Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 11

Die gebed van die Here.

(Matt. 6:9-13.)

1

EN toe Hy op ’n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, 1leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.

2

En Hy sê vir hulle: aWanneer julle bid, sê: 2Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

3

gee ons 3elke dag ons 4daaglikse brood;

4

en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.

Gelykenis van die onbeskaamde vriend.

5

EN Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal ’n vriend hê en sal 5middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode,

6

want ’n vriend van my het 6van ’n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie —

7

en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al 7in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie.

8

Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy 8onbeskaamdheid opstaan en hom gee 9soveel as hy nodig het.

9

En Ek sê vir julle: b10Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

10

Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

11

cEn vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ’n klip gee; of ook ’n vis, en hy sal hom in plaas van ’n vis ’n slang gee;

12

of ook as hy ’n eier vra, hom ’n skerpioen gee?

13

As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die 11hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Godslastering van die Fariseërs.

(Matt. 12:22-32 en ooreenk. pl.)

14

dEN Hy het ’n duiwel uitgedryf, en dié 12was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder.

15

Maar sommige van hulle sê: eDeur 13Beëlsebul, die owerste van die duiwels, dryf Hy die duiwels uit.

16

En ander het Hom versoek fen van Hom ’n teken 14uit die hemel 15begeer.

17

Maar Hy het hulle 16gedagtes geken en vir hulle gesê: gElke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en 17’n huis wat teen homself is, val.

18

En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf.

19

En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle 18seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul 19regters wees.

20

Maar as Ek deur 20die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.

21

Wanneer ’n sterk man wat goed gewapend is, sy 21huis bewaak, is sy besittings in 22veiligheid.

22

hMaar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy 23buit uit.

23

iHy wat nie 24met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.

24

k25Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.

25

En hy kom en vind dit uitgevee en versierd.

26

Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; len die laaste van daardie mens word erger as die eerste.

27

En terwyl Hy dit spreek, het ’n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U 26gesoog het.

28

En Hy sê: m27Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.

Die teken van Jona.

(Matt. 12:38-42.)

29

EN toe die skare saamstroom, begin Hy te sê: Hierdie geslag is boos; dit soek na ’n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe ndie teken van die profeet Jona.

30

Want 28soos Jona ’n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag.

31

Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met die manne van hierdie geslag en hulle 29veroordeel; owant sy het gekom 30van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en — 31meer as Salomo is hier!

32

Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; pwant hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en — meer as Jona is hier!

Die lamp van die liggaam.

(Matt. 5:15; 6:22; Luk. 8:16.)

33

qEN niemand steek ’n lamp op en sit dit in ’n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, 32die lig kan sien.

34

rDie lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook 33verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.

35

34Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.

36

As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit 35heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig.

Jesus bestraf die skrifgeleerdes en die Fariseërs.

(Matt. 23:1 vv. en ooreenk. pl.)

37

EN onderwyl Hy besig was om te spreek, het ’n sekere Fariseër Hom 36uitgenooi om by hom te kom eet; en Hy het ingekom en aan tafel gegaan.

38

En toe die Fariseër dit sien, het hy hom verwonder sdat Hy nie voor die maaltyd eers 37gewas het nie.

39

Maar die Here sê vir hom: tJa, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, vmaar 38van binne is julle vol roof en boosheid.

40

Onverstandiges, het Hy wat die buitekant gemaak het, nie die binnekant ook gemaak nie?

41

xMaar gee wat 39daarin is, as aalmoes, en dan is 40alles vir julle rein.

42

yMaar wee julle, Fariseërs, want julle 41gee tiendes van die kruisement en die wynruit en 42elke groentesoort, en zjulle verwaarloos 43die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

43

aWee julle, Fariseërs, want julle hou van die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte.

44

bWee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos grafte wat 44onherkenbaar is, en die mense wat daaroor loop, 45weet dit nie.

45

Toe antwoord een van die 46wetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U só spreek, beledig U ons ook.

46

cEn Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes, want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.

47

dWee julle, want julle bou die grafte van die profete, en julle vaders het hulle gedood.

48

Julle gee dus getuienis vir die werke van julle vaders 47en het saam welbehae daarin, want hulle het hul gedood en julle bou hul grafte.

49

Daarom het 48die wysheid van God ook gesê: eEk sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak en vervolg,

50

sodat van 49hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af,

51

fvan die bloed van Abel af gtot op die bloed van 50Sagaría wat omgekom het tussen die reukaltaar en 51die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.

52

hWee julle, wetgeleerdes, want julle het 52die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder.

53

En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs 53Hom skerp in die oog te hou en Hom 54uit te vra oor baie dinge,

54

om vir Hom ’n strik te stel en te probeer om iets uit sy mond op te vang, sodat hulle Hom kon beskuldig.

1 Dit is, gee ons ’n rigsnoer vir gebed, wat ons kan gebruik, en waarvolgens ons ons gebede kan rig.
a Matt. 6:9. 2 Sien die verklaring van hierdie gebed in Matt. 6:9, ens., en die kanttekeninge.
  3 Of: van dag tot dag, of: alle dae.

4 Of: genoegsame. Sien Matt. 6:11 en die kanttekening.

5 Dit is, selfs op die mees ongeleë tyd.
  6 Gr. van die weg.
  7 Dit is, in die slaapkamer.
  8 Dit is, ter wille daarvan dat hy lastig en ontydig aanhou, wat soms wel onaangenaam is vir mense, maar nie vir God nie, Luk. 18:1. 1 Thess. 5:17.

9 Naamlik brode.

b Matt. 7:7; 21:22. Mark. 11:24. Joh. 14:13; 15:7; 16:24. Jak. 1:5, 6. 1 Joh. 3:22; 5:14. 10 Sien hieroor die verklaring van Matt. 7:8 en die kanttekening.
c Matt. 7:9.  
  11 Gr. wat uit die hemel is.
d Matt. 9:32; 12:22. 12 Dit is, het hierdie besete mens stom en ook blind gemaak, soos te sien is in Matt. 12:22.
e Matt. 9:34; 12:24. Mark. 3:22. 13 Anders: Beëlsebub. Sien daaroor Matt. 10:25 se kanttekening.
f Matt. 16:1. 14 Sien Matt. 16:1 se kanttekening.

15 Gr. gesoek.

g Matt. 12:25. Mark. 3:24. 16 Of: beraadslagings.

17 Gr. huis teen huis, dit is, teen homself; soos te sien is in Matt. 12:25.

  18 Sien Matt. 12:27 se kanttekening.

19 Dit is, julle met hul optrede en getuienis veroordeel.

  20 Dit is, deur die krag of Gees van God, soos in Matt. 12:28 staan. Sien in Ex. 8:19 ’n dergelike manier van spreek.
21 Of: paleis.

22 Gr. vrede. Dit is, in rus en sekerheid.

h Kol. 2:15. 23 Matthéüs sê goed, dit is, huisraad.
i Matt. 12:30. 24 Naamlik om God se eer en die saligheid van mense te bevorder. Sien Mark. 9:40 se kanttekening.
k Matt. 12:43, ens. 25 Sien hieroor die verklaring in Matt. 12:43, ens.
l Joh. 5:14. Hebr. 6:4, 5; 10:26. 2 Petr. 2:20.  
  26 Gr. wat U gesuig het.
m Matt. 7:21. Joh. 6:29. Rom. 2:13. 27 Christus ontken hier nie dat sy moeder salig is nie, maar leer dat haar en ander se saligheid nie voortkom uit vleeslike geboorte nie, maar deur die hoor van die Woord van God, met ware geloof aangeneem.
n Jona 1:17; 2:10.
  28 Sien hieroor die verklaring van Christus self, Matt. 12:40.
o 1 Kon. 10:1. 2 Kron. 9:1. Matt. 12:42. 29 Naamlik deur haar voorbeeld.

30 Gr. uit.

31 Dit is, Een wat voortrefliker is as Salomo, sowel in persoon as in amp.

p Jona 3:5.  
q Matt. 5:15. Mark. 4:21. Luk. 8:16. 32 Gr. die helder skynsel.
r Matt. 6:22. 33 Of: ligtend. Sien Matt. 6:22 se kanttekening.
  34 Of: Kyk dan of die lig in jou nie duisternis is nie.
  35 Naamlik wat deur jou gedoen word, of uit jou voortkom.
36 Gr. Hom gevra.
s Mark. 7:3. 37 Gr. gedoop was nie. Sien Mark. 7:4 en die kanttekening.
t Matt. 23:25.

v Tit. 1:15.

38 Wat verstaan kan word óf as die harte van die Fariseërs, óf as hul skottels; soos ook in Matt. 23:25.
x Jes. 58:7. Dan. 4:27. Luk. 12:33. 39 Naamlik in die skottel, of: dit wat julle het, soos in Luk. 19:8, of: dit wat in julle is, dit is, verander jul onregverdigheid in geregtigheid en weldadigheid teenoor die armes; soos in Dan. 4:27.

40 Dit is, dan sal julle die spys en drank met goeie gewete en danksegging mag gebruik, 1 Tim. 4:4. Tit. 1:15. Anders: sal vir julle rein wees.

y Matt. 23:23.

z 1 Sam. 15:22. Hos. 6:6. Miga 6:8. Matt. 9:13; 12:7.

41 Sien Matt. 23:23 se kanttekening.

42 Dit is, allerlei.

43 Gr. die oordeel; dit is, geregtigheid en billikheid teenoor jul naaste.

a Matt. 23:6. Mark. 12:38. Luk. 20:46.  
b Matt. 23:27. 44 Of: verborge, naamlik in die aarde.

45 Of: ken hulle nie.

  46 Die skrifgeleerdes was ook wel wetgeleerdes, maar dit wil voorkom of daar onder hulle sommige was wat in dié kennis uitgeblink het, en wat hierdie naam in die besonder gedra het.
c Jes. 10:1. Matt. 23:4. Hand. 15:10.  
d Matt. 23:29.
  47 Dit is, wanneer julle hul grafte opbou, toon julle daarmee dat jul ware kinders is van diegene wat die profete gedood het, Matt. 23:31. En hoewel julle daarmee wil voorgee om die dade van jul vaders af te keur, so blyk nogtans uit die haat en die wreedheid, wat julle bewys teenoor die regsinnige leraars, dat julle jul vaders daarin gelyk is; en as julle in daardie tyd geleef het, sou julle ook dieselfde aan die profete gedoen het.
e Matt. 10:16. Luk. 10:3. Joh. 16:2. Hand. 7:51. Hebr. 11:35. 48 Dit spreek Christus van Homself, aangesien Hy die ewige wysheid van die Vader is, Spr. 8:1, 22. 1 Kor. 1:24. Soos blyk uit Matt. 23:34.
  49 Sien Matt. 23:35.
f Gén. 4:8. Hebr. 11:4.

g 2 Kron. 24:21.

50 Sien Matt. 23:35 se kanttekening oor hierdie Sagaría.

51 Dit is, die tempel, soos verklaar word in Matt. 23:35.

h Matt. 23:13. 52 Hierdie sleutel is die regte verklaring van die Woord van God, waardeur vir mense die poort na die hemel geopen word. As hierdie sleutel weggeneem en die verklaring van God se Woord verhoed word, word hierdie ingang as ’t ware toegesluit. Sien Matt. 23:13.
  53 Of: heftig op Hom toe te spits.

54 Gr. uit die mond die woorde te haal.