Statevertaling – Bybelstigting
Jesus stuur die twaalf apostels uit.
(Matt. 10:5 vv. en ooreenk. pl.)
ENa Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en 1gesag gegee 2oor al die duiwels en om siektes te genees.
bEn Hy het hulle uitgestuur om 3die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak
en vir hulle gesê: c4Neem niks vir die pad nie, geen 5stokke of reissak of brood of geld nie, en geeneen van julle moet twee kledingstukke hê nie.
En in watter huis julle ook mag ingaan, bly dáár en 6gaan dáárvandaan verder.
dEn almal wat julle nie ontvang nie — as julle van daardie stad weggaan, skud selfs die 7stof van julle voete af, tot ’n getuienis teen hulle.
En hulle het uitgegaan en 8dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak.
Herodes, die viervors, en Johannes die Doper.
(Matt. 14:1-12 en ooreenk. pl.)
eHERODES, die 9viervors, hoor toe van al die dinge wat deur Hom gedoen is; en hy was met die saak 10verleë, omdat deur sommige gesê is: Johannes is uit die dode opgewek;
en deur ander: Elía het verskyn; en deur ander: Een van die ou profete het opgestaan.
En Herodes het gesê: 11Johannes het ek onthoof; maar wie is hierdie man van wie ek sulke dinge hoor? En hy het probeer om Hom te sien.
Eerste vermeerdering van die brode.
(Matt. 14:13-21 en ooreenk. pl.)
fEN toe die apostels terugkom en Hom alles vertel wat hulle gedoen het, ghet Hy hulle saamgeneem en in die eensaamheid gegaan na ’n verlate plek van ’n stad met die naam van 12Betsáida.
Maar die skare het dit te wete gekom en Hom gevolg; en Hy het hulle ontvang en met hulle gespreek oor die koninkryk van God, en die wat genesing 13nodig gehad het, gesond gemaak.
hToe die dag begin daal, kom die twaalf na Hom en sê vir Hom: Stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe en 14buitewyke in die omtrek kan gaan en 15herberg en voedsel kry; want ons is hier in ’n verlate plek.
iMaar Hy sê vir hulle: Gee julle vir hulle iets om te eet. Maar hulle antwoord: Ons het nie meer as vyf brode en twee visse nie, tensy ons voedsel gaan koop vir al hierdie mense.
Want daar was omtrent vyfduisend manne. Maar Hy sê vir sy dissipels: Laat hulle in 16groepe van vyftig sit.
En hulle het dit gedoen en 17almal laat sit.
Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, 18kseën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit.
En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die brokstukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.
Die belydenis van Petrus.
(Matt. 16:13 vv. en ooreenk. pl.)
lEN toe Hy besig was om 19alleen te bid, was die dissipels by Hom, en Hy vra hulle en sê: Wie sê die skare is Ek?
En hulle antwoord en sê: mJohannes die Doper, en ander: Elía, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.
En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: 20Die nChristus van God!
Toe 21gee Hy hulle ’n streng bevel en gebied hulle om dit aan niemand 22te vertel nie.
En Hy sê: oDie Seun van die mens moet baie ly en 23verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan.
Om die kruis op te neem.
(Matt. 16:24-28 en ooreenk. pl.)
EN Hy sê vir almal: pAs iemand 24agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy 25kruis elke dag opneem en My volg.
qWant elkeen wat sy 26lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit 27red.
Wat baat dit ’n mens tog as hy die hele wêreld win, maar 28homself verloor of skade aandoen?
rWant elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele.
sEk sê vir julle met waarheid: Daar is sommige van die wat hier staan, 29wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie.
Die verheerliking.
(Matt. 17:1-13 en ooreenk. pl.)
tEN omtrent 30agt dae ná hierdie woorde het Hy Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem en op die berg geklim om te bid.
En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy aangesig 31anders geword en sy klere skitterend wit.
En daar was twee manne in gesprek met Hom; dit was Moses en Elía.
Hulle het in heerlikheid verskyn en van sy 32uitgang gespreek wat Hy in Jerusalem sou 33volbring.
En Petrus en die wat saam met hom was, was deur die slaap oorweldig. Maar toe hulle wakker word, sien hulle sy heerlikheid en die twee manne wat by Hom staan.
En 34toe hulle van Hom weggaan, sê Petrus vir Jesus: Meester, dit is goed dat ons hier is; laat ons dan drie hutte maak, een vir U en vir Moses een en een vir Elía — hy het nie geweet wat hy sê nie.
Maar toe hy dit sê, kom daar ’n wolk en oordek hulle, en hulle het bang geword toe 35daardie manne in die wolk ingaan.
vEn daar kom 36’n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun; xluister na Hom!
En nadat die stem gekom het, was Jesus daar alleen. En hulle het geswyg en aan niemand 37in daardie dae iets vertel van wat hulle gesien het nie.
Genesing van die maansieke kind.
(Matt. 17:14-21 en ooreenk. pl.)
yEN op die volgende dag toe hulle van die berg afklim, kom ’n groot skare Hom tegemoet.
En daar roep ’n man uit die skare en sê: Meester, ek bid U, 38kyk tog na my seun, want hy is my enigste.
En kyk, 39’n gees gryp hom, en meteens skreeu hy, en hy laat hom stuiptrekkings kry met skuim in die mond en gaan amper nie van hom weg nie en 40verniel hom.
En ek het u dissipels gebid om hom uit te drywe, en hulle kon nie.
Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en 41verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier.
En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee.
En almal was verslae oor 42die majesteit van God. En toe almal verwonderd was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:
43Bewaar hierdie woorde in julle ore; zwant die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die 44mense.
aMaar hulle het hierdie woord nie verstaan nie, en dit was vir hulle bedek, sodat hulle dit nie sou 45begryp nie; en hulle was bang om Hom iets te vra oor hierdie woord.
Die grootste in die koninkryk van die hemele.
(Matt. 18:1 vv. en ooreenk. pl.)
bEN daar het ’n 46redenering onder hulle ontstaan oor wie van hulle dan tog 47die grootste was.
En toe Jesus die redenering van hulle hart opmerk, neem Hy ’n kindjie en laat dié by Hom staan
cen sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; den elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; ewant wie 48die kleinste onder julle almal is, hy sal 49groot wees.
“Die wat nie teen ons is nie, is vír ons.”
(Mark. 9:38-41.)
fEN Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom 50belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie.
Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie 51belet nie, 52want gwie nie teen ons is nie, is vír ons.
Die Samaritane wys Jesus af.
EN toe die dae van h53sy opneming 54nader kom, het Hy sy aangesig 55gerig om na Jerusalem te reis,
en boodskappers voor Hom uit gestuur; en hulle het vertrek en in ’n dorp van die Samaritane gekom om vir Hom klarigheid te maak.
En hulle het Hom nie ontvang nie, iomdat Hy na Jerusalem 56op reis was.
En toe sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos kElía ook gedoen het?
Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie 57van hoedanige gees julle is nie;
lwant die Seun van die mens het nie gekom om die mense se 58lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na ’n ander dorp vertrek.
Hoe Jesus gevolg moet word.
(Matt. 8:18-22.)
mEN terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan!
Toe sê Jesus vir hom: 59Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.
nEn Hy sê aan ’n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.
oEn Jesus sê vir hom: 60Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.
En ’n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar plaat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.
En Jesus antwoord hom: 61qNiemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
| a Matt. 10:1. Mark. 3:13; 6:7. Luk. 6:13. | 1 Of: outoriteit.
2 Dit is, teen al die duiwels, om hulle uit te werp, Matt. 10:1. |
| b Matt. 10:7. | 3 Dit is, die evangelie van die koms van die koninkryk van God. |
| c Matt. 10:9. Mark. 6:8. Luk. 22:35. | 4 Sien hieroor Matt. 10:10 se kanttekening.
5 Anders: staf. |
| 6 Dit is, bly solank daar totdat julle vertrek, sonder om vir jul gemak van die een huis na die ander te gaan om te loseer; omdat julle verblyf daar nie lank moet duur nie. |
| d Matt. 10:14. Mark. 6:11. Luk. 10:11. Hand. 13:51; 18:6. | 7 Sien Matt. 10:14 se kanttekening oor die betekenis daarvan. |
| 8 Of: van die een dorp na die ander gegaan. |
| e Matt. 14:1. Mark. 6:14. | 9 Sien Matt. 14:1 se kanttekening oor viervorste.
10 Of: twyfelmoedig. Naamlik hy het nie geweet wat hy moes dink of doen nie. |
| 11 Sien hieroor Matt. 14:10. Mark. 6:27. |
| f Mark. 6:30.
g Matt. 14:13. Mark. 6:31, 32. |
12 Was ’n stad van Galiléa, geleë langs die meer Gennésaret, teenoor Kapérnaüm, Mark. 6:45. Joh. 12:21. |
| 13 Naamlik die wat dit begeer het. |
| h Matt. 14:15. Mark. 6:35. Joh. 6:5. | 14 Gr. velde, dit is, landelike gebiede.
15 Gr. uitspan. |
| i Matt. 14:16. Mark. 6:37. Joh. 6:9. |
| 16 Dit is, geselskappe wat bymekaar sit. Sien Mark. 6:39, 40 en die kanttekeninge. |
| 17 Anders: hulle het almal gaan sit. |
| k 1 Sam. 9:13. | 18 Sien Matt. 14:19 se kanttekening oor hierdie seëning. |
| l Matt. 16:13. Mark. 8:27. | 19 Naamlik afgesonder van die skare. |
| m Matt. 14:2. |
| n Joh. 6:69. | 20 Dit is, die Messías of Gesalfde, wat deur God belowe en gestuur is. |
| 21 Gr. dreig Hy hulle met straf.
22 Naamlik gedurende daardie tyd. |
| o Matt. 16:21; 17:22. Mark. 8:31; 9:31; 10:33. Luk. 18:31; 24:7. | 23 Dit is, nie erken of aangeneem word as die Messías nie, maar veroordeel word as ’n verleier en godslasteraar. Sien Matt. 21:42. 1 Petr. 2:4, 7. |
| p Matt. 10:38; 16:24. Mark. 8:34. Luk. 14:27. | 24 Dit is, my dissipel wil wees.
25 Dit is, lyding en verdrukking, hoe swaar dit ook mag wees. Om hierdie rede noem Hy dit ’n kruis omdat die lyding van die kruis die swaarste is. |
| q Matt. 10:39; 16:25. Mark. 8:35. Luk. 17:33. Joh. 12:25. | 26 Gr. siel.
27 Ná hierdie lewe, in die ewigheid. |
| 28 Dit is, die ewige verderf van siel en liggaam oor homself bring. |
| r Matt. 10:33. Mark. 8:38. Luk. 12:9. 2 Tim. 2:12. 1 Joh. 2:23. |
| s Matt. 16:28. Mark. 9:1. | 29 Sien hieroor Matt. 16:28 se kanttekening. |
| t Matt. 17:1. Mark. 9:2. | 30 Matthéüs sê in Matt. 17:1 ses dae. Sien in die kanttekening daar hoe dit ooreenstem. |
| 31 Dit is, verander, naamlik in heerlikheid. |
| 32 Naamlik uit die lewe, dit is, hulle het met Hom gespreek oor sy lyding, sterwe en opstanding.
33 Gr. vervul. |
| 34 Dit is, terwyl hulle op die punt staan om uitmekaar te gaan. |
| 35 Naamlik Moses en Elía. |
| v Jes. 42:1. Matt. 3:17; 17:5. Mark. 1:11; 9:7. Luk. 3:22. Kol. 1:13. 2 Petr. 1:17.
x Deut. 18:19. Hand. 3:22. |
36 Naamlik van God die Vader, soos uit die volgende blyk. |
| 37 Dit is, in daardie tyd, naamlik voor sy opstanding, omdat Hy hulle dit verbied het, Matt. 17:9. |
| y Matt. 17:14. Mark. 9:17. |
| 38 Naamlik met oë van deernis. |
| 39 Naamlik ’n bose of onreine gees.
40 Dit is, poog om hom te verniel, soos hierdie dinge ook in gevalle van erge vallende siektes gebeur. |
| 41 Of: verkeerde, wat ’n mens nie weer kan herstel nie, Filip. 2:15. |
| 42 Dit is, die uitsonderlike mag van God, waardeur die wonderwerke geskied. |
| z Matt. 17:22. Mark. 9:31. | 43 Gr. Lê. Dit is, let goed op hierdie sake, en onthou dit goed; want dit sal julle kan help tot versterking teen die ergernis vanweë my lyding.
44 Naamlik van die goddeloses. Sien Hand. 2:23. |
| a Luk. 2:50; 18:34. | 45 Gr. gewaarword. |
| b Matt. 18:1. Mark. 9:33. Luk. 22:24. | 46 Of: argumentasie. Sien Mark. 9:33, 34.
47 Gr. groter, of: meer. |
| c Matt. 18:5. Mark. 9:37. Joh. 13:20.
d Luk. 10:16. Joh. 13:20. e Matt. 23:11, 12. Luk. 14:11; 18:14. |
48 Gr. die kleinere, dit is, die nederigste.
49 Naamlik in die koninkryk van die hemele, Matt. 18:1, 2. |
| f Mark. 9:38. | 50 Of: verbied. |
| g Matt. 12:30. Luk. 11:23. | 51 Of: verbied.
52 Sien Mark. 9:40 se kanttekening. |
| h Mark. 16:19. Hand. 1:2. 1 Tim. 3:16. | 53 Naamlik uit hierdie wêreld na die hemel, Mark. 16:19. Hand. 1:11.
54 Gr. vervul is. Dit is, begin om vervul te word of nader te kom. 55 Gr. bevestig, dit is, vrymoediglik voorgeneem om na Jerusalem te gaan, nieteenstaande dat Hy geweet het wat Hom daar sou oorkom. |
| i Joh. 4:9. | 56 Naamlik om daar die godsdiens te beoefen, wat die Samaritane gedoen het op die berg Gerísim, Joh. 4:20, Josephus, Oudhede, waaruit groot haat en vyandskap tussen die Jode en Samaritane ontstaan het, Joh. 4:9. |
| k 2 Kon. 1:10, 12. |
| 57 Dit is, dat julle wat my Gees het, nie mense se ondergang behoort te begeer nie. Of: julle besef nie dat die gees van wraakgierigheid julle hiertoe aandryf nie. |
| l Joh. 3:17; 12:47. | 58 Gr. siel. |
| m Matt. 8:19. |
| 59 Dit is, julle moet van My geen gemak of rykdom van hierdie wêreld verwag nie, want Ek het dit self ook nie. |
| n Matt. 8:21. |
| o Matt. 8:22. | 60 Sien Matt. 8:22 se kanttekening. |
| p 1 Kon. 19:20. |
| q Spr. 26:11. Filip. 3:14. Hebr. 6:5. 2 Petr. 2:20. | 61 ’n Beeld geneem van ’n landbouer, wat terwyl hy ploeg, altyd vorentoe moet kyk, anders kan hy nie reguit vore maak nie. Sien ook Filip. 3:14. |