Statevertaling – Bybelstigting

Markus 7

Die oorlewering van die ou mense.

(Matt. 15:1-20.)

1

ENa die Fariseërs en sommige van die skrifgeleerdes 1wat van Jerusalem gekom het, het by Hom saamgekom;

2

en toe hulle sommige van sy dissipels met 2onrein, dit is met ongewaste, hande sien 3brood eet, 4het hulle dit afgekeur.

3

Want die Fariseërs en al die Jode eet nie as hulle nie 5deeglik die hande gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorlewering 6van die ou mense.

4

En wanneer hulle van die 7mark kom, eet hulle nie as hulle nie 8gewas het nie; en baie ander dinge is daar wat hulle aangeneem het om te onderhou: die wassery van bekers 9en kanne en kopergoed en 10bedde.

5

Daarop stel die Fariseërs en die skrifgeleerdes Hom die vraag: Waarom 11wandel u dissipels nie ooreenkomstig die oorlewering van die 12ou mense nie, maar eet brood met ongewaste hande?

6

En Hy antwoord en sê vir hulle: 13Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: bHierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart 14is ver van My af.

7

cMaar 15tevergeefs 16vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.

8

Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.

9

En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou.

10

Want Moses het gesê: dEer jou vader en jou moeder; en: eHy wat vader of moeder 17vloek, moet 18sekerlik sterwe.

11

Maar julle sê: As ’n mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, 19is korban, dit is ’n offergawe —

12

dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy vader of sy moeder te doen nie.

13

f20So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle 21bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.

14

gEn Hy het die hele skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister almal na My en verstaan.

15

hDaar is 22niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom 23onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak.

16

24As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor!

17

iEn toe Hy van die skare af in ’n huis gekom het, vra sy dissipels Hom oor die 25gelykenis.

18

En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie,

19

omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel 26rein?

20

En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.

21

kWant van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte 27gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,

22

diewery, 28hebsug, boosheid, bedrog, 29losbandigheid, 30afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.

23

Al hierdie booshede 31kom van binne uit en maak die mens onrein.

Die Siro-Feniciese vrou.

(Matt. 15:21-28.)

24

lEN Hy het opgestaan en daarvandaan 32na die gebied van Tirus en Sidon vertrek. En toe Hy in die huis gegaan het, wou Hy nie dat iemand dit sou weet nie; maar Hy kon nie verborge bly nie.

25

Want ’n vrou wie se dogtertjie ’n onreine gees gehad het, het van Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval.

26

En sy was ’n 33Griekse vrou, 34’n Siro-Feniciese 35van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.

27

Maar Jesus sê vir haar: Laat eers die kinders versadig word; want dit is nie 36mooi om die brood van die kinders te neem en vir die 37hondjies te gooi nie.

28

En sy antwoord en sê vir Hom: Ja, Here, maar die hondjies eet darem onder die tafel van die kinders se krummels.

29

En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie 38woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar.

30

En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel 39uitgevaar het en dat haar dogter op die bed 40lê.

Genesing van ’n doofstomme in Dekápolis.

31

mEN Hy het weer uit die gebied van Tirus en Sidon vertrek en na die see van Galiléa gegaan, deur die gebied van 41Dekápolis.

32

nToe bring hulle na Hom ’n dowe wat swaar praat, en smeek Hom om hom 42die hande op te lê.

33

En Hy neem hom 43opsy, weg van die skare, en 44steek sy vingers in sy ore, en spuug en raak sy tong aan;

34

en nadat Hy 45opgekyk het na die hemel, 46sug Hy en sê aan hom: Éffata, dit is: 47Gaan oop!

35

En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat.

36

En Hy het hulle beveel om dit aan 48niemand te sê nie; maar hoe meer Hy hulle dit beveel, hoe 49meer hulle dit verkondig.

37

En hulle was uitermate verslae en het gesê: oHy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat.

a Matt. 15:1. 1 Naamlik van die skranderste en vyandigste, vanuit Jerusalem gestuur om op sy leer en werke te let, dit af te keur en by die volk verdag te maak.
2 Gr. algemeen of gewoon; so word alles wat onrein of onheilig is deurgaans genoem. Sien Hand. 10:14. Want die Fariseërs het gemeen dat, as hulle iets gewoons sou aanraak, hoewel dit in die wet nie as onrein verklaar is nie, hulle ewenwel onrein of onheilig sou wees, solank hulle hulself nie weer gewas het nie. Christus bestraf dit hier, nie vanweë die burgerlike eerbaarheid in die was van hande voor ete nie, maar om hul bygelowighede en geveinsdheid te weerspreek.

3 Dit is, voedsel.

4 Of: het daaroor gekla.

  5 Gr. met die vuis, soos diegene wat hul hande deeglik wil was, gewoonlik met die vuis in die hand gevryf het. Of: dikwels, of: tot by die elmboog, soos sommige getuig die gewoonte van die Jode was.

6 Of: oudstes.

7 Omdat hulle daar met allerlei soorte mense soos heidene en ander omgegaan het, en ander dinge aangeraak het, waardeur hulle gemeen het dat hul onrein geword het.

8 Gr. gedoop, wat in die water indoop en ook afwas beteken, waarvan die heilige doop sy naam het.

9 Die Griekse woord xestes beteken die sesde deel van ’n kongius, dit is, omtrent ’n halwe liter volgens ons mate.

10 Dit is, die basis of raamwerk van die beddens waarop die mense in daardie tyd gelê of geleun het om te eet. In plaas daarvan sit ons aan tafel.

  11 Dit is, leef; ’n Hebreeuse manier van spreek wat dikwels gebruik word, soos in Ps. 1:1.

12 Of: oudstes.

b Jes. 29:13. Eség. 33:31. 13 Sien Matt. 15:7-9 en die kanttekeninge oor Jesus se antwoord.

14 Gr. hou hom.

c Matt. 15:9. Kol. 2:18, 20. Tit. 1:14. 15 Dit is, sonder vrug, omdat hierdie manier van dien nie vir die Here aangenaam is nie.

16 Of: dien.

d Ex. 20:12. Deut. 5:16. Ef. 6:2.

e Ex. 21:17. Lev. 20:9. Deut. 27:16. Spr. 20:20.

17 Dit is, hulle met lelike woorde benader, deur hulle te skel of te dreig.

18 Gr. die dood sterwe; ’n Hebreeuse spreekwyse.

  19 Of: die korban, dit is, die gawe wat ek geoffer het, sal vir u van nut wees. Sien Matt. 15:5 se kanttekening hieroor.
f Matt. 15:6. 1 Tim. 4:3. 2 Tim. 3:2. 20 Gr. so keur julle voortdurend af, of: so ontneem julle voortdurend sy aansien en krag.

21 Of: oorgelewer.

g Matt. 15:10.  
h Hand. 10:15. Rom. 14:17, 20. Tit. 1:15. 22 Naamlik van voedsel of drank, wat matig en met danksegging genuttig is, 1 Tim. 4:4.

23 Sien kanttekening 2.

  24 Sien Matt. 11:15 se kanttekening.
i Matt. 15:15. 25 Gr. parabole. Die woord beteken nie net ’n gelykenis nie, maar ook ’n besondere lering of spreuk.
  26 Dit is, dit wat nie geskik is tot voeding nie, word daardeur as onrein uitgewerp, en die oorblywende voedsel word daardeur gereinig.
k Gén. 6:5; 8:21. Spr. 6:14. Jer. 17:9. 27 Of: oorwegings, oordenkings, of: samesprekings.
28 Of: begeertes om altyd meer en meer te hê.

29 Of: ontugtigheid, ligsinnigheid, wulpsheid.

30 Gr. bose oog. Dit is, nydigheid, of jaloersheid. Sien Matt. 20:15.

  31 Dit is, dit het hul oorsprong in die hart, en word daarna uiterlik met die daad volbring. Sien Jak. 1:15.
l Matt. 15:21. 32 Dit is, tot naby. Want Christus het waarskynlik nooit self in die stede van die heidene gepreek nie. Sien verse 27, 31. Matt. 15:24.
  33 Dit is, heidense; soos die Jode en Grieke deurgaans teenoor mekaar gestel word.

34 Want Tirus en Sidon was in Fenisië geleë, wat ’n deel van Sirië was en teenaan die Middellandse See geleë was.

35 Dit is, van afkoms.

  36 Of: gepas, goed, reg.

37 Sien Matt. 15:26 se kanttekening.

  38 Naamlik waarmee jy jou geloof en vertroue in My betuig het.
39 Of: uitgegaan.

40 Gr. gewerp is.

m Matt. 15:29. 41 Sien Matt. 4:25 se kanttekening oor hierdie gebied.
n Matt. 9:32. Luk. 11:14. 42 Naamlik om hom te genees; want Hy was gewoond om dit deur die oplegging van sy hande, aanraking en ander uitwendige tekens te doen.
43 Of: eenkant alleen.

44 Christus het hierdie tekens gebruik, omdat daar ’n mate van ooreenkoms is tussen dié tekens en die krag van God wat die ore deurboor en die tong losmaak.

  45 Naamlik om tot sy Vader te bid, soos te sien is in Joh. 11:41.

46 Naamlik uit medelye oor die ellende van die mense, waarvan hierdie man ’n spieëlbeeld was.

47 Gr. Word geopen. Soos blyk uit die volgende vers.

  48 Sien oor die rede hiervoor Jes. 42:2 se kanttekening, verwys ook na Matt. 12:16-20.

49 Dit is, des te meer.

o Gén. 1:31.