Statevertaling – Bybelstigting

Markus 12

Gelykenis van die landbouers.

(Matt. 21:33-46 en ooreenk. pl.)

1

TOEa begin Hy deur 1gelykenisse vir hulle te sê: 2’n Man het ’n wingerd bgeplant en ’n 3heining daarom gesit en ’n 4parskuip gegrawe en ’n wagtoring gebou, en hy het dit aan 5landbouers 6verhuur en op reis gegaan.

2

En op die 7regte tyd het hy ’n dienskneg na die landbouers gestuur om van die landbouers uit die vrug van die wingerd te ontvang;

3

maar hulle het hom geneem en geslaan en hom met leë hande weggestuur.

4

En weer het hy ’n ander dienskneg na hulle gestuur; en hom het hulle gestenig en aan die hoof gewond, hom 8skandelik behandel en teruggestuur.

5

En weer het hy ’n ander een gestuur, en hom het hulle doodgemaak; ook baie ander — sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.

6

Hy het toe nog een seun gehad, sy geliefde, en hom die laaste na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.

7

Maar daardie landbouers het by hulleself gesê: cDit is die erfgenaam; dkom laat ons hom doodmaak, en die erfdeel sal ons s’n wees.

8

En hulle het hom geneem en doodgemaak en buitekant die wingerd uitgewerp.

9

Wat sal die eienaar van die wingerd dan doen? 9Hy sal kom en die landbouers ombring en die wingerd aan ander gee.

10

Het julle nie ook hierdie Skrifwoord gelees nie: 10Die esteen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword?

11

11Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë.

12

En hulle het probeer om Hom in die hande te kry, maar was bang vir die skare, want hulle het begryp dat Hy die gelykenis met die oog op hulle uitgespreek het. Daarop het hulle Hom verlaat en weggegaan.

Die vraag oor die belasting.

(Matt. 22:15-22 en ooreenk. pl.)

13

fTOE stuur hulle na Hom sommige van die Fariseërs en 12van die Herodiane om Hom 13op ’n woord te 14betrap.

14

En hulle kom en sê vir Hom: Meester, ons weet dat U waaragtig is en U aan niemand steur nie; want U sien nie die 15persoon van mense aan nie, maar U leer 16die weg van God in waarheid. Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of moet ons nie betaal nie?

15

Maar Hy het hulle geveinsdheid geken en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My? Bring vir My ’n 17penning, dat Ek dit kan sien.

16

En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s’n.

17

Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: gBetaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor Hom.

Die Sadduseërs en die opstanding.

(Matt. 22:23-33 en ooreenk. pl.)

18

hTOE kom daar 18Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en sê:

19

iMeester, 19Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se broer sterwe en ’n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en 20kinders vir sy broer verwek.

20

Nou was daar sewe broers, en die eerste het ’n vrou geneem en gesterwe sonder om kinders na te laat.

21

En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so.

22

En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe.

23

In die opstanding dan, wanneer hulle opstaan, wie van hulle se vrou sal sy wees? — want al sewe het haar as vrou gehad.

24

En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?

25

Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is ksoos engele wat in die hemele is.

26

En wat die dode betref, dat hulle opstaan — het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: lEk is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie?

27

21God is nie ’n God van dooies nie, maar ’n God van lewendes. Julle dwaal dus 22grootliks.

Die groot gebod.

(Matt. 22:34-40 en ooreenk. pl.)

28

mEN toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, 23hulle hoor redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die 24eerste gebod van almal?

29

En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: nHoor, Israel, 25die Here, onse God, is ’n enige Here;

30

en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele 26verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.

31

En die tweede, hieraan gelyk, is dit: oJy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as 27dié nie.

32

En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie;

33

en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die 28brandoffers en die slagoffers.

34

Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is 29nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.

Die Christus, seun van Dawid.

(Matt. 22:41-46 en ooreenk. pl.)

35

pEN terwyl Jesus in die tempel leer, antwoord Hy en sê: Hoe sê die skrifgeleerdes dat die Christus die seun van Dawid is?

36

Want qDawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete.

37

Dawid self noem Hom dus Here; waarvandaan is Hy dan sy seun? En die groot menigte het graag na Hom geluister.

Waarskuwing teen die skrifgeleerdes.

(Matt. 23:1 vv. en ooreenk. pl.)

38

rEN Hy het aan hulle in sy onderrig gesê: 30Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in 31lang klere rondloop en van begroetinge op die markte hou

39

en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die 32maaltye —

40

shulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal ’n 33swaarder 34oordeel ontvang.

Die aalmoes van die arm weduwee.

(Luk. 21:1-4.)

41

tEN Jesus het reg voor vdie 35skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare 36geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi.

42

En daar kom een arm weduwee en gooi twee geldstukkies in, dit is ’n 37oortjie.

43

Toe roep Hy sy dissipels na Hom en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, xhierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het.

44

Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit 38haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het, haar hele 39lewensonderhoud.

a Matt. 21:33. Luk. 20:9.

b Ps. 80:9. Jes. 5:1. Jer. 2:21; 12:10.

1 Gr. parabole. Sien hieroor Matt. 13:3 se kanttekening.

2 Sien Matt. 21:33-46 se kanttekeninge oor hierdie gelykenis.

3 Of: heg.

4 Naamlik waar die wyn onder die pers inloop en versamel word.

5 Hier moet vernaamlik wynboere verstaan word.

6 Gr. uitgegee.

  7 Dit is, op die bestemde tyd, toe die ryp vrugte geoes was.
  8 Gr. onteer.
c Ps. 2:8.

d Gén. 37:18. Matt. 26:3, 4. Joh. 11:53.

  9 Volgens Matt. 21:41 antwoord die Fariseërs self op die vraag van Christus. Hier word die antwoord aan Christus toegeskryf, omdat Hy hulle antwoord herhaal en goedgekeur het.
e Ps. 118:22. Jes. 28:16. Matt. 21:42. Luk. 20:17. Hand. 4:11. Rom. 9:33. 1 Petr. 2:6. 10 Sien hieroor Matt. 21:42 se kanttekening.
11 Anders: Hy (naamlik die hoeksteen), of: Dit het van die Here geskied.
f Matt. 22:15. Luk. 20:20. 12 Sien Matt. 22:16 se kanttekening oor die Herodiane.

13 Of: met hul woord, dit is, om Hom met hul vraag te vang.

14 Gr. vang. Die Griekse woord is ontleen aan die beeld van jagters, en ook met vissers, wat met strikke, nette en fuike wild of visse vang.

  15 Gr. die aangesig. Sien hieroor Matt. 22:16 se kanttekening.

16 Dit is, die leer wat God voorskryf om tot die saligheid te kom.

  17 Gr. denarius; sien Matt. 18:28 se kanttekening daaroor.
g Matt. 17:25; 22:21. Rom. 13:7.  
h Matt. 22:23. Luk. 20:27. Hand. 23:8. 18 Sien Hand. 23:8 oor die sekte van die Sadduseërs.
i Deut. 25:5, 6. 19 Hierdie wet het tot die burgerlike wette van die Jode behoort. Dit het ook ’n seremoniële element gehad, en het daarom saam met die Jode se regering opgehou.

20 Gr. sperma, dit is, saad. Hier word ’n seun bedoel, wat die naam van die oorledene gedra het en sy erfgenaam was.

k Matt. 22:30. 1 Joh. 3:2.  

l Ex. 3:6. Matt. 22:31, 32. Hand. 7:32. Hebr. 11:16.
  21 Sien Matt. 22:32 en die kanttekening oor die betekenis en krag van hierdie bewys.

22 Gr. baie.

m Matt. 22:34. Luk. 10:25. 23 Dit is, met mekaar geredeneer deur middel van onderlinge vrae en antwoorde.

24 Dit is, die vernaamste en grootste van die gehele wet van God.

n Deut. 6:4; 10:12. Luk. 10:27. 25 Die Hebreeuse woord JEHOVA word in die Nuwe Testament weergegee met die woord Here. Dit beteken die goddelike wese, wat van ewigheid af in en deur Homself bestaan en aan alle dinge hul eie bestaan gee.
  26 Of: gedagte, dit is, die oorlegging van die verstand.
o Lev. 19:18. Matt. 22:39. Rom. 13:9. Gal. 5:14. Jak. 2:8. 27 Naamlik hierdie twee vernaamste gebooie.
  28 Brandoffers was offers wat op die altaar gelê en daar heeltemal verbrand was; van slagoffers is slegs ’n deel op die altaar verbrand, en die ander gedeeltes is deur sowel die priesters en Leviete, as deur diegene wat dit geoffer het, geëet. Sien Levítikus 1; 2, ens. Soms word hierdie woord ook in ’n breër betekenis gebruik.
  29 Omdat dit wil voorkom of hierdie belydenis van hom uit ’n leergierige gemoed voortgekom het, vers 32, en dit tot dusver met die leer van Christus ooreengekom het; die kennis van die wet kon ’n middel wees om hom verder tot kennis van homself te bring, en vervolgens tot Christus, Gal. 3:19, 24.
p Matt. 22:41, 42. Luk. 20:41.
q Ps. 110:1. Hand. 2:34. 1 Kor. 15:25. Hebr. 1:13; 10:13.
r Matt. 23:5, 6. Luk. 11:43; 20:46. 30 Gr. Julle moet sien, naamlik dat julle nie deur hul skynheiligheid bedrieg word, of deur hul voorbeeld tot soortgelyke geveinsdheid verlei word nie.

31 Gr. stolais, dit beteken lang rokke of tabberds tot op die voete, om daardeur nog meer in aansien by die mense te wees. Christus verwerp hier nie die klere nie, maar die eergierigheid, wat daaronder geskuil het.

32 Gr. aandmaaltye.
s Matt. 23:14. Luk. 20:47. 2 Tim. 3:6. Tit. 1:11. 33 Gr. oorvloediger.

34 Dit is, swaarder straf in die oordeel.

t Luk. 21:1.

v 2 Kon. 12:9.

35 Sien oor hierdie skatkis 2 Kon. 12:9. Matt. 27:6.

36 Gr. koper.

  37 Gr. kodrantes; van die Latynse quadrans, dit is, ’n kwart van ’n obool, wat ’n sesde van ’n dragme silwer was. ’n Quadrans was omtrent ’n oortjie, dit is, ’n bietjie geld met nie veel waarde nie.
x 2 Kor. 8:12.  
38 Of: dit waaraan sy self gebrek gely het.

39 Gr. lewe, dit is, wat sy gehad het om van te lewe.