Statevertaling – Bybelstigting
Gelykenis van die saaier.
(Mark. 4:1-20; Luk. 8:4-15.)
ENa op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die 1see gaan sit.
En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy bin ’n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan.
En Hy het baie dinge deur 2gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: ’n Saaier het uitgegaan om te saai;
en terwyl hy saai, val ’n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet.
En ’n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit 3opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie;
maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.
En ’n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het 4opgekom en dit verstik.
En ’n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig.
5Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!
cEn die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?
Toe antwoord Hy en sê vir hulle: dOmdat dit aan julle 6gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar eaan hulle is dit 7nie gegee nie.
fWant hy wat 8het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook 9wat hy het.
Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.
En aan hulle word die profesie van Jesaja 10vervul wat sê: 11gMet die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.
Want die hart van hierdie volk het 12stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
hMaar julle oë is 13gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.
Want, voorwaar Ek sê vir julle, ibaie profete en regverdiges het begeer om te sien 14wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.
kLuister julle dan na die gelykenis van die saaier.
As iemand 15die woord van die lkoninkryk hoor en nie verstaan nie, kom 16die Bose en roof wat in sy hart gesaai is — dit 17is hy by wie langs die pad 18gesaai is.
En by wie op rotsagtige plekke gesaai is — dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met 19blydskap aanneem;
maar hy het 20geen wortel in homself nie, hy is net vir ’n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, 21struikel hy dadelik.
mEn by wie in die dorings gesaai is — dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom 22verstik die woord, en hy 23word onvrugbaar.
En by wie op die 24goeie grond gesaai is — dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook 25vrug dra en oplewer: die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig.
Gelykenis van die onkruid.
’N ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ’n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en 26onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.
En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
En hy antwoord hulle: ’n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?
Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam 27uittrek nie.
28Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, nmaar bring die koring bymekaar in my skuur.
Gelykenisse van die mosterdsaad en van die suurdeeg.
(Mark. 4:30-34; Luk. 13:18-21.)
29’N ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: oDie koninkryk van die hemele is soos ’n mosterdsaad wat ’n man neem en in sy land saai;
wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ’n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.
’n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: pDie koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in drie 30mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.
qAl hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en 31sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie;
sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: rEk sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal 32uitspreek dinge wat 33verborge was van die grondlegging van die wêreld af.
Verklaring van die gelykenis van die onkruid.
NADAT Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand.
En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is 34die Seun van die mens,
en die saailand is die wêreld. Die goeie saad — dit is 35die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,
en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. sDie oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:
die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al 36die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,
en sal hulle in die 37vuuroond gooi. tDaar sal geween wees en gekners van die tande.
vDan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
Gelykenis van die verborge skat, van die pêrel en van die visnet.
38VERDER is die koninkryk van die hemele soos ’n skat wat verborge is in die saailand, wat ’n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor xgaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.
Verder is die koninkryk van die hemele soos ’n koopman wat mooi pêrels soek;
en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.
Verder is die koninkryk van die hemele soos ’n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring;
en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.
So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal 39uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei
en hulle in die vuuroond gooi. yDaar sal geween wees en gekners van die tande.
Jesus sê vir hulle: Het julle ál hierdie dinge verstaan? Hulle antwoord Hom: Ja, Here!
Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat ’n 40leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ’n huisheer wat uit sy 41skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.
Jesus word in Násaret verag.
(Mark. 6:1-6.)
zEN toe Jesus hierdie gelykenisse geëindig het, het Hy daarvandaan weggegaan.
En Hy het in sy 42vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: aWaar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?
bIs Hy nie die seun van die 43timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en dié van sy 44broers Jakobus en Joses en Simon en Judas nie?
En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan?
En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: c’n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis.
En Hy het daar 45vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie.
| a Mark. 4:1. Luk. 8:4, 5. | 1 Naamlik die see van Galiléa by Kapérnaüm. |
| b Luk. 5:3. |
| 2 Gr. parabole, wat sodanige gelykenisse is, wanneer sommige sake as ’n verhaal vertel word, asof dit onder die mense gebeur het, en iets anders, wat geestelik is, daardeur verstaan word. Die Griekse woord word egter soms ook wel breër gebruik om allerlei gelykenisse, leringe en treffende spreuke in te sluit. Sien vers 35. |
| 3 Dit is, uitgespruit of ontkiem. |
| 4 Gr. vinnig opgekom. |
| 5 Dit is, wie van God die Gees van verstand ontvang het, moet met aandag hierop let, 2 Kor. 3:5. |
| c Mark. 4:10. Luk. 8:9. |
| d 2 Kor. 3:14.
e Matt. 11:25. |
6 Naamlik deur God, uit genade, na sy welbehae, Matt. 16:17. Gal. 1:15.
7 Want die evangelie is bedek in diegene wat verlore gaan, 2 Kor. 4:3. |
| f Matt. 25:29. Mark. 4:24, 25. Luk. 8:18; 19:26. | 8 Naamlik die beginsels van die saligmakende geloof, en dit deur die krag van die Heilige Gees waarneem.
9 Dit is, wat hy meen of skyn te hê. Soos Lukas verklaar in Luk. 8:18. Sien ook Matt. 25:29. |
| g Jes. 6:9. Mark. 4:12. Luk. 8:10. Joh. 12:40. Hand. 28:26. Rom. 11:8. | 10 Of: weer vervul; omdat dit wat Jesaja vroeër vir die hardnekkige Jode van sy tyd gesê het, weer ’n keer in hierdie hardnekkige Jode vervul word.
11 Wat hier by wyse van voorsegging gesê word, is in die profesie van Jesaja by wyse van ’n bevel gestel, om die oordeel van God oor hierdie hardnekkige volk beter uit te druk, soos dit hier ook as ’n bevel verstaan sou kon word. Sien ’n verdere verklaring van dit alles in Jes. 6:9, ens. |
| 12 Sien Hand. 28:27. Gr. dik geword, naamlik van vettigheid. |
| h Luk. 10:23. Joh. 20:29. 1 Petr. 1:8. | 13 Of: salig, geseënd. |
| i 1 Petr. 1:10. | 14 Naamlik die Messías, wat in die vlees gekom het en sy amp uitoefen. Sien Joh. 8:56. Hand. 26:6, 7. |
| k Mark. 4:13. Luk. 8:11. |
| l Matt. 4:23. | 15 Dit is, die leer van die evangelie, waardeur Christus sy ryk oprig, Matt. 9:35.
16 Dit is, die duiwel. 17 Dit is, word bedoel deur hom by wie, ens. 18 Dit is, die saad ontvang het. |
| 19 Hierdie blydskap ontstaan uit die kennis van die evangeliese leer en die aangenaamheid van die beloftes daarvan; hoewel hul hart nog rotsagtig bly, dit is, dat die hardheid daarvan nog nie deur die Gees van God weggeneem is nie. |
| 20 Dit is, geen opregte en vaste vertroue op Christus nie, waardeur ons verenig word met Christus as ’n vaste grond van ons saligheid, Hebr. 3:14, en van Hom die lewensap verkry, Rom. 11:17, 20.
21 Of: neem hy aanstoot. |
| m Matt. 19:23. Mark. 10:23. Luk. 18:24. 1 Tim. 6:9. | 22 Dit is, verhinder die voortgang van die krag van die woord.
23 Of: bring geen vrug voort nie. |
| 24 Dit is, diegene wat dit in ’n goeie en edele hart ontvang, Luk. 8:15, wat ’n mens nie van homself het nie, maar deur die krag van die Gees van God ontvang, Hand. 16:14.
25 Naamlik die ware geloof en opregte liefde, Matt. 21:43. |
| 26 Gr. zizania, sommige meen dat dit ’n Arabiese woord is, wat vernaamlik ’n soort onkruid beteken, wat ’n mens brandkoring noem. Dit kan nie sonder skade aan die koring uitgeskoffel word nie. |
| 27 Gr. ontwortel. |
| n Matt. 3:12. | 28 Hiermee wil Christus nie die amp van die owerheid om die kwaaddoeners te straf, wegneem nie, Rom. 13:4, ook nie die van die kerk in die uitoefening van die tug nie, 1 Kor. 5:7. Hy gee egter hier te kenne dat ’n mens daarin versigtigheid aan die dag moet lê, en dat die skynheiliges en kwaaddoeners nie geheel en al gestuit sal kan word nie, aangesien hulle nie altyd maklik van die ware gelowiges onderskei kan word nie, soos die brandkoring moeilik van die goeie koring onderskei kan word, wanneer dit net begin opkom. |
| o Mark. 4:30. Luk. 13:18. | 29 Met hierdie en die volgende gelykenis, wys Christus op die krag van sy woord, wat, hoewel dit in die begin gering en veragtelik voorkom, daarna nogtans wyd versprei sou word en die hele aarde sou deurdring, Rom. 10:18. |
| p Luk. 13:20, 21. | 30 Gr. sata. Sien daaroor Gén. 18:6 se kanttekening. |
| q Mark. 4:33. | 31 Naamlik op daardie tyd en in hierdie en ander preke. |
| r Ps. 78:2. | 32 Of: oorvloediglik uitspreek. Gr. opborrel, soos ’n fontein met sy water doen.
33 Dit is, sulke leringe, wat in hulself altyd verborgenhede was, maar nietemin in God se Woord vooruit aangekondig en geopenbaar was, soos dit ook in Ps. 78:2 gebruik word. |
| 34 Naamlik sowel deur Homself, as deur sy apostels en getroue leraars, Ef. 4:11, 12. |
| 35 Dit is, diegene wat nie net uiterlik lede van Christus se ryk is nie, soos in Matt. 8:12, maar ook ware en lewende lede daarvan. |
| s Joël 3:13. Openb. 14:15. |
| 36 Dit is, mense wat ’n aanstootlike lewe gelei het. |
| t Matt. 8:12; 22:13; 24:51; 25:30. Luk. 13:28. | 37 Dit is, die hel. Dit wil voorkom of daar in hierdie spreekwyse verwys word na die gruwelike strawwe met vuur, wat vroeër gebruiklik was. Sien Dan. 3:6. |
| v Dan. 12:3. 1 Kor. 15:42. |
| x Filip. 3:7. | 38 Met hierdie en die volgende gelykenis, wys Christus op die uitnemende waardigheid van die leer en die beloftes van die evangelie, asook die ywer en naarstigheid wat ’n mens behoort aan te wend om dit te verkry, al is dit ook met skade en verlies van alle tydelike dinge. |
| 39 Naamlik nadat hulle deur Christus uitgestuur is, soos in vers 41. |
| y vers 42. |
| 40 Dit is, wat ’n verstandige en geoefende man in die Skrif geword het, ’n leraar, soos Esra was. Sien Esra 7:6, 11.
41 Of: voorraad. |
| z Mark. 6:1. Luk. 4:16. |
| a Mark. 6:2. | 42 Naamlik Násaret, waar Hy opgevoed was. Sien Luk. 4:16. |
| b Joh. 6:42. | 43 Naamlik van Josef; hulle het verkeerdelik gemeen dat hy sy vader was. Sien Luk. 3:23. Joh. 6:42.
44 Of: bloedverwante; want sommige meen dat Jakobus en Joses seuns van die suster van Christus se moeder was; sien Joh. 19:25, vergeleke met Matt. 27:56. Mark. 15:40. |
| c Mark. 6:4. Luk. 4:24. Joh. 4:44. |
| 45 Omdat hulle, vanweë hul ongeloof, die siekes nie na Hom gebring het nie. |