Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 4

Die versoeking.

(Matt. 4:1-11 en ooreenk. pl.)

1

EN aJesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is 1deur die Gees in die woestyn gelei,

2

waar Hy 2veertig dae lank deur die duiwel versoek is; ben Hy het 3niks geëet in dié dae nie; en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword.

3

Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word.

4

Maar Jesus antwoord en sê vir hom: cDaar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.

5

4Toe bring die duiwel Hom op ’n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ’n 5oomblik se tyd.

6

En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, 6want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.

7

As U my dan 7aanbid, sal alles aan U behoort.

8

En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: dDie Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

9

Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel Hom op die dak van die tempel en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer.

10

Want daar is geskrywe: eHy sal sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar,

11

en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ’n klip stamp nie.

12

En Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is gesê: fJy mag die Here jou God nie versoek nie.

13

En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy 8’n tyd lank van Hom gewyk.

Jesus word uit Násaret verdrywe.

14

gEN Jesus het in die krag van die Gees na Galiléa teruggekeer, en daar het ’n gerug aangaande Hom deur die hele omtrek uitgegaan;

15

en Hy het in hulle sinagoges geleer en is deur almal 9geprys.

16

hToe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op 10die sabbatdag in die sinagoge en istaan op om te lees.

17

En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom 11oorhandig; en toe Hy die boek 12oopmaak, kry Hy 13die plek waar geskrywe is:

18

kDie Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het lom die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;

19

mom aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes 14herstel van gesig; om die 15wat gebroke is, 16in vryheid weg te stuur; om die 17aangename jaar van die Here 18aan te kondig.

20

En nadat Hy die boek toegemaak en aan 19die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig.

21

Toe begin Hy vir hulle te sê: 20Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.

22

En almal het vir Hom 21getuienis gegee nen was verwonderd 22oor die aangename woorde wat uit sy mond kom; en hulle sê: oIs Hy nie die seun van Josef nie?

23

En Hy antwoord hulle: Julle sal My ongetwyfeld 23hierdie spreekwoord toevoeg: Geneesheer, genees uself! Alles wat ons hoor pwat in 24Kapérnaüm gebeur het, doen dit hier in u vaderstad ook.

24

En Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, qgeen 25profeet is aangenaam in sy vaderland nie.

25

Maar Ek sê vir julle met waarheid, daar was rbaie weduwees in Israel in die dae van Elía toe die hemel 26toegesluit was drie jaar en ses maande lank, toe daar ’n groot hongersnood gekom het in die hele land,

26

en na nie een van hulle is Elía gestuur nie, behalwe na Sarfat in 27Sidon, na ’n weduwee.

27

En daar was sbaie melaatses in Israel 28in die tyd van Elísa, die profeet, en nie een van hulle is gereinig nie, behalwe Naäman, die Síriër.

28

En almal in die sinagoge is met woede vervul toe hulle dit hoor;

29

en hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou was, om Hom van die krans af te gooi.

30

Maar Hy het tussen hulle 29deur geloop en weggegaan.

31

tEn Hy het afgekom na Kapérnaüm, ’n stad van Galiléa, en hulle op die sabbat geleer.

32

vEn hulle was verslae oor sy leer, want sy woord was 30met gesag.

Genesing van die besetene in Kapérnaüm.

(Mark. 1:23-28.)

33

xEN in die sinagoge was daar ’n man met die gees van ’n onreine duiwel, en hy het met ’n groot stem uitgeskreeu

34

en gesê: Ha! wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: 31die Heilige van God!

35

En Jesus het hom bestraf en gesê: 32Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak.

36

Toe kom daar verbaasdheid oor almal, en hulle praat met mekaar en sê: Wat vir ’n woord is dit, dat Hy met gesag en mag die onreine geeste gebied, en hulle gaan uit!

37

En daar het ’n gerug aangaande Hom uitgegaan na elke plek van die omgewing.

Genesing van Simon se skoonmoeder.

(Matt. 8:14-17 en ooreenk. pl.)

38

yEN Hy het opgestaan uit die sinagoge en in die huis van 33Simon gekom. En Simon se skoonmoeder was aangetas deur ’n hewige koors, en hulle het Hom 34geraadpleeg oor haar.

39

Toe gaan Hy 35oor haar staan en bestraf die koors, en dit het haar verlaat, en sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.

40

zEn 36toe die son ondergaan, het almal hulle siekes, mense met allerhande kwale, na Hom gebring, en Hy het een vir een van hulle adie hande opgelê en hulle gesond gemaak.

41

bEn duiwels het ook uit baie uitgegaan en geskreeu en gesê: U is die Christus, die Seun van God! En Hy het hulle bestraf en nie toegelaat 37om te praat nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus was.

42

cEn toe dit dag geword het, het Hy uitgegaan en na 38’n verlate plek vertrek; en die skare het Hom gesoek en by Hom gekom en Hom teëgehou, dat Hy nie van hulle sou weggaan nie.

43

Maar Hy het vir hulle gesê: Ek moet aan die ander stede ook 39die evangelie van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek 40gestuur.

44

En Hy het verder in die sinagoges van Galiléa gepreek.

a Matt. 4:1. Mark. 1:12. 1 Gr. in die Gees, naamlik van wie hy tevore gespreek het.
b Ex. 34:28. 1 Kon. 19:8. 2 Vernaamlik egter aan die einde, toe die Satan Hom op die hewigste versoek het, soos blyk uit Matt. 4:2.

3 Sien Matthéüs 4 se kanttekeninge oor hierdie vas van Christus, asook hierdie versoekings.

c Deut. 8:3. Matt. 4:4.  
4 Matthéüs beskryf dit as die derde versoeking, Matt. 4:8, waaruit blyk dat die evangeliste hulle nie soseer aan die volgorde bind nie, maar wel aan die saak self.

5 Gr. stip of puntjie van tyd.

  6 Hoewel die duiwel ten onregte hierdie dinge aan homself toeskryf, omdat hy ’n leuenaar is, Joh. 8:44, misbruik hy nogtans dikwels (deur God se toelating en regverdige oordeel oor die sondes van die mense), die eer en rykdom van die wêreld, om mense te verlei, terwyl hy hom soos ’n owerste en god van hierdie wêreld gedra, Joh. 12:31. 2 Kor. 4:4. Ef. 6:12.
  7 Of: voor my neerval, naamlik om my te aanbid.
d Deut. 6:13; 10:20. 1 Sam. 7:3.  
e Ps. 91:11.  
f Deut. 6:16.  
  8 Want dit blyk dat hy teen die tyd van sy lyding Hom weer hewig aangeval het, Joh. 14:30.
g Matt. 4:12. Mark. 1:14. Joh. 4:43. Hand. 10:37.
  9 Gr. verheerlik.
h Matt. 13:54. Mark. 6:1. Joh. 4:43.

i Neh. 8:5, 6.

10 Gr. die dag van die sabbatte.
  11 Sien Hand. 13:15.

12 Gr. ontvou of ontrol, omdat boeke dikwels in die ou tyd op perkamente of papirusrolle geskryf was, Ps. 40:8. Hebr. 10:7. Openb. 6:14.

13 Dit wil voorkom of Christus hier twee plekke uit Jesaja saamgevoeg het; sommige van hierdie woorde staan in Jes. 61:1, en sommige in Jes. 42:7.

k Jes. 61:1.

l Matt. 11:5.

m Jes. 42:7; 61:1, 2. 14 Gr. die verkryging van sig.

15 Of: wat gewond is.

16 Gr. in loslating.

17 So word die tyd van die koms van die Messías en van die verkondiging van die evangelie genoem, omdat die aangename jubeljaar ’n voorbeeld daarvan was, waarop alle goedere wat vervreemd was, na hul eerste eienaar moes teruggaan, en alle diensknegte van die Israeliete in vryheid herstel was, Lev. 25:8, ens.

18 Of: te verkondig, proklameer.

  19 Naamlik van die owerste van die sinagoge.
  20 Dit is, julle hoor nou met jul ore wat vandag vervul is, wat tevore in hierdie profesie gesê is.
n Jes. 50:4. Matt. 13:54. Mark. 6:2. Luk. 2:47.

o Joh. 6:42.

21 Naamlik dat Hy ’n voortreflike leraar was. Sien Mark. 6:2.

22 Gr. oor die woorde van genade of aangenaamheid. Sien Ps. 45:3. Joh. 1:14.

p Matt. 4:13. 23 Gr. hierdie gelykenis.

24 Waar Christus voorheen gewoon en baie wonders gedoen het, Matt. 4:13; 11:23.

q Matt. 13:57. Mark. 6:4. Joh. 4:44. 25 Dit is, leraar van die Woord van God.
r 1 Kon. 17:7. Jak. 5:17. 26 Dit is, sonder reëns, 1 Kon. 17:1, 7.
  27 Dit is, geleë in die gebied van die stad Sidon.
s 2 Kon. 5:14. 28 Of: onder Elísa die profeet.
29 Naamlik, Hy het hul oë deur sy goddelike krag weerhou, sodat hulle Hom nie gesien het nie, of Hy het hulle weerhou, aangesien sy uur nog nie gekom het nie, Joh. 7:30.
t Matt. 4:13. Mark. 1:21.  
v Matt. 7:29. Mark. 1:22. 30 Gr. in gesag, dit is, van groot aansien en krag, Matt. 7:29.
x Mark. 1:23.
  31 Dit is, die Saligmaker, wat deur God daartoe geheilig of afgesonder is, Joh. 10:36.
  32 Gr. Word gemuilband. Sien Mark. 1:25 se kanttekening.
y Matt. 8:14. Mark. 1:29. 33 Naamlik Petrus. Sien Matt. 8:14.

34 Gr. gevra.

  35 Of: bo haar, naamlik met sy hoof oor haar gebuig, om haar aan te spreek.
z Matt. 8:16. Mark. 1:32.

a Mark. 7:32; 8:23, 25.

36 Dit is, toe die sabbat verby was. Sien Mark. 1:32 en die kanttekening.
b Mark. 1:34; 3:11. 37 Of te sê dat hulle geweet het dat Hy die Christus was. Sien Mark. 1:25 se kanttekening vir die rede hiervoor.
c Mark. 1:35. 38 Dit is, ’n woeste of eensame plek, om alleen te wees.
  39 Gr. die koninkryk van God evangeliseer.

40 Naamlik deur God die Vader.