Statevertaling – Bybelstigting
Jesus voor Pilatus en voor Herodes.
(Matt. 27:1, 2, 11-31 en ooreenk. pl.)
ENa 1die hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na 2Pilatus gelei.
En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man 3die volk verlei en bverbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl cHy sê dat Hy self Christus, die 4Koning, is.
dToe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom en sê: 5U sê dit.
En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen 6skuld in hierdie man nie.
Maar hulle 7het aangehou en gesê: Hy maak die volk oproerig met sy leer die hele Judéa deur, vandat Hy in Galiléa begin het tot hiertoe.
En toe Pilatus van Galiléa hoor, vra hy of die man ’n Galiléër is.
eEn nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied van 8Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae 9in Jerusalem was.
fEn toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander 10teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.
En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.
En die 11owerpriesters en die skrifgeleerdes het Hom heftig staan en beskuldig.
En nadat Herodes saam met sy 12soldate Hom 13met veragting behandel en bespot het, werp hy Hom ’n 14blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.
gEn Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar.
h15Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sê vir hulle:
Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid 16ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;
ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar 17is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie.
Nadat ek Hom dan 18gekasty het, sal ek Hom loslaat.
iEn hy 19was verplig om vir hulle op 20die fees een los te laat.
Maar die hele menigte skreeu en sê: k21Weg met Hom, en laat vir ons Barábbas los!
Dié was oor ’n sekere opstand wat in die stad plaasgevind het, en oor ’n moord in die gevangenis gewerp.
Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy Jesus wou loslaat;
maar hulle het aangehou roep en sê: Kruisig, kruisig Hom!
En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan 22kasty en loslaat.
Maar hulle het aangehou met ’n 23harde geroep en geëis dat Hy gekruisig moes word; en hulle geroep en dié van die owerpriesters 24het die oorhand gekry.
lToe 25gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word.
En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy 26aan hulle wil oorgelewer.
Jesus op weg na Gólgota.
mEN toe hulle Hom weglei, neem hulle ’n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, en 27sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.
En ’n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat 28rou bedryf en Hom beklaag het.
Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesê: 29Dogters van Jerusalem, 30moenie oor My ween nie, maar 31ween oor julleself en oor julle kinders;
want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is 32die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.
Dan sal hulle vir die berge 33begin sê: nVal op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!
oWant as hulle dit doen aan die 34groen hout, 35wat sal met die droë gebeur!
pEn daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word.
Die kruisiging.
(Matt. 27:33-56 en ooreenk. pl.)
qEN toe hulle op die plek kom wat 36Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter- en een aan die linkerkant.
En Jesus sê: rVader, vergeef hulle, want 37hulle weet nie 38wat hulle doen nie. sEn hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.
En die volk het dit staan en aanskou. En tdie owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, 39die uitverkorene van God, is.
En die soldate het Hom ook bespot en gekom 40en vir Hom asyn gebring
en gesê: As U die Koning van die Jode is, verlos Uself.
vEn daar was ook ’n 41opskrif 42bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.
En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.
Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? —
ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.
En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u 43koninkryk kom.
En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My 44in die Paradys wees.
xEn dit was omtrent 45die sesde uur, en daar het duisternis 46oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe;
en die 47son is verduister; yen die 48voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.
En Jesus het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: zVader, in u hande 49gee Ek 50my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
aEn toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy God 51verheerlik en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig.
En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het 52op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.
En al sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galiléa gevolg het, het hierdie dinge gesien.
Die begrafnis.
(Matt. 27:57-66 en ooreenk. pl.)
bEN daar was ’n man met die naam van Josef, ’n lid van die Raad, ’n goeie en regverdige man
— hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie — van Arimathéa, ’n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God 53verwag het.
Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra
en dit afgehaal en in linne toegedraai cen dit neergelê in ’n graf wat uit ’n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.
54En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat 55wou aanbreek.
En die vroue dwat saam met Hom van Galiléa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.
Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus 56volgens die gebod.
| a Matt. 27:2. Mark. 15:1. Joh. 18:28. | 1 Dit is, die hele Raad, Luk. 22:66.
2 Naamlik die goewerneur van die Romeine; sien oor hom Matt. 27:2. |
| b Matt. 17:25; 22:21. Mark. 12:17. Luk. 20:25. Rom. 13:7.
c Hand. 17:7. |
3 Naamlik van die Jode.
4 Naamlik van die Jode. |
| d Matt. 27:11. Mark. 15:2. Joh. 18:33. | 5 Dit is, ja, dit is Ek. Sien Matt. 26:25. Joh. 18:37. |
| 6 Gr. oorsaak, naamlik waarom Hy die doodstraf verdien nie. |
| 7 Of: het hulle daarteen verset. |
| e Luk. 3:1. | 8 Hy was ook bekend as Antipas, ’n seun van Herodes die Grote, ’n viervors oor Galiléa, wat Johannes die Doper laat onthoof het. Sien oor hom Luk. 3:1, 19.
9 Naamlik om die fees van die pasga met die volk te vier. |
| f Luk. 9:7. | 10 Dit is, wonder; slegs uit nuuskierigheid, wat Christus nie wou bevredig nie. |
| 11 Naamlik wat Pilatus saam met Christus na Herodes gestuur het, vers 15. |
| 12 Gr. leërs, dit is, van sy trawante.
13 Gr. tot niks gemaak, as niks geag. 14 Of: sierlik, die soort klere wat konings en prinse gewoonlik gedra het, Gén. 41:42. Est. 8:15, wat hy doen om te spot met Christus se koninkryk, soos die soldate ook gedoen het, Matt. 27:28, toe hulle vir Hom ’n rooi mantel aangetrek het. |
| g Hand. 4:27. |
| h Matt. 27:23. Mark. 15:14. Joh. 18:38; 19:4. | 15 Naamlik nadat Herodes Christus na Pilatus teruggestuur het. |
| 16 Die Griekse woord beteken soms geregtelik ondervra of ondersoek. Sien dergelike in Hand. 12:19 en die kanttekening. |
| 17 Of: aan Hom, naamlik deur Herodes. Sommige verstaan dit so, dat Herodes Christus niks aangedoen het waaruit kan blyk dat hy geoordeel het dat Hy die dood verdien het nie. |
| 18 Dit is, gegésel, soos verklaar word in Joh. 19:1. |
| i Matt. 27:15. Mark. 15:6. Joh. 18:39. | 19 Naamlik deur ’n gewoonte, wat by die Jode gebruiklik was. Sien Matt. 27:15. Mark. 15:6, 8.
20 Naamlik pasga. Sien Joh. 18:39. |
| k Hand. 3:14. | 21 Gr. Neem hierdie Een weg, naamlik van die aarde, dit is, maak Hom dood; soos in Hand. 21:36; 22:22. |
| 22 Dit is, gésel, soos in vers 16. |
| 23 Gr. met groot stemme.
24 Dit is, het hoe langer hoe sterker en luider geword. |
| l Matt. 27:26. Mark. 15:15. Joh. 19:16. | 25 Of: staan dit hulle toe. |
| 26 Naamlik om volgens hulle wil deur die soldate gekruisig te word. |
| m Matt. 27:32. Mark. 15:21. | 27 Naamlik nadat Christus dit ’n tyd lank self gedra het. Sien hieroor Matt. 27:32 se kanttekening. Joh. 19:17. |
| 28 Gr. op hul bors slaan, dit is, luid geween het. |
| 29 Dit is, vroue wat in Jerusalem woon.
30 Dit is, nie soseer nie. 31 Naamlik liewer. |
| 32 Naamlik omdat hulle nie hulle kinders so sal sien swaarkry nie. |
| n Jes. 2:19. Hos. 10:8. Openb. 6:16; 9:6. | 33 Naamlik uit groot skrik en benoudheid, soos in Hos. 10:8. Openb. 6:16. |
| o Jer. 25:29. 1 Petr. 4:17. | 34 Gr. vogtig, dit is, aan My, wat onskuldig en regverdig is.
35 Dit is, wat sal dan met die goddeloses en skuldiges gebeur! Sien dergelike in 1 Petr. 4:17, 18. |
| p Joh. 19:18. |
| q Matt. 27:33, 38. Mark. 15:22. Joh. 19:18. | 36 Sien oor die oorsprong van hierdie naam Matt. 27:33 se kanttekening. |
| r Hand. 7:60. 1 Kor. 4:12.
s Ps. 22:19. Matt. 27:35. Mark. 15:24. Joh. 19:23. |
37 Dit is, die meeste van hulle. Want sommige van hulle het dit wel geweet en het teen die Heilige Gees gesondig, Matt. 12:31, 32 en die kanttekeninge.
38 Naamlik dat hulle die ware Messías kruisig. Sien Hand. 3:17. 1 Kor. 2:8. |
| t Matt. 27:39. Mark. 15:29. | 39 Dit is, deur God uitverkies om die ware Messías te wees, 1 Petr. 1:20. |
| 40 Sien hieroor Matt. 27:34, 48. |
| v Matt. 27:37. Mark. 15:26. Joh. 19:19. | 41 Naamlik met sy beskuldiging, Mark. 15:26.
42 Dit is, bokant sy hoof, aan die kruis vasgeheg, Joh. 19:19. |
| 43 Naamlik van u heerlikheid. |
| 44 Dit is, in die hemel, 2 Kor. 12:4. |
| x Matt. 27:45. Mark. 15:33. | 45 Sien Mark. 15:25 se kanttekening oor die telling van hierdie ure.
46 Of: oor die hele land. |
| y Matt. 27:51. Mark. 15:38. | 47 Sien hieroor Matt. 27:45 se kanttekening.
48 Sien Matt. 27:51 se kanttekening. |
| z Ps. 31:6. Matt. 27:50. Mark. 15:37. Joh. 19:30. Hand. 7:59. | 49 Of: sal Ek oorgee of beveel, dit is, in bewaring gee as pand, wat aan iemand toevertrou word om op die bestemde tyd terug te gee.
50 Dit is, my siel. |
| a Matt. 27:54. Mark. 15:39. | 51 Naamlik in die openbaar bely dat Christus onskuldig en die Seun van God was, omdat God sulke duidelike tekens daarvan gegee het, Matt. 27:51, ens. |
| 52 Naamlik as ’n teken van droefheid en verslaenheid. |
| b Matt. 27:57. Mark. 15:43. Joh. 19:38. |
| 53 Of: ontvang het, aangeneem het. |
| c Matt. 12:40; 26:12; 27:59. Mark. 15:46. |
| 54 Gr. En die dag was die voorbereiding, naamlik van die sabbat, en daarmee saam die pasga van die Jode. Sien Mark. 15:42. Joh. 19:14.
55 Dit is, het begin om aan te breek, met die opgang van die sterre. Want by die Jode het die dag begin by sonsondergang, en is gereken van die een aand tot die volgende. |
| d Luk. 8:2. |
| 56 Naamlik die vierde gebod, Ex. 20:10. |