Statevertaling – Bybelstigting
Die verlamde man in Kapérnaüm.
(Matt. 9:1-8 en ooreenk. pl.)
EN aná 1’n paar dae het Hy weer in Kapérnaüm 2gekom, en die mense het gehoor dat Hy in die 3huis was.
En dadelik het baie saamgekom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie; en Hy was besig om aan hulle 4die woord te verkondig.
bEn daar kom mense na Hom met ’n verlamde man wat deur vier 5gedra word.
En toe hulle vanweë die skare nie naby Hom kon kom nie, maak hulle die dak oop waar Hy was, en nadat hulle dit 6oopgebreek het, het hulle die 7bed waar die verlamde op lê, laat afsak.
En toe Jesus 8hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!
En sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en in hulle harte geredeneer:
Waarom praat hierdie man so 9godslasterlik? cWie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?
En Jesus het dadelik in sy 10gees geweet dat hulle by hulleself so redeneer, en Hy sê vir hulle: Wat redeneer julle oor hierdie dinge in jul harte?
11Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop?
Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe — sê Hy vir die verlamde man:
Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets het ons nog nooit gesien nie!
Roeping van Levi.
(Matt. 9:9-13 en ooreenk. pl.)
dEN Hy het weer uitgegaan 12langs die see, en die hele skare het na Hom gekom, en Hy het hulle geleer.
En toe Hy verbygaan, sien Hy 13Levi, die seun van Alféüs, 14by die tolhuis sit en sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.
En terwyl Hy in sy huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel; want daar was baie, en hulle het Hom gevolg.
En toe die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom saam met die 15tollenaars en sondaars sien eet, sê hulle vir sy dissipels: Wat is dit dat Hy saam met die tollenaars en sondaars eet en drink?
En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat 16ongesteld is. eEk het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
Wat dit beteken om te vas.
(Matt. 9:14-17 en ooreenk. pl.)
fEN die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs was besig om te 17vas. Toe kom hulle en sê vir Hom: 18Waarom vas die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?
En Jesus sê vir hulle: gKan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie.
Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.
En niemand werk ’n nuwe stuk lap op ’n ou kleed nie; anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af, en daar kom ’n erger skeur.
hEn niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat 19bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word.
Die leer van Jesus oor die sabbat.
(Matt. 12:1-8 en ooreenk. pl.)
iEN terwyl Hy op die 20sabbat deur die gesaaides loop, het sy dissipels al gaande are begin pluk.
Toe sê die Fariseërs vir Hom: Kyk, waarom doen hulle op die 21sabbat kwat nie geoorloof is nie?
En Hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat lDawid gedoen het nie — toe hy in die nood was, en hy en die wat by hom was, honger gehad het —
hoe hy in die huis van God gegaan het in die tyd van 22Ábjatar, die hoëpriester, en die toonbrode geëet het wat vir niemand mbehalwe die priesters geoorloof is om te eet nie; en ook aan die wat saam met hom was, gegee het?
En Hy sê vir hulle: Die sabbat is 23gemaak 24vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.
nDaarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.
27
| a Matt. 9:1. Luk. 5:17. | 1 Die woorde ’n paar word dikwels deur die Hebreërs weggelaat wanneer daar ’n tydsverloop tussen gebeurtenisse is, wat nie genoem word nie, maar tog veronderstel word. Sien Gén. 4:3; 24:55 en die kanttekeninge.
2 Naamlik stilletjies en onverwags. 3 Naamlik waarin Hy gewoon het. Of: waar Hy tuis was. Sien Matt. 4:13. |
| 4 Naamlik van die koninkryk, of van die evangelie. |
| b Matt. 9:1, ens. Luk. 5:18. | 5 Gr. opgeneem. |
| 6 Want die dakke was plat en met gebakte stene of teëls bedek, wat hulle hier oopgebreek het. Sien Luk. 5:19.
7 Gr. krabbaton, dit was ’n ligte bedjie, soos ’n matras, waarop hulle gewoonlik in die middag gerus het, en waarop hulle dikwels die siekes neergelê het om hul maklik van die een plek na die ander te dra. |
| 8 Naamlik sowel van die verlamde as van diegene wat hom gedra het. |
| c Ps. 32:5; 51:3. Jes. 43:25. | 9 Sien hieroor Matt. 9:3 se kanttekening. |
| 10 Dit is, in sy siel, naamlik deur die openbaring van sy Godheid wat ook dikwels met die woord Gees aangedui word, sien Rom. 1:4, Hebr. 9:14, 1 Petr. 3:18 en die kanttekeninge. |
| 11 Sien oor hierdie en die volgende verse Matt. 9:5-8 en die kanttekeninge. |
| d Matt. 9:9. Luk. 5:27. | 12 Naamlik die see van Galiléa of die meer van Gennésaret, waarteen Kapérnaüm gelê het. |
| 13 Wat ook Matthéüs genoem was. Sien Matt. 9:9.
14 Of: in die tolhuis. |
| 15 Sien Matt. 9:10 se kanttekening. |
| e Matt. 9:13; 21:31. Luk. 5:32; 19:10. 1 Tim. 1:15. | 16 Gr. wat dit sleg het, dit is, hulle wat sleg daaraan toe is, wat ernstig siek is. |
| f Matt. 9:14. Luk. 5:33. | 17 Hulle het dit dikwels gedoen, soos verklaar word in Matt. 9:14. Luk. 5:33.
18 Sien ook oor hierdie hele geskiedenis en gelykenisse Matt. 9:14-17 en die kanttekeninge. |
| g Jes. 62:5. 2 Kor. 11:2. |
| h Matt. 9:17. | 19 Of: skeur. |
| i Deut. 23:25. Matt. 12:1. Luk. 6:1. | 20 Gr. sabbatte. |
| k Ex. 20:10. | 21 Gr. sabbatte. |
| l 1 Sam. 21:6. |
| m Lev. 24:9. | 22 Hierdie Ábjatar word in 1 Sam. 21:1 Ahiméleg genoem, en sy seun word Ábjatar genoem. Maar dit blyk uit verskeie plekke in die Skrif dat aan die vader en die seun beide hierdie name gegee word. Sien 2 Sam. 8:17; 15:29, 35. 1 Kon. 2:26, 27. 1 Kron. 24:6. |
| 23 Gr. geword.
24 Naamlik om vir die mens te dien tot versterking van die siel en tot verkwikking van die liggaam; en nie om hom te laat vergaan nie. |
| n Matt. 12:8. Luk. 6:5. |