Statevertaling – Bybelstigting
Johannes die Doper.
(Matt. 3:1-12 en ooreenk. pl.)
DIE 1begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.
Soos geskrywe is 2in die Profete: aKyk, Ek stuur my 3boodskapper voor 4u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak —
bdie stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie 5reguit!
cJohannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop 6van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.
dEn die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.
eEn 7Johannes was gekleed met kameelhare en ’n leergord om sy heupe, en hy het fsprinkane en 8wilde heuning geëet.
gEn hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie 9waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.
hEk het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop imet die Heilige Gees.
Doop en versoeking van Jesus.
(Matt. 3:13-17; 4:1-11 en ooreenk. pl.)
EN in daardie dae het Jesus van 10Násaret in Galiléa gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop.
kEn dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele 11skeur en die Gees soos ’n duif 12op Hom neerdaal.
En daar het ’n stem uit die hemele gekom: lU is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.
mEn dadelik het die 13Gees Hom uitgedryf in die woestyn.
En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan 14versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien.
Roeping van die eerste dissipels.
(Matt. 4:12-25 en ooreenk. pl.)
nEN nadat Johannes 15oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en 16die evangelie van die koninkryk van God verkondig
en gesê: Die 17tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; obekeer julle en glo die evangelie.
pEn terwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy 18Simon en Andréas, sy broer, besig om ’n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle 19vissers qvan mense word.
rEn dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg.
sEn toe Hy daarvandaan ’n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak.
En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebedéüs met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg.
Genesing van ’n besetene in Kapérnaüm.
(Luk. 4:31-37.)
tEN hulle het in 20Kapérnaüm gekom, en dadelik op die 21sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer.
vEn hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat 22gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie.
xEn daar was in hulle sinagoge ’n man met ’n onreine gees; en hy het uitgeskreeu
en gesê: 23Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te 24verdelg? Ek ken U, wie U is: 25die Heilige van God!
En Jesus het hom bestraf en gesê: 26Bly stil en gaan uit hom uit!
En die onreine gees het hom 27stuiptrekkings laat kry en met ’n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan.
En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?
En die gerug aangaande Hom is dadelik versprei in die hele omtrek van Galiléa.
Genesing van die skoonmoeder van Petrus en ander siekes.
(Matt. 8:14-17 en ooreenk. pl.)
yEN dadelik toe hulle uit die sinagoge uitgegaan het, kom hulle saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon en Andréas.
En die 28skoonmoeder van Simon het siek gelê aan die koors; en dadelik het hulle Hom van haar gesê.
Daarop gaan Hy na haar, neem haar hand en rig haar op, en dadelik het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien.
zEn toe dit aand geword het en die 29son onder was, het hulle na Hom gebring almal wat ongesteld en van duiwels besete was.
En die hele stad het by die deur saamgekom.
En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf en die duiwels 30nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het.
aEn vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na ’n eensame plek vertrek ben daar gebid.
En Simon en 31die wat by hom was, het Hom gevolg.
En toe hulle Hom vind, sê hulle vir Hom: Almal soek U.
En Hy sê vir hulle: cLaat ons na die naburige 32dorpe gaan, sodat Ek ook daar kan preek; dwant daarvoor het Ek uitgegaan.
En Hy het die hele Galiléa deur in hulle sinagoges gepreek en die duiwels uitgedryf.
Genesing van ’n melaatse.
(Matt. 8:1-4 en ooreenk. pl.)
eEN daar kom ’n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom sê: As U wil, kan U my reinig.
En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig!
En toe Hy dit sê, het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is gereinig.
En nadat Hy hom 33ernstig aangespreek het, 34stuur Hy hom dadelik weg
en sê vir hom: 35Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat fMoses voorgeskryf het, tot ’n getuienis vir hulle.
Maar hy het uitgegaan en begin om 36baie dinge rond te vertel en 37die saak rugbaar te maak, sodat 38Hy nie meer openlik 39in ’n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na Hom gekom.
| 1 Markus begin sy Evangelie waar Maleági sy profesie eindig, naamlik by die koms van die voorloper van Christus, om sodoende die Ou en die Nuwe Testament as ’t ware aan mekaar te heg. Want al die profete het geprofeteer tot op Johannes, Matt. 11:13, wat die eerste prediker van die evangelie in die Nuwe Testament was. |
| a Mal. 3:1. Matt. 11:10. Luk. 7:27. | 2 Naamlik Jes. 40:3 en Mal. 3:1. Want hierdie twee profesieë word hier saamgevoeg.
3 Of: engel. Of: bode. Die Griekse woord angelos beteken ’n boodskapper, Luk. 7:24, en word gewoonlik aan die engele van die hemel toegeskryf; maar soms ook aan die kerklike dienaars, omdat hulle deur God as boodskappers uitgestuur word om aan die mense God se wil en gebooie voor te hou, Mal. 2:7. Openb. 2:1, 8. 4 Hier spreek God die Vader tot sy Seun, en in Maleági spreek die Seun self tot die gemeente en sê daarom: voor My uit (Hebr. voor my aangesig), dit is, voor my koms, wat direk daarop sal volg. |
| b Jes. 40:3. Matt. 3:3. Luk. 3:4. Joh. 1:23. | 5 Of: gelyk. |
| c Matt. 3:1. Luk. 3:3. Joh. 3:23. | 6 Die doop word so genoem omdat dit bedien was aan diegene wat hul sondes bely en bekering beloof het, en om vir hulle ’n teken en verseëling te wees, dat hul sondes hulle deur God om Christus wil vergewe was, Hand. 19:4. Rom. 4:11. |
| d Matt. 3:5. Luk. 3:7. |
| e 2 Kon. 1:8. Matt. 3:4.
f Lev. 11:22. |
7 Vir die verklaring van hierdie geskiedenis van Johannes, sien Matthéüs 3 se kanttekeninge, waar dit byna met dieselfde woorde beskryf word.
8 Dit is, wat in die veld gevind was. |
| g Matt. 3:11. Luk. 3:16. Joh. 1:27. | 9 Gr. bekwaam, of: genoegsaam. |
| h Matt. 3:11. Hand. 1:5; 11:16; 19:4.
i Jes. 44:3. Joël 2:28. Hand. 2:4; 11:15. |
| 10 Naamlik waar Hy opgevoed was en tot op daardie tyd gewoon het. Sien Luk. 2:51; 4:16. |
| k Matt. 3:16. Luk. 3:21. Joh. 1:32. | 11 Gr. geskeur, of: gekloof, geopen.
12 Naamlik op Jesus. Sien Joh. 1:32, 33. |
| l Ps. 2:7. Jes. 42:1. Matt. 3:17; 17:5. Mark. 9:7. Luk. 3:22; 9:35. Kol. 1:13. 2 Petr. 1:17. |
| m Matt. 4:1. Luk. 4:1. | 13 Naamlik die Heilige Gees. |
| 14 Vernaamlik nadat Hy veertig dae en nagte gevas het. Sien Matt. 4:2. |
| n Matt. 4:12. Luk. 4:14. Joh. 4:43. | 15 Naamlik in die gevangenis. Sien meer hieroor in Matt. 14:3.
16 Hoewel Hy tevore al begin het om te preek, Joh. 3:24, so het Hy ook hier sy predikamp ná Johannes se gevangeneming plegtig en volkome saam met sy apostels voortgesit. |
| o Jes. 56:1. | 17 Naamlik wat deur God bestem en deur die profete vooruit aangekondig is, Gal. 4:4. |
| p Matt. 4:18. | 18 Wat deur Christus die naam Petrus gegee is, sien Joh. 1:43. |
| q Jer. 16:16. Eség. 47:10. | 19 Die verkondiging van die evangelie word met visvang vergelyk, Matt. 13:47, omdat die mense daardeur uit die wêreld getrek en na Christus gebring word. |
| r Matt. 19:27. Mark. 10:28. Luk. 5:11; 18:28. |
| s Matt. 4:21. |
| t Matt. 4:13. Luk. 4:31. | 20 Waar Hy kom woon het, nadat Hy Násaret verlaat het, Matt. 4:13.
21 Gr. sabbatte. |
| v Matt. 7:28. Luk. 4:32. | 22 Of: mag. Sien Matt. 7:29. |
| x Luk. 4:33. |
| 23 Of: Ha (soos in Luk. 4:34), ag, uitroep waarin ontsag ontbreek.
24 Naamlik voor die tyd. Sien Matt. 8:29. 25 Of: U die Heilige van God, dit is, die ware Messías, want die hoëpriester het hierdie titel, heilig aan die HERE, of: die heiligheid van die HERE, op sy voorhoof gedra as ’n voorbeeld van Christus. Sien Ex. 28:36. Sien ook Luk. 4:34. |
| 26 Gr. Word gemuilband. Sien Matt. 22:12 se kanttekening oor hierdie woord. Christus sê dit omdat Hy nie die waarheid deur die getuienis van die duiwel, wat ’n vader van leuens is, wil laat versprei of bevestig nie; soos Paulus ook doen, Hand. 16:18. |
| 27 Dit is, trek en gooi hom herwaarts en derwaarts, asof hy hom wou verskeur, nogtans sonder dat hy hom kon beseer. Sien Luk. 4:35. |
| y Matt. 8:14. Luk. 4:38. |
| 28 Petrus het dus ’n vrou gehad, wat hy nie verlaat het toe hy ’n apostel geword het nie, soos hieruit blyk, en uit 1 Kor. 9:5. |
| z Matt. 8:16. Luk. 4:40. | 29 Omdat dit op ’n sabbat was, soos blyk uit vers 21. Daarom het hulle gewag tot die sonsondergang, wat die einde van die sabbat aangedui het. |
| 30 Of: nie toegelaat om te sê dat hulle Hom geken het nie, naamlik omdat Hy van hierdie leuenagtige geeste geen getuienis wou hê nie. |
| a Luk. 4:42.
b Matt. 14:23. |
| 31 Naamlik die ander drie apostels wat in vers 29 genoem word, met nog vele uit die volk, soos blyk uit Luk. 4:42. |
| c Luk. 4:43.
d Jes. 61:1. Luk. 4:18. |
32 Gr. letterlik: dorpstede, dit is, oop, onbemuurde stede, waarvan daar baie in Galiléa was. Josephus getuig dat daar in elkeen van die dorpe minstens tienduisend mense gewoon het. |
| e Matt. 8:2. Luk. 5:12. |
| 33 Of: met dreigemente kragtig verbied, naamlik om dit openbaar te maak.
34 Gr. dryf hom uit, dit is, laat hom met haas van Hom af weggaan. |
| f Lev. 13:2; 14. | 35 Sien die rede hiervoor in Matt. 12:16, ens. |
| 36 Naamlik wat met hom gebeur het, en wat hy van Christus gehoor en gesien het.
37 Gr. hierdie woord. 38 Naamlik Jesus. Sien Luk. 5:15, 16. 39 Byvoorbeeld Kapérnaüm, soos blyk uit die begin van die volgende hoofstuk, naamlik vanweë die groot toeloop van die volk. |