Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 18

Gelykenis van die onregverdige regter.

1

EN Hy het ook aan hulle ’n gelykenis vertel met die oog daarop adat ’n mens 1gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,

2

en gesê: Daar was ’n regter in ’n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.

3

En daar was in daardie stad ’n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: 2Doen reg aan my teenoor my teëparty.

4

En ’n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,

5

tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie 3eindelik kom en my in 4die gesig slaan nie.

6

Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.

7

bSal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook 5lankmoedig in hulle geval?

8

Ek sê vir julle dat Hy 6gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens 7kom, 8sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

Gelykenis van die Fariseër en die tollenaar.

9

EN Hy het ook 9met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.

10

Twee manne het na die tempel 10opgegaan om te bid, die een ’n Fariseër en die ander ’n tollenaar.

11

En die Fariseër het gaan staan en 11by homself so gebid: co God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie — rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.

12

Ek vas twee keer 12in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.

13

En die tollenaar 13het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het 14op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!

14

Ek sê vir julle, hierdie laaste een het 15geregverdig na sy huis 16gegaan eerder as 17die eerste een; dwant elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.

Jesus en die kindertjies.

(Matt. 19:13-15 en ooreenk. pl.)

15

eEN hulle het ook die klein kindertjies na Hom gebring, sodat Hy hulle kon 18aanraak; en toe die dissipels dit sien, het hulle 19hul bestraf.

16

Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en 20verhinder hulle nie, fwant aan 21sulkes behoort die koninkryk van God.

17

Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie 22soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

Die ryk jongman.

(Matt. 19:16-30 en ooreenk. pl.)

18

gEN ’n sekere 23owerste vra Hom en sê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

19

En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God.

20

Jy ken die gebooie: hJy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; ieer jou vader en jou moeder.

21

En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.

22

En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog 24een ding ontbreek jou — kverkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.

23

Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.

24

En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: lHoe beswaarlik sal hulle 25wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan.

25

Want dit is makliker vir 26’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.

26

Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word?

27

Maar Hy antwoord: mDie dinge wat by mense onmoontlik is, is 27by God moontlik.

28

nToe sê Petrus: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.

29

En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, odaar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God,

30

pwat nie 28baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom.

Jesus voorspel sy lyde.

(Matt. 20:17-19 en ooreenk. pl.)

31

qEN Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles r29wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word.

32

sWant Hy sal oorgelewer word aan die heidene en bespot en mishandel word, en op Hom sal gespuug word;

33

en nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.

34

Maar hulle het 30niks hiervan begryp nie, en hierdie woord was vir hulle bedek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie.

Die blinde man van Jérigo.

(Matt. 20:29-34 en ooreenk. pl.)

35

tEN terwyl Hy naby Jérigo kom, sit daar 31’n blinde man langs die pad en bedel;

36

en toe hy ’n skare hoor verbygaan, vra hy wat dit is.

37

En hulle vertel hom: Jesus die Nasaréner gaan verby.

38

Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!

39

En die wat voor loop, bestraf hom dat hy moet stilbly. Maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!

40

En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom

41

en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, 32dat ek kan sien.

42

En Jesus sê vir hom: 33Sien! Jou geloof het jou gered.

43

En onmiddellik het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. En toe die hele volk dit sien, het hulle aan God die lof gegee.

a Rom. 12:12. Ef. 6:18. Kol. 4:2. 1 Thess. 5:17. 1 Dit is, by alle geleenthede aanhou met bid, totdat ’n mens verkry, en nie nalatig word of moed verloor nie, al word ’n mens nie dadelik verhoor nie.
  2 Of: Wreek my, soos ook in vers 7.
  3 Gr. tot die einde, of: geduriglik, dit is, gedurig aankom.

4 Of: versuf maak. Die Griekse woord beteken eintlik: onder die gesig slaan, of met houe op die ken iemand se hoof deurmekaar en bedwelmd maak.

b Openb. 6:10. 5 Dit is, al vertraag Hy oënskynlik die uitvoering van die straf aan die goddeloses om daardeur sy uitverkorenes te verlos.
  6 Gr. inderhaas, dit is, onverwags.

7 Naamlik tot die oordeel.

8 Dit is, die getal van die gelowiges sal klein wees, tog sal daar wel sommige wees, 1 Thess. 4:15, 17.

9 Of: aan sommige.
  10 Want die tempel was gebou op die berg Moría op die hoogste deel van die stad, 2 Kron. 3:1.
c Jes. 1:15; 58:2. Openb. 3:17, 18. 11 Of: staande by homself.
  12 Gr. op die sabbat, dit is, per week. Sien Mark. 16:9.
  13 Naamlik ver van die altaar en van die Heilige af, in die eerste deel waar ’n mens inkom in die voorhof van die tempel, as ’n teken van skaamte oor sy sondes.

14 As ’n teken van hartlike leedwese oor sy sondes.

d Job 22:29. Spr. 29:23. Matt. 23:12. Luk. 14:11. Jak. 4:6, 10. 1 Petr. 5:5. 15 Dit is, deur God as regverdig beskou, waaroor in Rom. 3:20, ens. breedvoeriger gehandel word.

16 Gr. afgegaan. Naamlik van die tempelberg af. Sien vers 10.

17 Naamlik die Fariseër, omdat die tollenaar voor God geregverdig was, en nie die Fariseër nie, hoewel hy homself as regverdig beskou het en ook deur die mense as sodanig beskou is.

e Matt. 19:13. Mark. 10:13. 18 Dit is, die hande op hulle lê om hulle te seën. Sien Matt. 19:13. Mark. 10:16.

19 Naamlik diegene wat die kindertjies gebring het.

f Matt. 18:3; 19:14. 1 Kor. 14:20. 1 Petr. 2:2. 20 Of: verbied hulle nie.

21 Sien hieroor Matt. 19:14 se kanttekening.

  22 Dit is, in nederigheid, eenvoudigheid en opregtheid, Ps. 131:1, 2.
g Matt. 19:16. Mark. 10:17. 23 Sien oor hierdie geskiedenis Matt. 19:16, ens.
h Ex. 20:13. Deut. 5:17. Rom. 13:9.

i Ef. 6:2. Kol. 3:20.

k Matt. 6:19; 19:21. 1 Tim. 6:19. 24 Naamlik waaruit jy sal kan verstaan hoe ver jy nog van die volmaaktheid is, wat jy voorgee om reeds te besit. Sien verder hieroor Matt. 19:21 en die kanttekening.
l Spr. 11:28. Matt. 19:23. Mark. 10:23. 25 Dit is, wat ryk is en hulle vertroue daarop plaas, soos in Mark. 10:24 verklaar word.
  26 Of: kabel. Sien oor hierdie woord en die spreekwoord Matt. 19:24 en die kanttekening.
m Job 42:2. Jer. 32:17. Sag. 8:6. Luk. 1:37. 27 Sien Matt. 19:26 se kanttekening.
n Matt. 4:20; 19:27. Mark. 10:28. Luk. 5:11.  
o Deut. 33:9.  
p Job 42:12. 28 Hierdie belofte word altyd vervul deur geestelike gawes, en dikwels ook deur tydelike gawes.
q Matt. 16:21; 17:22; 20:17, 18. Mark. 8:31; 9:31; 10:32. Luk. 9:22; 24:7.

r Ps. 22:7. Jes. 53:7.

29 Anders: wat geskryf is deur die profete aangaande die Seun van die mens.
s Matt. 27:2. Luk. 23:1. Joh. 18:28. Hand. 3:13.  
  30 Aangesien hulle nog vervul was met die algemene dwaling van die aardse koninkryk van Christus.
t Matt. 20:29. Mark. 10:46. 31 Matthéüs sê in Matt. 20:30 twee blindes; vgl. hiermee Mark. 10:46 en die kanttekening. Sommige meen as gevolg van die verskillende plekke waar dit gebeur het, dat dit ’n ander geskiedenis sou wees. Maar hierdie verskille word deur ander só verklaar, dat die blindes wel in die ingang van Jérigo begin roep het, maar dat Christus hulle blindheid eers genees het, nadat Hy deur Jérigo gegaan het.
  32 Dit is, dat my oë geopen mag word, soos vermeld in Matt. 20:33.
33 Gr. Sien weer, of: Word siende; so ook in die volgende vers.