Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 22

1

ENa die 1fees van die ongesuurde brode, wat pasga genoem word, was 2naby.

2

bEn die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom kon ombring, want hulle het die volk gevrees.

3

cEn die Satan het 3in Judas gevaar, wat Iskáriot genoem word en wat uit die getal van die twaalf was.

4

Toe het hy gegaan en met die owerpriesters en 4hoofde beraadslaag hoe hy Hom aan hulle kon oorlewer.

5

En hulle was bly en het met hom ooreengekom om hom 5geld te gee.

6

En hy het toegestem en na ’n 6goeie geleentheid gesoek om Hom 7sonder oproer aan hulle oor te lewer.

Die laaste paasfees. Die heilige nagmaal.

(Matt. 26:17-30 en ooreenk. pl.)

7

dEN die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga 8geslag moes word.

8

Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sê: Gaan berei die pasga vir ons, dat ons dit kan eet.

9

En hulle sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons dit berei?

10

En Hy antwoord hulle: Kyk, as julle in die 9stad ingaan, sal ’n man julle ontmoet wat 10’n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan.

11

En julle moet vir die 11eienaar van die huis sê: Die Meester 12vra u — waar is die 13kamer waar Ek die pasga met my dissipels kan eet?

12

En hy sal julle ’n groot bovertrek wys wat 14reggemaak is; daar moet julle dit berei.

13

En hulle het gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het, en die pasga berei.

14

eEn toe die 15uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.

15

En Hy sê vir hulle: Ek het 16baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly.

16

Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet voordat 17dit in die koninkryk van God vervul is nie.

17

En toe Hy 18’n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle.

18

Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie.

19

fDaarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: 19Dit is my liggaam wat vir julle 20gegee word; doen dit tot my gedagtenis.

20

Net so neem Hy ook die beker ná die 21maaltyd en sê: 22Hierdie beker 23is die nuwe 24testament in my bloed wat vir julle uitgestort 25word.

21

gMaar kyk, die hand van hom wat My verraai, is by My aan tafel.

22

Die Seun van die mens gaan wel heen hvolgens wat 26bepaal is, maar wee daardie man deur wie Hy 27verraai word!

23

Toe begin hulle onder mekaar te vra wie van hulle dit tog kon wees wat dit sou doen.

Die grootste sal die kleinste wees.

(Matt. 20:25-28 en ooreenk. pl.)

24

EN daar het ook 28twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste 29geag moet wees.

25

En Hy het vir hulle gesê: iDie konings 30van die nasies 31heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word 32weldoeners genoem.

26

kMaar so moet julle nie wees nie; lmaar 33die oudste onder julle moet word soos 34die jongste, en wie ’n 35leier is, soos een wat dien.

27

Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat dien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? mMaar Ek is onder julle soos een wat dien.

28

En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge.

29

nEn 36Ek beskik vir julle ’n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het,

30

sodat julle kan 37eet en drink aan my tafel in my koninkryk en oop trone sit 38om die twaalf stamme van Israel te oordeel.

Petrus word gewaarsku.

(Matt. 26:33-35 en ooreenk. pl.)

31

EN die Here sê: Simon, Simon, kyk, pdie Satan het 39vurig begeer om julle 40soos koring te sif.

32

Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie 41ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.

33

En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan.

34

Maar Hy antwoord: qEk sê vir jou, Petrus, 42die haan sal vannag nie kraai voordat jy drie maal geloën het dat jy My ken nie.

Die twee swaarde.

35

EN Hy sê vir hulle: rToe Ek julle uitgestuur het sonder beurs en reissak en skoene, het julle iets kortgekom? En hulle antwoord: Niks nie.

36

Toe sê Hy vir hulle: 43Maar nou, wie ’n beurs het, laat hom dit neem en so ook die reissak; en 44wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en ’n swaard koop.

37

Want Ek sê vir julle dat dit wat geskrywe is, nog aan My vervul moet word: sEn Hy is saam met 45misdadigers gereken. Want ook aan die dinge wat betrekking het op My, 46kom daar ’n einde.

38

Hulle sê vir Hom: Here, kyk hier is twee swaarde. En Hy antwoord hulle: 47Dit is genoeg.

Jesus in Getsémané.

(Matt. 26:36-46 en ooreenk. pl.)

39

tEN Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg.

40

En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie.

41

vEn 48Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as ’n mens met ’n klip kan gooi, en neergekniel en gebid

42

en gesê: Vader, 49as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, xmaar u wil geskied!

43

En ’n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.

44

yEn toe Hy in ’n 50sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos 51bloeddruppels wat op die grond val.

45

Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid.

46

En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.

Jesus word gevange geneem.

(Matt. 26:47-56 en ooreenk. pl.)

47

zEN terwyl Hy nog spreek, kom daar ’n skare; en hy wat Judas genoem word, een van die twaalf, het voor hulle uit geloop en nader gekom na Jesus 52om Hom te soen.

48

En Jesus sê vir hom: Judas, verraai jy die Seun van die mens met ’n kus?

49

En toe die wat rondom Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: Here, moet ons met die swaard slaan?

50

aEn 53een van hulle het 54die dienskneg van die hoëpriester getref en sy regteroor afgekap.

51

Maar Jesus het geantwoord en gesê: 55Hou op, dit is genoeg! En Hy het sy oor aangeraak en hom gesond gemaak.

52

bToe sê Jesus 56vir die owerpriesters en hoofde van die tempel en ouderlinge wat teen Hom gekom het: Het julle uitgetrek soos teen ’n rower met swaarde en 57stokke?

53

Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie die hande teen My uitgesteek nie. Maar dit is julle uur en 58die mag van die duisternis.

Petrus verloën Jesus.

(Matt. 26:69-75 en ooreenk. pl.)

54

cEN hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in 59die huis van die hoëpriester. En Petrus het van ver af gevolg.

55

dEn toe hulle ’n vuur in die middel van die binneplaas van die paleis gemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit.

56

En ’n diensmeisie het hom daar by die 60vuur sien sit; en nadat sy hom vas aangekyk het, sê sy: Hierdie man was ook saam met Hom.

57

Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie.

58

En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van 61hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie.

59

En ná verloop van omtrent een uur het ’n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook 62’n Galiléër.

60

Maar Petrus antwoord: Man, ek weet nie wat jy sê nie. En onmiddellik, terwyl hy nog praat, 63het die haan gekraai.

61

En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: eVoordat die haan 64kraai, sal jy My drie maal verloën.

62

En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween.

Jesus voor die Sánhedrin.

(Matt. 26:57-68 en ooreenk. pl.)

63

fEN die manne wat Jesus gevange gehou het, het Hom bespot en ggeslaan.

64

En hulle het Hom geblinddoek en Hom in die aangesig geslaan en Hom gevra en gesê: Profeteer wie dit is wat U geslaan het.

65

En baie ander dinge het hulle 65lasterlik teen Hom gespreek.

66

hEn toe dit dag word, het 66die oudstes van die volk — die owerpriesters en skrifgeleerdes — 67vergader en Hom voor hulle 68Raad gebring

67

en gesê: 69As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie.

68

En as Ek vra, sal u My tog nie antwoord of loslaat nie.

69

i70Van nou af sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van die krag van God.

70

En hulle sê almal: Is U dan die Seun van God? En Hy antwoord hulle: 71U sê dat Ek dit is.

71

Daarop sê hulle: Wat het ons nog getuienis nodig! Want ons het dit self uit sy mond gehoor.

a Ex. 12:15. Matt. 26:2. Mark. 14:1. 1 Sien oor hierdie fees Ex. 12:14, ens.; 23:14, ens.

2 Naamlik oor twee dae, Matt. 26:2.

b Ps. 2:2. Joh. 11:47. Hand. 4:27.  
c Matt. 26:14. Mark. 14:10. Joh. 13:27. 3 Nie liggaamlik nie, maar deur sy sterk ingewing en aansporing. Sien Joh. 13:2, 27.
  4 Dit is, die owerstes van die krygsmanne wat buite die tempel waggehou het. Sien vers 52. Hand. 4:1; 5:24, 26.
  5 Naamlik dertig silwerstukke, Matt. 26:15. Hierdie geld sou hy kry as hy Hom aan hulle oorgelewer het.
  6 Of: geskikte tyd.

7 Of: sonder skare, dit is, in die afwesigheid van die skare, wat Hom gewoonlik gevolg het.

d Matt. 26:17. Mark. 14:12, 13. 8 Naamlik volgens die wet, op die veertiende dag van die eerste maand, Ex. 12:6, 18. Hierdie dag het Christus onderhou, maar die Jode het dit uitgestel tot die volgende dag, vanweë die rede genoem in Matt. 26:20 se kanttekening.
  9 Naamlik Jerusalem, die enigste plek waar die pasga geslag en geëet moes word. Sien Deut. 16:5-7.

10 Of: ’n erdekruik.

  11 Gr. heer van die huis.

12 Dit is, laat u vra.

13 Gr. plek om uit te span.

  14 Of: gesprei, dit is, met tafels berei, en met beddens, waarop hulle vroeër gewoonlik gelê het om te eet.
e Matt. 26:20. Mark. 14:17. 15 Naamlik waarop die paaslam geëet moes word, op die veertiende dag van die eerste maand, ná sonsondergang. Sien Ex. 12:6. Deut. 16:6.
16 Gr. met begeerte begeer. ’n Hebreeuse manier van spreek.
  17 Naamlik dit wat deur die pasga afgebeeld was, vervul is. Ná hierdie tyd hou ons met Christus die geestelike pasga, 1 Kor. 5:7.
18 Dit wil voorkom of hierdie eerste beker deur Christus gegee is as ’n afsluiting van die pasga, volgens die Joodse gewoonte, waarop die instelling van die nagmaal onmiddellik gevolg het, waar die beker ná die uitdeling van die brood ook uitgedeel is. Sien verse 19, 20. 1 Kor. 11:25.
f Matt. 26:26. Mark. 14:22. 1 Kor. 11:23, 24. 19 Sien Matt. 26:26 en die kanttekeninge vir die verklaring hiervan.

20 Of: oorgegee, naamlik in die dood.

21 Of: aandete.

22 Dit is, hierdie wyn in die beker.

23 Hierdie woordjie is ontbreek in die Grieks, maar kan bygevoeg word, net soos Paulus dit doen in 1 Kor. 11:25.

24 Dit is, ’n teken en seël van die nuwe testament of verbond, wat bevestig is deur die bloedstorting van Jesus Christus, Hebr. 9:15-17.

25 Dit is, sal word, naamlik aan die kruis.

g Matt. 26:23. Mark. 14:18. Joh. 13:21.  
h Ps. 41:10. Joh. 13:18. Hand. 1:16. 26 Naamlik deur die raad en voorsienigheid van God, Hand. 2:23; 4:28.

27 Of: oorgelewer.

28 Of: stryd, wat skynbaar ontstaan het omdat Christus in vers 18 gespreek het oor die oprigting van sy koninkryk.

29 Of: skyn te wees.

i Matt. 20:25. Mark. 10:42. 30 Of: van die heidene.

31 Dit is, besit en gebruik wêreldse mag, wat die kerklike dienaars hier verbied word, soos in vers 26. 1 Petr. 5:3.

32 Of, soos ’n mens sou sê: genadige here, dit is, aan hulle word belangrike titels toegeskryf.

k 1 Petr. 5:3.

l Luk. 9:48.

33 Gr. die groter een. Dit is, die onder julle wat die meeste geag wil wees. Sien Matt. 20:26.

34 Gr. die jonger een, dit is, die jongste, of laaste, of minste geag. Want die jongmense het vanweë hul jonkheid gewoonlik minder aansien as die oues.

35 Dit is, heer, of meester.

m Matt. 20:28. Joh. 13:14. Filip. 2:7.  
n Luk. 12:32. 36 Dit is, Ek bemaak, legateer of maak beskikkings, soos in ’n testament, Hebr. 9:17.
o Matt. 19:28. Openb. 3:21. 37 Dit is, gemeenskap hê met my vreugde en heerlikheid, soos julle hier het met my lyding en veragting, Rom. 8:17. 2 Tim. 2:11, 12.

38 Sien hieroor Matt. 19:28 se kanttekening.

p 1 Petr. 5:8. 39 Of: geëis, of: baie gesoek.

40 Dit is, herwaarts en derwaarts gooi of skud, soos koring, as dit gewan of gesif word, sonder om julle met rus te laat, met die een versoeking ná die ander, 1 Petr. 5:8.

  41 Dit is, ten ene male vergaan, of uitgeblus word deur die versoeking van die Satan, wat jy sal ondervind. Net so bid Hy ook vir alle gelowiges, Joh. 17:20. Rom. 8:34.
q Matt. 26:34. Mark. 14:30. Joh. 13:38. 42 Sien hieroor Mark. 14:30 se kanttekening.
r Matt. 10:9. Mark. 6:8. Luk. 9:3.
  43 Dit is, van nou af en hierna, wanneer Ek julle weer sal uitstuur, sal julle sulke moeilikhede oorkom, dat julle jul moet gereedmaak om baie gebrek te ly en baie gevare te trotseer in die bediening van julle amp.

44 Naamlik swaard. Of: wie geen beurs of reissak het nie, moet sy kleed verkoop, ens. Met hierdie gelykenis vermaan Christus die apostels. Soos elkeen in ’n geweldige oorval en nood deur vyande besig is om hom van swaarde en ander wapens te voorsien, so ook in die geval van die geestelike stryd met geestelike wapens. Dat hulle ook net so in hierdie komende swaar tye van vervolging hulle moet voorsien van geestelike wapens, om daardeur sterk weerstand te bied. Sien 2 Kor. 10:4. Ef. 6:12. 1 Tim. 1:18. Wat die apostels toe nie anders verstaan het as van die fisiese wapens nie, soos blyk uit vers 38.

s Jes. 53:12. Mark. 15:28. 45 Gr. diegene sonder wet, in die sin van die ongeregtiges. Sien 2 Thess. 2:8 se kanttekening.

46 Dit is, gaan na die einde, om spoedig vervul te word.

  47 Naamlik genoeg hieroor gesê; die saak self sal binnekort wys van watter swaarde Ek spreek, Joh. 18:36.
t Matt. 26:36. Mark. 14:32. Joh. 8:1; 18:1.
v Matt. 26:39. Mark. 14:35. 48 Gr. Hy is van hulle weggeruk.
x Joh. 6:38. 49 Anders: as U wil, neem hierdie beker van My weg. Sien oor hierdie gebed van Christus Matt. 26:39 se kanttekening.
y Joh. 12:27. Hebr. 5:7. 50 Of: groot angs, benoudheid. Dit word eintlik gesê van die vrees wat iemand ervaar voordat ’n stryd begin; wat hier in Christus was, nie soseer vanweë die komende liggaamlike dood nie, maar vanweë die las van die toorn van God teen die sondes van die mense, wat Hy gedra het, Gal. 3:13. Hebr. 5:7-9.

51 Die Griekse woord beteken eintlik druppels gestolde bloed; maar word ook verstaan as groot swaar druppels.

z Matt. 26:47. Mark. 14:43. Joh. 18:3. 52 Naamlik volgens die teken wat hy hulle tevore gegee het, Matt. 26:48.
a Matt. 26:51. Mark. 14:47. 53 Naamlik Petrus.

54 Met die naam Malchus, Joh. 18:10.

  55 Of: laat hulle tot hiertoe begaan.
b Matt. 26:55. Mark. 14:48. 56 Naamlik vir sommige van hulle, deur die ander gestuur om hierdie werk uit te voer, Matt. 26:47.

57 Gr. houte.

  58 Dit is, die mag oor My, wat deur God gegee is aan die duiwel, wat ’n prins van die duisternis genoem word, Ef. 6:12, en sy instrumente, Kol. 1:13.
c Matt. 26:57. Mark. 14:53. Joh. 18:12, 24. 59 Naamlik eers na Annas, en daarna na Kájafas, Joh. 18:13, 24.
d Matt. 26:69. Mark. 14:54, 66. Joh. 18:16, 25.  
  60 Gr. lig, dit is, vuur. Sien vers 55. Mark. 14:54.
  61 Naamlik die dissipels van Jesus.
  62 Soos dit blyk uit sy spraak, Matt. 26:73.
  63 Naamlik vir die tweede keer, teen dagbreek. Sien Mark. 14:72.
e Matt. 26:34, 75. Mark. 14:72. Joh. 13:38; 18:27. 64 Dit is, voordat sy gekraai geëindig het.
f Matt. 26:67. Mark. 14:65.

g Job 16:10. Jes. 50:6. Joh. 19:3.

  65 Dit is, lasterlik oor Hom en tot Hom gespreek.
h Ps. 2:2. Matt. 27:1. Mark. 15:1. Joh. 18:28. 66 Gr. presbuterion, dit is, raad van oudstes.

67 Naamlik vir die tweede keer, om Hom nader te ondervra en aan Pilatus oor te lewer. Sien oor die eerste vergadering Matt. 26:57.

68 Gr. sunedrion, sien Matt. 5:22 se kanttekening.

  69 Of: Is U die Christus? Sê vir ons.
i Dan. 7:9. Matt. 16:27; 24:30; 25:31; 26:64. Mark. 14:62. Hand. 1:11. 1 Thess. 1:10. Openb. 1:7. 70 Naamlik nadat Hy gedood is, weer sal opstaan uit die dode en sal opvaar na die hemel.
  71 Of: U sê dit, want Ek is dit. Sien oor hierdie manier van spreek Matt. 26:25 se kanttekening.