Statevertaling – Bybelstigting
Voorrede.
AANGESIEN 1baie onderneem het om ’n verhaal op te stel oor die dinge wat 2onder ons al vervul is,
soos 3hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars 4van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het,
het ek ook dit goedgedink, 5hooggeagte 6Theófilus, nadat ek 7van voor af alles noukeurig 8ondersoek het, om dit in volgorde aan u te skrywe,
sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u 9onderrig is.
Geboorte van Johannes aangekondig.
DAAR was in 10die dae van 11Herodes, koning van Judéa, ’n sekere priester met die naam van Sagaría, auit die 12afdeling van Abía; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet.
En hulle was altwee regverdig 13voor God en het in al die gebooie en regte van die Here 14onberispelik gewandel.
En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was en albei op ver gevorderde leeftyd.
En terwyl hy besig was om 15die priesteramp voor God te bedien in die beurt van sy afdeling,
het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval bom in te gaan in die tempel van die Here en creukwerk te brand.
En die hele menigte van die volk was 16buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer.
Toe verskyn daar aan hom ’n engel van die Here, wat aan die regterkant van die 17reukofferaltaar staan.
En toe Sagaría hom sien, was hy ontsteld, en vrees het hom oorval.
Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou ’n seun baar, en djy moet hom 18Johannes noem.
En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en ebaie sal oor sy geboorte bly wees;
want hy sal 19groot wees voor die Here. fEn 20wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.
En hy gsal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God.
En hhy sal voor Hom uit gaan 21in die gees en die krag van Elía, i22om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ’n 23toegeruste volk te berei.
Toe sê Sagaría vir die engel: Waaraan sal ek dit weet? Want kek is ’n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd.
En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God 24staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie 25goeie tyding te bring.
En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.
En die volk het op Sagaría 26bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef.
Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy ’n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.
En toe die dae van sy diens 27vervul was, het hy huis toe gegaan.
En ná hierdie dae het Elisabet, sy vrou, 28ontvang en haar 29vyf maande lank verberg en gesê:
So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om lmy 30smaad onder die mense weg te neem.
Die geboorte van Jesus aangekondig.
EN in die 31sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na ’n stad in Galiléa met die naam van Násaret,
mna ’n maagd wat verloof was aan ’n man met die naam van Josef, uit die 32huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.
En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, 33begenadigde! Die Here is met jou; 34geseënd is jy onder die vroue.
En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.
En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.
nEn kyk, jy sal 35swanger word en ’n Seun baar, en ojy moet Hom 36Jesus noem.
pHy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste 37genoem word; en die Here qGod sal aan Hom 38die troon van sy 39vader Dawid gee,
ren Hy sal 40koning wees oor 41die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
Toe sê Maria vir die engel: 42Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?
En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees 43sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, 44Seun van God genoem word.
En kyk, Elisabet, 45jou bloedverwant, het self ook ’n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is.
sWant 46geen ding sal by God onmoontlik wees nie.
En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.
Maria besoek Elisabet.
EN in daardie dae het Maria 47opgestaan en haastig na die bergstreek gegaan, na 48’n stad van Juda;
en sy het in die huis van Sagaría gekom en Elisabet gegroet.
En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die 49kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees
en het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!
En wat het my oorgekom dat die moeder van my Here na my toe kom?
Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.
tEn salig is sy wat geglo het, want die dinge 50wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word.
Lofsang van Maria.
EN Maria het gesê: My siel 51maak die Here groot,
en my gees is verheug in God, my Saligmaker;
omdat Hy 52die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.
Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam.
vEn sy barmhartigheid is 53van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.
xHy het 54deur sy arm 55kragtige dade gedoen. Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart yhet Hy 56verstrooi.
Maghebbers het Hy van trone afgeruk en znederiges verhoog.
aHongeriges het Hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur.
bHy het sy kneg Israel 57bygestaan, sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink —
soos Hy tot ons vaders gespreek het — caan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.
En Maria het by haar omtrent drie maande gebly; en sy het teruggegaan na haar huis toe.
Geboorte van Johannes die Doper.
EN die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het ’n seun gebaar.
En toe haar bure en bloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het, dwas hulle saam met haar bly.
En op die eagtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagaría 58noem, na die naam van sy vader.
Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maar hy moet fJohannes genoem word.
En hulle sê vir haar: Daar is niemand in jou 59familie wat dié naam het nie.
En hulle beduie vir sy vader hoe hy wou hê dat hy genoem moes word.
Hy vra toe 60’n skryfbordjie en skryf: Johannes is sy naam. En almal was verwonderd.
En onmiddellik is sy mond geopen en het sy tong losgeraak, en hy het gepraat en God 61geloof.
En daar het vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en daar is baie gepraat oor al hierdie 62dinge in die hele bergstreek van Judéa.
En almal wat dit gehoor het, 63het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? En 64die hand van die Here was met hom.
Lofsang van Sagaría.
EN Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:
65Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk 66besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,
gen ’n 67horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg —
hsoos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete 68van ouds af —
redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat,
om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond 69te dink,
i70aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee
kdat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien,
lin heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.
mEn jy, kindjie, sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig 71van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;
nom kennis van saligheid aan sy volk te gee 72in die vergifnis van hulle sondes,
deur die 73innige barmhartigheid van onse God waarmee 74die opgaande Lig ouit die hoogte ons besoek het,
pom te 75skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.
qEn die kindjie het gegroei en sterk geword 76in die Gees; en hy was in die woestyne tot op die dag van 77sy vertoning aan Israel.
| 1 Gr. baie ter hand geneem het. Talle kerkvaders meen dat hierdeur enkele persone verstaan word wat uit hul eie beweging onderneem het om enkele dele van die evangeliese geskiedenis te beskryf, wat nie deur die Christelike kerk aanvaar was nie, of wat hulle nie voltooi het nie. Ander meen egter dat Matthéüs en Markus hierdeur sou kon verstaan word, aangesien dit wil voorkom of Lukas hom onder hulle stel en baie geskiedenisse en gedeeltes beskryf, wat deur hulle, óf nie, óf met min woorde beskryf word.
2 Naamlik Christene. |
| 3 Naamlik die apostels en dissipels van Christus. Sien 1 Joh. 1:1.
4 Dit kan as ’n Hebreeuse spreekwyse beskou word wat dan na die saak wat hier beskryf word verwys. Sommige meen dat Christus self hierdeur verstaan word, omdat Hy ook so genoem word in Joh. 1:1. |
| 5 Of: magtigste.
6 Wie hierdie Theófilus was, is onseker. Uit hierdie titel, wat hier aan hom gegee word, blyk dit dat hy ’n aansienlike en voortreflike man was, omdat dieselfde titel ook aan die Romeinse goewerneurs Felix en Festus gegee word, Hand. 24:3; 26:25. Aan hom het Lukas ook sy tweede boek, die Handelinge van die Apostels, gerig, Hand. 1:1. 7 Want hy begin by die ontvangenis van Johannes die Doper. Gr. van bo af. 8 Of: agtervolg, nagespeur, nagestreef, dit is, grondige kennis van alles verkry het. Dit alles is deur hom gedoen deur die besondere leiding van die Heilige Gees, Hand. 15:25, 28. 2 Petr. 1:21. |
| 9 Die Griekse woord beteken baie keer om met lewende stem te onderrig, maar dit word ook soms in die algemeen geneem vir allerlei onderrig, Hand. 18:25. Rom. 2:18. 1 Kor. 14:19. Gal. 6:6. |
| a 1 Kron. 24:10. | 10 Dit is, ten tyde van.
11 Naamlik die Grote. Sien oor hom Matt. 2:1 se kanttekening. 12 Gr. efemeria, wat hier ’n sekere orde of klas van priesters beteken, wat onder ’n hoof gestaan het en ’n paar dae van die jaar op hul beurt die godsdiens in die tempel moes waarneem, waarvan die orde van Abía die agtste was, volgens die eerste instelling. Sien 1 Kron. 24:10. |
| 13 Dit is, nie net voor die mense, soos huigelaars soms doen nie, maar in alle opregtheid voor God.
14 Naamlik voor die mense; sonder om ergernis te gee; want dit blyk uit vers 20 dat Sagaría nie sonder sonde was nie. |
| 15 Naamlik as sy besondere diens naas sy ander pligte; omdat hy ’n gewone priester was, en nie ’n hoëpriester nie, soos sommige meen, want dié is nie deur loting aangewys nie. |
| b Hebr. 9:6.
c Ex. 30:7. Lev. 16:17. |
| 16 Naamlik in die voorhowe van die tempel, 1 Kon. 7:12. 2 Kron. 4:9. |
| 17 Hierdie altaar het in die Heilige gestaan, waaragter die Allerheiligste was, geskei deur die voorhangsel. Hier moes twee maal per dag, in die oggend en in die aand, die reukwerk geoffer word, Ex. 30:7, 8. |
| d vers 60. | 18 Dit beteken in Hebreeus: die genade van God, of: begenadig deur God, of: God het genadiglik gegee. |
| e vers 58. |
| f Rig. 13:4. | 19 Dit is, voortreflik, ten opsigte van sy gawe en amp, waarmee hy al die voorgaande profete te bowe gegaan het, Matt. 11:9, 11.
20 Soos die nasireërs hulle daarvan moes onthou. Sien Núm. 6:3. Rig. 13:4, 7. |
| g Mal. 4:6. Matt. 11:14. |
| h Matt. 3:2. Mark. 9:12.
i Mal. 4:6. |
21 Sien hieroor Matt. 11:14 se kanttekening.
22 Naamlik deur sy diens. 23 Dit is, bekwaam en vaardig om die Here te ontvang. |
| k Gén. 17:17. |
| 24 Dit is, God voor sy troon gedurigdeur dien, soos die dienaars voor hulle koning staan om sy bevele te ontvang. Sien Openb. 8:2.
25 Of: evangeliseer. |
| 26 Naamlik dat hy sou uitkom om hulle die gebruiklike seën op te lê. Sien Núm. 6:23. |
| 27 Dit is, tot ’n einde gekom het; wat ongeveer ’n halwe maand in die jaar was, 1 Kron. 24:7, 18, telkens van die een sabbat tot die ander, 1 Kron. 9:25. 2 Kron. 23:8. In hierdie tyd het hulle in die tempel gebly, in ’n paar wonings, in die voorhowe van die tempel, gemaak vir hierdie doel. Sien Jer. 35:4. |
| 28 Dit is, swanger geword.
29 Naamlik totdat dit volkome kon blyk dat sy swanger was. |
| l Gén. 30:23. Jes. 4:1. | 30 Dit is, onvrugbaarheid, wat by die Jode ’n vernedering was. |
| 31 Naamlik nadat Elisabet swanger geword en Johannes die Doper ontvang het, soos blyk uit vers 36. |
| m Matt. 1:18. | 32 Dit is, geslag. Sien Luk. 2:4. |
| 33 Dit is, wat by die Here genade gevind het, soos die engel hierna in vers 30 verklaar.
34 Naamlik omdat jy die eer en die seën van God uit genade sal hê, dat jy die moeder sal wees wat die Messías in die wêreld sal bring. Sien verse 42, 43. |
| n Jes. 7:14.
o Matt. 1:21. |
35 Of: in die liggaam ontvang.
36 Dit is, Saligmaker, soos die engel verklaar, Matt. 1:21. |
| p Jes. 54:5.
q 2 Sam. 7:12. Ps. 132:11. Jes. 9:6. |
37 Dit is, daadwerklik wees en by alle gelowiges daarvoor bekend word, soos hierna ook in vers 35.
38 Dit is, die koninklike mag, waardeur hier die geestelike ryk van Christus verstaan word, waarvan Dawid se ryk ’n voorbeeld was. 39 Naamlik na die vlees. Sien Matt. 1:1. |
| r 1 Kron. 22:10. Ps. 45:7; 89:37. Jer. 23:5. Dan. 7:14, 27. Miga 4:7. Hebr. 1:8. | 40 Naamlik ’n geestelike koning. Sien Joh. 18:36.
41 Dit is, die gemeente van God, wat die geestelike huis van Jakob en die Israel van God is, Gal. 6:16. |
| 42 Gr. geen man beken nie. Dit vra sy omdat die engel haar, wat ’n maagd is, sulke dinge bekend gemaak het, sonder om melding te maak van haar toekomstige man; en sy het uit die woorde van die engel verstaan dat hierdie dinge dadelik sou gebeur. Hierdie vraag van Maria het nie voortgekom uit enige ongeloof nie, soos die vraag van Sagaría, vers 18, maar net uit ’n begeerte om meer hierin onderrig te word. |
| 43 Naamlik om so deur sy krag in jou te werk, dat jy sonder die toedoen van ’n man sal swanger word.
44 Hiermee word nie gesê dat Christus die Seun van God sou wees omdat Hy van die Heilige Gees ontvang is nie; want so sou Hy ’n Seun van die Heilige Gees wees; maar omdat die ontvangenis uit die Heilige Gees ’n vaste bewys is dat die ewige Seun van God die ware menslike natuur uit die vlees en bloed van Maria deur die werking van die Heilige Gees in eenheid van sy persoon aangeneem het, Filip. 2:7. Hebr. 2:14, soos Jesaja oor beide nature geprofeteer het in Jes. 7:14. |
| 45 Hieruit blyk dat Elisabet aan haar moeder se kant uit die stam van Juda was, hoewel haar vader uit die geslag van Aäron of Levi was, vers 5, want die priesters het wel vroue uit ander stamme getrou, omdat hulle geen erfenis gehad het nie. |
| s Job 42:2. Jer. 32:17. Sag. 8:6. Matt. 19:26. Luk. 18:27. | 46 Gr. geen woord. |
|
|
47 Naamlik nadat sy swanger geword het, soos uit die volgende blyk.
48 Dit is, wat behoort tot die stam van Juda. Dit wil voorkom of hierdie stad die stad Hebron was, wat eers Kirjat-Arba genoem is, wat, in die stam van Juda geleë, die Leviete en die priesters ten dele geval het, en in die gebergte gelê het, suid van Jerusalem. Sien Jos. 21:9-11. |
| 49 Dit het gebeur deur ’n bonatuurlike en buitengewone beweging van die Heilige Gees. |
| t Luk. 11:28. | 50 Dit is, van die Here deur die engel aan haar. Sien verse 31-33. |
| 51 Dit is, roem en prys Hom in die hoogste mate. |
| 52 Dit is, haar geringheid en eenvoud. Die deug van nederigheid is nie hier ter sprake nie, want dit sou verkeerd wees om daaroor te roem. |
| v Ex. 20:6. | 53 Gr. tot geslagte en geslagte. |
| x Jes. 51:9; 52:10.
y Ps. 33:10. 1 Petr. 5:5. |
54 Dit is, deur sy vermoë.
55 Gr. krag. 56 Naamlik soos kaf deur die wind verstrooi word, Ps. 1:4. |
| z 1 Sam. 2:8. Ps. 113:6. |
| a Ps. 34:11. |
| b Jes. 30:18; 41:9; 54:5. Jer. 31:3, 20. | 57 Die Griekse woord kan ook beteken om ’n helpende hand te bied, wanneer iemand geval het of verlate is. |
| c Gén. 17:19; 22:18. Ps. 132:11. |
| d vers 14. |
| e Gén. 17:12. Lev. 12:3. | 58 Naamlik volgens die gebruik van die Jode, wat die kinders hul name gee as hulle besny word, Gén. 21:3. Jes. 8:1. Luk. 2:21. |
| f vers 13. |
| 59 Of: geslag. |
| 60 Dit was tafeltjies of bordjies met was bestryk, waarop ’n mens met stokkies of griffels geskryf het. |
| 61 Gr. seënende. |
| 62 Gr. woorde. |
| 63 Gr. het dit in hul hart gelê, dit is, het hierdie dinge sorgvuldig bewaar en oordink.
64 Dit is, besondere krag en genade van die Here. |
| 65 Gr. Geseënd.
66 Naamlik in genade. |
| g Ps. 132:17. | 67 Dit is, ’n sterke Verlosser, dit is, Christus, soos in Ps. 132:17. ’n Beeld geneem van diere met horings, waarmee hulle groot krag uitoefen. |
| h Ps. 72:12. Jes. 40:10. Jer. 23:6; 30:10. Dan. 9:27. | 68 Gr. van die eeu, dit is, vandat die eeu of wêreld was. |
| 69 Dit is, deur sy dade betoon dat Hy daaraan gedink het. |
| i Gén. 22:16. Ps. 105:9. Jer. 31:33. Hebr. 6:13, 17. | 70 Gr. die eed; wat sommige verklaar: volgens die eed, of: vanweë die eed. |
| k Hebr. 9:14. |
| l 1 Petr. 1:15. |
| m vers 17. Mal. 4:5. | 71 Naamlik van die Messías, Jesus Christus. Sien Matt. 3:3. |
| n Luk. 3:3. | 72 Of: tot, met. |
| o Mal. 4:2. | 73 Gr. ingewande van barmhartigheid. ’n Beeld geneem van die mense, wie se ingewande in beweging kom wanneer die hart sterk met barmhartigheid ontsteek word, Gén. 43:30. 1 Kon. 3:26.
74 Daarmee word die Messías bedoel, omdat Hy ’n ster wat uit Jakob te voorskyn kom, genoem word, Núm. 24:17, en die son van geregtigheid, Mal. 4:2. In ander gevalle beteken die Griekse woord ook ’n opgaande loot of spruit, soos die Messías ook genoem word, Jer. 23:5. Sag. 3:8; 6:12, maar die volgende vers toon dat dit hier eerder in die eerste betekenis geneem moet word. |
| p Jes. 9:1; 42:7; 43:8; 49:9; 60:1. | 75 Of: om te verskyn aan, of: lig te gee. |
| q Luk. 2:40. | 76 Of: deur die Gees, dit is, deur die werking van die Heilige Gees. Of: in die gees.
77 Dit is, toe hy te voorskyn gekom het, om onder die Israeliete sy amp te bedien en uit te voer. Sien Matt. 3:1 se kanttekeninge. |