Statevertaling – Bybelstigting
Die moord op die Galiléërs. Die toring van Silóam.
EN in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het 1van die Galiléërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het.
En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die Galiléërs, omdat hulle sulke dinge gely het?
Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so 2omkom.
Of daardie agttien op wie die 3toring van Silóam geval en hulle gedood het — dink julle dat hulle meer 4skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon?
Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
Gelykenis van die onvrugbare vyeboom.
EN Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ’n Man het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.
Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog 5onvrugbaar?
Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.
As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.
Genesing van ’n lam vrou.
EN Hy was besig om op 6die sabbat in een van die sinagoges te leer.
En daar was ’n vrou wat 7’n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was 8inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie.
En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid 9verlos.
En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy 10regop gestaan en God verheerlik.
Maar 11die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: aDaar is ses dae waarop ’n mens 12behoort te werk; kom dan op dié dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie.
Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, bmaak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?
Maar hierdie vrou wat 13’n dogter van Abraham is, wat die Satan — dink daaraan! — agttien jaar lank 14gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?
En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword; en die hele skare was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur het.
Gelykenisse van die mosterdsaad en die suurdeeg.
(Matt. 13:31-33 en ooreenk. pl.)
cEN Hy het gesê: Hoedanig is 15die koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk?
Dit is soos 16’n mosterdsaad wat ’n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en ’n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.
En weer het Hy gesê: dWaarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk?
Dit is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.
Die nou poort.
eEN onderwyl Hy geleer het en 17op reis was na Jerusalem, het Hy stede en dorpe deurgegaan.
Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle:
f18Stry hard om in te gaan deur 19die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal 20nie in staat wees nie.
Wanneer die 21eienaar van die huis opgestaan en gdie deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop — sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie hwaar julle vandaan is nie.
Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer.
iEn Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. kGaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!
lDaar sal geween wees en gekners van die tande, mwanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die 22koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.
nEn hulle sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God.
oEn daar is 23laastes wat eerste sal wees, en daar is eerstes wat laaste sal wees.
Jesus word teen Herodes gewaarsku.
EN op dieselfde dag het sommige van die Fariseërs na Hom gekom en vir Hom gesê: 24Gaan weg en vertrek hiervandaan, 25want Herodes wil U om die lewe bring.
En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie 26jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en 27maak gesond, 28vandag en môre, en 29op die derde dag 30is Ek klaar.
31Maar Ek moet vandag en môre en die volgende dag verder gaan, want dit kan 32nie gebeur dat ’n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.
p33Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, qhoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos ’n hen haar 34kuikens onder die vlerke, en julle wou nie.
rKyk, 35julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag 36kom wanneer julle sal sê: sGeseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
| 1 Josephus beskryf in Oudhede wel iets dergeliks; maar die omstandighede, sowel van die tyd as andersins, toon dat dit nie dieselfde geskiedenis is nie. Sommige kerkvaders meen dat dit gebeur het in Jerusalem, toe enkele Galiléërs wou verhinder dat in die tempel vir die keiser van Rome geoffer sou word. |
| 2 Dit is, deur God se regverdige straf; soos ook daarna deur die Romeine gebeur het. |
| 3 Dit is, wat aan of oor die fontein of spruit van Silóa gebou was; sien oor die spruit Jes. 8:6. Joh. 9:7.
4 Dit is, sondaars wat meer skuld of sondes gehad het. Sien Matt. 6:12; 18:24. |
| 5 Of: nutteloos. In die grond sou dan iets anders geplant kon word, wat vrugte sou kon voortbring. |
| 6 Gr. sabbatdae. |
| 7 Dit is, ’n bose gees, wat haar siek gemaak het. Sien vers 16.
8 Gr. saamgebuk. |
| 9 Gr. losgemaak, of: ontbind. |
| 10 Dit is, reguit gemaak. |
| a Ex. 20:9. Deut. 5:13. Eség. 20:12. | 11 Dit is, een van die owerstes; want elke sinagoge het meer as een owerste gehad. Sien Mark. 5:22. Hand. 13:15.
12 Dit is, geoorloof en gebied is om te werk. |
| b Ex. 23:5. Deut. 22:4. Luk. 14:5. |
| 13 Dit is, afkomstig is uit die geslag van Abraham, en behoort tot die verbond wat God met Abraham en sy nageslag gesluit het. Sien Luk. 19:9.
14 Dit is, wat haar met krankhede, soos met bande benou het. |
| c Matt. 13:31. Mark. 4:30. | 15 Dit is, die verkondiging van die evangelie, waardeur die koninkryk van God opgerig word. |
| 16 Sien oor hierdie twee gelykenisse Matt. 13:31 se kanttekening. |
| d Matt. 13:33. |
| e Matt. 9:35. Mark. 6:6. | 17 Gr. ’n reis makende. |
| f Matt. 7:13. | 18 Dit is, beywer julle en werk, Ef. 6:11, ens. Filip. 3:12. 2 Tim. 4:7.
19 Naamlik wat tot die lewe lei, Matt. 7:14. 20 Naamlik omdat dit te laat sal wees, soos uit die volgende blyk. |
| g Matt. 25:11. Luk. 6:46.
h Matt. 25:12. |
21 Hierdie gelykenis word geneem van die bruilofte wat in daardie tyd gehou is, waarvan meer te sien is in Matt. 25:1, ens. |
| i Matt. 7:23.
k Ps. 6:9. Matt. 25:12, 41. |
| l Matt. 8:12; 13:42; 24:51.
m Matt. 8:11. |
22 Naamlik van die heerlikheid in die hemel. |
| n Jes. 2:2. Mal. 1:11. Matt. 8:11. |
| o Matt. 19:30; 20:16. Mark. 10:31. | 23 Deur laastes word die heidene verstaan, wat nog vreemd was van die verbond van God, en deur eerstes die Jode; daarmee word aangedui dat die heidene bo baie Jode aangeneem sal word, Rom. 11:17 se kanttekeninge. |
| 24 Naamlik uit Galiléa, waar Herodes viervors was, Luk. 3:1; 23:7.
25 Hierdie waarskuwing van hulle, kom nie voort uit liefde tot Christus nie, maar omdat hulle graag van Hom ontslae wou wees. Sien dergelike waarskuwing in Neh. 6:10, 11. Amos 7:13. |
| 26 Hy noem hom so vanweë sy listigheid en boosheid.
27 Gr. volbring genesings. 28 Dit is, nog ’n kort rukkie. Sien Hos. 6:2. 29 Dit is, ná die voleinding van my leeramp in daardie kort tyd. 30 Of: word Ek voleindig, of: volmaak, of: geheilig, of: opgeoffer, Joh. 17:4; 19:30. Sien meer oor die betekenis van hierdie woord in Hebr. 2:10; 5:9 se kanttekeninge. |
| 31 Dit is, Ek moet nog ’n kort tyd hier en daar wandel, om my amp verder te bedien; en daarna sal Ek na Jerusalem gaan, om daar deur julle self gedood te word.
32 Dit is, nouliks, of baie selde. |
| p Matt. 23:37.
q Ps. 17:8; 91:4. |
33 Sien hieroor Matt. 23:37 se kanttekening.
34 Gr. broeisel, of: neskuikens. |
| r Ps. 69:26. Jes. 1:7. Jer. 7:34. Miga 3:12. Matt. 23:38. Hand. 1:20.
s Ps. 118:26. |
35 Dit is, die tempel en stad.
36 Dit is spoedig daarna enigsins vervul, sien Luk. 19:38, en sal volkome vervul word op die dag van sy wederkoms. |