Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 16

Gelykenis van die onregverdige bestuurder.

1

EN Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was ’n ryk man wat ’n 1bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings 2verkwis.

2

En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou 3bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.

3

Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.

4

Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, 4hulle my in hulle huise kan ontvang.

5

Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?

6

En hy antwoord: Honderd 5vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.

7

Daarna sê hy vir ’n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: Honderd 6mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.

8

En die 7heer het die onregverdige bestuurder 8geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die 9kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as adie kinders van die lig.

9

En Ek sê vir julle: bMaak vir julle 10vriende deur die onregverdige 11Mammon, sodat wanneer 12julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan 13ontvang.

10

Hy wat getrou is in die minste, is ook in die 14grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.

11

As julle dan nie getrou was in die 15onregverdige Mammon nie, wie sal julle 16die ware goed toevertrou?

12

En as julle nie getrou was in 17’n ander se goed nie, wie sal aan julle 18jul eie gee?

13

cGeen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een 19aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.

Die gesag van die wet.

14

EN die Fariseërs, dwat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.

15

En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar eGod ken julle harte; fwant 20wat by die mens hoog geag word, is ’n gruwel voor God.

16

gDie wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die 21koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met 22geweld daarin.

17

hMaar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een 23tittel van die wet 24sou val.

18

iElkeen wat van sy vrou 25skei en ’n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.

Gelykenis van die ryk man en Lasarus.

19

EN daar was ’n ryk man, en hy het 26purper en 27fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.

20

En daar was ’n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy 28poort gelê het.

21

En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek.

22

En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die 29boesem van Abraham.

23

En die ryk man het ook gesterwe en is 30begrawe. En toe hy in die 31doderyk sy 32oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.

24

En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; kwant ek ly smarte in hierdie vlam.

25

Maar Abraham antwoord: lKind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.

26

En by dit alles is daar tussen ons en julle ’n groot 33kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.

27

En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur —

28

want ek het vyf broers — om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.

29

Toe sê Abraham vir hom: mHulle het 34Moses en die Profete; laat hulle na dié 35luister.

30

Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer.

31

Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie 36oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.

1 Gr. huishouer, of: huisbestuurder, wat aangestel is oor die ontvangs en uitgee van goedere.

2 Gr. verstrooi.

  3 Of: bediening, naamlik van jou amp.
  4 Naamlik die skuldenaars van my heer.
  5 Gr. batos, wat ’n groot maat vloeistof beteken, sien daaroor 1 Kon. 7:26 se kanttekening.
  6 Gr. koros, wat ’n groot maat droë ware beteken, sien daaroor 1 Kon. 4:22 se kanttekening.
a Ef. 5:8. 1 Thess. 5:5. 7 Naamlik van hierdie bestuurder.

8 Nie vanweë sy onregverdigheid nie, maar oor hierdie verstandigheid van hom, om hom vir die toekoms voor te berei.

9 Gr. seuns, dit is, wat niks anders soek as die dinge van hierdie wêreld nie, in teenstelling met die kinders van die lig, wat, omdat hulle deur die Heilige Gees verlig is, soek na die hemelse dinge, Joh. 12:36. Ef. 5:8. 1 Thess. 5:5, 8. 1 Joh. 1:5, 6.

b Matt. 6:19; 19:21. 1 Tim. 6:19. 10 Dit is, maak deur julle vrygewigheid teenoor die armes, vernaamlik die wat gelowig is, dat hulle nie oor julle kla nie, maar julle voor God mag seën. Sien Deut. 24:13 en die kanttekening.

11 Sien Matt. 6:24 se kanttekening oor hierdie woord.

12 Naamlik deur die dood; wanneer julle al jul wêreldse goed sal verloor. Of: wanneer julle gebrek sal hê. Of: sal verlaat word, naamlik deur die Mammon.

13 Naamlik as getuies van julle vrygewigheid en liefde aan hulle bewys.

  14 Gr. baie.
  15 Omdat die rykdom dikwels óf onregverdig verkry, óf nie reg bestee of gebruik word nie. Ander vertaal dit as vals of bedrieglik, omdat dit gestel word teenoor die ware goed in hierdie vers.

16 Dit is, die ware, onverganklike en hemelse rykdomme, Matt. 6:20.

  17 Naamlik wat God julle slegs vir ’n tydjie leen, om nie net vir julle nie, maar ook ten behoewe van ander te gebruik.

18 Dit is, wat julle altyd en ewig sal behou.

c Matt. 6:24. 19 Dit is, jou aan die een verbind.
d Matt. 23:14.
e Ps. 7:10.

f 1 Sam. 16:7.

20 Dit is, wat die wêreldse en vleeslike mense hoog ag.
g Matt. 11:12, 13. 21 Dit is, die vervulling van dit wat die wet en die profete oor die Messías vooruit aangekondig het.

22 Sien Matt. 11:12 se kanttekening.

h Ps. 102:27. Jes. 40:8; 51:6. Matt. 5:18. 23 Sien Matt. 5:18 se kanttekening.

24 Dit is, dat nie sou volbring word dit wat in die wet en die profete vooruit aangekondig en geleer word nie.

i Matt. 5:32; 19:9. Mark. 10:11. 1 Kor. 7:10. 25 Naamlik behalwe omrede hoerery, soos uitgedruk word in Matt. 5:32; 19:9.
26 Dit is, purper klere. Sien Matt. 27:28 se kanttekening. Mark. 15:17.

27 Gr. bussos. Dit was ’n baie fyn soort doek of linnekleed, waarvan Plinius sê dat dit teen goud gewaardeer kon word, Naturalis Historia, en word uitdruklik van sy onderskei, Openb. 18:12.

  28 Of: portaal, voorpoort.
29 Dit is, in die hemel of in die paradys, waar die gelowiges met Abraham, die vader van alle gelowiges, sal vergader word, rus, aansit en vertroos word, Matt. 8:11. Joh. 13:23 en die kanttekening.
  30 Naamlik met baie prag en praal. Van Lasarus se begrafnis word niks vermeld nie, maar in plaas daarvan alles wat sy siel wedervaar het.

31 Gr. hades. Deur sommige vertaal met hel.

32 Hierdie woorde, soos ook enige woorde wat volg, moet nie letterlik opgeneem word nie. Dit is beeldspraak, om daarmee uit te druk die grootheid van die pyn in die hel, asook die onveranderlikheid van die staat van die siel ná hierdie lewe, in die hemel, asook in die hel.

k Jes. 66:24. Mark. 9:44.  
l Job 21:13.  
  33 Of: afgrond, dit is, ’n wye en diep skeiding, deur God se wil en mag vasgemaak.
m Jes. 8:20; 34:16. Joh. 5:39. Hand. 17:11. 34 Dit is, die Skrifte van Moses en die profete.

35 Dit is, gehoorsaam wees.

36 Of: oorreed.