Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 5

Die wonderlike visvangs. Eerste dissipels.

1

ENa toe die skare 1by Hom aandring om die woord van God te hoor, gaan Hy by 2die meer Gennésaret staan

2

en sien twee skuite aan die kant van die meer 3lê; maar die vissers het van hulle af weggegaan en was besig om die nette uit te spoel.

3

Toe klim Hy in een van die skuite wat aan 4Simon behoort het, en vra hom om ’n entjie van die land af weg te vaar, en Hy het gaan sit en die skare van die skuit uit geleer.

4

En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon: bVaar uit na die diep water en laat julle nette sak 5om te vang.

5

En Simon antwoord en sê vir Hom: 6Meester, ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u 7woord sal ek die net laat sak.

6

En toe hulle dit gedoen het, het hulle ’n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur.

7

Daarop wink hulle vir hul 8maats in die ander skuit om hulle te kom 9help. En hulle het gekom en altwee die skuite vol gemaak, sodat hulle amper gesink het.

8

En toe Simon Petrus dit sien, 10val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: 11Gaan weg van my, Here, want ek is ’n sondige man!

9

Want verbaasdheid het hom aangegryp en almal wat by hom was, oor die vangs van visse wat hulle gemaak het;

10

en net so ook vir Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, wat Simon se maats was. En Jesus sê vir Simon: Moenie vrees nie; cvan nou af sal jy 12mense vang.

11

En nadat hulle die skuite aan land gebring het, het hulle alles dverlaat en Hom gevolg.

Die gesondmaking van ’n melaatse.

(Matt. 8:1-4 en ooreenk. pl.)

12

eEN terwyl Hy in een van die 13stede was, kom daar ’n man vol van melaatsheid; en toe hy Jesus sien, val hy op sy aangesig en smeek Hom en sê: Here, as U wil, kan U my reinig.

13

Daarop steek Hy die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil, word gereinig! En dadelik het die melaatsheid hom verlaat.

14

Toe 14gee Hy hom bevel om dit aan niemand te vertel nie; maar, sê Hy, gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging, fsoos Moses voorgeskrywe het, vir hulle tot ’n getuienis.

15

Maar 15die gerug aangaande Hom is nog meer versprei, en groot menigtes het bymekaargekom om te luister en deur Hom van hulle siektes genees te word.

16

Maar Hy het Hom in verlate plekke 16teruggetrek en gebid.

Genesing van ’n verlamde man.

(Matt. 9:1-8 en ooreenk. pl.)

17

EN op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here 17om hulle te genees.

18

gEn daar het manne ’n mens wat 18verlam was, op ’n bed gebring, en hulle het probeer om hom in te bring en voor Hom neer te sit.

19

En toe hulle vanweë die skare geen kans sien om hom in te bring nie, klim hulle 19op die dak en laat hom met die bed afsak deur 20die panne tussen die mense in en voor Jesus.

20

En toe Hy 21hulle geloof 22sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.

21

En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het begin redeneer en sê: Wie is Hy wat so godslasterlik praat? hWie kan sondes vergewe behalwe God alleen?

22

Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk, en Hy antwoord en sê vir hulle: Wat redeneer julle in jul harte?

23

Wat is 23makliker, om te sê: Jou sondes is jou vergewe; of om te sê: Staan op en loop?

24

Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe — sê Hy vir die verlamde man: Ek sê vir jou, staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

25

Hy staan toe onmiddellik voor hulle op, neem die bed op waar hy op gelê het, en gaan na sy huis, terwyl hy God 24verheerlik.

26

En 25verbasing het almal aangegryp, en hulle het God verheerlik en is met vrees vervul en het gesê: Ons het vandag 26ongelooflike dinge gesien.

Roeping van Levi.

(Matt. 9:9-13 en ooreenk. pl.)

27

iEN ná hierdie dinge het Hy 27uitgegaan en ’n tollenaar met die naam van 28Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: Volg My.

28

En hy het alles verlaat en opgestaan en Hom gevolg.

29

En Levi het ’n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; ken daar was ’n groot menigte van tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was.

30

En 29hulle skrifgeleerdes en die Fariseërs het by sy dissipels gemurmureer en gesê: Waarom eet en drink julle saam met die tollenaars en sondaars?

31

En Jesus antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat 30ongesteld is.

32

lEk het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Wat dit beteken om te vas.

(Matt. 9:14-17 en ooreenk. pl.)

33

mTOE sê hulle vir Hom: Waarom 31vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede; so ook dié van die Fariseërs; maar u dissipels 32eet en drink?

34

En Hy sê vir hulle: nKan julle die 33bruilofsgaste dan laat vas solank as die bruidegom by hulle is?

35

Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae.

36

En Hy het ook aan hulle ’n 34gelykenis vertel: Niemand sit ’n lap van ’n nuwe kleed op ’n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook, en die lap wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie.

37

En niemand gooi onuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan.

38

Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou.

39

En niemand wat ou wyn gedrink het, wil dadelik nuwe hê nie; want hy sê: Die oue is 35beter.

a Matt. 13:2. Mark. 4:1. 1 Gr. op of teen Hom lê.

2 Word anders ook die see van Galiléa en die see van Tibérias genoem; ’n binnelandse meer, wat nêrens in die see uitkom nie.

  3 Gr. langs die meer staan.
  4 Naamlik Petrus. Sien vers 8.
b Joh. 21:6. 5 Gr. tot die vangs.
6 Gr. Epistata (iemand wat oor ander gestel is), waarvoor die ander evangeliste die Hebreeuse woord rabbi en die Griekse woord didaskale gebruik.

7 Dit is, bevel waardeur hulle ook verstaan het dat daar ’n belofte in die bevel was.

  8 Dit is, diegene wat saam met hulle gewerk het.

9 Gr. saam vang, of: saam optrek.

  10 Aangesien hy uit hierdie wonder die Godheid van Christus erken het.

11 Naamlik omdat ek onwaardig is, dat ek in u geselskap sou bly; soos die hoofman oor honderd ook gesê het, Matt. 8:8.

c Jer. 16:16. Eség. 47:9. Matt. 4:19. Mark. 1:17. 12 Naamlik deur die verkondiging van die evangelie, wat met ’n net vergelyk word, Matt. 13:47. Sien oor die Griekse woord vir vang 2 Tim. 2:26 se kanttekening.
d Matt. 4:20; 19:27. Mark. 10:28. Luk. 18:28.  
e Matt. 8:2. Mark. 1:40. 13 Hoewel die melaatses nie in die stede mog woon nie, wil dit nogtans voorkom of hulle daarin mog kom, mits hulle geroep het: Onrein! Lev. 13:45. Luk. 17:12.
f Lev. 13:2; 14:2. Matt. 8:4. 14 Sien die rede hiervoor in Matt. 12:16-21.
  15 Gr. die woord.
  16 Gr. Hy was terugtrekkende en biddende, waarmee te kenne gegee word, dat Hy dikwels sulke dinge gedoen het. Sien hieroor Luk. 6:12; 9:18, 28.
17 Naamlik, groot menigtes, waarvan gespreek is in vers 15, wat ook hier verskyn het, omdat hulle met ’n vaste vertroue na Christus gekom het, soos te sien is in vers 20.
g Matt. 9:1. Mark. 2:3. Hand. 9:33. 18 Gr. by wie die senuwees los of slap geword het, soos dit gewoonlik by verlamde persone is.
  19 Sien Matt. 10:27 se kanttekening oor die beskrywing van die dakke by die Jode.

20 Of: dakteëls.

  21 Naamlik sowel van die een wat verlam was, as van diegene wat hom gebring het.

22 Of: ken, of: weet.

h Ps. 32:5. Jes. 43:25.  
  23 Sien Matt. 9:5 en die kanttekening.
  24 Of: prys.
  25 Of: verrukking van sinne.

26 Die Griekse woord beteken dinge wat buite die algemene mening of verwagting is.

i Matt. 9:9. Mark. 2:14, 15. 27 Naamlik na die see by Kapérnaüm. Sien Mark. 2:1, 13.

28 Anders ook Matthéüs genoem, ’n seun van Alféüs. Sien oor hierdie hele geskiedenis Matt. 9:9. Mark. 2:14.

k Matt. 9:10. Mark. 2:15. Luk. 15:1.  
  29 Naamlik van die skares, wat daar in die omgewing was.
  30 Sien Mark. 2:17 se kanttekening.
l Matt. 9:13. Luk. 19:10. 1 Tim. 1:15.  
m Matt. 9:14. 31 Naamlik met gewone streng vas, en wat op sekere tye gedoen word.

32 Dit is, lewe soos ander gewone mense.

n Jes. 62:5. 2 Kor. 11:2. 33 Gr. seuns van die bruilofskamer. Sien Matt. 9:15 se kanttekening.
34 Gr. parabole, sien die toepassing daarvan in Matt. 9:16.
o Matt. 9:17. Mark. 2:22.
35 Dit is, aangenamer, aangesien ’n mens daaraan gewoond is; of: gesonder.