Statevertaling – Bybelstigting

Markus 10

Oor die egskeiding.

(Matt. 19:1-12.)

1

ENa Hy het opgestaan en 1daarvandaan deur 2die oorkant van die Jordaan na die gebied van Judéa gegaan; en weer het ’n 3skare by Hom vergader; en soos Hy gewoond was, het Hy hulle weer geleer.

2

Toe kom die Fariseërs na Hom; en, om Hom te versoek, stel hulle Hom die vraag of dit ’n man geoorloof is om van sy vrou te skei?

3

Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Wat het Moses julle beveel?

4

En hulle sê: bMoses het toegelaat om ’n 4skeibrief te skrywe en van haar te skei.

5

En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,

6

cmaar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.

7

dOm hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou 5aankleef,

8

en hulle twee sal 6een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.

9

eWat God dan 7saamgevoeg het, 8mag geen mens skei nie.

10

En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.

11

fEn Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ’n ander een trou, pleeg egbreuk teen 9haar;

12

en as ’n vrou van haar man skei en met ’n ander een trou, pleeg sy egbreuk.

Jesus seën die kindertjies.

(Matt. 19:13-15 en ooreenk. pl.)

13

gEN hulle het kindertjies na Hom 10gebring, dat Hy hulle kon 11aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf.

14

Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, hwant aan sulkes behoort die koninkryk van God.

15

Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie 12soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

16

iEn Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.

Die ryk jongman.

(Matt. 19:16-30 en ooreenk. pl.)

17

kEN toe Hy op die pad uitgaan, hardloop daar een na Hom toe en val voor Hom op die knieë en vra Hom: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

18

En Jesus sê vir hom: Waarom 13noem jy My goed? 14Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God.

19

Jy ken die gebooie: lJy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag niemand 15te kort doen nie; eer jou vader en jou moeder.

20

Maar hy antwoord en sê vir Hom: Meester, al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.

21

En Jesus het hom aangekyk en hom 16liefgekry en vir hom gesê: mEen ding 17kom jy kort — gaan 18verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.

22

Maar hy het 19treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

23

Toe kyk Jesus rond en sê vir sy dissipels: nHoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan!

24

En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!

25

Dit is makliker vir 20’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.

26

En hulle was uitermate verslae en het vir mekaar gesê: Wie kan dan gered word?

27

Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: 21By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; owant by God is alle dinge moontlik.

28

pToe begin Petrus vir Hom te sê: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.

29

En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie,

30

of hy ontvang nou in hierdie tyd 22honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, 23saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.

31

qMaar baie wat 24eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste.

Die vraag van die seuns van Sebedéüs.

(Matt. 20:17-28 en ooreenk. pl.)

32

rEN hulle was op die pad terwyl hulle opgaan na Jerusalem, en Jesus het 25voor hulle uit gegaan, en hulle was verbaas; en terwyl hulle volg, het hulle 26gevrees. En Hy het weer die twaalf by Hom geneem en aan hulle begin vertel die dinge wat met Hom sou gebeur.

33

Kyk, sê Hy, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en die skrifgeleerdes, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom oorlewer aan die heidene;

34

en hulle sal Hom bespot en Hom gésel en op Hom spuug en Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.

35

sEn Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, het na Hom gekom en 27gesê: Meester, ons wil hê dat U vir ons moet doen wat ons U ook al mag vra.

36

En Hy sê vir hulle: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?

37

En hulle antwoord Hom: Gee aan ons dat ons mag 28sit in u heerlikheid, een aan u regter- en een aan u linkerhand.

38

Maar Jesus sê vir hulle: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die 29beker drink wat Ek drink, en gedoop word met die doop twaarmee Ek gedoop word?

39

En hulle antwoord Hom: Ons kan. Maar Jesus sê vir hulle: Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word;

40

maar om te sit aan my regter- en aan my linkerhand, 30berus nie by My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir vwie dit berei is.

41

xEn toe die tien dit hoor, begin hulle 31verontwaardig te word oor Jakobus en Johannes.

42

Maar Jesus het hulle na Hom geroep en vir hulle gesê: 32Julle weet ydat die 33wat gereken word as owerstes 34van die nasies, oor hulle heers, en dat hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen;

43

zmaar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.

44

En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees.

45

Want die Seun van die mens het ook nie gekom aom gedien te word nie, maar om te dien en bsy 35lewe te gee as 36’n losprys vir baie.

Die blinde man van Jérigo.

(Matt. 20:29-34 en ooreenk. pl.)

46

cEN hulle het in 37Jérigo gekom. En toe Hy en sy dissipels en ’n aansienlike skare uit Jérigo uitgaan, sit die blinde man, Bartiméüs, 38die seun van Timéüs, langs die pad en bedel.

47

En toe hy hoor dat dit Jesus die Nasaréner was, begin hy om uit te roep en te sê: Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!

48

En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!

49

Toe gaan Jesus staan en sê dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en sê vir hom: Hou goeie moed, staan op! Hy roep jou.

50

En hy gooi 39sy oorkleed af, staan op en kom na Jesus toe.

51

En Jesus antwoord en sê vir hom: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En die blinde man sê vir Hom: 40Rabbóni, dat ek mag sien.

52

En Jesus sê vir hom: Gaan, djou geloof het jou 41gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

a Matt. 19:1. 1 Naamlik van Kapérnaüm, uit die huis waar Hy tevore ’n vermaning aan sy dissipels gerig het.

2 Naamlik gesien van die woestyn se kant af, het Hy aan die oorkant van die Jordaan gereis. Of: langs die Jordaan. Sien Matt. 19:1, ens.

3 Naamlik wat Hom uit Galiléa gevolg het, Matt. 19:2.

b Deut. 24:1. Jer. 3:1. Matt. 5:31. 4 Sien Matt. 19:3, ens. oor hierdie skeibrief en die volledige antwoord van Christus.
c Gén. 1:27. Matt. 19:4.  
d Gén. 2:24. 1 Kor. 6:16. Ef. 5:31. 5 Sien Matt. 19:5 se kanttekening.
  6 Dit is, soos een liggaam of een mens.
e 1 Kor. 7:10. 7 Gr. saam asof onder ’n juk ingespan het.

8 Naamlik teen of buite God se wet. Of: behalwe omrede owerspel; soos uitgedruk word in Matt. 5:32; 19:9.

f Matt. 5:32; 19:9. Luk. 16:18. 1 Kor. 7:10. 9 Naamlik die vrou wat hy verlaat; omdat hy die troubelofte, wat hy aan haar gemaak het, nie nakom nie, Mal. 2:14.
g Matt. 19:13. Luk. 18:15. 10 Of: gedra.

11 Dit is, seën met handoplegging, Matt. 19:13, soos Hy gedoen het, vers 16.

h Matt. 18:3; 19:14. 1 Kor. 14:20. 1 Petr. 2:2.  
  12 Naamlik in eenvoudigheid, opregtheid en nederigheid.
i Matt. 19:15. Mark. 9:36.  
k Matt. 19:16. Luk. 18:18.
  13 Gr. sê jy.

14 Sien hieroor Matt. 19:17 se kanttekening.

l Ex. 20:13; 21:12. Deut. 5:17. Rom. 13:9. 15 Naamlik hetsy deur bedrog of andersins. In Matt. 19:19 verwoord Christus dit so: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Hierdie gebod dien as ’n kort samevatting van al die voorgaande gebooie.
m Matt. 6:19. Luk. 12:33; 16:9. 1 Tim. 6:17. 16 Dit is, het hom tekens van toegeneentheid getoon, soos hierdie woord soms ook beteken. Want Christus het diegene, wat hulle uiterlik na God se gebooie skik, ook in ’n sekere mate lief. Sien verder Matt. 19:17, ens. se kanttekeninge.

17 Naamlik dat jy nie God en sy Woord bo alles liefhet nie, wat immers die vernaamste is in die wet.

18 Dit was ’n buitengewone gebod, wat Christus aan hierdie jongman gee om hom te beproef en sy onvolmaaktheid te laat blyk.

  19 Of: terneergedruk, verslae.
n Spr. 11:28. Matt. 19:23. Luk. 18:24.  
  20 Sien hieroor Matt. 19:24 se kanttekeninge.
o Job 42:2. Jer. 32:17. Sag. 8:6. Luk. 1:37. 21 Sien hieroor ook Matt. 19:26 en die kanttekening.
p Matt. 4:20; 19:27. Luk. 5:11; 18:28.  
  22 Dit is, veelvoudig, of: wat honderd maal en baie meer werd is as wat hy agterlaat. Want die geringste seën van God saam met ’n geruste gewete is meer werd as al die goed van die wêreld, 1 Tim. 6:6.

23 Dit is, te midde van alle verdrukkings.

q Matt. 19:30; 20:16. Luk. 13:30. 24 Dit is, wat in uiterlike ywer en godsdienstigheid oënskynlik die eerstes is.
r Matt. 16:21; 17:22; 20:18. Mark. 8:31; 9:31. Luk. 9:22; 18:31; 24:7. 25 Naamlik om daarmee sy gewilligheid om te ly, te toon.

26 Omdat Christus tevore aan hulle gesê het, soos Hy dit daarna weer beskryf het, watter lyding Hy in Jerusalem sou moes ondergaan (Joh. 11:8), en hulle het geweet dat die Jode in hul Raad besluit het om Hom om die lewe te bring, Joh. 11:53, 57.

s Matt. 20:20. 27 Naamlik by monde van hulle moeder, soos blyk uit Matt. 20:20.
28 Sien hieroor Matt. 20:21 se kanttekening.
t Matt. 20:22. Luk. 12:50. 29 Sien Matt. 20:22 se kanttekening.
v Matt. 25:34. 30 Gr. is nie Myne om te gee nie. Sien Matt. 20:23.
x Matt. 20:24. 31 Omdat hulle gemeen het, dat hierdie versoek nadelig vir hulle was.
y Matt. 20:25. Luk. 22:25. 32 Sien hieroor ook Matt. 20:25, ens.

33 Of: wat hulle verbeel.

34 Anders: van die heidene.

z 1 Petr. 5:3.  
a Joh. 13:14. Filip. 2:7.

b Ef. 1:7. Kol. 1:14. 1 Tim. 2:6. Tit. 2:14.

35 Of: siel.

36 Wat vir die verlossing van gevangenes gegee word.

c Matt. 20:29. Luk. 18:35. 37 Hierdie stad was by Gilgal geleë, naby die Jordaan, sien hieroor Jos. 4:19.

38 Die evangelis Matthéüs spreek van twee blindes; maar Markus vermeld slegs die een wat die bekendste was en die meeste geroep het.

39 Gr. sy kleed. Of: sy mantel.
40 Dit beteken dieselfde as die woord rabbi, wat meester beteken, Joh. 20:16.
d Matt. 9:22. Mark. 5:34. 41 Dit is, gesond of siende gemaak. Dit het nie gebeur uit krag van die geloof nie, maar omdat die geloof op Christus en sy krag gesteun het en so ’n middel tot genesing was.