Statevertaling – Bybelstigting
Die klein gawe van die arm weduwee.
(Mark. 12:41-44.)
ENa toe Hy opkyk, sien Hy die rykes wat hulle gawes in die 1skatkis gooi.
En Hy het ook ’n arm weduwee daar twee 2geldstukkies sien ingooi.
En Hy sê: Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie barm weduwee meer as almal ingegooi het.
Want hulle almal het uit hul 3oorvloed 4by die gawes van God ingegooi, maar sy het 5uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het 6om van te lewe.
Die profetiese rede. Begin van die smarte.
(Matt. 24:1-14 en ooreenk. pl.)
cEN toe sommige oor die tempel praat, dat dit met mooi klippe en 7gewyde geskenke versierd was, sê Hy:
Hierdie dinge wat julle sien — ddaar sal dae kom wanneer daar nie een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie.
En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur?
eEn Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; fwant baie sal 8onder my Naam kom en sê: 9Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
En wanneer julle hoor van oorloë en 10opstande, moenie skrik nie; want dié dinge moet 11eers plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie.
Toe sê Hy vir hulle: gDie een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander.
En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal 12verskriklike dinge en groot tekens van die hemel 13kom.
hMaar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in 14sinagoges en igevangenisse en julle voor kkonings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.
En dit sal vir julle 15uitloop op ’n 16getuienis.
l17Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie.
mWant Ek sal aan julle 18woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie.
nMaar julle sal 19oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle odoodmaak.
pEn julle sal gehaat wees deur 20almal ter wille van my Naam.
qEn geen 21haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie.
22Deur julle volharding moet julle jul 23lewe in besit kry.
Die profetiese rede. Die groot verdrukking.
(Matt. 24:15-28 en ooreenk. pl.)
rEN wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.
Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, 24moet nie daar inkom nie.
Want dit sal dae van 25wraak wees, ssodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.
Maar 26wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal ’n groot nood 27in die land wees en toorn oor hierdie volk.
En hulle sal deur die 28skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies t29totdat die tye van die nasies vervul is.
Die profetiese rede. Die koms van die Seun van die mens.
(Matt. 24:29-35 en ooreenk. pl.)
vEN daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders 30dreun,
en mense se 31harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor 32die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal 33geskud word.
xEn dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ’n wolk, met 34groot krag en 35heerlikheid.
En as hierdie dinge begin gebeur, 36kyk dan na bo en hef julle hoofde op, yomdat 37julle verlossing naby is.
zToe vertel Hy hulle ’n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome.
Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is.
So moet julle ook weet dat die 38koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.
Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie 39geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.
aDie hemel en die aarde sal 40verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
Profetiese rede. Waaksaamheid.
(Matt. 24:36-44.)
bMAAR pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en 41sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.
cWant soos ’n strik sal hy kom oor almal wat 42op die hele aarde woon.
dWaak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om 43al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te 44staan.
Die loon van die verraad.
(Matt. 26:1-5, 14-16 en ooreenk. pl.)
eEN Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word.
En die hele volk het vroeg in die môre na Hom in die tempel gekom om na Hom te luister.
| a 2 Kon. 12:9. Mark. 12:41. | 1 Sien oor hierdie skatkis 2 Kon. 12:9. Matt. 27:6 en die kanttekening. |
| 2 Of: kleintjies; sien oor die waarde daarvan Mark. 12:42 se kanttekening. |
| b 2 Kor. 8:12. |
| 3 Of: oorskot.
4 Dit is, by die ander gawes, wat God gegee of toegeëien en in die skatkis bewaar was. 5 Dit is, van die dinge waaraan sy gebrek gely het of nodig gehad het om van te leef. 6 Sien Mark. 12:44 se kanttekening. |
| c Matt. 24:1. Mark. 13:1. | 7 Dit was eintlik sulke geskenke, wat in die tempel aan God geheilig en tot sieraad opgehang was. Sien dergelike in 2 Kon. 11:10 en die kanttekening. |
| d 1 Kon. 9:7. Miga 3:12. Luk. 19:44. |
| e Jer. 29:8. Matt. 24:4. Ef. 5:6. Kol. 2:18. 2 Thess. 2:2. 1 Joh. 4:1.
f Jer. 14:14; 23:21. |
8 Gr. in my Naam, dit is, hulself my Naam valslik toe-eien.
9 Gr. Ek is, naamlik die Christus, soos uitgedruk staan in Matt. 24:5. |
| 10 Die Griekse woord beteken sulke beroeringe, opstande of verwarring waardeur niks in sy stand of plek gelaat word nie.
11 Naamlik voordat die stad en tempel in Jerusalem verwoes sal word. |
| g Jes. 19:2. |
| 12 Sien hieroor die Joodse geskiedskrywer Josephus, Joodse Oorlog.
13 Gr. wees. |
| h Matt. 10:17; 24:9. Mark. 13:9. Joh. 16:2. Openb. 2:10.
i Hand. 4:3; 5:18; 12:4; 16:24. k Hand. 25:23. |
14 Waarin die gelowiges ook gegésel is, soos te sien is in Hand. 5:40; 22:19; 26:11. |
| 15 Gr. afkom, neerdaal, dit is, strek.
16 Naamlik sowel van hul wreedheid en hardnekkigheid, as van jul standvastigheid in die belydenis van my Naam en van die waarheid van my aankondigings. |
| l Matt. 10:19. Mark. 13:11. | 17 Gr. Stel of plaas dan in julle harte. |
| m Ex. 4:12. Jes. 54:17. Matt. 10:19. Hand. 6:10. | 18 Gr. mond. Dit is, bekwaamheid en vrymoedigheid om te spreek deur my Gees. Sien Mark. 13:11. |
| n Miga 7:6.
o Hand. 7:59; 12:2. |
19 Of: verraai word. |
| p Matt. 10:22. Mark. 13:13. | 20 Naamlik wêreldse mense. Sien Joh. 15:18. |
| q 1 Sam. 14:45. 2 Sam. 14:11. 1 Kon. 1:52. Matt. 10:30. | 21 Dit is, niemand sal julle in die minste skade kan aandoen, sonder die wil van jul hemelse Vader nie. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in 1 Sam. 14:45. 1 Kon. 1:52. |
| 22 Gr. In.
23 Gr. siele. |
| r Dan. 9:27. Matt. 24:15. Mark. 13:14. |
| 24 Naamlik in die stad Jerusalem. |
| s Dan. 9:26, 27. Matt. 24:15. Mark. 13:14. | 25 Naamlik van God, oor die hardnekkigheid van die Joodse volk. |
| 26 Christus gebruik hierdie woord nie dreigend, soos teenoor die Fariseërs nie, Luk. 11:42, ens., maar om hulle te bejammer vanweë die swarighede wat hulle dan sal oorkom.
27 Gr. op die aarde. |
| t Rom. 11:25. | 28 Gr. mond.
29 Naamlik bestem tot roeping van die heidene, Rom. 11:25; wanneer dit vervul is, sal die dinge gebeur wat hierna volg. Of bestem tot straf en wraak oor die nasies of heidene, wanneer die maat van hul sondes vervul sal wees. |
| v Jes. 13:10. Eség. 32:7. Joël 2:31; 3:15. Matt. 24:29. Mark. 13:24. Openb. 6:12. | 30 Gr. weerklink. |
| 31 Of: die mense die gees sal gee, of mismoedig sal word.
32 Gr. die bewoonde, naamlik aarde. 33 Naamlik op en neer, soos die golwe van die see. Sien Matt. 24:29. |
| x Dan. 7:10. Matt. 16:27; 24:30; 25:31; 26:64. Mark. 13:26; 14:62. Hand. 1:11. 2 Thess. 1:10. Openb. 1:7. | 34 Gr. baie.
35 Naamlik in sy hemelse majesteit, en vergesel van die heilige engele, Matt. 25:31. |
| y Rom. 8:23. | 36 Of: rig julle op, naamlik vanweë vreugde en verlange, Matt. 24:33.
37 Naamlik julle volkome verlossing van alle kwaad, Rom. 8:23. |
| z Matt. 24:32. Mark. 13:28. |
| 38 Naamlik van die heerlikheid. Sien 1 Kor. 15:24. 2 Tim. 4:18. |
| 39 Naamlik van die Joodse volk. |
| a Ps. 102:27. Jes. 51:6. Matt. 24:35. Hebr. 1:11. | 40 Sien hieroor 2 Petr. 3:10. |
| b Rom. 13:13. 1 Thess. 5:6. 1 Petr. 4:7. | 41 Naamlik al te groot of oormatige sorge, wat die mens verhinder om op die koms van Christus te wag. |
| c 1 Thess. 5:2. 2 Petr. 3:10. Openb. 3:3; 16:15. | 42 Gr. op die aangesig van die hele aarde sit. |
| d Matt. 24:42; 25:13. Mark. 13:33. Luk. 12:40. 1 Thess. 5:6. | 43 Dit is, al hierdie strawwe en ellendes.
44 Dit is, bestaan, en met vrymoedigheid voor Hom verskyn. |
| e Joh. 8:2. |