Statevertaling – Bybelstigting
Die opstanding.
(Matt. 28:1-16 en ooreenk. pl.)
ENa 1baie vroeg in die môre, 2op die eerste dag 3van die week, het hulle en 4ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was.
En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.
En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.
En terwyl hulle hieroor 5in verleentheid was, staan daar twee 6manne by hulle in 7blink klere.
En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?
Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. bOnthou hoe Hy vir julle 8gesê het toe Hy nog in Galiléa was:
Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.
En hulle het sy woorde conthou.
dHulle gaan toe terug van die graf en vertel dit alles aan die elf en aan 9al die ander.
En dit was Maria Magdaléna en 10Johanna en Maria, die moeder van 11Jakobus, en die ander vroue saam met hulle wat dit aan die apostels vertel het.
En hul woorde het vir hulle na 12onsinnige praatjies gelyk, en hulle het hul nie geglo nie.
eMaar Petrus het opgestaan en 13na die graf gehardloop; en toe hy neerbuk, sien hy die doeke alleen lê. En hy het weggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het.
Die Émmaüsgangers.
fEN twee 14van hulle was dieselfde dag op pad na ’n dorp wat 15agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs.
En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het.
En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, gkom Jesus self nader en loop met hulle saam.
Maar hulle oë is 16weerhou, 17sodat hulle Hom nie kon herken nie.
En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle 18bedroef?
En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen 19’n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?
En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, h20wat ’n profeet was, kragtig in 21werk en woord voor 22God en die hele 23volk;
en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het.
En ons het gehoop dat dit Hy was iwat 24Israel 25sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.
kMaar sommige vroue 26uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf was;
en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook ’n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe.
En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.
En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!
lMoes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid 27ingaan nie?
mEn Hy het begin van Moses en nal die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy 28het gemaak of Hy verder wou gaan;
omaar hulle het by Hom 29aangedring en gesê: pBly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.
En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en 30dank; en Hy 31breek dit en gee dit aan hulle.
Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en 32Hy het uit hulle gesig verdwyn.
En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte 33uitgelê het nie?
Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was,
34wat sê: Die Here het waarlik opgestaan qen het aan Simon verskyn.
Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.
Verskyning van Jesus aan die apostels.
(Joh. 20:19 vv.)
rEN terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!
Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle 35’n gees sien.
En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?
Kyk na my hande en my voete, 36want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ’n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.
En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.
En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: sHet julle hier iets 37om te eet?
Daarop gee hulle Hom ’n stuk gebraaide vis en ’n stuk heuningkoek.
En Hy het dit geneem en 38voor hulle oë geëet.
En Hy sê vir hulle: tDit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog 39by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.
Toe 40open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.
En Hy sê vir hulle: vSo is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,
en bekering en xvergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, y41van Jerusalem af en verder.
En julle is getuies van hierdie dinge.
zEn kyk, Ek stuur die 42belofte van my Vader op julle. aMaar julle moet in die stad Jerusalem 43bly totdat julle toegerus is met 44krag 45uit die hoogte.
Die hemelvaart.
(Hand. 1:9-11.)
bEN Hy het hulle 46uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.
cEn terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.
En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap.
En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en 47gedank. Amen.
| a Matt. 28:1. Mark. 16:1. Joh. 20:1. | 1 Sien hieroor Mark. 16:2 se kanttekening. Gr. diep in die môrestond, dit is, baie vroeg.
2 Gr. op een. 3 Gr. van die sabbatte. Sien Matt. 28:1 en Mark. 16:2 se kanttekeninge. 4 Naamlik ander vroue; sien meer oor hulle in vers 10. |
| 5 Of: in verwarring, baie bekommerd.
6 Dit is, engele in die gedaante van mans. Sien Matt. 28:2, waar net van een geskryf word, omdat hy die woord gevoer het. 7 Die Griekse woord dui op die weerlig. Dit is, die klere het geglinster soos ’n weerligstraal. |
| b Matt. 16:21; 17:22; 20:18. Mark. 8:31; 9:31; 10:33. Luk. 9:22; 18:31. | 8 Sien hieroor Matt. 16:21. |
| c Joh. 2:22. |
| d Matt. 28:8. Mark. 16:10. | 9 Naamlik dissipels wat daar vergader was. |
| 10 Sien oor hierdie Johanna Luk. 8:3.
11 Naamlik die kleine. Sien Mark. 15:40. |
| 12 Of: dwaasheid, geyl. |
| e Joh. 20:3, 6. | 13 Naamlik met Johannes. Sien Joh. 20:3. |
| f Mark. 16:12. | 14 Nie van die apostels nie, maar van die ander dissipels, soos blyk uit verse 18, 33.
15 Gr. sestig stadia. [’n Stadion is ongeveer eenhonderd-vyf-en-tagtig meter.] Sestig stadia is sowat twee en ’n half uur se stap. |
| g vers 36. Matt. 18:20. |
| 16 Naamlik, deur Christus se mag.
17 Of: sodat hulle Hom nie sou herken nie. |
| 18 Of: ontsteld. |
| 19 Of: ’n inwoner. |
| h Luk. 7:16. Joh. 4:19; 6:14. | 20 Gr. wat ’n man, ’n profeet was.
21 Of: daad. 22 God het deur baie wondertekens sodanig van Hom getuig. 23 Naamlik wat dit met verwondering en lof gehoor en gesien het. |
| i Hand. 1:6. | 24 Dit is, die Israelitiese of Joodse volk.
25 Dit is, sou verlos het. |
| k Matt. 28:8. Mark. 16:10. Joh. 20:18. | 26 Dit is, van ons geselskap. |
| l Jes. 50:6; 53:5. Filip. 2:7. Hebr. 12:2. 1 Petr. 1:11. | 27 Naamlik na of deur sy lyde, Hebr. 2:9. 1 Petr. 1:11. |
| m Gén. 3:15; 22:18; 26:4; 49:10. Deut. 18:15.
n Ps. 132:11. Jes. 7:14; 9:5; 40:10. Jer. 23:5; 33:14. Eség. 34:23; 37:25. Dan. 9:24. Miga 7:20. |
| 28 Of: het Hom gedra asof; wat sonder om te veins plaasgevind het, om hulle op die proef te stel. Hy sou ook verder gegaan het, as hulle nie by Hom aangedring het om te bly nie. |
| o Gén. 19:3.
p Hand. 16:15. Hebr. 13:2. |
29 Naamlik deur smeking en aanhou. Sien Gén. 33:11. |
| 30 Gr. seën. Naamlik deur gebed en danksegging, 1 Tim. 4:4, 5.
31 Naamlik volgens die wyse van die Jode aan die begin van hul maaltye. Die brood was so gebak dat dit maklik gebreek kon word, Hand. 2:46. |
| 32 Gr. Hy het onsigbaar vir hulle geword, dit is, Hy het Hom haastig van hulle gesig onttrek. |
| 33 Gr. geopen. |
| q 1 Kor. 15:5. | 34 Naamlik die elf, en diegene wat by hulle was. |
| r Mark. 16:14. Joh. 20:19. 1 Kor. 15:5. |
| 35 Dit is, spook. Sien Matt. 14:26. Of ’n engel in mensegedaante, Hand. 12:9. |
| 36 Of: dat dit Ek self is. |
| s Joh. 21:10. | 37 Gr. eetbaar. |
| 38 Nie dat Hy dit nodig gehad het nie, omdat Hy onsterflik geword het; maar om hulle te verseker dat Hy nog dieselfde liggaam gehad het. Sien Hand. 10:41. |
| t vers 6. Matt. 16:21; 17:22; 20:18. Mark. 8:31; 9:31; 10:33. Luk. 9:22; 18:31. | 39 Dit is, openlik en geduriglik met julle verkeer het voor my dood. |
| 40 Naamlik deur die verligting van sy Heilige Gees, Hand. 16:14. 1 Kor. 2:13. |
| v Ps. 22:7. Hand. 17:3. |
| x Hand. 13:38. 1 Joh. 2:12.
y Hand. 2:4, 5. |
41 Aangesien die Messías vernaamlik aan die Jode belowe was, Rom. 1:16, en die evangelie uit Sion en Jerusalem moes uitgaan, Jes. 2:3. |
| z Joh. 14:26; 15:26; 16:7. Hand. 1:4.
a Hand. 1:4. |
42 Dit is, die Heilige Gees, wat Ek julle belowe het van die Vader gestuur sal word, Joh. 14:16; 15:26. Hand. 1:4.
43 Gr. sit. 44 Naamlik met die Heilige Gees, Hand. 1:8. 45 Dit is, uit die hemel, Hand. 2:2. Hebr. 1:3. |
| b Hand. 1:12. | 46 Sien breedvoeriger hieroor in Hand. 1:12. |
| c Mark. 16:19. Hand. 1:9. |
| 47 Gr. geseën. |
Einde van die heilige evangelie volgens (die beskrywing van) LUKAS.