Statevertaling – Bybelstigting
ENa Hy sê vir hulle: 1Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier 2staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God 3met krag sien kom het nie.
Die verheerliking op die berg.
(Matt. 17:1-13 en ooreenk. pl.)
bEN 4ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op ’n hoë berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander,
en sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie.
En daar het aan hulle verskyn Elía saam met Moses, en hulle 5was in gesprek met Jesus.
Toe 6spreek Petrus en sê vir Jesus: Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons dan drie 7hutte maak: vir U een en vir Moses een en vir Elía een.
Want hy het nie geweet wat om te sê nie, want hulle was heeltemal 8verskrik.
En daar kom ’n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom ’n stem wat sê: cDit is my geliefde Seun, dluister na Hom!
En meteens kyk hulle rond en sien niemand meer by hulle nie, behalwe Jesus alleen.
eEn onderwyl hulle van die berg afklim, gee Hy aan hulle bevel om aan niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.
En hulle het 9die woord vir hulleself gehou en onder mekaar gevra 10wat dit beteken om uit die dode op te staan.
En hulle vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes fdat Elía eers moet kom?
Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers om alles te 11herstel; en tog, ghoe staan daar dan van die Seun van die mens geskrywe dat Hy baie moet ly en 12verag word?
Maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het aan hom gedoen alles wat hulle wou, hsoos van hom geskrywe is.
Die seun wat maansiek was.
(Matt. 17:14-21 en ooreenk. pl.)
EN toe Hy by 13die dissipels kom, sien Hy ’n groot menigte om hulle, en skrifgeleerdes wat met hulle 14redetwis.
En dadelik toe die hele skare Hom sien, 15was hulle baie verbaas en het na Hom gehardloop en Hom gegroet.
Daarop vra Hy die skrifgeleerdes: Waarom redetwis julle met hulle?
iEn een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat ’n 16stomme gees het, na U gebring;
en 17waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en 18word styf; en ek het u dissipels 19gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie.
Toe antwoord Hy hom en sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe.
En hulle bring hom na Hom toe; ken toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik 20stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.
Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy sê: Van sy kindsdae af;
en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom 21dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.
En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, lalle dinge is moontlik vir die een wat glo.
En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!
En toe Jesus sien dat ’n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.
En nadat 22hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos ’n dooie geword, sodat baie gesê het: Hy is dood.
Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.
mEn toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie?
En Hy sê vir hulle: 23Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as 24deur gebed en vas nie.
Die grootste in die koninkryk van die hemele.
(Matt. 18:1-14 en ooreenk. pl.)
nEN hulle het daarvandaan weggegaan en verbygetrek deur Galiléa; en Hy wou nie hê dat iemand dit moes weet nie.
Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan.
En hulle het 25die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra.
oEn Hy het in Kapérnaüm gekom; en toe Hy in 26die huis was, vra Hy hulle: Wat het julle op die pad met mekaar geredeneer?
Maar hulle het stilgebly; want hulle het op die pad met mekaar gepraat oor wie die grootste is.
En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: pAs iemand die eerste wil wees, 27moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.
En Hy neem ’n kindjie en laat hom in hul midde staan en qslaan sy arms om hom en sê vir hulle:
rElkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang 28nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.
“Wie nie teen ons is nie, is vír ons.”
(Luk. 9:49, 50.)
sTOE antwoord Johannes Hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.
tMaar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat ’n 29krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan 30kwaadspreek nie;
want wie nie 31teen ons is nie, is vír ons.
32Want velkeen wat vir julle in my Naam ’n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.
Die struikelblokke.
xEN elkeen wat een van hierdie 33kleintjies wat in My glo, 34laat struikel, dit is 35beter vir hom as ’n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.
yEn as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om 36vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en 37in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur,
zwaar hulle 38wurm nie sterf en die 39vuur nie uitgeblus word nie.
En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die 40hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,
waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
En as jou oog jou 34laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word,

Want elkeen sal met 41vuur gesout word aen elke offerande sal met sout gesout word.
b42Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? cJulle moet 43sout in julle hê en vrede hou met mekaar.
| a Matt. 16:28. Luk. 9:27. | 1 Sien hieroor Matt. 16:28 se kanttekeninge.
2 Dit is, teenwoordig is. 3 In krag, dit is, kragtig, sodat niemand dit sal kan teëstaan nie. |
| b Matt. 17:1. Luk. 9:28. | 4 Sien hieroor, asook oor die hele verandering van Christus, Matt. 17:1-5 en die kanttekeninge. |
| 5 Sien in Luk. 9:31 waaroor hulle gespreek het. |
| 6 Sien oor hierdie manier van spreek Matt. 11:25 se kanttekening.
7 Sien Matt. 17:4 se kanttekening. |
| 8 Die Griekse woord beteken om as ’t ware buite jouself te raak van vrees, of uitermate erg bevrees te wees. |
| c Jes. 42:1. Matt. 3:17; 17:5. Mark. 1:11. Luk. 3:22; 9:35. Kol. 1:13. 2 Petr. 1:17.
d Deut. 18:15, 19. |
| e Matt. 17:9. Luk. 9:36. |
| 9 Dit is, hierdie saak, wat ’n Hebreeuse manier van spreek is.
10 Dit word deur hulle gevra, nie omdat hulle aan die algemene opstanding uit die dood getwyfel het nie, want dit was by die Jode welbekend, Joh. 11:24. Hand. 23:8; maar omdat hulle nie verstaan het hoe die Messías sou sterf en opstaan, voordat Hy sy ryk sou oprig nie. |
| f Mal. 4:5. Matt. 11:14. Luk. 1:17. |
| g Ps. 22:7. Jes. 53:4. Dan. 9:26. | 11 Sien Mal. 4:5, 6 en die kanttekeninge.
12 Of: as niks geag nie, dit is, tot die uiterste versmaad word. |
| h Mal. 4:5, 6. |
| 13 Naamlik die ander nege, wat nie saam met Christus op die berg was nie.
14 Dit is, disputeer, redeneer. |
| 15 Hieruit wil dit voorkom of daar nog enige glinstering op die aangesig van Christus oorgebly het, soos op Moses se aangesig was, Ex. 34:29, 30, waardeur hulle verbaas geword het. |
| i Matt. 17:14. Luk. 9:37, 38. | 16 Gr. sprakelose, dit is, wat hom sy spraak ontneem of verhinder het. |
| 17 Of: wanneer.
18 Gr. verdor. Dit is, verdwyn of vergaan onder hierdie kwelling. 19 Dit is, versoek. |
| k Mark. 1:26. | 20 Sien Mark. 1:26 se kanttekening oor hierdie woord. Die duiwel wys sy wreedheid hier nog meer omdat hy geweet het dat hy die aftog moes blaas. Sien Openb. 12:12. |
| 21 Dit is, om te vernietig of om te bring. |
| l Luk. 17:6. |
| 22 Naamlik die onreine gees. |
| m Matt. 17:19. |
|
|
23 Naamlik van die duiwels.
24 Sien Matt. 17:21 se kanttekening. |
| n Matt. 16:21; 17:22; 20:18. Mark. 8:31; 10:33. Luk. 9:22; 18:31; 24:7. |
| 25 Dit is, die saak. Want hulle het die woorde wel enigsins verstaan, maar nie die saak self begryp of ter harte geneem nie, omdat hulle hul steeds ’n aardse koninkryk onder Christus ingebeeld het, Matt. 17:23. |
| o Matt. 18:1. Luk. 9:46; 22:24. | 26 Naamlik waar Hy gewoonlik gewoon het. Sien Matt. 4:13. |
| p Matt. 20:27. Mark. 10:43. | 27 Dit is, hy behoort hom so te gedra, asof hy die laaste of minste en almal se dienaar is, Matt. 20:26. Of: sal. |
| q Mark. 10:16. |
| r Matt. 18:5. Luk. 9:48. Joh. 13:20. | 28 Dit is, nie soseer My nie, of nie net My nie. |
| s Luk. 9:49. |
| t 1 Kor. 12:3. | 29 Dit is, ’n kragtige werk of wonderteken.
30 Dit is, laster of vloek; omdat hy met hierdie daad te kenne gee dat hierdie krag uit My kom. |
| 31 Dit is, hy wat hom nie net níe teen ons stel nie, maar ook dinge doen waardeur die eer van my Naam bevorder word, al volg hy nie ons geselskap nie. Hy spreek hier dus nie van diegene wat hulle in die saak van Christus neutraal hou nie, hulle word elders bestraf, Matt. 12:30. Anders: teen julle, en vir julle. |
| v Matt. 10:42. | 32 Hier vervolg Christus weer die redevoering wat Hy in vers 37 onderbreek het, soos blyk uit Matt. 10:42. |
| x Matt. 18:6. Luk. 17:2. | 33 Dit is, wat nie net klein in ouderdom is nie, maar ook in die gemoed, of wat in hulself klein voel.
34 Of: aanstoot gee. 35 Gr. meer goed. |
| y Deut. 13:6, ens. Matt. 5:30; 18:8. | 36 Dit is, dat jy slegs een hand oorhou, soos ook die volgende woorde aangee.
37 Sien Matt. 5:22 se kanttekening. |
| z Jes. 66:24. | 38 Dit is, hul wroegende gewete, wat soos ’n wurm altyd aan hulle sal knaag, Rom. 2:5, 9.
39 Dit is, die straf van God se toorn, wat hier ’n onuitbluslike vuur genoem word, omdat die pyn van die vuur ondraaglik is en hierdie straf nimmermeer ophou, Jer. 7:20. Openb. 20:10. |
| 40 Of: gehenna van die vuur. Sien Matt. 5:22 se kanttekening. |
| a Lev. 2:13. | 41 Die woord van God (Jer. 23:29), die kragtige werking van die Heilige Gees (Matt. 3:11) en kruis en vervolging (1 Petr. 1:7) word met vuur vergelyk. Deur hierdie drie sake word elkeen, wat die helse vuur ontgaan, berei en gesuiwer, en word hulle geestelike offers wat vir God aangenaam is, soos die uiterlik sigbare offers met sout berei en deur vuur geoffer moes word, Lev. 2:13. |
| b Matt. 5:13. Luk. 14:34.
c Rom. 12:18. Hebr. 12:14. |
42 Sien hieroor die verklaring in Matt. 5:13 en die kanttekening.
43 Dit is, wysheid en versigtigheid uit en ooreenkomstig God se Woord, Kol. 4:6. |