Statevertaling – Bybelstigting
Die vroue wat Jesus met hulle goed gedien het.
EN daarna het Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en 1die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en 2die twaalf was saam met Hom,
aook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes: 3Maria wat Magdaléna genoem word, buit wie sewe duiwels uitgegaan het,
en Johanna, die vrou van Gusa, ’n 4bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat Hom almal 5met hulle besittings gedien het.
Gelykenis van die saaier.
(Matt. 13:1-23 en ooreenk. pl.)
cEN toe daar ’n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle 6deur ’n gelykenis:
7’n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ’n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.
En ’n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.
En ’n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik.
En ’n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en 8honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!
dEn sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat 9beteken hierdie gelykenis tog?
En Hy antwoord: 10Aan julle is edit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; fmaar aan die ander deur gelykenisse, gsodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.
hDit is dan die gelykenis: Die saad 11is die woord van God.
Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.
iEn dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ’n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.
En wat in die dorings geval het — dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word kverstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.
En wat in die goeie grond val — dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ’n 12edele en goeie hart hou en 13met volharding vrug dra.
Gelykenis van die lamp.
(Mark. 4:21-25.)
lEN niemand steek ’n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder ’n bed nie; maar hy sit dit op ’n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.
mWant daar is 14niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.
Pas dan op 15hoe julle hoor; nwant elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy 16dink dat hy het.
Die familie van Jesus.
(Matt. 12:46-50 en ooreenk. pl.)
oEN sy moeder en 17broers het na Hom gekom, en weens die skare kon hulle Hom nie bereik nie.
Toe bring hulle Hom die boodskap en sê: U moeder en u broers staan buite en wil U 18sien.
Maar Hy antwoord en sê vir hulle: pMy moeder en my broers is die wat die woord van God hoor en dit doen.
Jesus maak die storm stil.
(Matt. 8:23-27 en ooreenk. pl.)
qEN 19op een van daardie dae het Hy en sy dissipels in ’n skuit gegaan; en Hy het vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die oorkant van die see. En hulle het weggevaar.
En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe 20kom daar ’n 21stormwind op die see af en 22die skuit het begin vol word, en hulle was in gevaar.
En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en 23hulle het bedaar en daar het ’n stilte gekom.
En Hy sê vir hulle: Waar is julle geloof? Maar hulle was bang en verwonderd en het vir mekaar gesê: rWie is Hy tog, dat Hy selfs die winde en die water gebied en hulle Hom gehoorsaam is!
Die besetene van Gádara.
(Matt. 8:28-34 en ooreenk. pl.)
sEN hulle het geseil na die land van die 24Gadaréners, wat reg anderkant Galiléa is.
En toe Hy aan wal uitklim, kom ’n sekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir ’n geruime tyd 25van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in ’n huis 26gewoon nie, maar in die grafte.
En toe hy Jesus sien, 27skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met ’n groot stem: 28Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie 29pynig nie —
want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom 30saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie 31om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom 32in die woestyne gedrywe.
Daarop vra Jesus hom en sê: Wat is jou naam? En hy antwoord: 33Legio — want baie duiwels het in hom ingevaar.
En 34hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die 35onderwêreld af te vaar nie.
En daar het ’n groot trop 36varke op die berg gewei. Toe smeek hulle Hom dat Hy hulle sou toelaat om in dié varke in te vaar. En Hy het hulle toegelaat.
Daarop gaan die duiwels uit die man uit en vaar in die varke in, en die trop het van die krans af in die see gestorm en verdrink.
En toe die wagters sien wat gebeur het, het hulle gevlug en dit in die stad en in die buitewyke gaan vertel.
Daarop het hulle uitgegaan om te sien wat gebeur het; en hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die duiwels uitgevaar het, 37terwyl hy aan die voete van Jesus sit, gekleed en by sy verstand. En hulle het gevrees.
En die wat ooggetuies was, het ook aan hulle vertel hoe die besetene genees is.
En die hele menigte van die omtrek van die Gadaréners het Hom 38gevra tom van hulle weg te gaan, omdat hulle deur ’n groot vrees bevang was. Toe het Hy in die skuit geklim en teruggegaan.
vEn die man uit wie die duiwels uitgevaar het, het Hom gebid 39om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom laat gaan en gesê:
Gaan terug na jou huis en vertel watter groot dinge God aan jou gedoen het. En hy het gegaan en deur die hele 40stad verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het.
Die dogtertjie van Jaïrus. Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het.
(Matt. 9:18-26; Mark. 5:21-43.)
EN toe Jesus terugkom, het die skare Hom verwelkom; want almal was Hom te wagte.
xEn daar kom ’n man wie se naam Jaïrus was, en hy was ’n 41owerste van die sinagoge; en hy val voor die voete van Jesus neer en smeek Hom om na sy huis te kom;
want sy 42enigste dogter van omtrent twaalf jaar het op sterwe gelê. En terwyl Hy gaan, het die skare 43Hom verdring.
yEn ’n vrou wat twaalf jaar lank aan zbloedvloeiing gely het, en wat 44haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie,
het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik 45opgehou.
Daarop sê Jesus: Wie is dit wat My aangeraak het? En toe almal dit ontken, sê Petrus en die wat by hom was: Meester, die skare druk en verdring U, en U sê: Wie is dit wat My aangeraak het?
Maar Jesus antwoord: Iemand het My aangeraak, want Ek het 46gemerk dat 47krag van My uitgegaan het.
En toe die vrou sien dat sy nie verborge gebly het nie, kom sy bewende en val voor Hom neer en vertel Hom voor die hele volk om watter rede sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het.
En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.
aTerwyl Hy nog spreek, kom daar iemand van die owerste van die sinagoge se huis en sê vir hom: U dogter is dood, moenie die Meester lastig val nie.
Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal 48gered word.
En toe Hy in die huis kom, het Hy niemand toegelaat om in te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes en die vader en die moeder van die meisie.
En almal het gehuil en 49oor haar rou bedryf. Maar Hy sê: Moenie huil nie; 50sy is nie dood nie, bmaar 51slaap.
En hulle het Hom uitgelag, want hulle het geweet dat sy dood was.
En toe Hy almal na buite uitgejaag het, gryp Hy haar hand en roep uit en sê: Dogtertjie, staan op!
En haar gees het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan; en Hy het beveel dat hulle haar iets te ete moes gee.
En haar ouers was verbaas, maar Hy het hulle 52bevel gegee om aan niemand te sê wat gebeur het nie.
| 1 Gr. die koninkryk van God evangeliseer.
2 Naamlik apostels. |
| a Matt. 27:55, 56.
b Mark. 16:9. |
3 Sien oor hierdie Maria Mark. 16:9. |
| 4 Of: hofmeester, of: opsigter. Gr. epitropou. Sien Matt. 20:8.
5 Dit is, wat Hom bystand gegee het tot onderhoud van Hom en sy dissipels, uit dankbaarheid vir die weldade van Christus ontvang, 1 Kor. 9:11. Gal. 6:6. |
| c Matt. 13:3. Mark. 4:2. | 6 Of: deur ’n parabel. |
| 7 Sien Matt. 13:3, ens. oor hierdie gelykenis van die saaier. |
| 8 Dit is, baie oorvloedige, want die grootste vrugbaarheid is selde meer as dit, Gén. 26:12. |
| d Matt. 13:10. Mark. 4:10. | 9 Gr. is. |
| e 2 Kor. 3:5.
f Matt. 11:25. 2 Kor. 3:14. g Jes. 6:9. Eség. 12:2. Matt. 13:14. Mark. 4:12. Joh. 12:40. Hand. 28:26. Rom. 11:8. |
10 Sien hieroor Mark. 4:11 en die kanttekeninge. |
| h Matt. 13:18. Mark. 4:13. | 11 Dit is, beteken. |
| i Matt. 13:20. Mark. 4:16. |
| k Matt. 19:23. Mark. 10:23. Luk. 18:24. 1 Tim. 6:9. |
| 12 Dit is, deur God se Gees geopen, opgewek en bekwaam gemaak om die woord aan te neem en te gehoorsaam, Jer. 31:33. Eség. 36:26, 27. Hand. 16:14.
13 Of: in lydsaamheid, waardeur hulle, nieteenstaande al die versoekinge en verdrukkinge ter wille van die woord, standvastig volhard. Sien Matt. 24:13. Hebr. 10:36. |
| l Matt. 5:15. Mark. 4:21. Luk. 11:33. |
| m Job 12:22. Matt. 10:26. Mark. 4:22. Luk. 12:2. | 14 Naamlik van die dinge wat Ek aan julle geopenbaar het. Sien Matt. 10:27. Mark. 4:22. |
| n Matt. 13:12; 25:29. Mark. 4:25. Luk. 19:26. | 15 Dit is, met watter geneentheid van die hart julle kom luister na die woord, en hoe julle, nadat julle dit gehoor het, dit reg sal gebruik.
16 Of: skyn te hê. Sien Matt. 13:12 se kanttekening. |
| o Matt. 12:46; 13:55. Mark. 3:31. | 17 Ander verstaan bloedverwante, of neefs. Sien Matt. 12:46 se kanttekening. |
| 18 Dit is, spreek. |
| p Joh. 15:14. 2 Kor. 5:16. |
| q Matt. 8:23. Mark. 4:35, 36. | 19 Sien Matt. 8:23 oor hierdie hele geskiedenis. |
| 20 Gr. daal neer.
21 Of: draaiwind. 22 Gr. hulle. |
| 23 Naamlik die winde en golwe. |
| r Job 26:12. Ps. 107:25. |
| s Matt. 8:28. Mark. 5:1. | 24 Matthéüs sê Gergeséners, sien daaroor Matt. 8:28 se kanttekening. |
| 25 Gr. duiwels gehad het.
26 Sien Mark. 5:3. |
| 27 Naamlik die bose gees vanuit die mens, wat hy beset het.
28 Gr. Wat is vir my en U. 29 Naamlik voor die tyd van die laaste oordeel. Sien Matt. 8:29. |
| 30 Gr. aangegryp, of: saamgetrek, soos die ledemate dikwels by vallende siektes saamgetrek word.
31 Naamlik sodat hy nie homself of iemand anders leed sou aandoen nie. 32 Dit is, in woeste en eensame plekke; in wildernisse. |
| 33 Sien oor ’n legioen Matt. 26:53 se kanttekening. |
| 34 Of: hy het gesmeek, soos in Mark. 5:10 en die kanttekening.
35 Gr. abissos; dit is, ’n diepte sonder bodem of sonder einde, soos die watervloed in Gén. 7:11. Hierdie naam word ook gebruik vir die hel of die plek waar die onreine geeste en goddelose mense tot in ewigheid gepynig sal word. Sien Openb. 9:1, 2. |
| 36 Sien hieroor Matt. 8:30 se kanttekening. |
| 37 Naamlik soos ’n dissipel van Christus wat na sy woord luister, vgl. Luk. 10:39. |
| t Hand. 16:39. | 38 Naamlik uit vrees om meer soortgelyke skade te ly. Hierdeur het hulle getoon dat hulle hul eie gewin meer liefgehad het as Christus en sy woord. |
| v Mark. 5:18. | 39 Dit is, gedurig by Hom te bly as een van sy dissipels. |
| 40 Naamlik Gádara of Gergesa, wat stede van Dekápolis was, waarvan Markus meld dat hy die dinge daar verkondig het, Matt. 4:25 en Mark. 5:20 se kanttekeninge. |
| x Matt. 9:18. Mark. 5:22. | 41 Sien Mark. 5:22 se kanttekening oor hierdie owerstes van die sinagoge. |
| 42 Gr. eniggebore.
43 Gr. Hom verstik. |
| y Matt. 9:20. Mark. 5:25.
z Lev. 15:25. |
44 Gr. die hele lewe, dit is, al haar middele om van te lewe. |
| 45 Gr. gestaan. |
| 46 Of: geweet.
47 Sien Mark. 5:30 se kanttekening hieroor. |
| a Mark. 5:35. |
| 48 Of: verlos word, naamlik van die dood. |
| b Joh. 11:11. | 49 Gr. hulle op die bors geslaan ter wille van haar. Sien Matt. 11:17 se kanttekening.
50 Gr. sy het nie gesterf nie, naamlik om in die dood te bly, soos ander mense as hulle sterf. 51 Dit is, haar dood is soos ’n slaap, waaruit sy opgewek sal word, Joh. 11:11, 13. |
| 52 Sien Matt. 12:16-19 vir die rede waarom Christus sy wonders vir ’n bepaalde tyd nie bekendgemaak wou hê nie. Sien ook Jes. 42:2 se kanttekening. |