Statevertaling – Bybelstigting

Markus 3

Die man met die verdorde hand.

(Matt. 12:9-14 en ooreenk. pl.)

1

EN aHy het weer in die 1sinagoge gegaan, en dáár was ’n man met ’n verdorde 2hand.

2

En 3hulle het Hom in die oog gehou, of Hy hom op die 4sabbat gesond sou maak, sodat hulle Hom kon aanklae.

3

En Hy sê vir die man met die verdorde hand: Staan op in hul midde.

4

Daarop sê Hy vir hulle: Is dit geoorloof om op die sabbat goed of kwaad te doen, 5’n lewe te red of dood te maak? Maar hulle het stilgebly.

5

En nadat Hy hulle rondom 6met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die 7hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, ben sy hand is herstel, gesond soos die ander een.

6

cToe gaan die Fariseërs uit en hou dadelik raad met die 8Herodiane teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.

7

En Jesus het met sy dissipels 9teruggegaan na die see toe, den ’n groot menigte het Hom gevolg uit Galiléa en Judéa

8

en Jerusalem en 10Iduméa en van oorkant die Jordaan af. En die wat om 11Tirus en Sidon gewoon het, 12’n groot menigte, het na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.

9

En Hy het aan sy dissipels 13gesê dat ’n skuitjie altyd vir Hom moes klaar lê vanweë die skare, sodat hulle Hom nie miskien sou verdring nie.

10

Want Hy het baie gesond gemaak, sodat almal wat vol 14kwale was, op Hom 15toegeloop het om Hom aan te raak.

11

En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom 16neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!

12

En Hy het hulle herhaaldelik streng 17gebied om Hom nie bekend te maak nie.

Roeping van die twaalf apostels.

(Matt. 10:1-4 en ooreenk. pl.)

13

eEN Hy het 18op die berg geklim en na Hom geroep die wat Hy wou hê, en hulle het na Hom gekom.

14

En Hy het twaalf 19aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek

15

en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.

16

20En aan Simon het Hy die bynaam 21Petrus gegee;

17

en verder Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, die broer van Jakobus — aan hulle het Hy die bynaam 22Boanérges gegee, dit is, seuns van die donder —

18

en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en 23Thaddéüs en Simon 24Kananítes,

19

en Judas Iskáriot, hy wat Hom verraai het.

Godslastering van die skrifgeleerdes.

(Luk. 11:14-23 en ooreenk. pl.)

20

EN hulle het 25in ’n huis gegaan, en ’n skare het weer saamgekom, sodat hulle selfs fnie 26brood kon eet nie.

21

Toe 27sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry; want hulle het gesê: Hy is 28buite sy sinne.

22

En 29die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: gHy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.

23

En Hy het hulle na Hom geroep en hvir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?

24

En as ’n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;

25

en as ’n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;

26

en as die Satan teen homself opstaan en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar hy 30kom tot ’n einde.

27

iNiemand kan in die huis van ’n sterk man ingaan en sy goed roof kas hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.

28

Voorwaar Ek sê vir julle, lal die sondes sal 31die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het;

29

mmaar wie 32teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige 33oordeel —

30

omdat hulle gesê het: Hy het ’n onreine gees.

Die familie van Jesus.

(Matt. 12:46-50 en ooreenk. pl.)

31

nSY 34broers en sy moeder het toe gekom, en terwyl hulle buite staan, stuur hulle na Hom om Hom te roep.

32

En ’n skare het rondom Hom gesit Hulle sê toe vir Hom: 35U moeder en u broers soek U daarbuite.

33

En Hy antwoord hulle en sê: 36Wie is my moeder of my broers?

34

En Hy kyk rond na die wat rondom Hom sit, en sê: Dáár is my moeder en my broers!

35

oWant elkeen wat 37die wil van God doen, dié is my broer en my suster en moeder.

a Matt. 12:9. Luk. 6:6. 1 Want die Jode het elke sabbat in hul sinagoges vergader om te hoor hoe die Wet verklaar word. Sien Hand. 15:21.

2 Uit Luk. 6:6 blyk dat dit sy regterhand was.

  3 Naamlik die skrifgeleerdes en Fariseërs, Luk. 6:7.

4 Gr. sabbatte.

5 Gr. ’n siel, wat soms as die lewe, soms as die hele mens geneem word.
b 1 Kon. 13:6. 6 Hierdie toorn was ’n kragtige beweging van die gemoed teen die sonde en verharding van hierdie volk. Hierdie toorn is op sigself goed, mits dit binne behoorlike perke bly, Ef. 4:26 se kanttekening.

7 Die Griekse woord beteken eintlik so ’n hardheid, soos eelte wat aan hande en voete voorkom, waardeur hulle hard en ongevoelig word.

c Matt. 12:14. Joh. 10:39; 11:53. 8 Sien Matt. 22:16 se kanttekening oor die Herodiane.
d Matt. 4:25. Luk. 6:17. 9 Naamlik om hul hinderlae te ontwyk, Matt. 12:15.
  10 Waar die nakomelinge van Esau of die Edomiete gewoon het.

11 Sien Matt. 11:21 oor hierdie twee stede.

12 Of: met groot menigte, of wat tesame ’n groot menigte maak.

  13 Dit is, met gesag gespreek, soos in Matt. 8:8.
14 Gr. gésels. Met hierdie Griekse woord word die siektes en gebreke van mense aangedui, omdat God die mense daardeur straf of tugtig, Mark. 5:29. Hebr. 12:6.

15 Gr. op Hom geval het.

  16 Naamlik in die deur die duiwel besete mense.
  17 Sien Mark. 1:25 se kanttekening vir die rede hiervoor.
e Matt. 10:1. Mark. 6:7. Luk. 6:12, 13; 9:1. 18 Naamlik om te bid en daarna sy apostels te kies.
  19 Gr. gemaak, naamlik tot sy apostels, Luk. 6:13.
  20 Of: Naamlik Simon, vir wie Hy die bynaam Petrus gegee het, ens.

21 Dit is, rots, Joh. 1:43 se kanttekening. Die rede hiervoor word in Matt. 16:18 verklaar.

  22 Dit is ’n vervormde Hebreeuse of Siriese woord. Dit beteken, soos hier verklaar word, seuns van die donder; hulle word hierdie naam gegee vanweë hul besondere ywer en deurdringende krag in die prediking, soos ’n mens nog in die geskrifte van Johannes kan sien.
  23 Ook Lebbéüs genoem. Sien Matt. 10:3.

24 Sien oor die apostels ook Matt. 10:2-4 en die kanttekeninge.

f Mark. 6:31. 25 Naamlik in Kapérnaüm, waar Hy gewoon het, Matt. 4:13, om Hom voortaan te volg en tot diens te wees.

26 Dit is, hul voedsel of lewensbehoeftes betyds neem.

  27 Gr. wat van Hom, of van sy mense was. Want ook baie van sy bloedverwante het nie in Hom geglo nie, Joh. 7:5.

28 Gr. buite Homself gesteld.

g Matt. 9:34; 12:24. Luk. 11:15. Joh. 8:48. 29 Sien hieroor Matt. 10:25.
h Matt. 12:25.  
  30 Naamlik, dit is met hom en met sy ryk gedaan.
i Matt. 12:29.

k Kol. 2:15.

l 1 Sam. 2:25. Matt. 12:31. Luk. 12:10. 1 Joh. 5:16. 31 Dit is, die mense. ’n Manier van spreek wat by die Hebreërs baie gebruiklik is. Sien Matt. 12:31 en die kanttekeninge.
m 1 Joh. 5:16. 32 Sien Matt. 12:31 oor hierdie lastering teen die Heilige Gees.

33 Dit is, verdoemenis, wat hy nie net verdien het nie, maar waaraan hy ook sekerlik onderworpe sal wees.

n Matt. 12:46. Luk. 8:19. 34 Dit is, bloedverwante. Sien Matt. 12:46 en 13:55 se kanttekeninge.
  35 Gr. Kyk, of: Dáár, u moeder, ens. Net so in vers 34.
  36 Christus wil sy moeder hiermee nie verag nie, maar Hy toon aan dat die geestelike verwantskap in sake van die saligheid voor die vleeslike verwantskap gestel moet word.
o Joh. 15:14. 2 Kor. 5:16, 17. 37 Om die wil van God te doen, is om in Christus te glo en heilig te lewe, Joh. 6:40. 1 Thess. 4:3.