Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 10

Die twaalf apostels en hulle sending.

(Mark. 6:7-13; Luk. 6:12-16; 9:1-6.)

1

ENa Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle 1mag gegee 2oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.

2

En dit is die name van die twaalf apostels: die 3eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer;

3

Filippus en Bartholoméüs; Thomas en Matthéüs, die 4tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word 5Thaddéüs;

4

Simon 6Kananítes en Judas 7Iskáriot, die een wat Hom 8verraai het.

5

Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ’n stad van die 9Samaritane nie;

6

bmaar gaan liewer na die verlore skape van die huis van 10Israel.

7

En gaan cpreek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.

8

dMaak 11siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. eJulle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

9

f12Moenie vir julle goud of silwer of koper in julle 13beurse aanskaf nie;

10

geen reissak vir die pad of 14twee kledingstukke of skoene of ’n stok nie; gwant die arbeider is sy voedsel werd.

11

hEn in watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin 15waardig is, en bly dáár totdat julle 16vertrek.

12

En as julle die huis ingaan, 17groet dit;

13

en as die huis dit waardig is, laat julle vrede daarop kom, maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer.

14

iEn as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en kskud die 18stof van julle voete af.

15

lVoorwaar Ek sê vir julle, dit sal 19vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.

16

mKyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en 20opreg soos die duiwe.

17

Maar pas op vir die mense; nwant hulle sal jul oorlewer aan 21regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gésel.

18

oEn ook voor 22goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot ’n getuienis vir hulle en vir die heidene.

19

pMaar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle 23kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;

20

want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.

21

qMaar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle 24doodmaak.

22

En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. rMaar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

23

sEn wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens 25kom nie.

24

t’n Leerling is nie bo die meester nie en ’n dienskneg ook nie bo sy heer nie.

25

Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. vAs hulle die heer van die huis 26Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!

26

xVrees hulle dan nie; ywant daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

27

Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle 27in die oor hoor, verkondig dit 28op die dakke.

28

zEn moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.

29

Word twee 29mossies nie vir 30’n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.

30

aEn van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.

31

Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

32

bElkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook 31bely voor my Vader wat in die hemele is.

33

Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.

34

cMoenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die 32swaard.

35

dWant Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ’n man en sy vader, en tussen ’n dogter en haar moeder, en ’n 33skoondogter en haar skoonmoeder.

36

eEn ’n mens se huisgenote sal sy vyande wees.

37

fWie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.

38

gEn wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.

39

hWie sy 34lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

40

iWie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

41

kWie ’n profeet ontvang 35omdat hy ’n profeet is, sal die loon van ’n profeet ontvang; en wie ’n regverdige ontvang omdat hy ’n regverdige is, sal die loon van ’n regverdige ontvang.

42

lEn elkeen wat een van hierdie 36kleintjies net 37’n beker kou water laat drink, omdat hy ’n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

a Mark. 3:13. Luk. 6:13; 9:1. 1 Naamlik om in sy Naam en deur die krag van God, nie deur hul eie krag nie, wonders te doen. Sien Hand. 3:12, 16.

2 Of: teen.

3 Petrus word hier eerste genoem, nie omdat hy mag en gesag oor die ander gehad het nie, wat die Woord van God nêrens leer nie, omdat die apostels in hierdie opsig aan mekaar gelyk was, Joh. 20:22, 23, maar omdat hy skynbaar die oudste en eerste deur Christus geroep was om ’n apostel te wees, Matt. 4:18. Of omdat hy met sy broer Andréas die eerste tweetal was wat uitgestuur is. Op ’n ander plek word Jakobus voor Petrus genoem, Gal. 2:9.
  4 Dit is, wat voorheen ’n tollenaar was. Sien Matt. 9:9. Hy word ook Levi genoem, Mark. 2:14. Luk. 5:27, 29.

5 Thaddai in Siries, is Judas in Hebreeus, wat sy voornaam was. Sien Joh. 14:22. Sommige meen egter dat dit nog ’n derde naam van hierdie apostel is, van ’n ander oorsprong. Hy is ook Lebbéüs genoem.

6 Dit is, yweraar. In Grieks Selotes. Soos die eerste Simon ook Petrus genoem is, is hierdie Simon ook Kananítes genoem, dit is, yweraar, om hom van die eerste te onderskei. Sien Luk. 6:15. Hand. 1:13.

7 Sommige meen dat hierdie Judas so genoem word omdat hy afkomstig was van die stad Kériot, geleë in die stam van Juda, Jos. 15:25. Ander meen dit kom van sekarjuth, wat ’n buidel beteken, omdat hy die beurs gedra het, Joh. 12:6.

8 Gr. oorgelewer het.

  9 Die Samaritane word hier saam met die heidene genoem en tog van hulle onderskei, omdat hulle, hoewel van heidense afkoms, baie seremonies van die Jode aangeneem het. Sien 2 Konings 17.
b Hand. 3:26; 13:26, 46. 10 Dit is, Jode, wat soos dwalende skape sonder opregte leraars was. Aan hulle moes die evangelie eerste verkondig word, Matt. 15:24. Hand. 13:46.
c Luk. 9:2.  
d Luk. 10:9.

e Hand. 8:18, 20.

11 Gr. kragteloses.
f Mark. 6:8. Luk. 9:3; 22:35. 12 Naamlik as voorraad op julle reis.

13 Of: gordels. Want die Jode het breë rieme of gordels gedra, om hul lang klere daarmee vas te maak wanneer hulle dit opgetrek het, waarin hulle ook hul geld gedra het.

g Lev. 19:13. Deut. 24:14; 25:4. Luk. 10:7. 1 Kor. 9:4, 14. 1 Tim. 5:18. 14 Dit is, geen ander klere as dié wat hulle sou aanhê nie.
h Mark. 6:10. Luk. 9:4; 10:8. 15 Dit is, wat die evangelie gewilliglik wil aanneem, Hand. 2:41, ’n waardigheid wat niemand uit homself het nie, maar die Here maak hom deur sy Gees daartoe waardig en bekwaam, Matt. 22:8, 9. 2 Kor. 3:5.

16 Dit is, uit daardie stad.

  17 Dit is, wens diegene wat daarin woon, geluk en vrede toe, soos in die volgende vers blyk. Lukas voeg daarby: sê eers: Vrede vir hierdie huis! Sien Luk. 10:5.
i Mark. 6:11. Luk. 9:5.

k Hand. 13:51; 18:6.

18 Om daarmee te kenne te gee dat hulle voortaan volstrek geen verdere gemeenskap met hulle wou hê nie. Sien Hand. 13:51; 18:6. Sien ook dergelike in Neh. 5:13.
l Mark. 6:11. Luk. 10:12. 19 Of: vir die land van diegene van Sodom en Gomorra.
m Luk. 10:3. 20 Of: eenvoudig. Die Griekse woord is geneem as beeld van dinge wat onvermeng en onvervals is.
n Matt. 24:9. Luk. 21:12. Joh. 15:20; 16:2. Openb. 2:10. 21 Gr. sunedria. Sien daarvan die verklaring in Matt. 5:22 se kanttekening, en ’n voorbeeld in Hand. 5:40.
o Hand. 24:1; 25:4. 22 Naamlik van die provinsies, soos Festus, Felix en dergelike was. Sien Hand. 24:10. 1 Petr. 2:14.
p Mark. 13:11. Luk. 12:11; 21:14. 23 Dit beteken nie dat ons nie voor die tyd daaroor sou mag nadink, of God om wysheid bid nie, maar dat ons nie te veel beangs of bekommerd daaroor moet wees nie. Sien Hand. 4:29.
q Miga 7:2, 5. Luk. 21:16. 24 Of: ter dood bring.
r Matt. 24:13. Mark. 13:13. Luk. 21:19. Openb. 2:10; 3:10.  
s Matt. 2:13; 4:12; 12:15. Hand. 8:1; 9:25; 14:6. 25 Dit is, weer na julle toe sal kom en julle ontmoet nie.
t Luk. 6:40. Joh. 13:16; 15:20.  
v Matt. 9:34; 12:24. Mark. 3:22. Luk. 11:15. Joh. 8:48. 26 Ander lees Beëlsebub, wat die hoofafgod van die Ekroniete was, 2 Kon. 1:2. Met hierdie naam het die Jode na die owerste van die duiwels verwys, omdat die afgode van die heidene duiwels was. Sien 1 Kor. 10:20.
x Jes. 8:12. Jer. 1:8.

y Job 12:22. Mark. 4:22. Luk. 8:17; 12:2.

  27 Dit is, wat julle van My afsonderlik gehoor het, verkondig dit in die openbaar en duidelik.

28 Die dakke van die Joodse huise was plat, met ’n leuning rondom, wat geskik was om die mense in die strate van daar af te kon toespreek. Sien Deut. 22:8.

z Jer. 1:8. Luk. 12:4.  
29 Anders: voëltjies.

30 Gr. assarion. Dit is ’n sestiende van ’n arbeider se dagloon.

a 1 Sam. 14:45.  
b Mark. 8:38. Luk. 9:26; 12:8. 2 Tim. 2:12. 31 Dit is, as my ware dissipels erken. Soos verloën is: om hulle nie as sy ware dissipels te erken nie. Sien Matt. 7:23.
c Luk. 12:51. 32 Dit is, onenigheid en vervolging, wat op die prediking sou volg, waarvan Christus, wat die Vredevors is, Jes. 9:5, of sy evangelie, wat ’n evangelie van vrede is, Ef. 6:15, nie die eintlike oorsaak is nie, maar die moedswil van diegene wat dit verwerp en die gelowiges haat en vyandig vervolg.
d Miga 7:6. 33 Gr. nuutgetroude, of bruid.
e Ps. 41:10; 55:13. Joh. 13:18.  
f Luk. 14:26.  
g Matt. 16:24. Mark. 8:34. Luk. 9:23; 14:27.  
h Matt. 16:25. Mark. 8:35. Luk. 9:24; 17:33. Joh. 12:25. 34 Gr. siel. Dit is, wie sy lewe sal wil behou terwyl hy my Naam verloën, sal die ware lewe, naamlik die saligheid, verloor.
i Luk. 10:16. Joh. 13:20.  
k 1 Kon. 17:10; 18:4. 2 Kon. 4:8. 35 Gr. in naam van ’n profeet; so ook verder in hierdie en die volgende vers. Dit is, omdat hy ’n profeet of opregte leraar van die heilige evangelie is.
l Matt. 25:40. Mark. 9:41. Hebr. 6:10. 36 Dit is, wat hier geringgeag word; of wat as die minste gereken sou kon word.

37 Dit is, ook die allergeringste diens of weldaad, omdat hy ’n ware dissipel en lidmaat van Christus is.