Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 12

1

TOE1 a2duisende van die skare ondertussen saamkom, sodat hulle mekaar vertrap het, begin Hy aan sy dissipels te sê: 3Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is geveinsdheid.

2

bEn daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

3

Daarom, alles wat julle 4in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal 5op die dakke verkondig word.

Wie gevrees moet word.

(Matt. 10:28-33.)

4

EN Ek sê vir julle, my vriende: cMoenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna 6niks meer kan doen nie;

5

maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in 7die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!

6

dWord vyf mossies nie vir twee 8stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie.

7

eMaar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: 9julle is meer werd as baie mossies.

8

fEn Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God.

9

gMaar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God.

10

En elkeen wat 10’n woord 11teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; hmaar vir hom wat gelaster het 12teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.

11

iEn wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede en die gesaghebbers, 13moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie;

12

want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur 14leer wat julle moet sê.

Gelykenis van die ryk dwaas.

13

EN een van die skare sê vir Hom: Meester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my moet deel.

14

Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as ’n regter of deler oor julle aangestel?

15

En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede kvir 15die hebsug, 16want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

16

Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ’n Ryk man se 17grond het goed gedra.

17

En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?

18

Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.

19

En ek sal vir my siel sê: lSiel, jy het baie goed 18wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.

20

Maar God het aan hom gesê: mJou dwaas, in hierdie nag 19sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, nwie s’n sal dit wees?

21

So gaan dit met hom wat vir homself 20skatte vergader en 21nie ryk is in God nie.

Die sorge van die lewe.

(Matt. 6:25-34.)

22

EN Hy het aan sy dissipels gesê: oDaarom sê Ek vir julle: Moenie julle 22kwel oor jul 23lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.

23

Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.

24

pKyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. 24Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!

25

qEn wie onder julle kan, deur hom te kwel, 25een el by sy lengte voeg?

26

As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die 26ander dinge?

27

Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.

28

As God dan 27die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ’n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!

29

Julle moet ook nie 28soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie 29ongerus maak nie;

30

want al hierdie dinge soek 30die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.

31

rMaar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle 31bygevoeg word.

32

Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ’n welbehae daarin gehad om aan julle 32die koninkryk te gee.

33

s33Verkoop julle besittings en gee aalmoese; tmaak vir julle beurse wat nie oud word nie, ’n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.

34

Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

Gelykenis van die waaksame dienskneg.

(Matt. 24:45-51.)

35

vLAAT 34julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.

36

En julle moet wees soos mense wat op hulle heer 35wag wanneer hy van die bruilof 36terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.

37

Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.

38

xEn as hy in die tweede of in die derde 37nagwaak kom, en dit so vind — gelukkig is daardie diensknegte.

39

yMaar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat 38inbreek het nie.

40

zJulle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens 39kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie.

41

Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal?

42

En die Here antwoord: aWie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om 40hulle rantsoen op tyd te gee?

43

Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind.

44

Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.

45

Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,

46

dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ’n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom 41pynig en hom ’n deelgenoot maak van die 42ontroues.

47

bEn daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;

48

maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan 43wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.

Jesus bring vuur en verdeeldheid op die aarde.

49

EK het gekom om 44vuur op die aarde te werp, en 45hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!

50

cMaar Ek het ’n 46doop om mee gedoop te word, en hoe 47benoud word Ek totdat dit volbring is!

51

dDink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, emaar eerder verdeeldheid.

52

Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.

53

Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.

Die tekens van die tye.

54

EN Hy het ook aan die skare gesê: fWanneer julle ’n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.

55

En wanneer julle die suidewind sien waai, sê julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur.

56

Geveinsdes, 48die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te 49beoordeel, maar hoe is dit dat julle 50hierdie tyd nie kan beoordeel nie?

57

En waarom oordeel julle ook nie 51uit julleself wat reg is nie?

58

gWant terwyl jy met jou teëstander na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom 52los te kom; sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou oorgee aan die 53geregsdienaar en die geregsdienaar jou in die gevangenis werp nie.

59

Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy ook die laaste 54oortjie betaal het nie.

a Matt. 16:6. Mark. 8:15. 1 Naamlik toe die Fariseërs en skrifgeleerdes aangehou het om Hom te vra; soos in Luk. 11:53 te sien is.

2 Gr. tienduisende.

3 Naamlik dat julle nie daardeur bedrieg word, of hul voorbeeld volg nie.

b Job 12:22. Matt. 10:26. Mark. 4:22. Luk. 8:17.  
  4 Dit is, in die heimlikheid.

5 Dit is, in die openbaar, voor almal. Sien die rede vir hierdie manier van spreek in Matt. 10:27 se kanttekeninge.

c Jes. 51:7. Jer. 1:8. Matt. 10:28. 6 Gr. nie het wat hulle oorvloediger sou doen nie.
  7 Gr. die gehenna. Sien daaroor Matt. 5:22 se kanttekening.
d Matt. 10:29. 8 Gr. assarion, sien oor ’n stuiwer se waarde Matt. 10:29 se kanttekening.
e 1 Sam. 14:45. 2 Sam. 14:11. 1 Kon. 1:52. Luk. 21:18. 9 Gr. julle verskil van baie mossies.
f Matt. 10:32.  
g Matt. 10:33. Mark. 8:38. Luk. 9:26. 2 Tim. 2:12. 1 Joh. 2:23.  
h 1 Joh. 5:16. 10 Dit is, iets.

11 Dit is, wat uit menslike swakheid, vrees of onwetendheid Christus se persoon, amp en leer teëspreek of laster.

12 Dit is, wie My moedswillig en uit haat, teen die oortuiging van die Heilige Gees, geloën of gelaster het. Sien ’n breedvoeriger verklaring hiervan in Matt. 12:32.

i Matt. 10:19. Mark. 13:11. Luk. 21:14. 13 Sien hieroor Matt. 10:19 se kanttekening.
14 In Matt. 10:19 staan gee, dit is, ingee.
k 1 Tim. 6:7. 15 Die Griekse woord beteken ’n onversadigbare begeerte om altyd meer te hê.

16 Gr. want nie in iemand se oorvloei is sy lewe uit sy besittings nie.

  17 Gr. landskap, dit is, ’n groot stuk grond wat hierdie man besit het.
l Pred. 11:9. 1 Kor. 15:32. Jak. 5:5. 18 Gr. wat lê.
m Ps. 52:7. Jer. 17:11.

n Ps. 39:7.

19 Dit is, weghaal of wegneem.
20 Naamlik om slegs vir sy eie gemak en vermaak te gebruik.

21 Dit is, wat nie voorsien is van die ware kennis en vrees van God en van vertroue op Hom nie. Sien 1 Tim. 6:17, 18.

o Ps. 55:23. Matt. 6:25. Filip. 4:6. 1 Tim. 6:8. 1 Petr. 5:7. 22 Naamlik met te groot en angstige sorg nie, Matt. 6:25.

23 Gr. siel.

p Job 39:3. Ps. 147:9. 24 Gr. hoeveel meer verskil julle nie van die voëls nie.
q Matt. 6:27. 25 Gr. een onderarm, ’n lengte-eenheid. Sien Matt. 6:27 se kanttekening.
  26 Gr. oorblywende, naamlik wat bestem is tot onderhoud van die liggaam en van hierdie lewe.
  27 Sien hieroor Matt. 6:30 se kanttekening.
28 Of: vra.

29 Of: twyfelmoedig. Gr. sweef nie herwaarts en derwaarts nie, naamlik met julle sorge en gedagtes. ’n Manier van spreek geneem van die wolke, wat hoog in die lug herwaarts en derwaarts dryf.

  30 Of: heidene, dit is, die wêreldse mense.
r 1 Kon. 3:13. Ps. 37:25. 31 Gr. bygesit word.
  32 Naamlik van God, of van die hemele.
s Matt. 19:21. Luk. 16:9.

t Matt. 6:20; 19:21. Luk. 16:9. 1 Tim. 6:19.

33 Naamlik eerder as dat julle die armes in hul nood sou verlaat. Sien Hand. 4:34.
v Ef. 6:14. 1 Petr. 1:13. 34 Dit is, wees gereed. ’n Manier van spreek geneem van die land se gebruik, waar mans sowel as vroue lang klere gedra het, wat hulle opgetrek het as hulle hul gereedgemaak het om te reis of iets te doen.
  35 Dit word geneem van die beeld van bruilofte, wat in die nag gehou is, Matt. 25:1, 6.

36 Gr. uit die bruilof sal weggaan, sal los of ontslaan word.

x Matt. 24:42. 37 Die nag was in vier wake verdeel, sodat die een ná die ander sou waghou. Sien oor hierdie wake Matt. 14:25 se kanttekening.
y Matt. 24:43. 1 Thess. 5:2. 2 Petr. 3:10. Openb. 3:3; 16:15. 38 Of: deurgrawe.
z Matt. 24:44; 25:13. Mark. 13:33. Luk. 21:34. 1 Thess. 5:6. 39 Naamlik om te oordeel, 1 Thess. 3:13. 2 Petr. 3:10. Openb. 3:3; 16:15.
a Matt. 24:45; 25:21. 1 Kor. 4:2. 40 Gr. afgemete spys of koring.
41 Of: in twee kap. Ander vertaal: afskei, naamlik van sy gesin. Sien Matt. 24:51 en die kanttekening.

42 Of: ongelowiges. In Matt. 24:51 word geveinsdes gesê.

b Jak. 4:17.  
  43 Of: by wie baie weggebêre is.
44 Dit is, die leer van die evangelie, wat op sigself en ten opsigte van die gelowiges ’n leer van vrede is, maar deur die boosheid van die mense, wat dit nie wil verdra nie, word dit ’n vuur van vervolging en geleentheid van verdeeldheid. Sien vers 51. Jer. 23:29. 1 Petr. 1:7.

45 Of: wat wil Ek, as dit reeds aangesteek is? Of: wat wil Ek nog meer, aangesien dit reeds aangesteek is?

c Matt. 20:22. Mark. 10:38. 46 Dit is, swaar lyding. Sien Matt. 20:22 se kanttekening.

47 Die Griekse woord kan dui op benoud word, of op gepers of gedring word met begeerte, totdat dit volbring is.

d Matt. 10:34.

e Miga 7:6.

f Matt. 16:2.
  48 Gr. aangesig. Dit is, gestalte of gedaante.

49 Dit is, te onderskei, soos verklaar word in Matt. 16:3.

50 Dit is, die geleentheid van hierdie tyd, waarin daar soveel tekens van die teenwoordigheid van die Messías plaasvind, wat hierna die tyd van besoeking genoem word, Luk. 19:44.

  51 Naamlik voordat julle daartoe gedwing word, soos in die volgende vers te sien is.
g Spr. 25:8. Matt. 5:25. 52 Naamlik met bevrediging en voldoening van jou teëparty.

53 Gr. praktor, dit is, aanmaner, of afeiser van die skuld, deur die regter bepaal.

54 Sien in Mark. 12:42 se kanttekening hoeveel ’n oortjie werd was.