Statevertaling – Bybelstigting
Afkoms van Jesus Christus na die vlees.
(Luk. 3:23-38.)
DIE 1geslagsregister van Jesus Christus, 2die seun van aDawid, die seun van Abraham:
bAbraham 3was die vader van Isak, en cIsak die vader van Jakob, en dJakob die vader van Juda en sy broers;
en eJuda was die vader van Peres en Serag 4by Tamar, en fPeres was die vader van Hesron, en gHesron die vader van Ram,
en 5Ram die vader van Ammínadab, en Ammínadab die vader van Nagson, en Nagson die vader van Salmon,
en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Ísai,
en hÍsai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van 6Salomo by 7die vrou van Uría,
en iSalomo die vader van Rehábeam, en Rehábeam die vader van Abía, en Abía die vader van Asa,
en Asa die vader van Jósafat, en Jósafat die vader van Joram, en Joram die vader van 8Ussía,
en Ussía die vader van Jotam, en Jotam die vader van Agas, en Agas die vader van Hiskía,
en Hiskía die vader van Manasse, en Manasse die vader van Amon, en Amon die vader van Josía,
en kJosía die vader van 9Jegónia en sy broers 10in die tyd van die Babiloniese ballingskap.
En ná die Babiloniese ballingskap het lJegónia die vader geword van 11Seáltiël, en mSeáltiël was die vader van Serubbábel,
en Serubbábel die vader van Abíud, en Abíud die vader van Éljakim, en Éljakim die vader van Asor,
en Asor die vader van Sadok, en Sadok die vader van Agim, en Agim die vader van Elíud,
en Elíud die vader van Eleásar, en Eleásar die vader van Mattan, en Mattan die vader van Jakob,
en Jakob die vader van 12Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus 13genoem word.
Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap 14veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.
Geboorte van Jesus Christus.
DIE geboorte van Jesus Christus was dan só: nToe sy moeder Maria verloof was aan Josef, 15voordat hulle saamgekom het, is sy 16swanger bevind 17uit die Heilige Gees.
En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar 18openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van 19haar te skei.
Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar 20verwek is, is uit die Heilige Gees;
en sy sal ’n seun baar, en ojy moet 21Hom Jesus noem, want dit is pHy wat 22sy volk van hulle sondes sal verlos.
En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:
qKyk, 23die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en 24hulle sal Hom 25Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom 26beveel het en sy vrou by hom geneem;
en hy het haar nie beken 27totdat sy haar 28eersgebore Seun gebaar het nie; en rhy het Hom Jesus genoem.
| a Luk. 1:31, 32. | 1 Dit is, stamboek van die voorgeslagte van Christus. Dit is ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien Gén. 5:1.
2 Hierdie twee, Dawid en Abraham, word hier eerste genoem, en Christus word in die besonder albei se Seun genoem, omdat aan albei besondere beloftes gemaak was, naamlik dat Hy uit hul saad gebore sou word. Sien Gén. 22:18. 2 Sam. 7:12. Ps. 89:30; 132:11. Daarom het Matthéüs hierdie geslagsregister by Abraham begin; soos hy Dawid ook in vers 6 in die besonder ’n koning noem, omdat Dawid die eerste koning uit die stam van Juda was en ’n duidelike voorbeeld van Christus se ewige koninkryk, Luk. 1:32. |
| b Gén. 21:2.
c Gén. 25:26. d Gén. 29:35. |
3 Gr. het verwek. So ook in die vervolg. |
| e Gén. 38:27, 29.
f Rut 4:18. 1 Kron. 2:5. g Rut 4:19. 1 Kron. 2:9. |
4 Gr. uit. Hierdie vrou, asook hierna Ragab en Rut, vers 5, en Bátseba, vers 6, word hier deur die evangelis genoem omdat die Skrif van hulle iets sê wat dien tot die staat van die vernedering van Christus, en ook omdat sommige van hulle van heidense afkoms was; sodat daarmee aangewys sou word dat ook groot sondaars en heidene deel sou hê aan die vrugte van die geboorte van Christus. |
| 5 Sien Rut 4:19. |
| h Rut 4:22. 1 Sam. 16:1; 17:12. 1 Kron. 2:15; 12:18. | 6 Lukas stel Natan, ’n ander seun van Dawid, met sy nakomelinge in die plek van Salomo en sy nakomelinge. Sien oor die rede van hierdie verskil Luk. 3:31 se kanttekening.
7 Naamlik Bátseba. Sien 2 Sam. 11:3, 27; 12:24. Dawid het Salomo by haar verwek, nadat sy, ná die dood van haar man Uría, met hom getroud was. |
| i 1 Kon. 11:43. 1 Kron. 3:10. |
| 8 Hier word drie konings oorgeslaan, naamlik Ahásia, Joas en Amásia, om die getal veertien nie te oorskry nie, vers 17. Sien vir ’n voorbeeld van dergelike uitlatings Esra 7:3, vergeleke met 1 Kron. 6:7. Hierdie Ussía word ook Asárja genoem, 1 Kron. 3:12. |
| k 1 Kron. 3:16. | 9 Sommige voeg Jójakim, en Jójakim die vader van Jegónia hierby, wat voorkom of dit met die register van die konings van Juda, 1 Kron. 3:16, ens., en hier met die getal veertien, vers 17, ooreenstem. Omdat byna alle manuskripte en vertalings van die Griekse Nuwe Testament egter nie hierdie byvoegsel van Jójakim het nie, word dit hier weggelaat; soveel te meer omdat deur Jegónia in vers 11 die vader verstaan kan word (ook Jójakim genoem) en deur Jegónia in vers 12 die seun (ook Jójagin genoem), en sodoende word die getal veertien vol gemaak.
10 Dit is, teen die tyd van die wegvoering in ballingskap van die Jode na Babel. |
| l 1 Kron. 3:17.
m Esra 3:2. |
11 Baie meen dat hierdie Seáltiël nie ’n natuurlike seun van Jegónia was nie, omdat hy in Luk. 3:27 ’n seun van Neríja genoem word. Dit wil ook voorkom, Jer. 22:30, of Jegónia geen kinders nagelaat het nie; maar dat Seáltiël sy seun genoem sou word, omdat hy, as sy naaste bloedverwant, hom in die regering van die Israelitiese volk opgevolg het. Soos Sedekía in 1 Kron. 3:16 ’n seun van Jegónia genoem word, omdat hy hom ook in die ryk opgevolg het, terwyl hy nogtans in 2 Kon. 24:17 sy oom genoem word. Verder word in Luk. 3:27 gesê dat Seáltiël afkomstig was van die geslag van Natan en dat hierdie geslag ná die Babiloniese ballingskap oor die Joodse volk regeer het, soos skynbaar afgelei kan word uit Sag. 12:12. Ander meen egter dat hierdie Seáltiël ’n natuurlike seun van Jegónia was, en dat die Seáltiël waarvan Lukas in Luk. 3:27 spreek, ’n ander Seáltiël was as hierdie een, wat ’n seun van Neríja genoem word. Sien die kanttekening daar. |
| 12 Hierdie geslagsregister kom uit op Josef, omdat dit by die Hebreërs nie gebruiklik was om die geslagsregisters op die vroue te laat uitkom nie. Nogtans kan daaruit blyk dat Christus uit die geslag van Dawid is, omdat dit by die Jode die gewoonte was om in hul geslag te trou, en Matthéüs in vers 1 getuig dat hy hier die geslagsregister van Jesus Christus beskryf. Want dat Christus uit Juda en Dawid afkomstig is, word deurgaans duidelik in die Heilige Skrif geleer. Sien Luk. 1:32. Rom. 1:3. Hebr. 7:14.
13 Dit is, wat ook die naam Christus dra. Sien Joh. 1:42 en die kanttekening. |
| 14 Die evangelis het ook net veertien konings en vorste genoem, omdat daar net veertien geslagte van voorvaders was van Abraham tot Dawid. Daarom het hy sommige geslagte van die konings en vorste oorgeslaan. Sien vers 8 se kanttekening. Luk. 3:23, ens. |
| n Luk. 1:27, 34. | 15 Dit is, voordat hy haar by hom geneem het, soos blyk uit vers 20.
16 Anders: bevrug. Die woord swanger pas hier egter beter, aangesien Christus eintlik geen vrug van die Heilige Gees nie, maar ’n vrug van die skoot van Maria is, Luk. 1:42. 17 Dit is, deur die werking van die Heilige Gees, soos blyk uit Luk. 1:35. So word die woordjie uit elders ook gebruik, soos in Rom. 11:36. 1 Joh. 5:1. Dit was toe nog nie aan Josef bekend nie, maar word daarna deur die engel aan hom geopenbaar, vers 20. |
| 18 Die Griekse woord beteken soveel as om iemand in die openbaar ten toon te stel en skande aan te doen, vir ander mense tot ’n voorbeeld.
19 Gr. haar los te maak. |
| 20 Sien oor hierdie generasie en ontvangenis Luk. 1:35, 42. |
| o Luk. 1:31.
p Hand. 4:12. |
21 Gr. sy naam. So ook in verse 23, 25.
22 Dit is, diegene wat aan Hom deur die Vader gegee is om hulle te verlos en te behou, Ps. 2:8. Jes. 8:18. Joh. 6:37; 17:24. Hand. 18:10. Rom. 11:1, 2. |
| q Jes. 7:14. | 23 Die Hebreeuse en ook die Griekse tekste spreek hier in die besonder van ’n maagd.
24 Dit is, mense sal, of: jy sal. 25 Hy word so genoem ten opsigte van sy persoon en amp, omdat Hy in een persoon beide waaragtig God en mens is, en ons met God verenig. |
| 26 Gr. verordineer het. |
| r Luk. 2:21. | 27 Hieruit kan ’n mens nie aflei dat Josef haar daarna wel beken het nie. Want hierdie manier van spreek (met die woord totdat of tot) bring nie altyd so iets mee nie. Sien 2 Sam. 6:23. Matt. 28:20.
28 ’n Eersgebore seun is die een waardeur die moederskoot eerste geopen word, Ex. 13:2, al word daarna geen seuns of kinders gebore nie. Want as in Ex. 11:5 gesê word dat die eersgeborenes van Egipte gedood sou word, is daaronder sonder twyfel ook die eniggeborenes verstaan. |