Statevertaling – Bybelstigting
Die owerpriesters hou raad.
(Matt. 26:1-5 en ooreenk. pl.)
ENa die 1pasga en die fees 2van die ongesuurde brode sou oor twee dae wees; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom met lis gevange kon neem en doodmaak.
Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien ’n oproer 3onder die volk kom nie.
Die maaltyd in Betánië.
(Matt. 26:6-13 en ooreenk. pl.)
bEN toe Hy in Betánië was, in die huis van Simon, die melaatse, terwyl Hy aan tafel was, kom daar 4’n vrou met ’n albaste fles met 5egte, baie kosbare nardussalf; en sy breek die albaste fles en gooi dit op sy hoof uit.
En daar was 6sommige wat by hulleself verontwaardig was en gesê het: Waarvoor het hierdie verkwisting van die salf plaasgevind?
Want dit kon vir meer as driehonderd 7pennings verkoop en die geld aan die armes gegee geword het. En hulle het teen haar 8uitgevaar.
Maar Jesus sê: Laat haar staan; waarom val julle haar lastig? Sy het ’n goeie werk aan My gedoen.
cWant die armes het julle altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen; maar My het julle nie altyd nie.
9Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam vir die begrafnis 10gesalf.
Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar 11hierdie evangelie oor die hele wêreld verkondig word, daar sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot ’n gedagtenis aan haar.
Die loon van die verraad.
(Matt. 26:14-16 en ooreenk. pl.)
dEN Judas Iskáriot, een van die twaalf, het na die owerpriesters gegaan om Hom aan hulle oor te lewer.
En toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom 12geld te gee. En hy het na 13’n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.
Die laaste pasga. Die heilige nagmaal.
(Matt. 26:17-30 en ooreenk. pl.)
eEN op die eerste dag fvan die ongesuurde brode, 14wanneer hulle gewoonlik die pasga geslag het, sê sy dissipels vir Hom: Waar wil U hê moet ons gaan klaarmaak, dat U 15die pasga kan eet?
En Hy stuur twee van sy dissipels en sê vir hulle: Gaan na die 16stad toe; en ’n man wat 17’n kruik water dra, sal julle tegemoetkom. Volg hom,
en waar hy ook mag ingaan, moet julle vir die 18eienaar van die huis sê: Die Meester laat weet: Waar is die 19kamer waar Ek met my dissipels die pasga kan eet?
En hy sal julle ’n groot bovertrek wys, 20in gereedheid gebring. Daar moet julle vir ons klaarmaak.
En sy dissipels het gegaan en in die stad gekom en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het; en hulle het die pasga toeberei.
gEn toe dit aand geword het, kom Hy met die twaalf.
En terwyl hulle aan tafel was en eet, sê Jesus: Voorwaar Ek sê vir julle, heen van julle sal My verraai, een wat saam met My eet.
Toe het hulle begin om bedroef te word en een vir een aan Hom te sê: Is dit miskien Ek? En ’n ander een: Is dit miskien ek?
En Hy antwoord en sê vir hulle: 21Dit is een van die twaalf wat saam met My sy hand in die skottel insteek.
Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is; maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.
iEn terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy 22gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Neem, eet, 23dit is my liggaam.
Toe neem Hy die beker, en nadat Hy 24gedank het, gee Hy dit aan hulle, en 25hulle het almal daaruit gedrink.
En Hy sê vir hulle: Dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word.
Voorwaar Ek sê vir julle, Ek sal nooit meer van die vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit nuut sal drink in die koninkryk van God.
En toe hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.
Petrus gewaarsku.
(Matt. 26:31-35 en ooreenk. pl.)
kTOE sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag 26aanstoot neem aan My; want daar is geskrywe: lEk sal die herder slaan, en die skape sal verstrooi word.
mMaar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan.
En Petrus sê vir Hom: Al sal almal ook 27aanstoot neem, dan tog nie ek nie.
nDaarop sê Jesus vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag, in hierdie nag, voordat die haan 28twee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën.
oMaar hy het nog baie meer aangehou en gesê: Al moes ek saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! En net so het almal ook gesê.
Jesus in Getsémané.
(Matt. 26:36-46 en ooreenk. pl.)
pTOE kom hulle in ’n 29plek waarvan die naam Getsémané was. En Hy sê vir sy dissipels: Sit hier onderwyl Ek gaan bid.
En Hy neem Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom en begin ontsteld en benoud te word.
En Hy sê vir hulle: qMy siel is 30diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak.
rEn toe Hy ’n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, 31dié uur by Hom sou verbygaan.
En Hy sê: 32Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; snogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.
tEn Hy kom en vind hulle aan die slaap en sê vir Petrus: Simon, slaap jy? Was jy nie in staat om een uur te waak nie?
Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. vDie gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
Hy gaan toe weer weg en bid dieselfde 33woorde.
En toe Hy terugkom, vind Hy hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar; en hulle het nie geweet wat om Hom te antwoord nie.
En Hy kom vir die derde keer en sê aan hulle: 34Slaap maar voort en rus. Dit is genoeg; die uur het gekom. Kyk, die Seun van die mens word oorgelewer in die hande 35van die sondaars.
Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.
Jesus word gevange geneem.
(Matt. 26:47-56 en ooreenk. pl.)
xEN dadelik, terwyl Hy nog spreek, verskyn Judas wat een van die twaalf was, en saam met hom ’n groot menigte met swaarde en 36stokke, gestuur deur die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge.
En sy verraaier het ’n teken met hulle afgespreek en gesê: Die een wat ek sal soen — dit is Hy; gryp Hom en neem Hom met sekerheid weg.
En toe hy kom, gaan hy dadelik na Hom en sê: Rabbi, Rabbi! en ysoen Hom.
Daarop slaan hulle hul hande aan Hom en gryp Hom.
En 37een van die wat daar gestaan het, het sy swaard uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.
En Jesus antwoord en sê vir hulle: 38Het julle soos teen ’n rower uitgetrek met swaarde en stokke om My gevange te neem?
Dag vir dag was Ek by julle in die tempel besig om te leer, en julle het My nie gegryp nie. zMaar die Skrifte moes vervul word.
aToe het 39almal Hom verlaat en gevlug.
En ’n sekere jongman 40met ’n linnedoek om sy naakte lyf het Hom gevolg; en 41die jongmanne het hom gegryp;
maar hy het die linnedoek laat staan en naak van hulle weggevlug.
Jesus voor die Joodse Raad.
(Matt. 26:57-68 en ooreenk. pl.)
bEN hulle het Jesus weggelei na 42die hoëpriester. En al die owerpriesters en die ouderlinge en die skrifgeleerdes het by hom vergader.
En Petrus het Hom van ver af gevolg tot binne-in die paleis van die hoëpriester, en het saam met die dienaars gesit en hom 43by die vuur warm gemaak.
cEn die owerpriesters en die hele 44Raad het getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en hulle het niks gevind nie;
want baie het vals teen Hom getuig en die getuienisse 45was nie eenders nie.
En 46sommige het opgestaan en vals teen Hom getuig en gesê:
Ons het Hom hoor sê: dEk sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek en in drie dae ’n ander een opbou wat nie met hande gemaak is nie.
En selfs so was hulle getuienis nie eenders nie.
eToe staan die hoëpriester in hul midde op en vra Jesus en sê: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U?
fMaar Hy het stilgebly en geen antwoord gegee nie. Weer stel die hoëpriester Hom die vraag en sê vir Hom: Is U die Christus, die Seun van die geseënde God?
En Jesus sê: Ek is. gEn u almal sal die Seun van die mens 47aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom 48met die wolke van die hemel.
Toe skeur die hoëpriester sy 49klere en sê: Wat het ons nog getuies nodig!
Julle het die godslastering gehoor; wat dink julle? En hulle het almal Hom veroordeel dat Hy die dood skuldig was.
En sommige het begin om op Hom te spuug en sy aangesig toe te maak en Hom hmet die vuis te slaan en vir Hom te sê: Profeteer! En die dienaars het Hom 50met stokke geslaan.
Jesus deur Petrus verloën.
(Matt. 26:69-75 en ooreenk. pl.)
iEN terwyl Petrus onder in die binneplaas was, kom daar een van die diensmeisies van die hoëpriester,
en toe sy Petrus sien, besig om hom warm te maak, kyk sy na hom en sê: Jy was ook 51by die Nasaréner, Jesus.
Maar hy het dit ontken en gesê: Ek weet nie en begryp nie wat jy sê nie. En hy het buite na die 52voorplein gegaan; en die haan 53het gekraai.
kEn toe die diensmeisie hom weer sien, begin sy aan die wat daar staan, te sê: Hierdie man behoort by hulle.
Maar hy het dit weer ontken. En 54’n bietjie later weer sê die 55wat daar staan vir Petrus: Waarlik, jy behoort by hulle, want jy is ook ’n Galiléër en jou spraak 56is net so.
Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken nie daardie man van wie julle praat nie.
En vir die tweede keer het die haan gekraai; en Petrus het die woord onthou wat Jesus vir hom gesê het: lVoor die haan twee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën. 57En hy het in trane uitgebars.
| a Matt. 26:2. Luk. 22:1. Joh. 11:55; 13:1. | 1 Sien hieroor Matt. 26:2 se kanttekening.
2 So word die fees van die pasga genoem, omdat hulle gedurende daardie fees vir sewe dae lank geen gesuurde brood mog eet nie. Sien Ex. 12:15. Lev. 23:6. |
| 3 Gr. van die volk. |
| b Matt. 26:6. Luk. 7:37. Joh. 11:2; 12:3. | 4 Naamlik Maria, die suster van Lasarus. Sien Joh. 11:2.
5 Gr. pistikes. Dit beteken getrou of opreg, daarom ook onvervals, suiwer. Maar sommige vertaal dit as vloeiende, of drinkbare, omdat dit gewoonlik ook met drank gemeng was. |
| 6 Van wie Judas die verraaier die vernaamste was. Sien Joh. 12:4. |
| 7 Gr. denarii. Die waarde hiervan word in Matt. 18:28 se kanttekening verklaar. ’n Penning was die dagloon van ’n arbeider. Sien Openb. 6:6.
8 Of: gemor met ergernis. |
| c Deut. 15:11. |
| 9 Gr. wat sy gehad het.
10 Of: gebalsem, soos hulle gewoond was om met die liggame van belangrike persone te doen. Die liggame is met kosbare salf van speserye gebalsem, voordat hulle begrawe is, om dit teen ontbinding te bewaar. Sien Gén. 50:2 se kanttekening. |
| 11 Naamlik wat Ek tot nog toe geleer en verkondig het. |
| d Matt. 26:14. Luk. 22:3, 4. |
| 12 Gr. silwer, naamlik dertig silwerstukke. Sien Matt. 26:15 en die kanttekening.
13 Of: op die regte tyd. |
| e Matt. 26:17. Luk. 22:7.
f Ex. 12:17. |
14 Dit is, volgens God se wet moes slag, soos in Luk. 22:7. Hierdie keer het die Jode dit ’n dag daarna geslag. Die rede hiervoor word verklaar in Matt. 26:20 se kanttekening.
15 Dit is, die paaslam. ’n Sakramentele spreekwyse. |
| 16 Naamlik Jerusalem, waar die pasga geslag en geëet moes word. Sien Deut. 16:5, 6.
17 Of: ’n erdekruik. |
| 18 Dit is, die vader van die huis.
19 Gr. eetsaal, dit is, die kamer waar ’n mens gaste ontvang. |
| 20 Of: ingerig. |
| g Matt. 26:20. Luk. 22:14. |
| h Ps. 41:10. Hand. 1:16, 17. |
| 21 Sien Matt. 26:23 se kanttekening. |
| i Matt. 26:26. Luk. 22:19. 1 Kor. 11:23. | 22 Gr. eulogeo. Die Griekse woord verskil van die woord wat in die volgende vers gebruik word. Sien 1 Kor. 10:16 en die kanttekening.
23 Sien Matt. 26:26, ens. en die kanttekeninge oor hierdie woorde van die instelling van die nagmaal. |
| 24 Gr. eugaristeo.
25 Naamlik soos Christus hulle beveel het, Matt. 26:27. |
| k Matt. 26:31. Joh. 16:32.
l Sag. 13:7. |
26 Dit is, julle sal in jul geloof aangeval word as gevolg van alles wat My gaan oorkom. |
| m Matt. 26:32; 28:10. Mark. 16:7. |
| 27 Naamlik aan U aanstoot neem, soos in Matt. 26:33 uitgedruk word. |
| n Matt. 26:34. Luk. 22:34. Joh. 13:38. | 28 Ander evangeliste sê eenvoudig: voordat die haan sal kraai, of: gekraai het; maar Markus sê: twee maal, omdat hane gewoonlik op twee tye van die nag kraai: ná middernag en teen dagbreek. Albei kere word hier bedoel. |
| o Joh. 13:37. |
| p Matt. 26:36. Luk. 22:39. Joh. 18:1. | 29 Of: gehug of hoewe. Sien Matt. 26:36 se kanttekening. |
| q Joh. 12:27. | 30 Of: aan alle kante. |
| r Luk. 22:41. | 31 Naamlik van hierdie swaar lyding wat op hande was. Sien Matt. 26:39 se kanttekeninge oor hierdie hele gebed. |
| s Joh. 6:38. | 32 Dit is ’n Siriese woord en beteken Vader, sien hieroor Rom. 8:15. Gal. 4:6. Die evangelis voeg die woord Vader ook by, nie net as verklaring nie, maar om deur hierdie dubbele vermelding die geweldige ontroering van Christus in hierdie gebed uit te druk. |
| t Matt. 26:40. Luk. 22:45. |
| v Gal. 5:17. |
| 33 Gr. woord, of rede. |
| 34 Sien Matt. 26:45 se kanttekening.
35 Dit is, van die heidene; soos in Matt. 20:19. |
| x Matt. 26:47. Luk. 22:47. Joh. 18:3. | 36 Gr. houte. |
| y 2 Sam. 20:9. |
| 37 Naamlik Simon Petrus, soos blyk uit Joh. 18:10. |
| 38 Eintlik rig Hy hierdie woorde aan enkele owerpriesters en hoofmanne van die tempel, wat die soldate saamgebring het, Luk. 22:52. |
| z Ps. 22:7; 69:10. Matt. 26:56. Luk. 24:25. |
| a Job 19:13. Ps. 88:9. | 39 Naamlik sy dissipels. |
| 40 Gr. ’n linnedoek om die naakte lyf gewerp, geklee.
41 Dit wil voorkom of dit enkele jong soldate was. Hierdie gebeurtenis word beskryf om die wreedheid van diegene wat Christus gevang het, aan te dui. |
| b Matt. 26:57. Luk. 22:54. Joh. 18:13, 24. | 42 Naamlik Kájafas. Sien Matt. 26:57. Joh. 18:13. |
| 43 Gr. by die lig. |
| c Matt. 26:59. Hand. 6:13. | 44 Gr. sunedrion, dit is: Sánhedrin. Sien daaroor Matt. 5:22 se kanttekening. |
| 45 Dit is, het nie ooreengekom nie. |
| 46 Matt. 26:61 verwys na twee, waarvan die een anders as die ander gespreek het (soos in die volgende twee verse). Die evangeliste deel hierdie getuienisse ook verskillend mee. |
| d Mark. 15:29. Joh. 2:19. |
| e Matt. 26:62. |
| f Jes. 53:7. Hand. 8:32. |
| g Dan. 7:13. Matt. 16:27; 24:30; 25:31. Mark. 13:26. Luk. 21:27. Hand. 1:11. 1 Thess. 4:16. 2 Thess. 1:10. Openb. 1:7. | 47 Dit is, aan God se kragtige regterhand.
48 Dit is, op die wolke, Matt. 26:64. Of: in ’n wolk, soos in Luk. 21:27. |
| 49 Gr. rokke. |
| h Job 16:10. Jes. 50:6. Joh. 19:3. | 50 Of: in die gesig geslaan. |
| i Matt. 26:58, 69. Luk. 22:55. Joh. 18:16, 17. |
| 51 Naamlik as een van sy dissipels. |
| 52 Of: portaal.
53 Naamlik vir die eerste maal, soos blyk uit vers 72. |
| k Matt. 26:71. Luk. 22:58. Joh. 18:25. |
| 54 Naamlik omtrent ’n uur later. Sien Luk. 22:59.
55 Naamlik ’n dienaar van die hoëpriester, wat familie was van die man wie se oor Petrus afgekap het. Sien Joh. 18:26. 56 Dit is, kom met hul spraak ooreen. |
| l Matt. 26:34, 75. Luk. 22:61. Joh. 13:38; 18:27. | 57 Gr. En hy het werpende op geween. Dit wil sê: hy het hom in of deur of onder die volk beurende gewerp. ’n Ander vertaling is: Hy het begin of uitgebars, naamlik om te ween. |