Statevertaling – Bybelstigting
Die doop van Johannes.
(Matt. 21:23-27 en ooreenk. pl.)
ENa op een van dié dae, terwyl Hy besig was om die volk in die tempel te leer en 1die evangelie te verkondig, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouderlinge by Hom staan,
en hulle spreek met Hom en sê: Vertel ons 2deur watter 3gesag U 4hierdie dinge doen, of wie dit is wat U hierdie gesag gegee het?
En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook 5een ding vra — sê vir My:
6die doop van Johannes, was dit 7uit die hemel of uit mense?
Toe het hulle 8onder mekaar geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel — sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?
En as ons sê: Uit mense — sal die hele volk ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes ’n profeet is.
Toe antwoord hulle dat hulle nie weet 9waarvandaan nie.
En Jesus sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie 10deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.
Gelykenis van die landbouers.
(Matt. 21:33-46 en ooreenk. pl.)
bTOE begin Hy aan die volk 11hierdie gelykenis te vertel: ’n Sekere man het ’n wingerd geplant en dit aan landbouers verhuur en vir 12’n geruime tyd op reis gegaan.
En op 13die regte tyd het hy ’n dienskneg na die landbouers gestuur, dat hulle hom van die vrug van die wingerd sou gee. Maar die landbouers het hom geslaan en met leë hande weggestuur.
En 14hy het weer ’n ander dienskneg gestuur, en hulle het hom ook geslaan en skandelik behandel en met leë hande weggestuur.
En hy het weer ’n derde gestuur, en hulle het ook hierdie een gewond en uitgedryf.
Toe sê die eienaar van die wingerd: 15Wat sal ek doen? Ek sal my geliefde seun stuur; miskien sal hulle ontsag hê as hulle hom sien.
Maar toe die landbouers hom sien, het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: cDit is die erfgenaam; dkom laat ons hom doodmaak, sodat die erfdeel ons s’n kan wees.
En hulle het hom uit die wingerd gewerp en hom doodgemaak. Wat sal die eienaar van die wingerd dan aan hulle doen?
Hy sal kom en daardie landbouers ombring en die wingerd aan 16ander gee. En toe hulle dit hoor, sê hulle: 17Nee, stellig nie!
Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie eSkrifwoord: 18die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword?
fElkeen wat 19op dié steen val, sal verpletter word; gmaar elkeen 20op wie hy val, dié sal hy vermorsel.
Die vraag oor die belasting.
(Matt. 22:15-22 en ooreenk. pl.)
TOE probeer die owerpriesters en die skrifgeleerdes in daardie selfde uur om die hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees; want hulle het geweet dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulle self uitgespreek het.
hEn hulle het Hom in die oog gehou en 21spioene gestuur wat geveins het dat hulle 22regverdig was, sodat hulle Hom op ’n woord 23kon betrap, om Hom oor te lewer aan die owerheid en aan die gesag van die goewerneur.
En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die 24persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer —
is dit 25ons geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?
Maar Hy het hulle listigheid bemerk en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My?
Wys My ’n 26penning. Wie se beeld en opskrif het dit? Hulle antwoord en sê: Die keiser s’n.
Toe sê Hy vir hulle: iBetaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.
En hulle kon Hom nie voor die volk op ’n woord 27betrap nie, en verwonderd oor sy antwoord het hulle geswyg.
Die Sadduseërs en die opstanding.
(Matt. 22:23-33 en ooreenk. pl.)
kEN sommige van die 28Sadduseërs het gekom — hulle wat 29ontken dat daar ’n opstanding is — en Hom gevra
en gesê: Meester, lMoses het ons 30voorgeskrywe: As iemand se getroude broer sterwe en hy sterf sonder kinders, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer 31kinders verwek.
Nou was daar sewe broers, en die eerste het ’n vrou geneem en kinderloos gesterwe.
En die tweede het die vrou geneem, en hy het ook kinderloos gesterwe.
En die derde het haar geneem; en net so 32al sewe. En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe.
En ten laaste het die vrou ook gesterwe.
In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees? — want al sewe het haar as vrou gehad.
Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders 33van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;
maar die wat 34waardig geag word om 35daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.
Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos mdie engele en is 36kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.
En dat die dode opgewek word, het 37Moses ook in die gedeelte oor die doringbos 38aangedui, 39waar hy ndie Here noem die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.
Hy is tog nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes, 40want almal leef vir Hom.
En sommige van die skrifgeleerdes antwoord en sê: Meester, U het goed gespreek.
En 41hulle het Hom nie meer iets durf vra nie.
Die Christus, die seun van Dawid.
(Matt. 22:41 vv. en ooreenk. pl.)
oTOE sê Hy vir hulle: Hoe is dit dat hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is?
En Dawid self sê in die boek van die Psalms: pDie Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand
totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete.
Dawid noem Hom dan Here, en 42hoe is Hy sy seun?
Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes.
(Matt. 23:1; Mark. 12:38-40.)
EN terwyl die hele volk luister, sê Hy vir sy dissipels:
qPas op vir die skrifgeleerdes wat graag in 43lang klere rondloop en van die begroetinge op die markte hou en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die 44maaltye.
rHulle eet die 45huise van die weduwees op en doen vir die skyn lang gebede. Hulle sal ’n 46swaarder 47oordeel ontvang.
| a Matt. 21:23. Mark. 11:27. Hand. 4:7; 7:27. | 1 Gr. te evangeliseer. |
| 2 Gr. in hoedanige.
3 Dit is, outoriteit. 4 Naamlik wat in die voorgaande hoofstuk beskryf word. |
| 5 Gr. een woord. Dit is, een ding of saak. ’n Hebreeuse spreekwyse. |
| 6 Sien hieroor Matt. 21:25 se kanttekening.
7 Dit is, van God; soos in Luk. 15:18 en die kanttekening. |
| 8 Of: by hulleself. |
| 9 Naamlik waarvandaan die doop van Johannes was nie. |
| 10 Gr. in. |
| b Ps. 80:9. Jes. 5:1. Jer. 2:21; 12:10. Matt. 21:33. Mark. 12:1. | 11 Sien die verklaring van hierdie gelykenis in die kanttekeninge van Matt. 21:33, ens.
12 Gr. genoegsame of taamlike lang tye. |
| 13 Naamlik wanneer die vrugte ryp is en ingesamel word. Sien Matt. 21:34. |
| 14 Gr. En hy het daartoe gedoen, en gestuur. ’n Hebreeuse spreekwyse. So ook in die volgende vers. |
| 15 Hierdie woorde druk nie enige twyfel uit nie, maar is na menslike wyse van spreke ’n groot begeerte om hulle weer op die regte spoor te bring; soos in Hos. 6:4. |
| c Ps. 2:8. Hebr. 1:2.
d Gén. 37:18. Ps. 2:1. Matt. 26:3; 27:1. Joh. 11:53. |
| 16 Naamlik die heidene, Matt. 21:43.
17 Naamlik, dat ons die seun sou doodmaak, en dat sulke dinge oor ons sou kom, soos U hier sê. |
| e Ps. 118:22. Jes. 8:14; 28:16. Matt. 21:42. Mark. 12:10. Hand. 4:11. Rom. 9:33. 1 Petr. 2:4, 7. | 18 Sien Matt. 21:42 se kanttekeninge. |
| f Jes. 8:15. Sag. 12:3.
g Dan. 2:34. |
19 Dit is, wat teen Hom stamp en Hom ongehoorsaam is, 1 Petr. 2:7, 8.
20 Naamlik deur die gewig van sy oordeel en straf, Ps. 2:9. |
| h Matt. 22:16. Mark. 12:13. | 21 Of: dié wat hinderlae lê.
22 Dit is, asof hulle opreg met Hom wou omgaan, en nie graag iets aan Hom wou doen of laat doen wat onregverdig of teen God se bevel was nie. 23 Dit is, vang. Sien Mark. 12:13 se kanttekening. |
| 24 Gr. aangesig. Sien Matt. 22:16 se kanttekening. |
| 25 Naamlik ons, wat Jode en God se volk is, aan ’n heidense keiser. Sien Matt. 17:24 se kanttekening oor hierdie belasting. |
| 26 Gr. denarius, sien hieroor Matt. 22:19 se kanttekening. |
| i Matt. 17:25; 22:21. Rom. 13:7. |
| 27 Of: vasvat, vasgryp. Sien vers 20. |
| k Matt. 22:23. Mark. 12:18. Hand. 23:8. | 28 Sien Hand. 23:8 vir meer inligting oor die sekte van die Sadduseërs.
29 Gr. teëspreek, naamlik die regte leer van hierdie artikel. |
| l Deut. 25:5. | 30 Dit is, in sy Skrifte beveel, Deut. 25:5.
31 Gr. sperma, saad. Dit is, ’n seun by haar verwek, wat die naam van die eerste broer sou dra en sy erfgenaam sou wees. |
| 32 Dit is, die ander vier tot die sewende toe. |
| 33 Hierdeur word nie die wêreldse mense verstaan nie, soos in Luk. 16:8, maar diegene wat in hierdie wêreld leef. Want die huwelik is eerbaar in alle opsigte, Hebr. 13:4. |
| 34 Naamlik deur God uit genade, 2 Thess. 1:5, 11. So word hierdie woord ook in Luk. 21:36 verstaan.
35 Dit is, die ewige lewe en die opstanding tot heerlikheid in die toekomende eeu. Want die goddeloses sal ook opstaan, maar tot veroordeling, Joh. 5:29. |
| m 1 Joh. 3:2. | 36 Naamlik geopenbaar in heerlikheid, omdat hulle die salige opstanding deelagtig is. Sien 1 Joh. 3:2. |
| n Ex. 3:6. Hand. 7:32. Hebr. 11:16. | 37 Christus bewys die opstanding van die dode uit die Skrifte van Moses, omdat die Sadduseërs na dieselfde Skrifte verwys het.
38 Of: te kenne gegee, naamlik in die beskrywing van die verskyning van die Here in die doringbos. 39 Sien Matt. 22:32 se kanttekening oor die krag van hierdie gevolgtrekking. |
| 40 Naamlik nie net na die siel wat onsterflik is nie, maar ook na die liggaam; omdat dit weer opgewek sal word, en alle toekomende dinge by God reeds as teenwoordig geag word, Rom. 4:17. |
| 41 Naamlik die skrifgeleerdes. Sien Mark. 12:34. |
| o Matt. 22:42. Mark. 12:35. |
| p Ps. 110:1. Hand. 2:34. 1 Kor. 15:25. Hebr. 1:13; 10:13. |
| 42 Dit is, indien Hy maar net ’n seun van Dawid is, dus slegs ’n mens uit Dawid, hoe noem Dawid, wat ’n soewereine koning was en geen heer bo homself erken het nie, behalwe God, Hom dan sy Here? Waarop hulle nie kon antwoord nie, omdat hulle die Messías nie erken het as waaragtig God nie. |
| q Matt. 23:5, 6. Mark. 12:38, 39. Luk. 11:43. | 43 Gr. stolais. Sien Mark. 12:38 se kanttekening.
44 Gr. aandmaaltye. |
| r Matt. 23:14. Mark. 12:40. 2 Tim. 3:6. Tit. 1:11. | 45 Dit is, die middele waardeur hulle hul huisgesinne moet onderhou.
46 Gr. oorvloediger. 47 Dit is, straf in die oordeel. |