Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 14

Jesus genees ’n man wat die water het.

1

EN toe Hy in die huis van 1een van die owerstes van die Fariseërs gegaan het om brood te eet op die sabbat, het hulle Hom 2in die oog gehou.

2

En daar was voor Hom ’n man wat die water gehad het.

3

En Jesus het gespreek en aan die 3wetgeleerdes en Fariseërs gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat te genees?

4

Maar hulle het stilgebly. Toe neem Hy hom en maak hom gesond en laat hom gaan.

5

En Hy antwoord en sê vir hulle: aWie van julle se esel of os sal in ’n put val, wat dit nie dadelik op die sabbatdag sal uittrek nie?

6

En hulle kon Hom daarop nie antwoord nie.

Gelykenis van die genooides en die voorste plekke.

7

EN toe Hy merk hoe hulle die voorste plekke uitkies, vertel Hy aan die 4genooides ’n 5gelykenis en sê vir hulle:

8

Wanneer jy deur iemand na ’n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat 6waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie,

9

en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem.

10

bMaar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, 7gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is.

11

cWant elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.

12

En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: dWanneer jy ’n môre- of middagete gee, 8moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.

13

Maar wanneer jy ’n feesmaal gee, nooi armes, 9verminktes, kreupeles, blindes,

14

en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou 10vergeld word 11in die opstanding van die regverdiges.

Gelykenis van die groot maaltyd.

(Matt. 22:1-14.)

15

EN toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood 12eet in die koninkryk van God.

16

Maar Hy antwoord hom: 13e’n Sekere man het ’n groot maaltyd 14gegee en baie mense uitgenooi.

17

En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.

18

En hulle het hul almal 15eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het ’n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog.

19

En ’n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.

20

En ’n ander een het gesê: Ek het ’n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.

21

En daardie dienskneg het gekom en dié dinge aan sy heer vertel. 16Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.

22

En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek.

23

Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en 17dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.

24

Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne 18wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.

Gelykenis oor bedagsaamheid.

25

EN groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê:

26

fAs iemand na My toe kom en hy 19haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie 20lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.

27

gEn elkeen wat sy 21kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.

28

Want wie van julle wat ’n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste 22bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? —

29

sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot

30

en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.

31

Of watter koning wat optrek om teen ’n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tienduisend die een te ontmoet wat met twintigduisend teen hom kom nie?

32

Anders stuur hy ’n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.

33

So kan dan ook niemand van julle wat nie 23afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.

34

hDie sout is goed, maar as die sout 24laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?

35

25Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

1 Dit is, ’n owerste van die Jode uit die sekte van die Fariseërs, soos Nikodémus ook was, Joh. 3:1.

2 Naamlik of Hy iets sou sê of doen, sodat hulle Hom kon berispe.

3 Sien oor die wetgeleerdes Matt. 2:4 en Luk. 11:45 se kanttekeninge.
a Ex. 23:5. Deut. 22:4. Luk. 13:15.  
4 Gr. geroepenes, naamlik na die maaltyd, so ook in dit wat volg.

5 Naamlik om daardeur te vermaan tot nederigheid voor God en die mense, soos te sien is in vers 11.

  6 Dit is, meer eer of aansien waardig.
b Spr. 25:6, 7. 7 Gr. klim hoër op.
c Job 22:29. Spr. 29:23. Matt. 23:12. Luk. 1:51; 18:14. Jak. 4:6, 10. 1 Petr. 5:5.  
d Neh. 8:11. Spr. 3:28. 8 Naamlik, terwyl jy die armes vergeet en tog van God vergelding verwag, soos Christus in vers 14 uitdruk. Andersins is dit nie ongeoorloof om hierdie vriendskap ook aan sy vriende te betoon nie. Sien Gén. 21:8; 43:25, ens. Job 1:4.
  9 Of: liggaamlik gestremdes.
  10 Naamlik deur God uit genade. Sien oor hierdie genadige vergelding Matt. 25:36 se kanttekening.

11 Naamlik tot die ewige lewe. Want andersins sal die onregverdiges ook opgewek word, maar tot die ewige verdoemenis, Dan. 12:2. Joh. 5:29. Hand. 24:15.

12 Of: sal eet.
e Jes. 25:6. Matt. 22:2. Openb. 19:7, 9. 13 Met hierdie gelykenis toon Christus, dat hoewel hierdie mense skynbaar die koninkryk van God hoog geag het, hulle en baie ander nogtans met hul harte so ingewortel was in hierdie tydelike dinge, dat hulle, deur die evangelie daartoe geroep, dit verag of versuim het.

14 Gr. gemaak.

  15 Gr. uit een, dit is, uit een hart of mond; want hoewel hulle verskeie oorsake van weiering voorwend, verontskuldig hulle almal hul op grond van hul tydelike dinge.
16 Daarmee word nie te kenne gegee dat om ’n stuk grond, osse of dergelike dinge te koop, of ’n vrou te trou, ongeoorloof sou wees nie, 1 Kor. 7:29, maar die Here vertoorn Hom daaroor dat die Jode deur hierdie tydelike dinge hulle laat verhinder het om die leer van die evangelie aan te neem. Daarom het Hy hulle ook verstoot en die heidene in hul plek geroep.
  17 Naamlik deur ernstig en gedurig aan te hou. Sien Gén. 33:11. Luk. 24:29.
18 Naamlik: en geweier het om te kom.
f Deut. 13:6; 33:9. Matt. 10:37. 19 Dit is, wat hulle bo My liefhet, soos verklaar word in Matt. 10:37.

20 Gr. siel, soos in Matt. 16:25.

g Matt. 10:38; 16:24. Mark. 8:34. Luk. 9:23. 21 Dit is, wat nie geneë en bereid is om volgens my voorbeeld en om My ontwil vervolging en verdrukking te ly nie.
  22 Of: oorweeg.
  23 Gr. afskeid neem, dit is, nie bereid is om, indien nodig, alles te verlaat en My te volg nie. Sien vers 27. Luk. 9:61.
h Matt. 5:13. Mark. 9:50. 24 Gr. dwaas geword het.
25 Naamlik die sout wat bederf is. Sien Mark. 9:50.