Statevertaling – Bybelstigting
Gelykenis van die saaier.
(Matt. 13:1-23 en ooreenk. pl.)
ENa Hy het nog ’n maal by 1die see begin leer; en ’n groot menigte het by Hom saamgekom, sodat Hy in die skuit geklim en op die see gaan sit het, en die hele skare was op die land by die see.
En Hy het hulle baie dinge geleer deur 2gelykenisse en vir hulle 3in sy lering gesê:
Luister! ’n Saaier het uitgegaan om te saai.
En terwyl hy saai, het ’n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet.
En ’n ander deel het op ’n rotsagtige plek geval waar dit 4nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie.
En toe die son opgaan, is dit verskroei; en omdat dit 5geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.
En ’n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie.
En 6’n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig.
En Hy sê vir hulle: 7Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
bEn toe Hy alleen was, het die wat 8saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra.
En Hy sê vir hulle: cAan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God 9te ken, dmaar vir hulle 10wat buite is, kom alles deur gelykenisse,
e11sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.
En Hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan?
fDie saaier saai 12die woord.
En dit 13is hulle wat langs die pad is — 14waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.
Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word — wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,
maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir ’n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, 15struikel hulle dadelik.
En hulle by wie in die dorings gesaai word — dit is hulle wat die woord hoor,
gen die sorge van hierdie 16wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met 17die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.
En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is — hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig.
Gelykenis van die lamp.
(Luk. 8:16-18.)
hEN Hy het vir hulle gesê: 18Die lamp kom tog nie om onder die maatemmer of onder die bed gesit te word nie. Is dit nie om op die staander gesit te word nie?
iWant daar is 19niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.
As iemand ore het om te hoor, laat hom 20hoor.
En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; kmet die 21maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.
lWant wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
Gelykenis van die saad.
EN Hy het gesê: So is die 22koninkryk van God, soos wanneer ’n mens die saad in die grond gooi;
en hy gaan 23slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word 24groot — hoe, weet hy self nie.
Want 25vanself bring die aarde vrug voort, eers ’n halm, dan ’n aar, dan die volle koring in die aar.
En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes 26daar is.
Gelykenis van die mosterdsaad.
(Matt. 13:31, 32 en ooreenk. pl.)
mEN Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?
Dit is 27soos ’n mosterdsaad, wat 28die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is;
en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.
nEn met baie sulke gelykenisse het Hy 29die woord tot hulle gespreek 30volgens wat hulle kon verstaan;
en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê.
Jesus maak die storm stil.
(Matt. 8:23-27 en ooreenk. pl.)
oEN toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar 31na die ander kant.
En hulle het die skare verlaat en Hom, 32net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom.
En ’n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word.
Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: 33Meester, 34gee U nie om dat ons vergaan nie?
En Hy het opgestaan en die wind pbestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ’n groot stilte gekom.
Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen 35geloof nie?
En 36’n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!
| a Matt. 13:1. Luk. 8:4. | 1 Dit is, die see van Galiléa of meer van Gennésaret, waarteen Kapérnaüm gelê het, waarheen Christus dikwels gegaan het, omdat daar oor die algemeen baie mense was en dit derhalwe geskik was om daar te leer, Matt. 13:1. Mark. 2:13. |
| 2 Gr. parabole. Sien Matt. 13:3 se kanttekening.
3 Dit is, tydens die onderrig. |
| 4 Want vlak grond word vinnig deur die son verwarm en met reën bevogtig. Maar as die hitte aanhou, raak dit ook vinnig uitgedroog. |
| 5 Dit is, geen genoegsame of vaste wortel nie. |
| 6 Naamlik, ’n ander deel van die saad. |
| 7 Sien Matt. 13:9 se kanttekening. |
| b Matt. 13:10. Luk. 8:9. | 8 Soos onder andere diegene waaruit Hy sy sewentig dissipels gekies het. |
| c Matt. 11:25. 2 Kor. 2:14.
d 2 Kor. 3:14. |
9 Naamlik helder en duidelik.
10 Naamlik wat buite die getal van my skape is, of wat geen ware lede van die gemeente is nie, Joh. 10:26. Rom. 9:6-8. |
| e Jes. 6:9. Matt. 13:14. Luk. 8:10. Joh. 12:40. Hand. 28:26, 27. Rom. 11:8. | 11 Met hierdie woorde, wat uit Jes. 6:9 geneem is, word die oordeel van God verklaar oor diegene wat aan die evangelie ongehoorsaam is. Sien Matt. 13:14. 2 Thess. 2:11, 12. |
| f Matt. 13:19. Luk. 8:11. | 12 Dit is, verkondig die leer van die evangelie. |
| 13 Dit is, diegene in wie die woord gesaai word.
14 Sien die verklaring van hierdie hele gelykenis in Matt. 13:18-23 en die kanttekeninge. |
| 15 Of: aanstoot neem. Dit is, hulle neem aanstoot dat hulle saam met die ware belyers van die evangelie aan vervolging onderworpe is, en word daarna afvallig. |
| g Matt. 19:23. Mark. 10:23. Luk. 18:24. 1 Tim. 6:9. | 16 Gr. eeu, dit is, van dinge wat tot hierdie lewe behoort.
17 Naamlik soos roem, welluste, wraak en dergelike. |
| h Matt. 5:15. Luk. 8:16; 11:33. | 18 Dit is, word ook ’n lamp aangesteek en gebring om, ens. |
| i Job 12:22. Matt. 10:26. Luk. 8:17; 12:2. | 19 Naamlik wat deur Christus aan sy dissipels geleer is om verborge te bly, maar sodat hulle dit te syner tyd openlik voor almal sou leer. |
| 20 Dit is, laat hom daarop let. |
| k Matt. 7:2. Luk. 6:38. | 21 Dit is, namate julle jul gawes van kennis aan ander getrou sal meedeel, sal die Here dit ook vir julle vermeerder. Sien Matt. 25:21, 29. |
| l Matt. 13:12; 25:29. Luk. 8:18; 19:26. |
| 22 Dit is, die voortgang van die verkondiging van die evangelie. Sien Matt. 21:43. |
| 23 Dit is, gerus gaan lê en opgestaan; soos in Ps. 3:6.
24 Dit is, hoog opgeskiet. |
| 25 Dit is, bring deur sy ingeskape krag en natuur vrug voort van dit wat daarin gesaai is, Gén. 1:11. Met hierdie gelykenis leer Christus dat die goddelike Woord wat verkondig is sy wasdom kry in die harte van die mense, nie deur die leraar se arbeid en sorg nie, maar deur die verborge werking van die Heilige Gees, wat gaandeweg sigbaar word in die dra van vrugte, 1 Kor. 3:7. |
| 26 Gr. daar staan. |
| m Matt. 13:31. Luk. 13:18. |
| 27 Sien vir die betekenis van hierdie gelykenis Matt. 13:31 se kanttekening.
28 Gr. die kleinere. |
| n Matt. 13:34. | 29 Naamlik van die evangelie.
30 Dit is, hoewel hulle hierdie algemene aardse dinge verstaan het, kon hulle die geestelike wat daardeur afgebeeld word nie begryp nie. |
| o Matt. 8:23. Luk. 8:22. | 31 Naamlik van die see van Galiléa, teenoor Kapérnaüm, na die land van die Gadaréners, soos blyk uit Mark. 5:1. |
| 32 Verstaan hiermee sonder om aan wal te gaan. Sien vers 1. |
| 33 Gr. Leraar.
34 Of: bekommer dit U nie? |
| p Job 26:12. Ps. 107:29. Jes. 51:10. |
| 35 Dit is, geen vaste vertroue nie. Want hulle was nie heeltemal sonder geloof nie, maar kleingelowiges, Matt. 8:26. Luk. 8:25. |
| 36 Gr. hulle het ’n groot vrees gevrees. |