Statevertaling – Bybelstigting

Markus 6

Jesus in Násaret verag.

(Matt. 13:53-56.)

1

ENa Hy het daarvandaan weggegaan en in sy 1vaderstad gekom, en sy dissipels het Hom gevolg.

2

En toe dit sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke 2kragte 3deur sy hande plaasvind?

3

bIs Hy nie die 4timmerman, die seun van Maria, en die broer van Jakobus en Joses en Judas en Simon nie? En is sy susters nie hier by ons nie? En hulle het aanstoot aan Hom geneem.

4

En Jesus sê vir hulle: c’n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis.

5

dEn Hy 5kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy ’n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het.

6

En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. eDaarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer.

Die sending van die twaalf.

(Matt. 10:5 vv. en ooreenk. pl.)

7

fEN Hy het 6die twaalf na Hom geroep en hulle twee-twee begin uitstuur en het hulle mag gegee 7oor die onreine geeste,

8

en hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te neem nie as net 8’n stok alleen — geen reissak, geen brood, geen 9geld in die beurs nie,

9

gmaar 10skoene 11aan die voete; en: Julle moet 12nie twee kledingstukke aantrek nie.

10

En Hy het vir hulle gesê: Waar julle ook al in ’n huis mag kom, bly dáár totdat julle daarvandaan vertrek.

11

hEn almal wat julle nie ontvang of na julle luister nie, gaan daarvandaan weg en iskud 13die stof onder julle voete af tot ’n getuienis teen hulle. kVoorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir Sodom of Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.

12

En hulle het uitgegaan en gepreek dat die mense hulle moes bekeer.

13

En hulle het baie duiwels uitgedryf len baie siekes met olie 14gesalf en gesond gemaak.

Dood van Johannes die Doper.

(Matt. 14:1-12 en ooreenk. pl.)

14

mTOE koning 15Herodes dit hoor — 16want sy naam het bekend geword — het hy gesê: Johannes die Doper het uit die dode opgestaan, en daarom 17werk dié kragte in Hom.

15

Ander het gesê: Hy is Elía, en ander weer het gesê: Hy is ’n profeet of soos een 18van die profete.

16

Maar toe Herodes dit hoor, sê hy: Johannes wat ek onthoof het, dit is hy; hy het uit die dode opgestaan.

17

nWant Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het.

18

Want Johannes het aan Herodes gesê: oDit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie.

19

En Heródias het ’n oog op hom gehad en wou hom om die lewe bring en sy kon nie.

20

Want Herodes was bang vir Johannes, omdat hy wis dat hy ’n pregverdige en heilige man was, en hy het hom beskerm; en nadat hy hom gehoor het, het hy baie dinge gedoen en 19graag na hom geluister.

21

En op 20die geskikte dag, toe Herodes qop sy verjaarsdag vir sy groot manne en die owerstes oor duisend en die vernaamstes van Galiléa ’n maaltyd gegee het;

22

en toe die dogter van dieselfde Heródias 21inkom en dans, en Herodes en die wat saam aan tafel was, behaag, sê die koning vir die meisie: Vra my net wat jy wil, en ek sal dit aan jou gee.

23

rEn hy het vir haar gesweer: Net wat jy my vra, sal ek jou gee, al was dit ook die helfte van my koninkryk.

24

Daarop gaan sy uit en sê vir haar moeder: Wat sal ek vra? Toe antwoord sy: Die hoof van Johannes die Doper.

25

En dadelik gaan sy haastig in na die koning en vra en sê: Ek wil hê dat u my op die daad die hoof van Johannes die Doper op ’n skottel gee.

26

Toe word die koning baie bedroef, maar ter wille van die eed en die wat saam aan tafel was, wou hy haar nie 22afwys nie.

27

sEn die koning stuur dadelik een van sy 23lyfwag met die bevel om sy hoof te bring; en hy het gegaan en hom in die gevangenis onthoof

28

en sy hoof op ’n skottel gebring en dit aan die meisie gegee, en die meisie het dit aan haar moeder gegee.

29

En toe sy dissipels dit hoor, het hulle gekom en sy lyk weggeneem en dit in ’n graf neergelê.

Eerste vermeerdering van die brode.

(Matt. 14:13-21 en ooreenk. pl.)

30

tEN die apostels het by Jesus 24saamgekom en Hom alles vertel wat hulle gedoen sowel as wat hulle geleer het.

31

En Hy sê vir hulle: Kom julle self in die 25eensaamheid na 26’n verlate plek en rus ’n bietjie. Want daar was baie wat kom en gaan, ven hulle het selfs geen geskikte tyd gehad om te eet nie.

32

xEn hulle het met die skuit vertrek na ’n verlate plek in die eensaamheid.

33

En die skare het hulle sien weggaan, en baie het Hom herken en te voet van al die stede af daar saamgestroom en voor hulle uit gegaan en by Hom vergader.

34

27En toe Jesus uitklim, ysien Hy ’n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, zomdat hulle soos skape sonder herder was; aen Hy het hulle baie dinge begin leer.

35

bEn toe dit reeds 28laat geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate en dit is reeds laat.

36

Stuur hulle weg, sodat hulle na die 29buitewyke en dorpe rondom kan gaan om brood vir hulleself te koop, want hulle het niks om te eet nie.

37

Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Gee julle aan hulle iets om te eet. En hulle sê vir Hom: Moet ons gaan en vir tweehonderd 30pennings brood koop en aan hulle gee om te eet?

38

En Hy sê vir hulle: Hoeveel brode het julle? Gaan kyk. cEn toe hulle dit 31te wete gekom het, sê hulle: Vyf, en twee visse.

39

En Hy het hulle beveel om almal 32klompies-klompies op die groen gras te laat sit.

40

En hulle het gaan sit in 33groepe van honderd en van vyftig.

41

Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, dkyk op na die hemel en 34edank; en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel.

42

En almal het geëet en versadig geword;

43

en hulle het van die brokstukke twaalf mandjies vol opgetel, en van die visse.

44

En die wat van die brood geëet het, was omtrent vyfduisend manne.

Jesus wandel op die see.

(Matt. 14:22-36 en ooreenk. pl.)

45

fEN dadelik het Hy sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en vooruit te vaar na die 35oorkant, na Betsáida, onderwyl Hy die skare sou wegstuur.

46

gEn nadat Hy van 36hulle afskeid geneem het, het Hy na die berg gegaan om te bid.

47

hEn toe dit aand geword het, was die skuit in die middel van die see en Hy alleen op die land.

48

En Hy het gesien dat hulle swaar kry met roei, want die wind was teen hulle. En omtrent die 37vierde nagwaak het Hy na hulle gekom, al wandelende op die see. En Hy wou by hulle verbygaan.

49

En toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gemeen dat dit ’n 38spook was en hard uitgeskreeu;

50

want hulle het Hom almal gesien en was ontsteld. Toe spreek Hy dadelik met hulle en sê vir hulle: Hou goeie moed, dit is Ek; moenie vrees nie.

51

En Hy het by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê; en hulle was by hulleself 39uitermate verbaas en verwonderd.

52

Want hulle het 40by die wonder van die brode nie verstandig geword nie, omdat hulle hart 41verhard was.

53

iEn nadat hulle oorgevaar het, het hulle by die land Gennésaret aangekom en daar aan wal gaan lê.

54

En toe hulle uit die skuit gaan, het 42die mense Hom dadelik herken,

55

en hulle het in daardie hele omtrek rondgeloop en die wat ongesteld was, op bedde begin ronddra na die plek waar hulle hoor dat Hy is.

56

En waar Hy ook al ingegaan het in dorpe of stede of 43buitewyke, het hulle die wat ongesteld was, op die markpleine neergesit en Hom gesmeek om, al was dit maar die soom van sy kleed, 44aan te raak; en almal wat Hom aangeraak het, het gesond geword.

a Matt. 13:53. Luk. 4:16. 1 Gr. patrida, dit is, vaderland of vaderstad. Násaret word sy vaderstad genoem, omdat Hy daar opgevoed was en lank saam met sy ouers gewoon het. Sien Matt. 13:54. Luk. 4:16.
  2 Dit is, wonderwerke of wondertekens. Sien Matt. 7:22 se kanttekening.

3 Dit is, deur Hom; ’n Hebreeuse manier van spreek.

b Joh. 6:42. 4 Omdat Josef ’n timmerman was, Matt. 13:55, is dit waarskynlik dat Christus hom in hierdie ambag gehelp het (wat ook ’n deel van sy vernedering was, Luk. 2:51), totdat Hy met sy leraarsamp begin het.
c Matt. 13:57. Luk. 4:24. Joh. 4:44.  
d Matt. 13:58. 5 Sien Matt. 13:58 se kanttekening vir die rede daarvoor.
e Matt. 9:35. Luk. 13:22.  
f Matt. 10:1. Luk. 6:13; 9:1. 6 Naamlik wat Hy as sy apostels verkies het, Mark. 3:13.

7 Naamlik om hulle uit die besetenes te kan uitdryf.

  8 Naamlik om op te steun as hulle loop; maar nie een wat vir ’n mens op die pad ’n las sou wees nie, soos in Matt. 10:10 te sien is.

9 Gr. koper in die gordel, omdat die geld vroeër dikwels van koper gemaak is, wat hier ook as die kleingeld verstaan kan word.

g Hand. 12:8. 10 Gr. sandalia, wat ligte skoene was, wat slegs bestaan uit sole met riempies om aan die voete vas te maak. Dit was in die warm lande algemeen gebruik, Hand. 12:8.

11 Gr. aan te bind. Naamlik slegs een paar skoene om mee te reis, want hulle word ook verbied om meer skoene saam te neem, Matt. 10:10 en die kanttekening.

12 Dit is, slegs die klere wat julle aanhet.

h Matt. 10:14. Luk. 9:5.

i Hand. 13:51; 18:6.

k Matt. 10:15. Luk. 10:12.

13 Sien Matt. 10:14 se kanttekening vir die rede hiervoor.
l Jak. 5:14. 14 Hierdie salwing, soos ook die oplegging van die hande, die aanraking en dergelike maniere van doen, wat Christus en die apostels by die genesing van siektes gebruik het, het nie die gesondheid gegee nie, maar was uiterlike tekens dat hierdie wonderbare genesing deur die goddelike krag van Christus en die diens van die apostels plaasgevind het. Hierdie tekens is gebruik solank as die gawe van wonderbare genesing geduur het. Sien Mark. 16:18. Jak. 5:14. Nadat dié gawe opgehou het, moes hierdie tekens, wat geen doel meer gedien het nie, ook ophou.
m Matt. 14:1. Luk. 9:7. 15 Sien Matt. 14:1, ens. oor hierdie Herodes en die hele geskiedenis.

16 Naamlik die naam Jesus.

17 Of: in hom (die opgestane Johannes, soos Herodes gedink het). Dit is, hy kom met meer krag as tevore; want Johannes het self geen wonders gedoen nie, Joh. 10:41.

  18 Dit is, van die afgestorwe profete.
n Matt. 14:3. Luk. 3:19; 9:9.  
o Levítikus 18; 20:21.  
p Matt. 14:5; 21:26. 19 Naamlik aanvanklik; want daarna het hy, opgestook deur Heródias, probeer om hom dood te maak, hoewel hy dit uit vrees vir die volk nie gedoen het nie, totdat hierdie geleentheid hom voorgedoen het, Matt. 14:5.
q Gén. 40:20. Matt. 14:6. 20 Dit is, die regte tyd waarop Heródias haar daarop toegelê het om haar voorneme uit te voer.
21 Naamlik in die saal waar die maaltyd gehou was, want dit was in daardie tyd selde gebruiklik dat die vroue saam met die mans by groot maaltye aangesit het. Sien Est. 1:11.
r Rig. 11:30.  
  22 Dit is, nie haar versoek verwerp nie.
s Matt. 14:10. 23 Of: laksman.
t Luk. 9:10. 24 Naamlik toe hulle van hul reis, wat hulle twee-twee deur die Joodse land onderneem het, teruggekom het. Sien vers 7.
v Mark. 3:20. 25 Of: eenkant.

26 Of: woeste, eensame plek. Dit was by Betsáida, Matt. 14:13. Luk. 9:10.

x Matt. 14:13. Luk. 9:10. Joh. 6:1.  
y Matt. 9:36; 14:14.

z Jer. 23:1. Eség. 34:2.

a Luk. 9:11.

27 Sien Matt. 14:15, ens. en die kanttekeninge oor hierdie wonder in sy geheel.
b Matt. 14:15. Luk. 9:12. Joh. 6:5. 28 Gr. toe die uur reeds baie geword het. Want die Jode het die ure getel vanaf sonsopkoms en dit geëindig met sonsondergang, Matt. 20:6.
  29 Gr. landelike gebiede.
  30 Gr. denarii. Sien Matt. 18:28 se kanttekening vir die waarde hiervan.
c Matt. 14:17. Luk. 9:13. Joh. 6:9. 31 Gr. verstaan het, of: geweet het.
32 Gr. simposia, simposia, dit is, maaltye, maaltye, ’n Hebreeuse spreekwyse; dit is, in verskillende geselskappe, soos mense gewoonlik tydens groot maaltye of bruilofte aan verskillende tafels verdeel word.
  33 Dit is, ordelike groepe, waarvolgens die getal gemaklik bereken kon word.
d Joh. 17:1.

e 1 Sam. 9:13.

34 Gr. seën, naamlik met danksegging. Sien Matt. 14:19. Joh. 6:11.
f Matt. 14:22. Joh. 6:17. 35 In Joh. 6:17 staan dat hulle na Kapérnaüm gevaar het, wat naby Betsáida geleë was.
g Matt. 14:23. Luk. 6:12. 36 Sien Hand. 18:21.
h Matt. 14:23. Joh. 6:16.  
  37 Wat die laaste nagwaak was. Sien Matt. 14:25 se kanttekening.
  38 Dit is, ’n gees, wat in ’n liggaamlike gedaante verskyn.
  39 Gr. grootliks.
40 Of: deur die brode, dit is, hulle het nie verstandiger geword deur dit wat met die vyf brode gebeur het nie; naamlik om daardeur verseker te wees van Christus se goddelike krag en sorg vir hulle. Sien Mark. 8:17, 20, 21.

41 Gr. vereelt, of: verweer; waardeur nie sodanige hardheid of verstoktheid van die hart verstaan moet word, soos tevore in die hardnekkige Jode aangewys en bestraf is nie, Mark. 3:5, maar dit dui op hul onbegrip en traagheid om geestelike dinge goed te verstaan en te glo. Sien dergelike in Mark. 8:17; 16:14. Luk. 24:25.

i Matt. 14:34.  
  42 Naamlik die inwoners van daardie land.
43 Gr. landelike gebiede.

44 Sien die rede vir hierdie aanraking in Matt. 14:36 se kanttekening.