Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 3

Prediking van Johannes die Doper.

(Matt. 3:1-12 en ooreenk. pl.)

1

EN in die vyftiende jaar van die regering van keiser 1Tibérius, toe 2Pontius Pilatus goewerneur was van Judéa en Herodes 3viervors van Galiléa, en Filippus, sy broer, viervors van Ituréa en die land Trachonítus, en Lisánias viervors van Abiléne,

2

tydens die ahoëpriesterskap van 4Annas en Kájafas, het die woord van God gekom tot Johannes, die seun van Sagaría, 5in die woestyn.

3

bEn hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig;

4

soos geskrywe is in die boek van die woorde van cJesaja, die profeet, waar hy sê: 6Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.

5

Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal ’n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.

6

dEn 7alle vlees sal 8die heil van God sien.

7

Toe sê hy vir die skare wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: e9Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

8

Dra dan vrugte wat 10by die bekering fpas, en moenie 11by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.

9

gMaar 12die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

10

En die skare het hom gevra en hgesê: 13Wat moet ons dan doen?

11

En hy antwoord en sê vir hulle: iWie twee kledingstukke het, 14moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.

12

En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?

13

En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle 15voorgeskrywe is nie.

14

En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy sê vir hulle: Julle moet niemand 16geweld aandoen of iets 17afpers nie; en wees tevrede met julle soldy.

15

En terwyl die volk in 18verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Christus was nie,

16

antwoord Johannes almal en sê: kEk doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie — lHy sal julle doop 19met die Heilige Gees en met 20vuur.

17

mSy 21skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.

18

Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.

19

nMaar toe 22Herodes, die viervors, deur hom bestraf is oor Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het,

20

het hy by alles nog dít gevoeg, dat hy Johannes in die gevangenis opgesluit het.

Jesus gedoop.

(Matt. 3:13-17 en ooreenk. pl.)

21

oEN toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan;

22

en die 23Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ’n duif op Hom neergedaal; en ’n stem het uit die hemel gekom wat sê: pU is my geliefde Seun; in U het Ek ’n welbehae.

Die geslagsregister van Jesus.

(Matt. 1:1-17.)

23

EN Hy, Jesus, was omtrent 24dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, qdie seun van Josef, 25die seun van Eli,

24

die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Melgi, die seun van Janna, die seun van Josef,

25

die seun van Mattatías, die seun van Amos, die seun van Nahum, die seun van Esli, die seun van Nággai,

26

die seun van Maät, die seun van Mattatías, die seun van Sémeï, die seun van Josef, die seun van Juda,

27

die seun van Jóhanan, die seun van Resa, die seun van 26Serubbábel, die seun van Seáltiël, die seun van Neríja,

28

die seun van Melgi, die seun van Addi, die seun van Kosam, die seun van Elmódam, die seun van Er,

29

die seun van Joses, die seun van Eliëser, die seun van Jorim, die seun van Mattat, die seun van Levi,

30

die seun van Símeon, die seun van Juda, die seun van Josef, die seun van Jonan, die seun van Éljakim,

31

die seun van Meléas, die seun van Mainan, die seun van Máttata, die seun van 27Natan, die seun van Dawid,

32

die seun van Ísai, die seun van Obed, die seun van Boas, die seun van Salmon, die seun van Nagson,

33

die seun van Ammínadab, die seun van Ram, die seun van Hesron, die seun van Peres, die seun van Juda,

34

die seun van Jakob, die seun van Isak, die seun van Abraham, die seun van rTera, die seun van Nahor,

35

die seun van Serug, die seun van Rehu, die seun van Peleg, die seun van Heber, die seun van Sela,

36

die seun van 28Kainan, die seun van Arpágsad, die seun van Sem, die seun van 29Noag, die seun van Lameg,

37

die seun van Metúsala, die seun van Henog, die seun van Jered, die seun van Mehaláleël, die seun van Kenan,

38

die seun van Enos, die seun van Set, die seun van sAdam, 30die seun van God.

1 Hy was die derde keiser in die Romeinse Ryk, wat Augustus in die Ryk opgevolg het, onder wie se regering Christus ook gesterf het.

2 Nadat Archeláüs, die oudste seun van Herodes die Grote, wat oor Judéa regeer het, Matt. 2:22, as gevolg van sy slegte regering deur die Romeine verban was, het die Romeinse keisers daardie land voortaan deur hul goewerneurs laat regeer, onder wie hierdie Pilatus die vyfde was. Die ander seuns van Herodes het die res van die land Kanaän regeer.

3 Sien Matt. 14:1 se kanttekening oor hierdie viervorste, in wie se lande, wat hier genoem word, Christus gereeld gepreek het, soos ook in Abiléne, wat in Dekápolis geleë was, Matt. 4:25. Mark. 5:20.

a Hand. 4:6. 4 Annas was die skoonvader van Kájafas, Joh. 18:13, en hulle word hier as twee hoëpriesters gestel, óf omdat die hoëpriesters altyd ’n plaasvervanger gehad het, wat hul plek beklee het as hulle onrein of siek was. Sien Núm. 3:32. 1 Kon. 4:4. 2 Kon. 23:4; 25:18. Óf omdat hulle toentertyd die een die een jaar en die ander die ander jaar die hoëpriesteramp bedien het; sien Joh. 11:49, 51. Hand. 4:6; aangesien die opvolging van die regte hoëpriesters uit Aäron se nageslag in verval geraak en dat die amp nou ’n weldaad of geskenk van die Romeine geword het.

5 Sien oor hierdie woestyn Matt. 3:1 se kanttekening.

b Matt. 3:1. Mark. 1:4.  
c Jes. 40:3. Matt. 3:3. Mark. 1:3. Joh. 1:23. 6 Sien Jes. 40:3 en Matt. 3:3 se kanttekeninge oor hierdie stem en profesie.
d Ps. 98:2. Jes. 52:10. 7 Dit is, allerlei soorte mense. Sien Joël 2:28. Hand. 2:17.

8 Sien Luk. 2:30 en die kanttekening.

e Matt. 3:7; 23:33. 9 ’n Adder is ’n soort slang wat baie giftig is. Sien Hand. 28:3, 6.
f Matt. 3:9. Joh. 8:39. Hand. 13:26. 10 Of: waardig, of betaamlik is, en met die ware bekering ooreenkom.

11 Gr. in julleself.

g Matt. 3:10; 7:19. 12 Dit is, die straf van God is gereed en kom nader, vir diegene wat die verkondiging van die evangelie hoor, maar geen vrugte voortbring nie.
h Hand. 2:37. 13 Naamlik om aan hierdie straf te ontkom en salig te word.
i Jak. 2:13, 15. 1 Joh. 3:17. 14 Dit is, moet so die liefde aan sy behoeftige naaste betoon, dat hy, eerder as om hom gebrek te laat ly, liewer aan hom een van sy kledingstukke en ’n deel van sy noodsaaklike voedsel sal gee.
  15 Naamlik deur die owerheid.
16 Die Griekse woord beteken om iemand heen en weer te slinger of te skud; sodat soldate hier verbied word om allerlei stropery, moedswilligheid en onbillike geweld te pleeg.

17 Die Griekse woord beteken wel om iemand valslik te beskuldig, maar Lukas gebruik hierdie woord in die betekenis soos dit hier gestel is, soos ook blyk uit Luk. 19:8 en die kanttekening.

  18 Naamlik oor die koms van die Messías.
k Matt. 3:11. Mark. 1:8. Joh. 1:26. Hand. 1:5; 11:16; 19:4.

l Jes. 44:3. Joël 2:28. Hand. 2:4; 11:15.

19 Gr. in.

20 Sien Matt. 3:11 en die kanttekening.

m Matt. 3:12. 21 Sien Matt. 3:12 en die kanttekening.
n Matt. 14:3. Mark. 6:18. 22 Sien meer oor hierdie geskiedenis in Matt. 14:3 en die kanttekening.
o Matt. 3:13. Mark. 1:9. Joh. 1:32.
p Jes. 42:1. Matt. 17:5. Mark. 9:7. Luk. 9:35. Kol. 1:13. 2 Petr. 1:17. 23 Sien hieroor Matt. 3:16.
q Matt. 13:55. Joh. 6:42. 24 Die priesters moes hierdie ouderdom bereik voordat hulle hul amp ten volle mog bedien, Núm. 4:3. 1 Kron. 23:3.

25 Josef is volgens Matt. 1:16 verwek deur, of gebore uit Jakob, maar hier word hy ’n seun van Eli genoem, omdat hy met Maria getrou het, wat ’n dogter van Eli was; soos Rut ’n dogter van Naómi genoem word, omdat sy die seun van Naómi as man gehad het, Rut 1:11.

26 Sommige meen dat hierdie Serubbábel en Seáltiël dieselfde is wat in Matt. 1:12 beskryf word, en meen dat die geslag van Salomo in Jegónia uitgesterf het, volgens Jer. 22:30. Ander meen egter dat hierdie teks uit Jeremia so verstaan kan word, dat daar gesê word dat hy sonder kinders was wat as koning op sy troon sou sit, omdat die koninklike waardigheid in Jegónia geëindig het; en meen dat uit 1 Kron. 3:17 blyk dat Jegónia eie kinders gehad het; en dit derhalwe waarskynlik is dat hierdie Serubbábel en Seáltiël uit die linie van Natan, ander persone was as dié waarvan Matthéüs spreek; soos dit in verskeie geslagte wat van een stam afkomstig is, dikwels voorkom dat dieselfde name aan nakomelinge gegee word, waarvan hier in dieselfde hoofstuk, verse 24, 29, ’n voorbeeld te vinde is, waar die name van Mattat en Levi twee maal ná mekaar in verskillende persone gevind word.
27 Matthéüs beskryf die geslagsregister van Dawid deur Salomo tot by Josef, die man van Maria. Lukas beskryf hier egter die geslagsregister van Dawid deur Natan, wat ’n broer van Salomo en ’n ander seun van Dawid en Bátseba was, 2 Sam. 5:14. 1 Kron. 3:5; 14:4, tot by Eli, die vader van Maria, wie se seun Josef genoem word, vers 23, omdat hy met sy dogter getrou het. So is dit dan nie vreemd dat hier ander name van Dawid tot by Josef gevind word as by Matthéüs nie, omdat hulle verskillende linies beskryf. Matthéüs noem minder persone as Lukas, aangesien hy verskeie uitlaat, om binne die getal van veertien te bly. Sien Matt. 1:17 se kanttekening.
r Gén. 11:10, ens.  
28 Hierdie naam word nie gevind in die geslagsregister wat deur Moses beskryf word nie, Gén. 10:24; 11:12, ook nie in 1 Kron. 1:24 nie. Dit word gevind in die Griekse vertaling, wat toentertyd onder die Jode gebruiklik was; waarom sommige meen dat dit ook wel ooreenkom met dit wat Moses beskryf, omdat Arpágsad Sela sou verwek het deur sy seun Kainan; soos ’n mens ook kan sien in 1 Kron. 4:1.

29 Gr. Noë.

s Gén. 5:3. 30 Adam word hier ’n seun van God genoem, omdat hy nie voortgekom het uit ander mense nie, maar deur God self na sy beeld geskape is. Die engele word ook seuns van God genoem omdat hulle deur God geskape is, Job 1:6; 38:7.