Statevertaling – Bybelstigting

Markus 5

Die besetene van Gádara.

(Matt. 8:28-34 en ooreenk. pl.)

1

ENa hulle het aan die oorkant van die see gekom in die land van die 1Gadaréners.

2

En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet ’n man 2met ’n onreine gees,

3

wat sy verblyf 3in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie;

4

want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie.

5

En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu 4op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan.

6

En toe hy Jesus van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer

7

en skreeu met ’n groot stem en sê: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? 5Ek besweer U by God om my nie te 6pynig nie.

8

Want 7Hy het vir hom gesê: Onreine gees, gaan uit die man uit!

9

En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en sê: 8Legio is my naam, want ons is baie.

10

Toe smeek 9hy Hom dringend om hulle nie uit die land weg te stuur nie.

11

En dáár teen die berge het ’n groot trop varke gewei,

12

en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: 10Stuur ons in die 11varke, sodat ons in hulle kan 12vaar.

13

En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke 13gevaar, en die trop — daar was omtrent tweeduisend — het van die krans af in 14die see gestorm en in die see verdrink.

14

En die wagters van die varke het gevlug en dit in die stad en in die buitewyke vertel; en hulle het uitgekom om te sien wat daar gebeur het.

15

Toe kom hulle by Jesus en sien die besetene sit, gekleed en by sy verstand — die een wat die legioen gehad het. En hulle was bevrees.

16

Die wat dit gesien het, vertel toe aan hulle 15hoe dit met die besetene gegaan het, en ook van die varke.

17

bEn hulle het Hom begin smeek 16om weg te gaan uit hulle gebied.

18

cEn 17toe Hy in die skuit klim, het die man wat van die duiwels besete gewees het, Hom gesmeek om by Hom te kan bly.

19

Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was.

20

En hy het weggegaan en 18in Dekápolis begin verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het, en almal was verwonderd.

Die dogtertjie van Jaïrus. Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het.

(Matt. 9:18-26; Luk. 8:41-56.)

21

dEN toe Jesus weer in die skuit oorgevaar het na die ander kant, het ’n groot menigte by Hom vergader. En Hy was by die see.

22

eEn daar kom een van die 19owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer

23

en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie 20is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy 21gesond kan word, en sy sal 22lewe.

24

En Hy het saam met hom gegaan. En ’n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring.

25

fEn ’n sekere vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het

26

en veel onder baie geneeshere gely en al haar besittings uitgegee het sonder om enige baat te vind, maar eerder erger geword het,

27

het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en sy kleed aangeraak;

28

want sy het gesê: As ek maar sy klere kan 23aanraak, sal ek 24gesond word.

29

En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog, en sy het aan haar liggaam 25bemerk dat sy van haar 26kwaal genees was.

30

En dadelik toe Jesus in Homself gdie 27krag gewaarword wat van Hom uitgegaan het, draai Hy Hom om onder die skare en sê: Wie het my klere aangeraak?

31

En sy dissipels antwoord Hom: U sien dat die skare U verdring, en U sê: Wie het My aangeraak?

32

Toe kyk Hy rond om haar te sien wat dit gedoen het.

33

Die vrou, wat gevrees en gebeef het omdat sy wis wat met haar gebeur het, kom toe en val voor Hom neer en vertel Hom 28die hele waarheid.

34

hEn Hy sê vir haar: Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees van jou kwaal genees.

35

iTerwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog 29lastig?

36

Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net.

37

En Hy het niemand toegelaat om saam met Hom te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus.

38

30En Hy kom in die huis van die owerste van die sinagoge en sien ’n 31rumoer: mense wat baie ween en huil.

39

En toe Hy binnegaan, sê Hy vir hulle: Waarom gaan julle so te kere en ween julle? kDie kind is nie dood nie, maar slaap.

40

En hulle het Hom uitgelag. Maar Hy het almal 32uitgedryf en die vader van die kind saamgeneem en die moeder en 33die wat by Hom was, en ingegaan waar die kind lê.

41

Toe gryp Hy die hand van die kind en sê vir haar: 34Talíta, koemi! wat, as dit vertaal word, beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op!

42

En die dogtertjie het dadelik opgestaan en begin rondloop, want sy was twaalf jaar oud. En 35hulle was uitermate verbaas.

43

En Hy het hulle met nadruk beveel dat niemand dit moes weet nie, en gesê dat daar vir haar iets te ete gegee moes word.

a Matt. 8:28. Luk. 8:26. 1 Matthéüs sê: van die Gergeséners. Sien Matt. 8:28 se kanttekening daaroor.
  2 Gr. in ’n onreine gees. Matt. 8:28 noem dat daar twee besetenes was, maar Markus vermeld net een, omdat hy óf die ellendigste daaraan toe was, óf hoofsaaklik die woord gevoer en met Christus gespreek het.
  3 Sien hieroor Matt. 8:28 se kanttekening.
  4 Gr. in die berge, dit is, in die spelonke wat in die berge was.
  5 Dit is, ek maan U in die Naam van God. Want om te besweer is om met aanroeping of melding van God se Naam iemand iets op te lê, of om van iemand iets te begeer. Sien Hand. 19:13. 1 Thess. 5:27.

6 Dit is, in die afgrond werp, om daar gepynig te word, sien Luk. 8:31 se kanttekening.

  7 Naamlik Jesus.
  8 Legio was ’n regiment soldate, sien hieroor Matt. 26:53 se kanttekening.
  9 Naamlik een van hierdie duiwels, wat as die hoof van die ander die woord gevoer het.
10 Hulle begeer dit van Christus om Hom gehaat te maak by die plaaslike inwoners.

11 Sien Matt. 8:32.

12 Gr. ingaan.

13 Gr. ingegaan.

14 Dit is, in die meer wat in die omgewing van Gádara was, wat as die see van Galiléa beskou word. Sien Matt. 8:28 se kanttekening.

  15 Dit is, hoe die genesing by hom plaasgevind het.
b Hand. 16:39. 16 Naamlik uit vrees om meer skade te ly, waarmee hulle toon dat hulle eerder hul tydelike besittings wou hê, as Christus en sy evangelie.
c Luk. 8:38. 17 Naamlik om weer oor te vaar na Galiléa.
  18 Sien Matt. 4:25 se kanttekening oor hierdie landstreek.
d Luk. 8:40.
e Matt. 9:18. Luk. 8:41. 19 Hulle was oor die sinagoges gestel, om dit in goeie orde te hou en te regeer. Sien Hand. 13:15.
20 In Matt. 9:18 staan dat hy gesê het: My dogter het nou net gesterwe. Dit dui op die boodskap wat kort daarna aan hom oorgedra is, vers 35.

21 Of: (in die lewe) behou.

22 Dit is, bly lewe.

f Lev. 15:25. Matt. 9:20. Luk. 8:43.  
  23 Sien Matt. 9:21 en 14:36 se kanttekeninge hieroor.

24 Gr. behoue.

25 Of: gevoel.

26 Of: gésel. Sien Mark. 3:10 se kanttekening.

g Luk. 6:19. 27 Dit is, die werking wat deur sy goddelike natuur in hierdie vrou plaasgevind het.
  28 Naamlik oor wat sy gedink en gedoen het.
h Matt. 9:22. Mark. 10:52.  
i Luk. 8:49. 29 Naamlik om verder saam te gaan.
  30 Sien Matt. 9:23-25 vir hierdie geskiedenis.

31 Of: ’n geraas, ’n gewoel. Sien Matt. 9:23 se kanttekening.

k Joh. 11:11.  
  32 Gr. uitgewerp.

33 Naamlik Petrus, Johannes en Jakobus, wat Hy saam met Hom geneem het, vers 37.

  34 Die evangelis behou die Aramese woorde wat Christus gebruik het, met die bedoeling dat ons Christus self in sy eie taal hoor spreek.
  35 Gr. hulle was verbaas met groot verbasing.