Statevertaling – Bybelstigting
Die profetiese rede. Die begin van die smarte.
(Matt. 24:1-14 en ooreenk. pl.)
EN toe Hy auit die tempel 1uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk 2watter klippe en watter geboue!
En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? bDaar sal sekerlik nie een 3klip op die ander gelaat word wat nie 4afgebreek sal word nie!
cEn toe Hy gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas Hom 5afsonderlik:
dVertel ons, wanneer sal 6hierdie dinge wees, en wat is die teken wanneer al hierdie dinge volbring word?
En Jesus antwoord hulle en begin te sê: ePas op dat niemand julle mislei nie.
Want baie sal f7onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei.
Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie.
gWant die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees 8op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is ’n begin van die smarte.
hMaar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan 9regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot ’n getuienis.
En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.
iEn wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, 10moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar 11die Heilige Gees.
kEn die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle 12doodmaak.
En julle sal deur 13almal gehaat word ter wille van my Naam. lMaar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Die profetiese rede (vervolg). Die groot verdrukking.
(Matt. 24:15-28 en ooreenk. pl.)
mEN wanneer julle die 14gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet nDaniël, sien staan 15waar dit nie behoort nie — laat hom wat lees, oplet — odan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;
en wie op 16die dak is, moet nie afkom in die huis en ook nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie;
en wie 17op die land is, moet nie omdraai na wat agter is om sy kleed weg te neem nie.
Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae!
En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie.
Want 18daardie dae sal daar ’n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.
En as die Here dié dae nie 19verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort.
pEn as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! — moet dit nie glo nie.
qWant daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders 20doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê.
Die profetiese rede (vervolg). Wederkoms van die Seun van die mens.
(Matt. 24:29-35 en ooreenk. pl.)
rMAAR in daardie dae, 21ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,
en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal 22geskud word.
sEn dan sal 23hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met 24groot krag en heerlikheid.
En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes 25uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.
tEn leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al 26sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat 27dit naby is, voor die deur.
Voorwaar Ek sê vir julle, 28hierdie geslag sal sekerlik nie 29verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
vDie hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
xMaar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel 30of die Seun nie, maar net die Vader.
Die profetiese rede (slot). Die waaksaamheid.
yPAS op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
Dit is 31soos ’n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte 32volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak.
Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie;
dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.
En wat Ek vir 33julle sê, sê Ek vir almal: Waak!
| a Matt. 24:1. Luk. 21:5. | 1 Naamlik om na Betánië te gaan, soos blyk uit vers 3. Mark. 14:3.
2 Dit is, hoe enorm groot en mooi hierdie stene is, waarmee die tempel gebou is; want dit was vyf-en-twintig el lank, agt el hoog en twaalf el breed. Sien Josephus, Oudhede. Hulle sê dit met verwondering. |
| b 1 Kon. 9:7, 8. Miga 3:12. Luk. 19:44. | 3 Gr. klip op klip sal nie gelaat word nie.
4 Gr. losgemaak. |
| c Matt. 24:3. Luk. 21:7. | 5 Of: alleen. |
| d Hand. 1:6. | 6 Naamlik die verwoesting van die stad en die tempel van Jerusalem, en ook die voleinding van die wêreld. Sien Matt. 24:3. |
| e Jer. 29:8. Ef. 5:6. 2 Thess. 2:2, 3. 1 Joh. 4:1. |
| f Jer. 14:14; 23:21. | 7 Of: in, op my Naam. Sien hieroor, en oor die hele antwoord van Christus, Matt. 24:5 se kanttekeninge. |
| g Jes. 19:2. | 8 Gr. van plek tot plek. |
| h Matt. 10:17; 24:9. Luk. 21:12. Joh. 15:19; 16:2. Openb. 2:10. | 9 Gr. sunedria. Sien daaroor Matt. 5:22; 10:17 se kanttekening. |
| i Matt. 10:19. Luk. 12:11; 21:14. | 10 Sien hieroor Matt. 10:19 se kanttekening.
11 Naamlik wat in en deur julle spreek, Matt. 10:20. |
| k Eség. 38:21. Miga 7:6. | 12 Of: om die lewe bring, laat doodmaak. |
| l Matt. 10:22; 24:13. Luk. 21:19. Openb. 2:7, 10. | 13 Dit is, deur allerlei soorte ongelowige mense. |
| m Matt. 24:15. Luk. 21:20.
n Dan. 9:27. o Luk. 21:21. |
14 Sien Matt. 24:15 se kanttekening.
15 Dit is, in die heilige plek, rondom Jerusalem, Matt. 24:15. Luk. 21:20. |
| 16 Sien hieroor Matt. 10:27 se kanttekening. |
| 17 Of: in die veld. |
| 18 Dit is, die een verdrukking sal sonder tussenpose op die ander volg, sodat daar niks anders as slegs verdrukking sal wees nie. Sien dergelike manier van spreek in Joël 2:2. Amos 5:20. |
| 19 Sien hieroor Matt. 24:22 se kanttekeninge. |
| p Matt. 24:23. Luk. 21:8. |
| q Deut. 13:1. 2 Thess. 2:11. | 20 Gr. gee. |
| r Jes. 13:10. Eség. 32:7. Joël 2:31; 3:15. Matt. 24:29. Luk. 21:25. Openb. 6:12. | 21 En nadat die tye van die nasies ook vervul sal wees, soos Lukas daarby voeg, Luk. 21:24. |
| 22 Die Griekse woord beteken eintlik ’n geweldige beweging, soos wanneer die see deur winde en storms op en neer gedryf word. |
| s Dan. 7:10. Matt. 16:27; 24:30. Mark. 14:62. Luk. 21:27. Hand. 1:11. 1 Thess. 4:16. 2 Thess. 1:10. Openb. 1:7. | 23 Naamlik al die volke van die aarde, Openb. 1:7.
24 Gr. baie. |
| 25 Dit is, uit die vier hoeke of gewestes van die aarde, van die een einde tot by die ander. |
| t Matt. 24:32. Luk. 21:29. | 26 Of: sappig. |
| 27 Naamlik die koninkryk van God, soos in Luk. 21:31 uitgedruk word. |
| 28 Naamlik van die Joodse volk, of van hierdie eeu.
29 Of: vergaan. |
| v Ps. 102:27. Jes. 40:8; 51:6. Hebr. 1:11. |
| x Matt. 24:36. Hand. 1:7. | 30 Naamlik na sy menslike natuur en in die staat van sy vernedering, want na sy Godheid weet Hy alle dinge, Joh. 21:17, en ná sy verhoging is vir Hom die boek van God se voorsienigheid, wat met sewe seëls verseël is, nog meer geopen, Openb. 5:5, 7, 9. |
| y Matt. 24:42; 25:13. Luk. 12:40; 21:36. 1 Thess. 5:6. |
| 31 So sal dit ook wees met die Seun van die mens.
32 Naamlik om sy huis en besittings te bestuur. |
| 33 Naamlik vir julle vier, wat genoem word in vers 3. |