Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 15

Gelykenisse van die afgedwaalde skaap en die verlore penning.

1

ENa 1al die tollenaars en 2sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister.

2

En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.

3

Toe vertel Hy aan hulle hierdie 3gelykenis en sê:

4

bWatter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die negen-en-negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie?

5

En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers.

6

En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry cwat verlore was.

7

Ek sê vir julle dat daar net so blydskap 4sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor dnegen-en-negentig 5regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.

8

Of watter vrou wat tien 6pennings het, as sy een penning verloor, steek nie ’n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?

9

En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: Wees saam met my bly, want ek het die penning gekry wat ek verloor het.

10

So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.

Gelykenis van die verlore seun.

11

HY het ook gesê: 7’n Man het twee seuns gehad.

12

En die 8jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my 9die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het 10die goed tussen hulle verdeel.

13

En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na ’n ver land. En daar het hy sy eiendom 11verkwis deur losbandig te lewe.

14

En toe hy alles deurgebring het, kom daar ’n 12swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.

15

Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy 13veld gestuur om varke op te pas.

16

En hy het verlang om sy maag te vul met die 14peule wat die varke 15eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.

17

Maar hy het 16tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!

18

Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen 17die hemel en voor u,

19

en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.

20

En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En etoe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.

21

En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.

22

Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring 18die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ’n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.

23

En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees.

24

Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.

25

En sy 19oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en 20beurtsange.

26

En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken.

27

Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het.

28

En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en 21smeek hom.

29

Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ’n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.

30

Maar toe hierdie seun van u kom, wat u 22goed met hoere 23deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.

31

Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, 24is joue.

32

Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.

a Matt. 9:10. Mark. 2:15. Luk. 5:29. 1 Dit is, van al die plekke in die omgewing.

2 Dit is, wat in openbare growwe sondes geleef het. Sien Ps. 1:1. Matt. 9:10 en die kanttekening.

3 Gr. parabole.
b Matt. 18:12.  
c 1 Petr. 2:10.  
d Luk. 5:32. 4 Naamlik onder die engele van God, soos hierna verklaar word in vers 10.

5 Dit is, wat nie ook so afgedwaal het nie, soos beskryf in Matt. 18:13, en daarom hulle nie hoef te bekeer van sodanige groot afdwaling of sonde nie. Hoewel andersins die heiligste mense hulle ook van hul daaglikse swakhede moet bekeer, Jak. 3:2. 1 Joh. 1:8. Ander verstaan hier onder die regverdiges, diegene wat hulle verkeerdelik wysmaak dat hulle regverdig is en dat hul geen bekering nodig het nie, Matt. 9:13. Luk. 18:9.

  6 Gr. dragme. Die waarde kom ooreen met ’n Romeinse denarius. Sien Matt. 18:28 se kanttekening.
7 Deur hierdie, asook die twee voorgaande gelykenisse, stel Christus God se bereidwilligheid en welwillendheid voor oë, om die sondaars in genade te ontvang, as hulle hul bekeer. Hy wil daarmee bewys, teenoor die murmurering van die Fariseërs, dat Hy dan ook goed gedoen het, toe Hy met die sondaars omgegaan het, om hulle tot bekering te bring, en dat hulle hulle veelmeer daaroor behoort te verbly.
  8 Gr. jonger een.

9 Dit is, wat my sou toeval, naamlik ná u dood. Sien verse 30, 31.

10 Gr. die lewe, of: lewensonderhoud, dit is, die middele om van te lewe. Sien ook vers 30.

  11 Gr. verstrooi.
12 Gr. sterk, of: geweldige.
  13 Gr. landerye.
  14 Gr. keratia, wat die peule, doppe of skille van sekere vrugte beteken, soos erte en bone het, wat hulle in daardie lande vir die varke gegee het om te eet. Of, soos ander meen, ’n sekere vrug in daardie lande, wat die arm mense en varke geëet het, soos in sommige plekke akkers geëet word.

15 Dit is, gewoonlik eet.

16 Of: selfondersoek gedoen, tot inkeer gekom.
  17 Dit is, God, wat in die hemel is; soos in Dan. 4:26. Matt. 21:25 se kanttekening.
e Hand. 2:39. Ef. 2:12, 17.  
  18 Gr. die eerste stola. Stolas was lang klere, soos togas. Sien Mark. 12:38 en die kanttekening.
19 Gr. die ouer een.

20 Gr. goron, wat ’n geselskap van mense beteken wat saam dans, sing of ander vreugde betoon.

  21 Of: vermaan hom, naamlik dat hy sou inkom, of: roep hom.
  22 Sien vers 12 se kanttekening.

23 Gr. opgeëet, of: verslind.

  24 Dit is, sal uiteindelik aan jou behoort, want die jongste het sy deel reeds ontvang.