Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 19

Saggéüs.

1

EN Hy het in 1Jérigo gekom en daar deurgegaan.

2

En daar was ’n man met die naam van Saggéüs, ’n 2hoof van die tollenaars en ’n ryk man.

3

En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van 3persoon was.

4

En hy het vooruit gehardloop en in ’n 4wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan.

5

En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis 5bly.

6

Hy maak toe gou en klim af en het Hom 6met blydskap ontvang.

7

En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by ’n sondige man 7tuisgegaan.

8

Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand 8iets afgepers het, gee ek dit 9vierdubbel terug.

9

Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie 10huis gekom, aangesien ahierdie man 11ook ’n seun van Abraham is.

10

bWant die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

Gelykenis van die ponde.

(Vgl. Matt. 25:14-30.)

11

EN terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog ’n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat 12die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.

12

cHy het dan gesê: ’n 13Man van hoë geboorte het na ’n ver land gereis om vir homself ’n koningskap te ontvang en dan terug te kom.

13

En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien 14ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom.

14

Maar sy medeburgers het hom gehaat en ’n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.

15

En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, 15sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy 16die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het.

16

En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.

17

En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy 17gesag hê oor tien stede.En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy 17gesag hê oor tien stede.

18

En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde 18verdien.

19

En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede.

20

En ’n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in ’n 19doek weggesit het;

21

want ek was bang vir u, omdat u ’n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie.

22

Toe sê hy vir hom: dUit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ’n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.

23

Waarom het jy dan nie my geld aan die 20wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met 21rente ingevorder het.

24

En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het —

25

en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde —

26

ewant ek sê vir julle: 22Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.

27

Maar 23daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en 24slaan hulle voor my dood.

28

En toe Hy dit gesê het, gaan Hy 25vooruit op weg na Jerusalem.

Die intog van Jesus in Jerusalem.

(Matt. 21:1-11 en ooreenk. pl.)

29

fEN toe Hy naby 26en Betánië kom, by die berg wat 27die Olyfberg genoem word, het Hy twee van sy dissipels uitgestuur

30

en gesê: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle 28’n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.

31

En as iemand julle vra: Waarom maak julle hom los? — moet julle so vir hom sê: Die Here het hom nodig.

32

En die wat gestuur was, gaan toe en vind dit soos Hy aan hulle gesê het.

33

En terwyl hulle die vul losmaak, sê die eienaars aan hulle: Waarom maak julle die vul los?

34

En hulle antwoord: Die Here het hom nodig.

35

gToe 29bring hulle hom na Jesus toe, hen hulle lê hul 30klere op die vul en laat Jesus daarop sit.

36

En terwyl Hy voortgaan, gooi 31hulle hul klere oop op die pad.

37

En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte 32dissipels God met blydskap te prys met ’n groot stem oor al 33die kragtige dade wat hulle gesien het,

38

terwyl hulle sê: i34Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, k35vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!

39

En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels!

40

En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, lsal die klippe uitroep.

41

En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween

42

en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in 36hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek.

43

Want daar sal dae oor jou kom dat jou 37vyande 38’n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit.

44

mEn hulle sal jou en jou 39kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy 40die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.

Reiniging van die tempel.

(Matt. 21:12-17 en ooreenk. pl.)

45

EN toe Hy in die tempel ingegaan het, begin Hy die wat daarin verkoop en koop, uit te jaag.

46

En Hy sê vir hulle: nDaar is geskrywe: 41My huis is ’n huis van gebed. Maar julle het dit ’n rowerspelonk gemaak.

47

En elke dag was Hy besig om in die tempel te leer; oen die owerpriesters en die skrifgeleerdes en 42die vernaamstes van die volk het probeer om Hom om te bring;

48

en hulle het niks gevind wat hulle kon doen nie, want die hele volk het 43Hom aangehang en na Hom geluister.

1 Sien Mark. 10:46 se kanttekening oor hierdie stad se ligging.
2 In elke provinsie en stad was daar verskeie tollenaars, waarvan een die hoof was, wat die tolgeld aan die Romeine moes verantwoord. Sien dergelike in Josephus, Oudhede.
  3 Gr. statuur, of: lengte.
  4 Gr. sukomoraia, dit was ’n soort boom in Sírië en Egipte, wat die grootte en blare van ’n moerbeiboom gehad het, en vrugte soos vye, maar sonder pitte, Plinius.
  5 Soos in vers 7 se kanttekening verklaar word.
  6 Gr. bly synde.
7 Gr. ingegaan om uit te span; ’n spreekwyse geneem van die uitspan van perde, wanneer ’n mens by ’n herberg kom.
  8 Of: iets deur bedrog afgeneem het, hetsy deur iemand valslik aan te gee of te beskuldig. Sien Luk. 3:14 se kanttekening.

9 Naamlik volgens die straf wat die wet oplê. Ex. 22:1. 2 Sam. 12:6.

a Luk. 13:16. 10 Dit is, huisgesin; omdat wanneer die huisvader in Christus glo, die hele huisgesin ook in die verbond gereken word, volgens die belofte in Gén. 17:7. Hand. 2:39; 16:15, 33, tensy hulle deur hul ongelowigheid hierdie genade verwerp.

11 Naamlik nie net na die vlees nie, maar ook na die belofte, Rom. 9:8.

b Matt. 10:6; 15:24; 18:11. Hand. 13:46.  
12 Naamlik, hulle het hulle verbeel dat dit ’n aardse koninkryk sou wees.
c Matt. 25:14. Mark. 13:34. 13 Gr. Mens. Deur hierdie man van hoë geboorte verstaan Hy Homself; deur die diensknegte sy dissipels, en vernaamlik die leraars; deur die medeburgers die hardnekkige Jode; deur die ver land die hemel; deur die ponde die geestelike gawes; deur die terugkoms sy laaste koms om te oordeel, en deur die gee van stede die geestelike en ewige beloning.
14 Gr. mna, in Latyn mina; wat gereken word op sestig gewone sikkels, of honderd-en-twintig denarii of dragmes silwer. Sien Eség. 45:12. En wat ’n denarius betref, sien Matt. 18:28 se kanttekening. Indien ’n mens hierdie mina wil verstaan as goud, sou die bedrag soveel hoër wees as wat goud meer werd is as silwer. (Ongeveer drie tot vier maande se loon.)
  15 Dit is, beveel.

16 Gr. die silwer.

  17 Of: mag.
  18 Gr. gemaak.
19 Gr. sweetdoek. Of: sakdoek, of: linnedoek.
d 2 Sam. 1:16. Matt. 12:37.  
20 Gr. tafel, dit is, diegene wat die tafel of bank bestuur, om geld op wissel of rente uit te gee.

21 Dit is, wins. Nie dat die Here onbehoorlike woeker sou aanprys nie, maar dat Hy daarmee wil leer dat ’n mens sy gawes tot voordeel en stigting van ons naaste en tot God se eer moet bestee. Sien dergelike in Matt. 25:27 se kanttekening.

e Matt. 13:12; 25:29. Mark. 4:25. Luk. 8:18. 22 Sien Matt. 13:12 se kanttekening.
  23 Hierdeur word die hardnekkige Jode verstaan, wat in vers 14 sy medeburgers genoem word en deur hul weerspannigheid sy vyande geword het.

24 Gr. slag.

  25 Naamlik om sy gewilligheid en gereedheid in die tegemoetgaan van sy lyding te betoon.
f Matt. 21:1. Mark. 11:1. 26 Sien in Matt. 21:1 se kanttekening hoe ver hierdie plekke van Jerusalem af geleë was.

27 Gr. van die olywe.

  28 Naamlik saam met sy moeder. Sien Matt. 21:2. Mark. 11:2.
g Joh. 12:14.

h 2 Kon. 9:13.

29 Gr. lei.

30 Dit is, bo-klere of mantels.

31 Naamlik baie uit die skare, Mark. 11:8.
32 Naamlik sowel die wat Hom gevolg het, as die wat Hom uit Jerusalem tegemoetgekom het, Joh. 12:12, 13.

33 Gr. die kragte.

i Ps. 118:26.

k Luk. 2:14. Ef. 2:14.

34 Sien hieroor Matt. 21:9 en die kanttekening.

35 Dit is, mag God bevredig en versoen word met die mense, deur die koms van hierdie Koning, en daardeur verheerlik word.

l Háb. 2:11.  
36 Naamlik waarop Ek nou vir die laaste keer na jou toe kom en jou waarsku, tot jou behoud en saligheid. Dit is ’n afgebroke rede, waaruit verstaan moet word, om te volg: hoe gelukkig sou jy dan wees!, of iets dergeliks.
37 Naamlik die Romeine. Sien die vervulling hiervan in Josephus, Joodse Oorlog.

38 Of: wal van uitgegrawe grond.

m 1 Kon. 9:7, 8. Miga 3:12. Matt. 24:1, 2. Mark. 13:2. Luk. 21:6. 39 Dit is, inwoners, soos in Matt. 23:37.

40 Naamlik waarin aan jou, deur die verkondiging van die evangelie, die genade van God aangebied word.

n 1 Kon. 8:29. Jes. 56:7. Jer. 7:11. Matt. 21:13. Mark. 11:17. 41 Dit is, die tempel.
o Mark. 11:18. Joh. 7:19; 8:37. 42 Gr. die eerstes.
43 Gr. aan Hom gehang, dit is, was baie begerig om na Hom te luister.