Statevertaling – Bybelstigting
Jesus is Here van die sabbat.
(Matt. 12:1-8 en ooreenk. pl.)
ENa op die 1tweede eerste sabbat het Hy deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het die are gepluk en met hulle hande uitgevrywe en geëet.
Toe sê sommige van die Fariseërs vir hulle: Waarom doen julle bwat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie?
En Jesus antwoord en sê vir hulle: Het julle dan nie gelees wat cDawid gedoen het nie — toe hy honger gehad het, hy en die wat by hom was —
hoe hy in die 2huis van God gegaan en die toonbrode geneem en geëet het, en ook aan die wat by hom was, gegee het, wat hulle nie geoorloof was om te eet nie, dmaar net vir die priesters alleen?
Toe sê Hy vir hulle: eDie Seun van die mens is 3Here óók van die sabbat.
Genesing van die man met die verdorde hand.
(Matt. 12:9-14 en ooreenk. pl.)
fEN op ’n ander sabbat het Hy in die sinagoge gegaan en geleer. En daar was ’n man, en sy regterhand was uitgedor.
En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het Hom in die oog gehou, of Hy op die sabbat gesond maak, sodat hulle 4’n aanklag teen Hom kon vind.
Maar Hy het hulle 5gedagtes geken en vir die man met die verdorde hand gesê: Staan op hier in hul midde. En hy het 6opgestaan.
Toe sê Jesus vir hulle: Ek sal aan julle ’n vraag stel: wat is geoorloof op die sabbat — om goed te doen of kwaad te doen; om 7’n lewe te red of óm te bring?
En nadat Hy almal rondom 8aangekyk het, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit gedoen; gen sy hand is herstel, gesond soos die ander een.
En hulle is met 9uitsinnigheid vervul en het met mekaar gepraat wat hulle aan Jesus sou doen.
Kiesing van die twaalf.
(Matt. 10:1-4 en ooreenk. pl.)
hEN Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag 10in die gebed tot God deurgebring.
iEn toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy 11apostels genoem het:
Simon wat Hy 12Petrus genoem het, en Andréas, sy broer; Jakobus en Johannes; Filippus en Bartholoméüs;
Matthéüs en Thomas; Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon wat 13Yweraar genoem word;
Judas, die 14seun van Jakobus, en Judas Iskáriot, wat die verraaier geword het.
Die bergrede.
(Matt. 5, 6, 7 en ooreenk. pl.)
kEN Hy het met hulle afgeklim en op ’n gelyk plek gaan staan, en daar was ’n skare van sy dissipels en ’n groot menigte van die volk van die hele Judéa en Jerusalem en die kusstreek van Tirus en Sidon af,
wat gekom het om Hom te hoor en van hulle kwale genees te word; en die wat gekwel was deur onreine geeste, is ook genees.
En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, lomdat 15krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.
mToe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, 16armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
nSalig is julle wat nou 17honger het, want julle sal versadig word. oSalig is julle wat nou 18ween, want julle sal lag.
pSalig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle 19verstoot en 20beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
qWees bly in daardie dag en 21spring op, want kyk, julle 22loon is 23groot in die hemel, rwant hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
sMaar wee julle, 24rykes, want julle het jul troos weg.
tWee julle wat 25vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou 26lag, vwant julle sal 27treur en ween.
Wee julle wanneer 28al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.
Maar Ek sê vir julle wat luister: xJulle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.
Seën die wat vir julle vervloek, en ybid vir die wat julle 29beledig.
zAan hom wat jou op die wang slaan, 30moet jy ook die ander een aanbied; en aan hom wat jou bo-kleed neem, moet jy ook die onderkleed nie weier nie.
aMaar gee 31aan elkeen wat jou iets vra, en 32eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.
bEn soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.
cEn as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter 33dank het julle? Want 34die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet.
En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.
dEn as julle leen aan dié van wie julle hoop om 35terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.
Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen 36sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal 37groot wees; en julle sal ekinders van die Allerhoogste 38wees; want Hy self is 39goedertieren oor die ondankbares en slegtes.
Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.
fEn julle moet nie 40oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. 41Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
gGee, en aan julle sal gegee word. ’n Goeie 42maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in 43jul skoot gee, hwant met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
En Hy het vir hulle ’n gelykenis uitgespreek: i’n Blinde kan tog nie ’n blinde lei nie! Sal hulle nie altwee in die sloot val nie?
k’n Leerling is nie bo sy 44meester nie; maar elkeen wat 45volleerd is, sal soos sy meester wees.
lEn waarom sien jy die 46splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie?
Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, 47uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, mhaal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal.
nWant dit is nie ’n goeie boom wat slegte vrugte 48dra nie, en ook nie ’n 49slegte boom wat goeie vrugte dra nie.
Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. oVan dorings pluk ’n mens tog nie vye nie, en ’n mens sny ook nie druiwe van ’n doringbos nie.
pDie goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens 50bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; qwant uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.
rEn wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
sElkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen — Ek sal julle wys soos wie hy is.
Hy is soos ’n man wat ’n huis bou, wat gegrawe 51en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe 52die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.
Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos ’n man wat ’n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en 53die instorting van daardie huis was groot.
| a Deut. 23:25. Matt. 12:1. Mark. 2:23. | 1 Hierdie sabbat word die tweede eerste genoem, omdat, soos vername leraars meen, dit die eerste sabbat was ná die tweede dag van pasga. ’n Mens moes dan sewe sabbatte tel tot die pinksterfees, Lev. 23:15. Hierdie sabbat was die eerste hiervan, wat die Jode tot vandag toe nog die eerste sabbat ná die tweede dag noem. Uit Lev. 23:10 en Deut. 16:9 blyk dat die are ook omtrent hierdie tyd in die Joodse land ryp was. Ander meen dat dit die laaste dag van pasga kon wees, wat net soos die eerste dag ’n besondere rusdag was, Núm. 28:25, soos die laaste dag van die huttefees, die groot dag van daardie fees genoem word, Joh. 7:37. Ander meen egter dat dit so genoem word, omdat dit die sabbat tydens die tweede groot fees sou wees, naamlik van pinkster, waarop die eerstelinge van die ryp vrugte geoffer is, Ex. 34:22. |
| b Ex. 20:10. |
| c 1 Sam. 21:6. |
| d Lev. 24:9. | 2 Sien Matt. 12:4 se kanttekening oor die huis van God en die toonbrode. |
| e Matt. 12:8. Mark. 2:28. | 3 Sien hieroor Matt. 12:8 se kanttekening. |
| f Matt. 12:9. Mark. 3:1. |
| 4 Gr. sy aanklag, dit is, enige rede of geleentheid vir ’n beskuldiging, om Hom daarmee as ’n oortreder van die wet by die volk verdag te maak. |
| 5 Of: oorlegginge.
6 Gr. En hy het opgestaan en regop gestaan. |
| 7 Gr. ’n siel, dit is, ’n mens. ’n Spreekwyse waardeur ’n deel die geheel aandui. Want wie ’n mens nie help as hy kan nie, is skuldig aan sy verderf. |
| g 1 Kon. 13:6. | 8 Naamlik met toorn. Sien Mark. 3:5. |
| 9 Dit is, met ’n verskriklike haat. |
| h Matt. 14:23. | 10 Gr. in die gebed van God, naamlik om Hom deur gebed voor te berei vir die verkiesing van sy apostels; soos die apostels ook hierdie voorbeeld gevolg het, Hand. 13:3. |
| i Matt. 10:1. Mark. 3:13; 6:7. Luk. 9:1. | 11 Dit is, afgesante, of gestuurdes, omdat hulle deur Hom eers in die Joodse land, Matt. 10:6, en daarna in die wêreld uitgestuur sou word om die evangelie te verkondig. |
| 12 Sien in Mark. 3:16 se kanttekening waarom hy so genoem is. Hierdie benaming het ook gedien om hom te onderskei van die tweede Simon, wat ook daarom hier Yweraar genoem word, vers 15. Sien Matt. 10:4. |
| 13 Dit is, Seloot. Sien Matt. 10:4. |
| 14 Sommige vertaal broer. |
| k Matt. 4:25. Mark. 3:7. |
|
| l Mark. 5:30. | 15 Dit is, Hy het aan hulle sy goddelike krag bewys, waardeur Hy hulle gesond gemaak het. Sien Mark. 5:30. |
| m Matt. 5:2. | 16 Naamlik van gees. Sien Matt. 5:3. |
| n Jes. 65:13.
o Jes. 61:3; 66:10. |
17 Naamlik na die geregtigheid, Matt. 5:6.
18 Naamlik omdat julle ly ter wille van Christus en die evangelie van Christus, soos blyk uit die volgende vers. |
| p Matt. 5:11. 1 Petr. 2:19; 3:14; 4:14. | 19 Of: afsny, uitsluit, naamlik van hulle vergaderings en geselskappe. Sien Joh. 16:2.
20 Naamlik as goddeloses of ketters. |
| q Hand. 5:41.
r Hand. 7:51. |
21 Naamlik van vreugde.
22 Sien Matt. 5:12 se kanttekening oor hierdie loon. 23 Gr. baie. |
| s Amos 6:1, 8. | 24 Dit is, wat julle op jul rykdom verlaat en jul troos daarin soek, Mark. 10:24. |
| t Jes. 65:13.
v Jak. 4:9; 5:1. |
25 Of: vervul is, dit is, wat julle verlustiging vind om jul liggaam met spys en drank te vul. Sien Jak. 5:5 en die kanttekeninge.
26 Dit is, wat julle vermaak vind in allerlei wêreldse blydskap, Joh. 16:20, en in die verdrukking van die vromes, Openb. 11:10. 27 Naamlik vir ewig, Jak. 5:1. |
| 28 Naamlik die wêreldse mense, Joh. 15:19, wanneer julle hulle sou probeer behaag en soos hulle probeer wees, Gal. 1:10. |
| x Ex. 23:4. Spr. 25:21. Matt. 5:44. Rom. 12:20. 1 Kor. 4:12. |
| y Luk. 23:34. Hand. 7:60. | 29 Of: laster; soos in 1 Petr. 3:16. |
| z 1 Kor. 6:7. | 30 Naamlik eerder as wat jy jou sou wreek, of kwaad met kwaad vergeld. |
| a Deut. 15:7. Matt. 5:42. | 31 Dit moet verstaan word as die ware armes, wat gebrek ly, aan wie ons ook moet gee volgens ons vermoë. Sien die riglyn van Paulus hieroor, 2 Kor. 8:12-14.
32 Naamlik indien die liefde van die naaste daardeur gekwets sou word, of iemand aanstoot sou neem, 1 Kor. 6:7. |
| b Matt. 7:12. |
| c Matt. 5:46. | 33 Of: genade, dit is, genadige weldaad of vergelding van God.
34 Dit is, openbare en groot sondaars, soos die tollenaars gereken was, en in Matt. 5:46, 47 so genoem word. |
| d Deut. 15:8. Matt. 5:42. | 35 Naamlik die geleende geld, of dergelike vriendskap, wanneer julle dit nodig sou hê, soos ook uit die volgende woorde aan die einde van die vers blyk. |
| e Matt. 5:45. | 36 Of: sonder hoop om iets terug te kry, dit is, nie net aan diegene waarvan julle iets terugverwag nie, maar ook aan hulle waarvan julle dit nie verwag nie; soos Hy hier ook gebied om nie net vriende nie, maar ook vyande lief te hê.
37 Gr. baie. 38 Dit is, deur dade toon dat julle dit is. 39 Of: weldadig. |
| f Matt. 7:1. Rom. 2:1. 1 Kor. 4:5. | 40 Naamlik ligvaardig of verkeerd, soos in Matt. 7:1.
41 Of: Vergewe, en julle sal vergewe word. |
| g Spr. 10:22; 19:17.
h Matt. 7:2. Mark. 4:24. |
42 ’n Beeld geneem uit die meting van droë stowwe, soos wanneer ’n mens aan elkeen mildelik sy deel wil gee.
43 ’n Manier van spreek, geneem uit die gebruik van die volke van die Ooste, wat lang, wye klere gedra het, waarin hulle kon hou wat aan hulle gegee was, Ps. 79:12. Jer. 32:18. |
| i Jes. 42:19. Matt. 15:14. |
| k Matt. 10:24. Joh. 13:16; 15:20. | 44 Of: leraar.
45 Of: volmaak. Dit is, ’n egte, ware en getroue dissipel. |
| l Matt. 7:3. | 46 Wat onder die splinter en balk verstaan word, sien Matt. 7:3 se kanttekening. |
| m Spr. 18:17. | 47 Gr. uit te werp. |
| n Matt. 7:17; 12:33. | 48 Gr. maak.
49 Gr. verrotte. |
| o Matt. 7:16. |
| p Matt. 12:35.
q Matt. 12:34. |
50 Naamlik oor die algemeen, of vir die grootste gedeelte. Want dikwels sê die skynheiliges dinge wat hulle nie bedoel nie, hoewel hul skynheiligheid dikwels aan die dag gelê word. |
| r Mal. 1:6. Matt. 7:21; 25:11. Luk. 13:25. Rom. 2:13. Jak. 1:22. |
| s Matt. 7:24. |
| 51 Dit is, diep gegrawe het, naamlik om ’n nog stewiger fondament te lê.
52 Gr. die volle vloed, waardeur, soos ook deur die strome, die verleidings, versoekings, verdrukkings en vervolgings verstaan word, Matt. 13:21. |
| 53 Gr. die breuk, of skeur. |