Statevertaling – Bybelstigting

Markus 8

Tweede vermeerdering van die brode.

(Matt. 15:29-39.)

1

INa dié dae toe daar ’n baie groot menigte was en hulle niks gehad het om te eet nie, het Jesus sy dissipels na Hom geroep en vir hulle gesê:

2

Ek voel 1innig jammer vir die skare, omdat hulle al 2drie dae by My bly en niks het om te eet nie.

3

En as Ek hulle honger huis toe stuur, sal hulle op die pad beswyk, want sommige van hulle kom van ver.

4

3En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan sal ’n mens hulle hier in die woestyn kan versadig met brood?

5

Toe vra Hy hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle sê: Sewe.

6

En Hy gee aan die skare bevel om op die grond te gaan sit; daarop neem Hy die sewe brode, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels om dit voor te sit; en hulle sit dit aan die skare voor.

7

Hulle het ook ’n paar vissies gehad; en nadat Hy 4gedank het, sê Hy dat hulle dit ook moet voorsit.

8

En hulle het geëet en versadig geword en die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.

9

En die wat geëet het, was omtrent vierduisend. En Hy het hulle weggestuur.

Die suurdeeg van die Fariseërs.

(Matt. 16:1-12.)

10

bEN dadelik het Hy met sy dissipels in die skuit geklim en 5in die streke van Dalmanúta gekom.

11

En die Fariseërs het uitgegaan en met Hom begin 6redetwis en van Hom ’n teken uit die hemel cgevra om Hom te versoek.

12

Toe 7sug Hy swaar in sy gees en sê: Waarom begeer hierdie geslag ’n teken? dVoorwaar Ek sê vir julle, 8aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.

13

En Hy het hulle verlaat en weer in die skuit geklim en 9na die oorkant gegaan.

14

En hulle het vergeet om brode saam te neem, en het net een brood by hulle in die skuit gehad.

15

En Hy het hulle beveel en gesê: ePas op, 10wees op julle hoede vir die 11suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van 12Herodes.

16

Toe redeneer hulle onder mekaar en sê: Dit is omdat ons geen brode het nie.

17

En Jesus merk dit en sê vir hulle: Waarom redeneer julle dat julle geen brode het nie? Begryp julle nie en verstaan julle nie? fHet julle nog jul 13verharde hart?

18

Het julle oë en sien julle nie? En het julle ore en hoor julle nie?

19

En onthou julle nie gtoe Ek die vyf brode vir die vyfduisend gebreek het, hoeveel mandjies vol brokstukke julle opgetel het nie? Hulle sê vir Hom: Twaalf.

20

En hdie sewe vir die vierduisend — 14hoeveel mandjies vol brokstukke het julle opgetel? En hulle sê: Sewe.

21

Toe sê Hy vir hulle: Hoe 15verstaan julle dan nie!

Genesing van die blinde man in Betsáida.

22

EN Hy het in 16Betsáida gekom, en hulle het ’n blinde man na Hom gebring en Hom gesmeek om hom aan te raak.

23

Hy neem toe die blinde by die hand en lei hom uit buitekant die dorp; ien nadat Hy in sy oë 17gespuug en hom die hande kopgelê het, vra Hy hom of hy iets sien.

24

En 18hy kyk op en sê: Ek sien die mense, want 19ek sien hulle soos bome rondloop.

25

Daarna lê Hy 20weer die hande op sy oë en laat hom opkyk, en hy is herstel en het almal van ver af duidelik gesien.

26

En Hy het hom na sy huis gestuur en gesê: 21Moenie in die dorp gaan of dit aan iemand in die dorp vertel nie.

Belydenis van Petrus.

(Matt. 16:13-23 en ooreenk. pl.)

27

lEN Jesus en sy dissipels het uitgegaan na die dorpe van 22Cesaréa-Filíppi; en op die pad vra Hy sy dissipels en sê vir hulle: Wie sê die mense is Ek?

28

En hulle antwoord: mJohannes die Doper, en ander: Elía, en ander: Een van die profete.

29

En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê vir Hom: nU is 23die Christus.

30

En Hy het hulle streng beveel om niemand van Hom te vertel nie.

31

oToe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en 24ná drie dae opstaan.

32

En hierdie woord het Hy ronduit gespreek. En Petrus het Hom opsy geneem en Hom begin bestraf.

33

Maar Hy het Hom omgedraai, en terwyl Hy sy dissipels aankyk, het Hy Petrus bestraf en gesê: pGaan weg agter My, 25Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar dié van die mense.

Om die kruis op te neem.

(Matt. 16:24-28 en ooreenk. pl.)

34

EN toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: qWie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

35

rWant elkeen wat sy 26lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.

36

Want wat sal dit ’n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

37

Of wat sal ’n mens gee sas losprys vir sy siel?

38

tWant elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.

a Matt. 15:32.
  1 Of: van harte, hartlik.

2 In die baie warm Midde-Oosterse lande kon mense die honger langer verduur as in die kouer lande.

  3 Sien ook Matt. 15:32, ens. oor hierdie wonder.
  4 Of: geseën; sien Matt. 15:36 se kanttekening.
b Matt. 15:39. 5 Of: Mágdala, sien hieroor Matt. 15:39 se kanttekening.
c Matt. 12:38; 16:1. Luk. 11:29. Joh. 6:30. 6 Dit is, in dispuut en geskil betrokke te raak.
d Matt. 16:4. 7 Naamlik oor hul boosheid en hardnekkigheid.

8 In Grieks staan daar ’n onvoltooide sin (asof aan hierdie geslag ’n teken gegee sal word!), wat by die Hebreërs gebruiklik was wanneer ’n mens as ’t ware met ’n eed wou bevestig dat so iets nie sou gebeur nie. Dit is die geval in Gén. 14:23. Ps. 95:11. Hebr. 3:11. Hierdie geslag sal nie so ’n teken ontvang soos hulle van die hemel begeer nie.

  9 Naamlik van die Meer van Gennésaret na Betsáida, soos in vers 22 te sien is.
e Matt. 16:6. Luk. 12:1. 10 Gr. kyk.

11 Sien hieroor Matt. 16:12.

12 Na wie die Herodiane vernoem is. Sien oor hulle Matt. 22:16 se kanttekening.

f Mark. 6:52. 13 Sien Mark. 6:52 se kanttekening.
g Matt. 14:17, 20. Mark. 6:38. Luk. 9:13. Joh. 6:9.  
h Matt. 15:36, 37. 14 Gr. van hoeveel mandjies die volhede van brokstukke.
  15 Naamlik dit wat so kort gelede en so openlik gebeur het.
16 ’n Stadjie of dorp geleë aan die see van Galiléa, van waar Petrus, Andréas en Filippus afkomstig was, Joh. 1:45; waar Christus ook baie wonders gedoen het, Matt. 11:21.
i Mark. 7:33.

k Mark. 7:32.

17 Christus gebruik hierdie teken om aan toon dat hierdie genesing van Hom gekom het. Dit het ’n mate van ooreenkoms met oogdruppels, waardeur swak oë versterk word.
  18 Naamlik die blinde.

19 Anders: Ek sien mense, soos bome, wat rondloop.

  20 Christus kon hierdie blinde man in ’n oogwink heeltemal genees het, soos Hy op ander tye gedoen het, maar dit wil voorkom of Hy dit hier geleidelik wou doen, om daarmee af te beeld dat ons geestelike verligting algaande toenemend plaasvind.
  21 Sien die rede vir hierdie verbod in Matt. 12:16-20.
l Matt. 16:13. Luk. 9:18. 22 Sien Matt. 16:13 se kanttekening oor hierdie stad.
m Matt. 14:2.  
n Matt. 16:16. Joh. 6:69. 23 Dit is, die beloofde Messías of Gesalfde, Joh. 1:42.
o Matt. 16:21; 17:22; 20:18. Mark. 9:31; 10:33. Luk. 9:22; 18:31; 24:7. 24 Dit is, binne drie dae, soos die owerpriesters self die manier van spreek gebruik en daarmee aantoon en verklaar dat hulle dit so verstaan het, Matt. 27:63, 64.
p 2 Sam. 19:22. 25 Sien Matt. 16:23 se kanttekening oor hierdie naam.
q Matt. 10:38; 16:24. Luk. 9:23; 14:27.
r Matt. 10:39; 16:25. Luk. 9:24; 17:33. Joh. 12:25. 26 Gr. siel. Sien Matt. 16:25.
s Ps. 49:9.  
t Matt. 10:32. Luk. 9:26; 12:8. 2 Tim. 2:12. 1 Joh. 2:23.