Statevertaling – Bybelstigting

Kolossense 4

1

BETOONa 1reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook ’n Here in die hemele het.

Vermaning om te bid en wysheid te betrag.

2

b2VOLHARD in die gebed en 3waak daarin met danksegging;

3

en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons 4die deur van die woord mag open com te spreek van 5die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook 6in boeie is,

4

dat ek dit openbaar kan maak soos ek 7dit behoort te spreek.

5

dWandel 8in wysheid teenoor die 9wat buite is, een 10koop die tyd uit.

6

fLaat julle woord altyd aangenaam wees, 11met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle 12iedereen moet antwoord.

Sending van Tíchikus en Onésimus. Groete.

7

13AL my omstandighede sal gTíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar en mededienskneg in die Here, julle bekend maak.

8

Ek het hom na julle gestuur juis hiervoor, om 14julle toestande te leer ken en julle harte 15te vertroos,

9

saam met hOnésimus, die getroue en geliefde broeder wat 16van julle mense is. Hulle sal julle alles bekend maak wat hier voorval.

10

i17Aristárchus, my medegevangene, 18groet julle; en k19Markus, 20die neef van Bárnabas, oor wie julle bevele ontvang het — as hy by julle kom, 21ontvang hom —

11

ook Jesus wat 22Justus genoem word, manne 23wat uit die besnydenis is. 24Hulle alleen is my medewerkers 25vir die koninkryk van God en hulle was ’n troos vir my.

12

lÉpafras 26wat een van julle is, ’n dienskneg van Christus, groet julle en 27stry altyd vir julle in die gebede, dat julle 28volmaak en 29volkome mag staan in die ganse wil van God.

13

Want ek getuig van hom dat hy ’n groot ywer het vir julle en vir die wat in 30Laodicéa en die wat in Hiërápolis is.

14

Die 31geneesheer m32Lukas, die geliefde, en n33Demas groet julle.

15

Groet die broeders in Laodicéa en Nimfas en die gemeente 34wat in sy huis is.

16

En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook 35in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook dié 36uit Laodicéa lees.

17

En sê aan 37Archíppus: Gee ag op die bediening wat jy ontvang het 38in die Here, dat jy dit 39vervul.

18

oDie groete van Paulus, 40met my eie hand. pDink aan my boeie. 41Die genade sy met julle! 42Amen.

a Ef. 6:9. 1 Gr. die reg en die billikheid. Deur die eerste woord kan die dinge wat die here volgens die landswette verskuldig is om aan hulle diensknegte te doen gepas verstaan word; deur die ander dit wat billikheid en Christelike barmhartigheid ook daarby vereis.
b Luk. 18:1. Rom. 12:12. Ef. 6:18. 1 Thess. 5:17. 2 Of: Wees gedurig. Want die Griekse woord beteken beide, naamlik om met ywer en gedurig in die gebed te volhard. Sien Luk. 18:1. Ef. 6:18.

3 Dit is, wees sorgvuldig en aandagtig, sodat nie net die mond nie, maar ook die hart en verstand waaksaam is in die gebed. Sien Mark. 13:33, ens. Openb. 3:2, ens.

c Ef. 6:19. 2 Thess. 3:1. 4 Dit is, goeie geleentheid en vrymoedigheid verleen om die evangeliewoord te mag versprei, soos in 1 Kor. 16:9. 2 Kor. 2:12.

5 Dit is, die evangelie, oftewel die leer van Christus. Sien waarom dit ’n verborgenheid genoem word in Ef. 1:9 en Kol. 2:2 se kanttekeninge.

6 Dit is, gevange. Sien oor die wyse van hierdie gevangenskap Hand. 28:16.

7 Naamlik kragtens my roeping, Rom. 1:14. 1 Kor. 9:16.
d Ef. 5:15.

e Ef. 5:16.

8 Dit is, met wysheid, versigtig, dit is, sodat julle jul nie sonder dat dit nodig is in gevaar stel nie, en dat julle nie aan hul sondes, afgodery of valse leringe toegee nie, maar hulle by elke geleentheid probeer win.

9 Dit is, nog vreemd is van die geloof of die gemeente van God, wat die huis van God is. Sien dergelike in 1 Kor. 5:12, 13.

10 Sien oor hierdie spreekwyse Ef. 5:16 se kanttekening.

f Mark. 9:50. 11 Gr. gesout, dit is, só voorberei dat dit aangenaam is vir diegene waaronder julle verkeer, dat alle vuil, verderflike en onstigtelike redes daaruit geweer word, soos voedsel deur sout smaaklik gemaak en alle verderf daaruit geweer word. Sien 1 Kor. 15:33. Ef. 4:29.

12 Naamlik hetsy dit buite of binne die gemeente is; hetsy om rekenskap te gee van julle geloof, 1 Petr. 3:15, hetsy om mekaar te vertroos of te vermaan, 1 Thess. 5:11.

g Hand. 20:4. Ef. 6:21. 2 Tim. 4:12. 13 Of: Die dinge wat my betref, naamlik van my omstandighede in hierdie gevangenis, en wat ek hier doen.
14 Dit is, die toestand waarin julle gemeente is.

15 Naamlik sowel met sy gawes, as deur die berig van die vryheid wat ek hier het om die evangelie te versprei in my boeie, en die voortgang daarvan. Sien Hand. 28:30. Filip. 1:12.

h Fil. vers 10. 16 Dit is, nie net een van julle stad en land nie, maar ook ’n bedienaar van julle gemeente, soos ’n dergelike spreekwyse hierna in vers 12 te sien is.
i Hand. 27:2.

k Hand. 15:37. 2 Tim. 4:11.

17 Hy was ’n bekende dissipel, gebore in Macedónië, ’n voortdurende metgesel van Paulus, wat hom ook tot in sy gevangenskap in Rome gevolg het. Sien Hand. 19:29; 20:4; 27:2.

18 Om te groet is eintlik om iemand vrede, geluk en saligheid toe te wens. Sien Luk. 10:5.

19 Wat ook Johannes genoem word, wie se moeder Maria ’n baie godsalige vrou was, in wie se huis die vergaderings van die apostels en van ander gelowiges dikwels gehou is, Hand. 12:12. Hy het wel saam met Bárnabas van Paulus afskeid geneem, Hand. 15:38, maar ewenwel standvastig in diens van die evangelie gebly, en na Paulus teruggekeer, soos dit hier blyk en in 2 Tim. 4:11, hoewel hy daarna by Petrus aangesluit het, 1 Petr. 5:13, in wie se geselskap hy sy evangelie beskryf het, soos sommige kerkvaders getuig.

20 Dit is, broers- of susterskind.

21 Naamlik met alle eer en vriendelikheid; wat Paulus daarby voeg om Markus se aansien by hierdie gemeentes te verhoog.

22 Sien oor hom Hand. 18:7.

23 Dit is, uit die Jode.

24 Naamlik uit die Jode; want uit die Grieke was daar baie meer, soos uit hierdie groet self blyk, maar uit die Jode was daar baie wat Paulus teëgestaan het, Hand. 28:24, ens.

25 Dit is, in die diens van die evangelie, waardeur die ryk van God, sowel van die genade as van die heerlikheid bevorder word, wat deur die profete beloof is om in die tyd van die Messías vervul te word. Sien Matt. 4:23. Mark 4:11.

l Kol. 1:7. Fil. vers 23. 26 Soos voorheen in vers 9.

27 Dit is, hy hou gedurig en met groot ywer aan.

28 Dit is, volkome onderrig; dit word gestel teen diegene wat nog kinders of nuwelinge in die leer was, soos in 1 Kor. 2:6; 14:20. Filip. 3:12.

29 Gr. vervul.

30 Hierdie twee bekende stede was nie ver van hulle af geleë nie, soos aangeteken is in Kol. 1:2 se kanttekening.
m 2 Tim. 4:11.

n 2 Tim. 4:10.

31 Naamlik van beroep of professie, soos Matthéüs ’n tollenaar genoem word, ook ná sy bekering en roeping tot die apostelskap, Matt. 10:3.

32 Hy is die evangelis Lukas, wat sy evangelie deur die Heilige Gees beskryf het, en ’n voortdurende metgesel van Paulus op sy reise was, tot in Rome in sy gevangenskap. Sien Hand. 27:1 se kanttekening; Hand. 28:14.

33 Hy was wel vir ’n tyd ’n mede-arbeider van Paulus in sy gevangenskap, Fil. vers 24, maar het hom daarna skandelik verlaat, 2 Tim. 4:10.

34 Dit kan verstaan word, óf as die gemeente wat in hierdie man se huis hulle byeenkomste gehou het, óf ook as sy huisgesin, wat soos ’n klein gemeente in sy huis was, en in ’n nougesette Christelike orde deur hom gehou was, soos van die huis van Áquila en Priscílla gesê word, Rom. 16:5. 1 Kor. 16:19.
35 Hy wil dit nie net hê omdat dit ’n bekende gemeente in daardie streek was nie, maar ook omdat sommige probeer het om dieselfde dwalinge daar in te voer waarteen Paulus die Kolossense in die eerste twee hoofstukke van hierdie brief gewaarsku het.

36 Die apostel verwys hier óf na ’n brief wat hy aan die Laodicense sou geskryf het, óf na ’n brief wat uit Laodicéa aan hom geskryf sou wees.

37 Dit wil voorkom of hy die mededienaar van Épafras in hierdie gemeente was, wat ná die vertrek van Épafras in sy ywer en diens verslap het, daarom wil die apostel hierdie vermaning aan hom gerig hê.

38 Dit is, deur die Here, of: van die Here; want dit is ook die Here self, wat die arbeiders in sy oes uitstuur, al is dit so dat hulle meestal deur die gemeentes beroep word. Sien Matt. 9:38. Hand. 20:28.

39 Dit is, ten volle of behoorlik bedien, terwyl jy nie tevrede is met slegs die titel nie, maar die werk van jou bediening getrou verrig. Sien dergelike in 2 Tim. 4:5.

o 2 Thess. 3:17.

p Hebr. 13:3.

40 Hierdeur verstaan hy die woorde van die volgende groet van genade, wat hy gewoonlik met sy eie hand onderaan al sy briewe geskrywe het, hoewel hy dikwels die hand van ander gebruik het om die briewe uit te skryf, soos hy self getuig in 2 Thess. 3:17. Sien verder 1 Kor. 16:21 se kanttekening.

41 Dit is, die besondere guns van God in Christus teenoor ons, met al die weldade wat daaruit vloei.

42 Sien oor hierdie woord Matt. 6:13 en 28:20 se kanttekeninge.

Einde van die brief van PAULUS aan die Kolossense.