Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 10

Die sending van die sewentig dissipels.

1

EN ná hierdie dinge het die Here weer sewentig 1ander aangestel, en hulle twee-twee 2voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.

2

Hy sê toe vir hulle: aDie oes is wel 3groot, maar die arbeiders min. bBid dan die Here van die oes dat Hy 4arbeiders in sy oes 5uitstuur.

3

cGaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe.

4

dMoenie ’n beurs of ’n reissak of skoene dra nie, een 6groet niemand op die pad nie.

5

fEn in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: 7Vrede vir hierdie huis!

6

En as dáár 8’n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer.

7

gBly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, hwant die arbeider is sy loon werd. 9Moenie van huis tot huis gaan nie.

8

En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, 10eet wat aan julle voorgesit word.

9

En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.

10

iMaar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê:

11

kSelfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, 11vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het.

12

En Ek sê vir julle: Vir Sodom sal dit verdraagliker wees in 12dié dag as vir daardie stad.

13

Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die 13kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.

14

Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.

15

En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die 14doderyk toe neergestoot word.

16

lWie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; men wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.

17

En 15die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.

18

Toe sê Hy vir hulle: nEk het die Satan 16soos ’n bliksem 17uit die hemel sien 18val.

19

oKyk, Ek gee aan julle die mag om 19op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag 20van die vyand; en niks sal julle ooit 21skade doen nie.

20

Maar julle 22moenie daaroor bly wees dat 23die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly pdat julle name 24in die hemele opgeskrywe is.

21

qIn dieselfde uur het Jesus Hom 25in die gees verheug en gesê: 26Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het rvir 27wyse en verstandige mense en dit aan 28kindertjies geopenbaar het. Ja, 29Vader, want so was dit u welbehae.

22

30sAlles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en thy aan wie die Seun dit wil 31openbaar.

23

En Hy het Hom omgedraai na sy dissipels en afsonderlik aan hulle gesê: vSalig is die oë wat sien 32wat julle sien;

24

xwant Ek sê vir julle, baie profete en konings 33het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

Gelykenis van die barmhartige Samaritaan.

25

EN daar het ’n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

26

En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?

27

En hy antwoord en sê: yJy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; zen jou naaste soos jouself.

28

Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal 34lewe.

29

Maar hy wou 35homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?

30

En Jesus antwoord en sê: ’n Sekere man 36het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en 37geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.

31

En 38bygeval het ’n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.

32

En net so het ook ’n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.

33

Maar ’n sekere 39Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,

34

en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na ’n herberg geneem en vir hom gesorg.

35

En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee 40pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.

36

Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die 41naaste van hom wat onder die rowers verval het?

37

En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

Martha en Maria.

38

EN op hulle reis het Hy in ’n 42sekere dorp gekom, en ’n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.

39

En sy het ’n suster gehad met die naam van Maria; dié 43het aaan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.

40

Maar Martha was baie besig 44om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar 45dat sy my moet help.

41

Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;

42

maar 46een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies bwat van haar nie weggeneem sal word nie.

1 Naamlik benewens die twaalf, wat Hy tot apostels verkies en tevore uitgestuur het.

2 Naamlik om die Jode op hoogte te bring van sy koms en tot aanneming van Hom en sy leer voor te berei. Gr. voor sy aangesig.

a Matt. 9:37. Joh. 4:35.

b 2 Thess. 3:1.

3 Gr. baie.

4 Dit is, getroue leraars.

5 Gr. uitwerp, dit is, hulle, deur die krag van die Gees daartoe gewillig en bekwaam gemaak, uitstuur, 2 Kor. 3:5.

c Matt. 10:16.  
d Matt. 10:9. Mark. 6:8. Luk. 9:3; 22:35.

e 2 Kon. 4:29.

6 Dit is, moenie julle ophou met die groet en aanspreek van diegene wat julle ontmoet nie, maar haas julle op die reis. Sien 2 Kon. 4:29. Andersins verhinder Christus nie die burgerlike beleefdheid van groet, wat Hy self dikwels teenoor sy dissipels gebruik het, nie.
f Matt. 10:12. Mark. 6:10. 7 Dit is, geluk en saligheid. Dit is ’n manier van groet by die Jode.
  8 Gr. seun van vrede. Dit is, wat deur God se genade die vrede waardig is, soos in Matt. 10:11 verklaar word. So word die woord seun dikwels gebruik. Sien 2 Sam. 12:5 (Hebr. seun van die dood). Matt. 23:15. Ef. 2:3.
g 1 Kor. 10:27.

h Lev. 19:13. Deut. 24:14; 25:4. Matt. 10:10. 1 Kor. 9:4, 14. 1 Tim. 5:18.

9 Naamlik om elders meer gemak te soek of beter onthaal te word nie, omdat julle nie lank daar mag bly nie.
  10 Dit is, wees tevrede daarmee.
i Matt. 10:14. Mark. 6:11. Luk. 9:5.  
k Hand. 13:51; 18:6. 11 Sien Matt. 10:14 se kanttekening.
  12 Naamlik van die uiterste oordeel, soos te sien is in vers 14.
13 Dit is, kragtige werke of wondertekens. Hiermee wil Christus te kenne gee dat die hardnekkigheid van hierdie heidense mense nie so groot was soos die van hierdie Jode nie. Sien dergelike in Eség. 3:6, 7.
  14 Of: hel. Sien Matt. 11:23.
l Matt. 10:40. Mark. 9:37. Joh. 13:20.

m 1 Thess. 4:8.

  15 Naamlik wat deur Christus uitgestuur was, vers 1.
n Openb. 12:8, 9. 16 Dit is, met spoed.

17 Dit is, uit die lug, soos in Matt. 6:26. Sien Ef. 6:12.

18 Dit is, sy krag en heerskappy verloor. Sien Openb. 12:9, ens.

o Mark. 16:18. Hand. 28:5. 19 Sien hieroor Mark. 16:18.

20 Dit is, van die duiwel. Sien Matt. 13:39. 1 Petr. 5:8.

21 Gr. veronreg. Sien ook Openb. 6:6.

p Ex. 32:32. Jes. 4:3. Dan. 12:1. Filip. 4:3. 22 Dit is, nie in so ’n mate nie; naamlik omdat die huigelaars dit ook soms gedoen het. Sien Matt. 7:22, 23.

23 Dit is, die onreine geeste.

24 Naamlik in die boek van die lewe. Sien die verklaring daarvan in Filip. 4:3.

q Matt. 11:25.

r Job 5:12. Jes. 29:14. 1 Kor. 1:19; 2:7, 8. 2 Kor. 3:14.

25 Dit is, innerlik en van harte.

26 Gr. Ek bely.

27 Naamlik van hierdie wêreld, 1 Kor. 1:26.

28 Dit is, die veragtes en geringes volgens die wêreld; of: die geringes van verstand en wetenskap, 1 Kor. 1:27.

29 Naamlik so het U gedoen.

s Ps. 8:7. Joh. 3:35; 17:2. 1 Kor. 15:27. Filip. 2:10. Hebr. 2:8.

t Joh. 1:18; 6:44, 46.

30 Dit is, die mag oor alle dinge in die hemel en op aarde. Sien Matt. 28:18.

31 Naamlik deur sy Woord en Gees, 1 Kor. 2:11, 12.

v Matt. 13:16. 32 Naamlik die Christus of Messías wat nou in die vlees geopenbaar is en sy amp bedien, Joh. 8:56. Hand. 2:25. 1 Petr. 1:8, ens.
x 1 Petr. 1:10. 33 Gr. wou graag sien.
y Deut. 6:5; 10:12; 30:6.

z Lev. 19:18. Rom. 13:9. Gal. 5:14. Jak. 2:8.

  34 Naamlik ewiglik, soos hy gevra het, vers 25. Dit sê Christus, nie dat iemand die wet volkome kan onderhou en so die ewige lewe kan beërwe nie, maar om hom deur die wet tot kennis van sy onvolmaaktheid te bring, Gal. 3:18, 24.
  35 Dit is, hom as regverdig voordoen; soos in Luk. 18:9.
  36 Naamlik omdat Jerusalem hoog geleë was op berge, Ps. 125:1, 2. Sodat van diegene wat na Jerusalem gereis het, gesê word dat hulle opgaan, en van dié wat van daar gereis het, dat hulle afkom.

37 Of: verwond.

  38 Dit is, naamlik sonder voorafbeplanning, ten opsigte van hierdie mense. Want andersins, ten opsigte van die voorsienigheid van God, gebeur daar niks toevallig nie, Matt. 10:29, 30.
  39 Die Samaritane is andersins deur die Jode as vyande beskou, Joh. 4:9. Sien die oorsaak hiervan in Luk. 9:53 se kanttekening.
  40 Gr. denarii, sien vir die waarde hiervan Matt. 18:28 se kanttekening.
  41 Dit is, wat die plig van ’n naaste nagekom het.
42 Naamlik Betánië. Sien Joh. 11:1.
a Hand. 22:3. 43 Gr. wat ook gesit het, naamlik saam met ander luisteraars.
  44 Naamlik om die maaltyd te berei, soos in Matt. 8:15.

45 Gr. dat sy dit met en newens my aanneem.

b Ps. 27:4. 46 Naamlik om vir die geestelike sorg te dra vóór enigiets anders, Ps. 27:4. Matt. 6:33.