soos ’n rekening of skuldbrief was, waardeur die mense hul misdade en skulde daagliks wel voor God erken het en nogtans nooit deur die uiterlike beoefening daarvan verlos is nie, soos Paulus verklaar in Hebr. 10:1, ens., soos die woord geirografon, of handskrif, ook gebruik word in die Griekse teks, Tobias 5:3; 9:6. Dit blyk ook uit die vergelyking van hierdie teks met Ef. 2:14, 15, waar hierdie woord, handskrif in insettinge, die wet van gebooie wat in insettinge bestaan genoem word; die woord dogmasi, dit is, bevele of insettinge, word nêrens in die Woord van God gebruik vir die wet van die tien gebooie nie, en ook nie die woord dogmatizesthe, soos in vers 20, nie. Dit wat daar deur Paulus bygevoeg word, bewys dit ook duidelik. Want die sedewet maak eintlik geen vyandskap tussen Jode en heidene nie, omdat dit ook in die natuur geskryf is, Rom. 2:14, maar dit is slegs die seremoniële wet, waardeur hierdie onderskeid en hierdie vyandskap tussen hierdie volke veroorsaak is, soos daar aangeteken is. Van die sedewet kan ook nie met reg gesê word, dat Christus dit weggeruim het deur sy dood, om ons geheel en al van die onderhouding daarvan te bevry nie, soos Paulus hier wil bewys. Want hoewel ons deur Christus van die vloek en die strenge eis tot volkome onderhouding van die sedewet as verdienste tot die saligheid verlos is, bly ons nogtans aan die onderhouding daarvan verbonde, soos aan ’n reël van dankbaarheid, wat ons aan God verskuldig is vir ons verlossing.

52 Of: deur die insettinge, of bevele; waardeur sommige die insettinge of leringe van die Nuwe Testament verstaan, waardeur die seremoniële wet as tot niet gemaak verklaar is; maar die vergelyking met die teks in Ef. 2:15 toon dat hierdie skuldbrief in die insettinge bestaan het, en in hierdie teks word geleer dat hierdie skuldbrief nie eenvoudig deur die leer en insettinge van Christus nie, maar deur die dood van Christus aan die kruis tot niet gemaak is, wat dit aan die kruis vasgespyker en ten ene male vernietig het, toe Hy dit ter wille van ons misdade en van die skuld daarvan, aan die kruis volbring het. Want waar daar voldoening aan skuld is, is geen rekening of ’n skuldbrief meer nodig nie, en word dit derhalwe vernietig.

53 Of: enigsins, heimlik, in die geheim vyandig was, naamlik omdat die wassing, offerandes en ander seremonies van die Ou Testament die mense skynbaar wel gereinig het, maar dit egter nie werklik gedoen het nie, maar hulle slegs van hul skuld oortuig het, behalwe as hulle daardeur tot Christus gebring is, wie se bloed alleen die gewetens kon reinig van dodelike werke, Hebr. 9:9, ens.

54 Dit is, doodgetrek, gerojeer, of ten ene male vernietig, soos ons spreek.

p Gén. 3:15. Matt. 12:29. Luk. 11:22. Joh. 12:31; 16:11. 55 Dit is, die Satan met al sy bose geeste, wat groot mag oor die mense het, solank hulle nie verlos is van die heerskappy van die sonde nie. Sien Ef. 6:12. 2 Tim. 2:26.

56 Dit is, van hul wapens en mag ontneem, watter wapens die sonde en dood was en wie se mag die wet was, 1 Kor. 15:55, 56. Sien ook Luk. 11:22. ’n Beeld geneem van die oorwonne bevelvoerders met hul soldate, wat van hul wapens ontneem is, en gewoonlik voor almal se oë as ’n skouspel begelei is, totdat hulle in die gevangenis gebring en daar opgesluit of omgebring is.

57 Of: vrymoediglik, met vrymoedigheid.

58 Of: tot skande gemaak, naamlik tot hul verkleining en smaadheid. Sien oor hierdie woord Matt. 1:19 se kanttekening.

59 Of: daarin, naamlik die kruis. Want deur sy dood het Hy die Satan, wat die mag van die dood gehad het, die mag ontneem om ons te beskadig of te beskuldig. En hoewel hy nog teen ons stryd voer, is ons nietemin verseker van die volle oorwinning in Christus Jesus, Luk. 10:17. Rom. 16:20. Hebr. 2:14. Openb. 12:10. Anders: in Homself, of: deur Homself.

60 Dit word as ’n geestelike triomf verstaan, waardeur Christus, wat die Satan alle geestelike mag ontneem het, ’n oorwinnaar van hel, dood en verdoemenis gebly het.

q Lev. 11:2. Rom. 14:2. Gal. 4:10.

r Lev. 23:2, ens.

61 Hiermee sluit die apostel die voorgaande bespreking af, eers teen die seremonies, daarna teen die wysbegeerte van Plato, en uiteindelik teen die insettinge van mense.

62 Dit is, veroordeel as onrein en oortreders van die wet, soos die Jode gewoonlik gedoen het.

63 Dit is, omdat julle nie meer so ’n onderskeid tussen spys of drank onderhou, soos God in die Ou Testament ingestel het nie.

64 Soos die Jode in die Ou Testament in sekere gevalle beveel was om ook tussen soorte drank onderskeid te maak, Núm. 6:3.

65 Of: vanweë die saak van die fees; soos hierdie spreekwyse ook gebruik word in 1 Petr. 4:16.

66 Hierdeur word die drie jaarlikse feesdae verstaan, wat God in die Ou Testament ingestel het, Lev. 23:4, soos deur nuwemaan die maandelikse feeste, Núm. 28:11, en deur die woord sabbat die sabbatsjare, en in die besonder die weeklikse, vir soveel dit seremonieel was, Ex. 20:11. Lev. 19:3, wat deur die koms van Christus tot niet gemaak is, ten opsigte van hul besondere en meerdere heiligheid, wat hulle deur God se instelling gehad het, asook vanweë hul betekenis en noodsaaklikheid. Hoewel die Christelike kerk ook goedgedink het om sommige feesdae te onderhou, na die vryheid van die Christene, ter herinnering aan sekere besondere weldade van Christus, om God volgens sy bevel daardeur te dien, deur na sy Woord te luister, die heilige sakramente te gebruik, openbare en algemene gebede en lofsange te doen, aalmoese te gee, ens. Aan hierdie dae is die gewetens van Christene nou nietemin nie méér gebind nie, as om goeie orde te handhaaf en om mekaar in Christelike byeenkomste, deur onderlinge versterking, meer en meer te stig en te versterk. Wat ook wel op ander tye gedoen mag word, wanneer dit met goeie orde kan geskied. Sien 1 Kor. 11:17, ens.; 14:23, ens. Maar van die apostels se tyd af, is in plaas van die weeklikse sabbat die eerste dag van die week vir dieselfde doel altyd onderhou. Sien Hand. 20:7. 1 Kor. 16:1, 2. Openb. 1:10.

s Hebr. 8:5; 10:1. 67 Dit is, die saak wat Christus afbeeld, dit is, in Christus vervul. Want alle skaduwees van die Ou Testament het na Christus en sy weldade verwys, deur wie se koms die skaduwees ook ’n einde het. Sien Joh. 1:17. Gal. 4:3, 4.
t Jer. 29:8. Matt. 24:4. Ef. 5:6. 2 Thess. 2:9. 1 Joh. 4:1. 68 Of: julle oorheers na sy goeddunke. Die Griekse woord katabrabeuein beteken ’n misbruik van die gesag wat aan iemand oor ’n ander gegee word. Dit word eintlik gebruik vir diegene wat in die openbare wedlope of spele die gesag het om aan elkeen sy beurt om te hardloop of te veg te gee, en die prys, wat in Grieks brabeion genoem word, 1 Kor. 9:24, daarna aan die een wat dit verdien het, te gee. Indien iemand dit nie regverdig doen nie, maar onregverdig of slegs volgens sy wil, word daar gesê dat hy katabrabeuein of heersende hierin handel, soos die woord brabeuein daarenteen beteken om regverdig hierin te handel of te heers. Sien Kol. 3:15 en die kanttekeninge.

69 Gr. willende, dit is, gewillig, eiewillig, ongedwonge.

70 Sommige het probeer om hierdie verering van die engele uit die wysbegeerte van Plato in te voer in die gemeentes van Frígië, soos sommige ou skrywers getuig. Waarteen selfs lank ná hierdie tyd ’n sinode in Laodicéa gehou is. Hierdie verleiers het voorgegee dat ’n mens nie met nederigheid direk tot God of tot Christus moes gaan nie, maar deur die engele, wat God se dienaars was en wat as middelaars tussen God en ons sou optree, soos sommige vandag nog voorgee die geval is met die gestorwe heiliges.

71 Of: binnegaan, naamlik met hul spitsvondige en vermetele voorwendsels, en spreek van hierdie dinge asof dit uit die hemel gekom het; hoewel dit niks anders was nie as menslike uitvindings en bedenkinge sonder grond.

72 Dit is, hom hierin behaag en hovaardig gedra, asof hy groot dinge gevind het.

73 Of: vindingrykheid van sy vlees, dit is, nie deur God se leiding verlig nie, maar deur die verdorwe natuur verlei. Want die vleeslike gesindheid is vyandskap teen God, Rom. 8:7.

74 Naamlik Christus Jesus, wat die Hoof is van sy gemeente en ook selfs van alle engele. Van hierdie Hoof, en gevolglik van die werking van hierdie Hoof in al die lede, wyk diesulkes af.

75 Naamlik van die gemeente. Sien Kol. 1:24.

76 Sien oor hierdie hele beeld Ef. 4:16 se kanttekeninge, waar dieselfde woorde ook beskryf en verklaar word.

77 Gr. groei met die groei van God.

v Gal. 4:9. 78 Met hierdie slotsom kom die apostel tot die laaste soort dwalinge, naamlik die menslike insettinge.

79 Dit is, die seremonies van die wet, deur God self in die Ou Testament ingestel, soos hy dit ook in vers 8 so genoem het. Hoeveel te meer, wil hy sê, is julle dan vry van die insettinge wat slegs op menslike goeddunke gegrond is.

80 Dit is, asof julle lewe en geluksaligheid in hierdie uitwendige wêreldse beginsels geleë is.

81 Of: bevele; dit is, moenie toelaat dat sulke leraars julle aan insettinge onderwerp nie.

82 Dit is die woorde van hierdie bygelowige mense, wat Paulus beskryf; hy dui met hierdie drieërlei spreekwyse aan dat die bygeloof altyd groei. Want eers verbied hulle om aan te raak, naamlik om te eet of te drink; daarna selfs om te smaak; uiteindelik selfs om aan te roer. Want dat hier slegs gespreek word van sulke dinge waarmee die liggaam versorg en gevoed word, blyk uit die volgende twee verse. Baie valse leraars het in dié tyd groot heiligheid in hierdie dinge gestel en doen dit nog steeds teen die leer van Paulus, hier en in Rom. 14:17. 1 Tim. 4:3, 4.
x Jes. 29:13. Matt. 15:9. Tit. 1:14. 83 Gr. tot verderf is, dit is, vergaan in die liggaam van die mense, wanneer dit nou gebruik word en slegs dien tot onderhoud van hierdie verganklike lewe, maar geen krag het om die geestelike lewe in ons voort te bring nie. Sien Matt. 15:11. 1 Kor. 6:13; 8:8. Hy wat egter volgens God se Woord doen, bly vir ewig, 1 Joh. 2:17.

84 Dit is, nie deur God ingestel nie, maar volgens die goeddunke van mense, aangesien slegs die Woord van God in sake van die godsdiens en van die gewete moet geld. Sien Deut. 12:32. Matt. 15:9.

y 1 Tim. 4:8.

z 1 Tim. 5:23.

85 Dit is, van ’n baie verhewe leer, waaroor die menslike wysheid hom verwonder.

86 Dit is, in so ’n godsdiens wat die mense hulself oplê, asof hulle meer wou doen as wat God van hulle eis. Want hierdie dekmantel, asook die volgende twee, van nederigheid en gestrengheid teen die liggaam, hou hierdie mense gewoonlik voor.

87 Of: nie in enige eer is nie, naamlik wat ’n mens die liggaam aandoen, tot versadiging van die vlees, is nie in enige agting by God, of van enige waarde tot die saligheid nie. Sien 1 Kor. 8:8. 1 Tim. 4:8. Hebr. 13:9.

88 Dit is, dien slegs om die liggaam te versterk en van noodsaaklike voedsel te voorsien.